NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy waarlik gelukkig wil wees hier op aarde, moet jy jouself verloor in 'n saak wat groter, beter, blywender en van groter waarde is as jou eie klein bestaan. Geen mens kan gelukkig wees as jy net vir jouself leef nie.

SOUT VAN DIE AARDE

Ds A.E. van den Berg

“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie”(Mt.5:13).

In Jesus se tyd was sout klipsout wat van die Dooie See omgewing afkomstig was en het weens onsuiwerhede daarin dikwels ʼn slegte nasmaak gelaat. As dit nat geword en opgelos het, is van die onsuiwerhede vrygestel. Om dit dan weg te gooi, sou die grond waarop dit geval het onbruikbaar maak. Daarom is dit op paaie gegooi en deur mense vasgetrap om dit sodoende hard te maak.

Jesus gebruik die voorbeeld van die onmisbaarheid van sout om gelowiges en derhalwe ook die kerk op hul roeping in die wêreld te wys. Kos sonder sout is smaakloos. So ook die wêreld sonder gelowiges.   Soos wat sout mense dors maak, moet gelowiges die wêreld dors vir die waarheid maak.   Daarbenewens werk sout ook verrotting teen.   So ook gelowiges se sondeverrotting.

Die ware kerk het net een bestanddeel – sout.   Die valse kerk het net suiker. Leraars hou Jesus voor as die Een wat almal liefhet, alles vergeef en gruwels verdra. Hulle maak van soutkorrels suikerkorrels.

Die wêreld het ʼn soettand vir sonde. Daarom bars kerke wat mense daarmee voer, uit hul nate.   Sout is egter ʼn suiwer element en het geen plaasvervanger nie. Sout raak egter onbruikbaar as dit met onsuiwerhede gemeng word. So ook kerke wat uitskotprodukte in plaas van meesterstukke word.

Geestelike suikersiekte neem onrusbarend toe. Kerke se ontstellende besluit oor homoseksualisme en selfde geslag huwelike is maar een voorbeeld van geestelike insulienweerstandigheid. Die goedpraat van gruwels waarteen die Skrif in geen onduidelike taal waarsku nie, getuig van geestelike krankheid en gedienstigheid aan die een-wêreld kerk wat vir die koms en heerskappy van die Antichris bymekaar gemaak word. Kerklidmate se stilswye oor hierdie “ontsondiging” van gruwels en sedelike verval kom op blindelingse goedkeuring neer!

Wêreldlikheid is een van die grootste vyande van die kerk.   Dis egter belangrik om te weet wat wêreldlikheid is en wat nie.   Sekere kerke verstaan dit skynbaar glad nie.  Die Bybel sê: Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig” (1 Joh.2:15-17).

Twee kernwoorde staan hier uit – liefde en wêreld. Gelowiges kom in die versoeking om soos ʼn vis in ʼn net in wêreldse dinge verstrengel te raak. Wêreld beteken hier ʼn geordende wêreld-sisteem met Satan aan die spits, wat God en sy Woord verwerp en georkestreer teen Hom in opstand kom (Ps.2:2,3).

God verbied nie gelowiges om die lewe te geniet nie.   Solank as wat hulle die dinge van die wêreld nie die fokuspunt van hul lewe maak nie. ʼn Kerk wat mense gee wat hulle wil hê in plaas van wat hulle benodig, word deur die wêreldstroom meegevoer. Om mense se sondige belangstellingsveld te gebruik om hulle vir die kerk te wen, laat ʼn kerk in iets wat ontsout is, ontaard!

Jesus se bediening was buite die kerk van sy tyd. Hulle het Hom nie ondersteun nie maar eerder laat kruisig omdat Hy geen kompromieë met die valse vertoon van die kerk van sy tyd aangegaan het nie. Alhoewel die Skrifgeleerdes deeglik in die Skrifte opgelei was, het hulle eerder menslike bepalings hoër geag.

“Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie “ (Mt.23:1-3).

Jesus se lewe en bediening is ʼn teksboek voorbeeld van hoe die ware kerk in ʼn godvyandige wêreld moet optree. Sodra ʼn kerk van Skrifwaarhede afdwaal, moet gelowiges die Meester en nie die kerk volg nie!  

Plaaslike kerke spoed in doodloopstrate voort met net een geneesmiddel – terug na die Bybel. Hulle moet soos ʼn Efese van ouds omdraai. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openb.2:4,5).  ʼn Doodloopstraat is vir ʼn kerk en mens die heel beste plek om om te draai.

Skrifgetroue kerke moet soos salms stroom-op swem om te verhoed dat die wêreld hulle in ʼn gietvorm druk en Satan hul wêreldbeskouing met sy bose filosofieë inkleur.   En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Rom.12:2). 

Die wêreld het ʼn nood aan kerke en lidmate met ʼn opregte liefde vir Jesus en wat die Evangelie van sy kruisdood en die wonder van verlossing vreesloos en duidelik aan sondaars oordra sodat hulle hul kan bekeer en heilig lewe.

Kerke moet sonde duidelik aanspreek en bewustelik daarteen optree.   Jesus het by geleentheid selfs die tempel met ʼn sweep binnegegaan om dit te reinig. In sy getuienis voor die Joodse Raad het Stephanus die kerk nie heuning om die mond gesmeer nie. Hy het reguit daarteen gepraat al het dit sy lewe gekos.

As wêreldsheid in ʼn kerk se murg beland, word meesterstukke uitskotprodukte. Daarom durf kerke hul deur nie eers op ʼn skrefie vir die wêreld oop te maak nie. en gee aan die duiwel geen plek nie...” (Efes.4:27).   Dit beteken egter nie dat die kerk die wêreld geheel moet vermy nie.   Dis juis haar roeping om die sondeverrotting met die genesende sout van die Woord teen te werk.  

Die verval van kerke moet as een van die droewigste gebeure aan die suidpunt van Afrika aangeteken word.   Agendas, Sinode-uitsprake en ontspoorde teoloë voer die botoon. Skrif en belydenisskrifte is nie meer ter sake nie.   Die uiteinde is ʼn aanpassing in die belydenis en geloof wat ter selfde tyd ontsout word.

Hierdie toekomstige kerklike verval wat ons vandag beleef, is al eeue gelede voorspel: “… want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle wend tot fabels” (2 Tim 4:3,4). 

Die ware kerk sal toenemend aangeval en sy kernboodskappe bevraagteken word. Dis ʼn duidelike teken dat daar net een waarheid is. En dit staan reg teenoor Satan se planne om kerke met ʼn nuwe gier en liturgie te ontsout. Die ware kerk daarenteen het Jesus lief, dien Hom alleen, leef suiwer volgens sy Woord en gaan geen kompromie met die wêreld aan nie. Hulle is sout! En jy? Suiker of sout?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2451 gaste aanlyn