NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sommige mense skep behae daaruit om in onvrede te lewe; twis en wraakgierigheid word deur die Woord van God veroordeel omdat dit op selfvergelding en liefdeloosheid dui. Die vrug van die Gees is onder meer vrede (Gal 5:22). Iemand wat heeltyd onmin soek dra nie die Gees van God in hom nie. En iemand wat die vrede van Jesus Christus ken, sal altyd onvrede en onmin aktief vermy – vlug daarvan weg.

DIE ANTICHRIS 3

Ds A.E. van den Berg

“Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vleesgekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris”(2 Joh.7).

“... Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie”   (Openb.18:5).

Eeue gelede het mense in Babel ʼn toring begin bou en daarmee die godvyandige ideologie van wêreld-eenheid afgeskop. God het dit met ʼn spraakverwarring gekeer omdat Hy die mensdom apart geplaas het. Moses skryf: “Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel ...” (Deut.32:8). Paulus herhaal hierdie Skrifwaarheid in Athene: En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Hand.17:26).

Daar was deur die eeue verskeie pogings van saambondeling. Almal het klaaglik misluk, vanaf Alexander die Grote se poging tot by Desmond Tutu se fatale reënboognasie-nagmerrie. Daniel gee in die uitleg van Nebukadneser se droom oor die beeld wat ineen gestort het die rede vir die mislukking van samebondeling: Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie” (Dan.2:43).

God seën mense-apartheid soos ons eertydse volksgeskiedenis ook van getuig. Satan haat mense-apartheid en gaan net voor die wederkoms onder leiding van die valse profeet mense wêreldwyd saambondel soos nog nooit tevore nie.

Hierdie bal is met die stigting van die Klub van Rome in April 1968 met 10 wêreldleiers in Rome afgeskop en is daar vir wêreld-eenwording begin ywer.  Dat dit juis in Rome was, was nie toevallig nie. Sedertdien ontvang wêreldleiers gereeld eksklusiewe rapporte van hierdie klub wat hul op hoogte van sake hou. (F.W. de Klerk was ook ‘n lid van hierdie klub.)

Op 17 Sept.1973 is gerapporteer dat die klub-leiers die wêreld in 10 polities-ekonomiese streke verdeel het en koninkryke noem. En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier” (Openb.17:12).

Tien nasies uit die gebied van die ou Romeinse ryk gaan ʼn magsgroep vorm en die wêreld aan hulle onderwerp – hoofsaaklik uit die geledere van die Europese Unie (EU).   Geen staatshoof het al ooit by ʼn samewerking met Rome gebaat nie. Ook nie Suid-Afrika nie!

Die Klub van Rome is ʼn pion op die skaakbord van die RK wat godsdiens met godsdiens wil vernietig.   Daarvoor gebruik die RK ekumene; die strewe na strukturele kerkeenheid en verbloem dit as ʼn interkerklike broederskap. Die RK slaag meesterlik daarin om met hierdie skynbroederskap Protestantse kerke in die hok van ʼn georkestreerde gesamentlikheid in te jaag.

Na die 16de eeuse Hervorming het Rome gesweer dat alle Protestantse kerke eendag na haar toe sal terugkruip. Dit gebeur sienderoë!   Dis kommerwekkend dat Protestantse kerke met ’n instansie soos die RK, wie se bose doelstellings ’n ope boek is, gemene sake het!   Ongelukkig verrig mense geen boosheid so gelate as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging geneem word nie.

Dit waarmee die RK tans mee besig is, het Romeinse keisers eeue gelede al toegepas – beheer mense met godsdiens. John Knox het eeue gelede die RK se houvas op die mensdom tereg as ʼn tirannie beskryf.

Rome wil alle afsonderlike gemeenskapstrukture afbreek en met gesamentlike strukture vervang.   Ten einde Protestante se samewerking te verkry, het sy die ideaal van ʼn strukturele kerkeenheid by kerke aangewakker wat onmin in talle Protestantse kringe veroorsaak het. Kyk maar net na die Belhar-belydenis!

Die laaste drie pouse het ekumeniese betrekkinge selfs so hoog aangeslaan, dat hulle, in hul strewe na een wêreldgodsdiens, Moslems, Jode en Ortodokse kerke begin betrek het.   Niks is vir die Christendom gevaarliker as heidense verbroedering nie!  

Om heidene te betrek, moes daar van die verlossingsleer dat Jesus die enigste Verlosser is, afgesien word.   Die Dallas Morning News (20/3/1999) berig dat kard. Francis Arinzeen latere pous dat Christus nie die enigste weg na die hemel is nie. Wat sê die Bybel? “Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim.2:5).  

Die RK doen haar as ʼn Christelike kerk voor wat met kerke wil saamwerk.   Nee, al wat sy wil doen, is om Protestantse kerke aan haar leiband te kry, ʼn leiband wat met die verskyning van die Antichris ʼn wurgketting gaan word!  

Die RK het as valse profeet (tweede dier van Openbaring) net een doel voor oë nl. om die wêreld onder beheer van die Antichris te bring. En daarvoor is godsdiens ʼn handige werktuig.   Haar sg. universele liefdesevangelie van versoening en vergifnis is ʼn slenter waarmee Protestantse kerke gevang word.

Om Skrifwaarhede ter wille van interkerklike samewerking opsy te skuif, is verraderlik. Rome se vingerafdrukke word plaaslik duidelik op die NG Kerk se inkleding van eredienste gesien. Haar Roomsgeorkestreerde Bybelvertaling, kindernagmaal en die gebruik van kerse verraai die sleeptou waarmee sy gesleep word – Made in Rome.

Ongelukkig sien Protestantse kerke die RK se planmatige vernietiging van hul Hervorming-erfenis nie raak nie! Dr. Coenie Burger, eertydse moderator van die NG-Kerk, skryf in 2004: Om die Bybel op jou eie te lees en self afleidings te maak oor wat jy glo van God en die lewe en van reg en verkeerd, is baie gevaarlik. Ons geskiedenis met apartheid sou dalk anders verloop het as ons op een of ander manier deel kon gebly het van die ekumeniese kerk” (Godsdiens Aktueel – 19 Oktober 2004). Dis in geen onduidelike taal Rooms!

Hierdie gebrek aan profetiese visie sorg dat die ekumeniese net al hoe stywer om Protestantse kerke trek. Dit gaan vir die RK nie om samewerking nie maar om mense-beheer. Al lyk die RK vir leke na Christendom, is dit is in werklikheid niks anders as ʼn vermenging van oud Babiloniese en Romeinse afgodery nie.

Die RK erken dat baie van haar leer vreemd aan die Skrif is.   ʼn Geleerde het bevind dat 82% van haar leer nie met die Bybel ooreenstem nie.   Die Bybel was vir lidmate vir baie lank ʼn dooie boek wat slegs aan die hand van priesters gehoor en verklaar kon word.   Dis in 1229 selfs op die lys van verbode boeke geplaas en oortreders is vervolg. In Desember 1866 het pous Pius IX alle Bybelgenootskappe as peste beskryf!

Rome haat in der waarheid die Bybel omdat dit haar ontmasker. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ʼn beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart” (Heb.4:12).

Die RK is die valse profeet waarvan die Bybel praat.   Sy lok mense van die Bybelse waarhede en derhalwe die hemel af weg. Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris” (2 Joh.7).

Roomse Katolisisme is bloot ʼn herlewing van die ou Babiloniese afgodery. . In Openb.17:5 skryf Johannes: “... Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”.

Omdat baie landshoofde met haar gemene sake gaan hê, word sy in Openbaring as ʼn bordeelhoudster met onsedelike dogters uitgebeeld met kliënte wat na haar stroom. Wie dus met haar gemene sake het, maak hul aan geestelike prostitusie skuldig. Vandaar God se oproep aan gelowiges: “...Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie”   (Openb.18:5).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 508 gaste aanlyn