NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In my jeug was ek doodseker van alles; later jare ná duisende foute, was ek glad nie meer so seker van die meeste dinge nie; op die oomblik is ek slegs hiervan baie seker: die dinge wat God aan my openbaar.

BESKERMHEILIGES

Ds A.E. van den Berg

Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebr.12:1).

Protestante het eerbied vir ontslapenes wat voorbeeldige geloofslewens gelei het. Dis ook ʼn Bybelse opdrag: “Maar ons vra julle... erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan, en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk” (1 Thess.5:12,13).  

Eerbiediging is egter nie aanbidding soos die afskuwelike ding wat in die Roomse Kerk (RK) gebeur wat sekere dooies tot heiliges verklaar en openlik tot hulle bid nie. In die Twaalf Artikels bely ons die gemeenskap van die heiliges. Dis medegelowiges; mense wat nog leef. Geloofsgemeenskap kan nie met dooies beoefen word nie. Dis alleenlik met lewende mense moontlik.

Die RK gebruik Hebr.12:1 om hul dwaling te staaf en skep daarmee die indruk van toeskouers wat in ʼn arena gelowiges se geloofswedloop sit dophou: Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê”.

Die Roomse “heiliges” moedig mense aan om die voorbeeld wat hulle nagelaat het na te volg. Dis ʼn foutiewe teksuitleg. Hebr.12 is bloot Bybelvoorbeelde van navolgenswaardige geloofslewens. Niemand sit en kyk vir ander nie!

Die RK beskou die verering van afgestorwe heiliges as ʼn geloofsverpligting. Hulle word glo nie as sulks aanbid nie. Daar word glo net tot hulle gebid omdat die RK glo dat al is hulle dood, hulle steeds deel van die geloofsgemeenskap is. Vandaar die verwysingna: “die groot wolk van getuies rondom ons”(Hebr.12:1).

Roomse afgestorwe “heiliges” is glo by magte om God regstreeks te versoek om ag op ʼn bidder se gebede te slaan. Omdat hulle reeds deel van die triomferende kerk in die hemel is, het hulle glo baie beter toegang tot God as dié van die strydendes kerk op aarde. Dis natuurlik onbybels en ʼn infame leuen!

Die RK leer dat hierdie heiliges die belangstellingsveld wat hulle op die aarde gehad het in die hemel voorsit en derhalwe beskermheiliges van hulle maak. Hulle laat glo van hul oorvloedige geestelike krag in die hemel na bidders op die aarde oorspoel. Nog ʼn leuen!

Die RK lieg as hulle sê dat hulle nie tot heiliges bid nie. As beskermheiliges word daar wel onbeskaamd tot hulle gebid. Pous Gregorius I wat in 1295 tot heilige verklaar is, word bv. as die beskermheilige van kerkskole, koorsang, onderwysers, skoliere, studente, sangers, musikante en messelaars vereer en vir die verlossing van jig of builepes word daar openlik tot hom gebid.  

In die Vatikaanstad is die gebalsemde liggame van ’n aantal pouse in glaskaste te sien. So is pous Johannes XXIII wat in 1964 oorlede in 2000 opgegrawe en in ʼn glaskis in die Vatikaan geplaas. Mense kniel en bid voor sy kis en glo dat hy wonders kan laat gebeur!

Maria is die hoof van die beskermheiliges en word die koningin van die hemel genoem en so aanbid. Dink maar aan Schubert se Ave Maria – gebed aan Maria. Ook die Maria gebedekrale; 52 van hulle en nie een met Jesus se Naam nie! Maria verering kom 100% met die ou Babiloniese afgodsdiens ooreen. Semiramis, hul godin, is ook koningin van die hemelgenoem. .

Semiramis is ook in tye van godsdiensverval in Israel vereer: Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg” ... En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet, is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jer.7:18; 44:19).

Die verering van heiliges is ʼn onoorkomelike verskilpunt tussen die RK en Protestantisme. Gedurende die Hervorming het Luther en Calvyn hierdie dwaling in geen onduidelike taal verwerp. Regverdigmaking word sonder bemiddeling van ʼn dooie en alleenlik deur geloof in Jesus Christus verkry.

Protestante dink anders oor heiliges. Die Roomse leer daaroor is vreemd aan die Bybel en afgodies van oorsprong. God is volmaak en kan nooit beïnvloed word nie. Daarbenewens is dit nie ʼn kerk se taak om dooies tot heiliges te verklaar nie

Die Bybel praat ook van heiliges. Die woord kom 60 keer in die NT voor, maar nie dooies nie, slegs lewendes - die gelowiges van destyds. Paulus, ʼn apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is …” (Ef.1:1).

Paulus noem die gelowiges in Korinte geroepe heiliges.So ook dié in Rome: “...aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!” (Rom.1:7).

Gelowiges het geen bemiddeling tussen hulle en God nodig nie. Jesus het met sy kruisiging ʼn direkte verbinding met God daar gestel. Daarom het Luther en Calvyn dodeverering verwerp omdat dit die aandag van Godsverering aftrek.

Die RK glo dat hulle heiliges na bidders omsien. Wie in nood verkeer, bid net tot ʼn beskermheilige om hulp. Dis alles bedrog. Dooies kan nie gebede aanhoor nie. Nêrens in die NT is daar enige sprake van gebede tot dooies nie. Nog minder maak die kerkgeskiedenis daarvan gewag.

Om die waarheid te sê, verbied die Bybel dit ten sterkste. Lukas skryf in Hand.10: Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys. Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar‘n mens” (:25,26).  

Heilige lewens het trefkrag. Petrus skryf: “...en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon....” (1 Pet.2:12).   Dis vandag meer nodig as ooit. Heilige lewens bring geloofsgemeenskappe tot stand. Dis die gemeenskap van die heiliges wat ons bely en net deur persoonlike heilige lewens aan Jesus gewy, moontlik.

Gelowiges het nie dooies se hulp met gebed nodig nie. Hulle gaan reguit na God se troon van genade: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.... Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (Hebr.4:16; 7:25).

Jesus wil hê dat ons deur ons heilige lewes anders as wêreldlinge moet wees. Henog (Gen.5) is ʼn treffende voorbeeld. In sy tyd het sonde so toegeneem dat God besluit het om die mensdom op agt na uit te wis. En wat doen Henog? Hy wandel enduit met God. Laat ons ook met heilige lewens enduit met God wandel!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 734 gaste aanlyn