Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hier is iets wat al ons volksgenote behoort te bemeester: "Die HERE my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat" – Jes 50:4.
LAAT DIE STEM VAN GOD...
... DIE STEM VAN DIE VOLK WORD
Ds A. E. Van den Berg
In Spr.16:25 skryf Salomo: “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood”. Demokrasie is een daarvan en geensins ʼn Bybelse riglyn vir die beste regering nie. Waarom nie? Omdat demokrasie van die standpunt van Vox Popule, vox Dei uitgaan – die stem van die mense is die stem van God. Dis baie verkeerd. ʼn Godsvererende regering sê Vox Dei, vox Popule – die stem van God is die stem van die mens.
ʼn Regeringsvorm waarin God nie seggenskap het nie, kan nooit geseënd wees nie. Ongelukkig staar mense hul blind teen die term ‘demokrasie’ en weet nie dat dit ʼn regeringsvorm is wat die saad van ondergang in hom dra nie. Demokrasie het bv. tot beide die Griekse en Romeinse ryke se val bygedra. Ongelukkig leer die geskiedenis dat die mens nie uit die geskiedenis leer nie!
Demokrasie is ʼn uiters riskante staatsbestel en allermins ʼn rusbank waarop ʼn volk hom moet tuismaak. Die gevaar van demokrasie is dat dit ʼn meerderheid-besluitnemingstelsel is en slegs deur ʼn meerderheidstem verkry word en dus booshede kan inlaat. Die Bybel waarsku: “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie”(Ex.23:2).
Omdat’n meerderheid nie onafhanklik dink nie, lei demokrasie gereeld tot ʼn oligargie. ʼn Oligargie is ’n regering wat deur ʼn meerderheidstem verkry is maar deur ʼn elitegroepbeheer word en die politieke- en maatskaplike orde vir eie gewin aanwend.
Die demokratisering van gesagstrukture trek gereeld mag in die hande van sulke elitegroepe saamen laat diktature ontstaan. In Afrika is demokrasie as ʼn magsgreep gebruik om eens goed georganiseerde lande in rowersneste te omskepen geweld hoogty te laat vier.
In demokrasie is die wil van die meerderheid die enigste norm. Dit kan selfs ingrypend van vorige besluite verskil. Mandela het kort na sy inhuldiging gesê dat indien die meerderheid kiesers dit verkies, Suid-Afrika ’n eenparty-staat kan word. Demokrasie kan dus aan mense die reg verskaf om hul eie onderdrukkers te wees; ʼn dodelike beleid wat nie as eerbare regering beskou durf word nie!
Demokrasie gaan van die veralgemening uit dat as mense in een opsig gelyk is, hulle dit in alle opsigte is. Vandaar die een-mens-een-stem-bestel. Die gevaar is dat twee straatveërs een geleerde kan uitstem. En dis doodsake vir ʼn land!
Geen land floreer waar kundiges deur die vuurpeloton van ’n ongekwalifiseerde een-mens-een-stem kieserskorps tereggestel word nie. As bekwame minderhede die knie voor 'n onbekwame meerderheid moet buig, beland ʼn land op die glybaan van agteruitgang en alles wat kan produseer tot skroot afgetakel soos in Suid-Afrika gebeur het. Enige land kom op losse skroewe te staan as ʼn oorbevolkte bevolkingsgroep dinge verniet kry terwyl ander daarvoor werk en belasting moet betaal.
Die krag van die meerderheid is ’n hersenskim en word slegs deur mense wat nie vir hulself kan dink nie voorgestaan. Oral waar groot dinge in die wêreld plaasgevind en sterk beginsels aanwesig was, was die minderheid gewoonlik reg en die meerderheid nie. Daarom word die waarheid meesal by minderhede gevind en die ware toedrag van sake aan ʼn land se minderhede gemeet.
Demokrasie het sy ontstaan in Athene gehad waar dit van 508-322 v.C. as die staatsmodel beoefen is. Politici is egter nie blindweg deur ʼn meerderheidstem verkies nie. Slegs burgers met ’n keur-stem was stemgeregtig en moes aan sekere vereistes voldoen om te kon kwalifiseer. Koppe is destyds geweeg en nie getel nie. Vandag word koppe getel en nie geweeg nie en maak van so ‘n demokrasie ʼn karikatuur van die oorspronklike!
Al rede waarom demokrasie in Westerse lande te lande gekom het, was dat dit as ʼn teenvoeter vir sosialisme beskou is. Dit het slegs in homogene bevolking-samestellings’n mate van bestendige regering gebring, maar nooit in Afrika nie. Waar koppe getel maar nie weeg word nie, word ʼn gepeupel op dieselfde vlak as eerbare burgers geplaas en ontaard gereeld in ʼn regering van skobbejakke soos Suid-Afrika al ervaar het!
Vir demokrasie om te slaag, moet stemgeregtigdes bekwaamheid, gesonde verstand en ʼn sekere opvoedingsvlak by burgers hê. ʼn Keur stem soos in ou Athene beoefen, is ʼn teenvoeter vir ʼn gepeupelregering.
Toe die koloniale moondhede in Afrika verdryf is, het die son oor hierdie vasteland gesak soos wat ’n horde van swak leiers mekaar in die politieke speelhok vertrap het net om eerste aan die magsfopspeen te kon suig. Die gevolg was staatsgrepe en burgeroorloë wat miljoen lewens geëis het.
Dit het gemaak dat Afrika van ordelike beskawings ontslae geraak het om dikwels na die vlak van diere af te daal. Daar is niks so verfoeilik as ʼn regering wat met die bloed van sy eie burgers bevlek is nie. ʼn Goeie regerings bestaan uit herders en nie slagters nie!
Afrika het kolonialisme gehaat en demokrasie as ʼn geneesmiddel aangegryp. Dit was ʼn dodelike vergissing. Kolonialisme was ook ʼn vakleerlingskap in beskawing. Die vakleerlinge het die toets gedruip en die onderwysers die skuld daarvoor gegee.
Om gif vir medisyne en medisyne vir gif aan te sien, is eie aan Afrika. Dit het soos ʼn doodsengel deur hierdie vasteland getrek en magsdronkaards en konkelaars soos ʼn handskoen gepas. Baie van die nuwe leiers het hul spoedig in die politiekery waarin hul hulself toegespin het verstrengel geraak en is selfs om die lewe gebring. Afrika leer nie uit foute nie. Dwase los nie probleme op nie, maar herrangskik dit eerder!
Afrika is met ʼn baie dun lagie beskawingsvernis bedek. Dit kraak gou onder druk waarna beroepskurke en barbaarse optredes aan die orde van die dag is. Internasionale nuusmedia berig gereeld oor bloedbevlekte Afrika-demokrasieë.
Demokrasie kan nooit in Afrika slaag nie omdat swartes uit huis uit sosialisties is. Hul tradisies en stamgebruike is alles op ʼn sosialistiese lees geskoei. Hulle dink en tree nie anders op nie. Daarom is ʼn sosialistiese gemeenskap in ʼn demokratiese mondering so gevaarlik soos ʼn pedofiel in ʼn kersvadergewaad!
Tegnies gesproke gee demokrasie vir 51% van ʼn gepeupel die geleentheid om 49% eerbare burgers uit te stem. Leiers word gereeld deur ʼn dwase kieserskorps aan bewind geplaas en dis vir politieke jakkalse voordelig dat dwase massas nie dink nie!
Afrika-demokrasieë is feitlik sonder uitsondering met die bloed van eie burgers bevlek. Dit gebeur as wolwe losgelaat is en skape doodgebyt word. Geen wonder dat Afrika van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld het nie! Demokrasie kan alleenlik slaag indien nie-gewelddadige maniere gebruik word om verskille te besleg. Dit vereis kundigheid en gesonde verstand wat slegs met ʼn gekwalifiseerde stemreg moontlik is en nooit in Afrika kan verwerklik nie.
Daar bestaan tans geen volmaakte staatsbestel ter wêreld nie. Die enigste wat sal slaag, is ʼn teokrasie. Teokrasie kom van twee Griekse woorde – God en regeer. ʼn Teokrasie is ʼn politieke bestel waar God deur ʼn gelowige leier ʼn land regeer. In ʼn teokrasie word geen onderskeid tussen kerk en staat gemaak nie. Die mening dat godsdiens en politiek geskei moet word, is verkeerd. God se wil moet oral geskied hetsy in die godsdiens en ook as in staatsaangeleenthede.
Die eerste teokratiese staatsbestel waarvan die Bybel melding maak, is tydens die uittog uit Egipte ingestel en na Moses se dood deur Josua voortgesit. Hy het Israel egter gewaarsku dat indien hulle hierdie bestel gaan versaak, dit slegte gevolge vir die volk sou baar soos wat dan ook gebeur het.
‘n Teokratiese leier se denke is geheel op God en sy Woord gerig. Moses was so ʼn persoon. “En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen?.... En Moses antwoord: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg” (Ex.18:14,15).
ʼn Teokratiese leier is ʼn dienaar van God en gawe aan sy volk. Sy denke word deur die Bybel gerig. Sy liefde en kennis daarvan laat God se grootheid in hom skitter en boesem eerbied onder mense in. Hy is nie daar om mense te oorheers nie, maar om hulle met Bybelse beginsels en gehoorsaamheid aan God te verbind. “Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is”(Ps.33:12)
ʼn Teokratiese leier beklee ’n lewenslange amp. Dis nie oorerflik nie. Gideon sê vir sy volk: “Ek wil nie oor julle heers nie en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die Here sal oor julle heers” (Rigt.8:23). Dit is mos teokrasie!
ʼn Teokratiese leier word deur die behoefte om vir sy mense goed te wees, gelei. As goeie herder het hy nie nodig om onderdanigheid van sy skape af te dwing nie. Hulle volg hom omdat hulle wil. Hy gebruik slegs mag om sy land te verdedig en sy burgers te beveilig en nie vir eie gewin nie.
ʼn Teokratiese volksleier sorg ook vir ʼn gelowige amptenary. Omdat een balk nie ʼn hele dak kan dra nie, word hy deur ’n raad bygestaan wat hyself na gebed aanwys. Dit het al in die tyd van Moses gebeur toe God hom aangesê het om 70 oudstes te kies om hom by te staan en die Sanhedrin (Joodse Raad) so sy beslag gekry het.
’n Teoktatiese leier plaas met die hulp van God die regte mense op die regte plekke. Hy bou ʼn span so sterk dat elke lid net sowel die leier kan wees. Goeie spanwerk was nog altyd die produk van doeltreffende leierskap.
’n Teokratiese leier verhoed dat sekere burgers onregmatig in weelde leef terwyl verdienstelike burgers krepeer. ʼn Teokratiese bestel verdra geen parasiet-kultuur nie – massas wie se behoefte groter as hul vermoë is om dit self te bevredig en van ander verwag om dit vir hulle te bevredig. Dit sal ʼn einde aan ʼn politieke pappotbedeling maak.
Geen politikus het al ooit daarin geslaag om uiteenlopende volke suksesvol in 'n staatkundige eenheid saam te voeg nie. Die Griekse geskiedenis bevestig dit. Die staatsman, Perikles (495-429v.C.) was bv. bekommerd dat vreemdelinge die mense van Athene kon verswelg en het daarom streng instromingsbeheer ingestel. Verder het hy alle huwelike tussen Grieke en vreemdelinge verbied.
Isokrates (436-338v.C.) het hierop voortgebou en die Atheners in drie groepe verdeel. Griekse burgers is as die meel gesien, die genasionaliseerde vreemdelinge as die semels en die uitlanders as die kaf van die samelewing beskou. Hierdie Atheense eksklusiwiteit was ʼn suksesvolle verskansing teen volksvreemde verswelgings.
Ongelukkig het Atheners later van tyd onder druk van andersdenkendes verkeer en ʼn beleid van plooibaarheid gevolg. Daar is van die Atheense eksklusiwiteit ’n strooipop gemaak en dit is afgeskiet. Die misplaaste simpatie jeens vreemdelinge word ‘isphilantropia’ genoem. Filantropisme het eeue later in Europa herleef en die verstand van baie Westerlinge benewel.
Alexander die Grote was een van die grootste filantropiese yweraars. Sy verraderlike optrede het gemaak dat konserwatiewe Grieke die vreemdelinge onder hulle gehaat en ’n binnekring gevorm het wat hulle uitgesluit het. Private klubs het soos paddastoele opgeskiet om besorgde Atheners teen volksvreemde instromings en alles wat daarmee gepaard gegaan het te beskerm.
Die leefwyses van die volksvreemdes het so erg van die Griekse leefwyse verskil, dat Alexander hulle later slegs by wyse van verbloemde despotisme kon beheer. Dit was egter die begin van die ondergang van die eens glorieryke Griekse Ryk. Die les wat hieruit geleer moet word, is dat dit wat vir ʼn volk kosbaar is nooit allemans-besit gemaak moet word nie!
Niks bewaar ʼn volk soos rassuiwerheid nie. Niks behoort vir ’n volk kosbaarder as die bewaring en behoud van die suiwerheid van sy bloed te wees nie. Teokrasie is ’n lewensredder by ʼn volk se genetiese poel. Die Bybel het geen goeie woord vir rassevermenging nie. Dis ’n instrument in die hand van Satan om God se skeppingsorde te probeer omkeer.
Afrika se agterlikheid en versteende wraaksug verhoed dat ʼn verantwoordelike demokrasie ooit wortel kan skiet. Al wat hier floreer, is tirannie. Diktators se ystervuiste kom na ʼn verkiesing gou uit hul fluweel handskoene te voorskyn en laat burgers se toekomsdrome ʼn nagmerrie word. Desondanks bly die Afrika-mens glo dat demokrasie geregtigheid oor onreg laat seëvier het. Hierdie misgissing het diep spore van wrede ontnugtering nagelaat. Wie aan karakterlose mense mag gee, dra die bitter gevolge daarvan. Afrika-mag trek altyd in die hande van onbekwame politici saam. Klein diewe word opgehang en grotes ontvang lonende poste. Sommige van hulle lewens is so vrot, dat dit nie van misdadigheid verskil nie.
Afrika-leiers het ʼn onversadigbare aptyt vir chaos, korrupsie en wanpraktyke. Gevolglik leer hulle geen kuns so gou aan as om die staatskas te plunder nie. Alles word egter agter ʼn demokratiese bos verskuil en politici se verstommende, onbekookte optredes word maar gelate aanvaar. Kundiges word in ʼn rioolpyp afgedruk om onkundiges daaruit te laat opkom. En as dinge verkeerd loop, blameer hulle die koloniale geskiedenis vir hul mislukkings. Nee, wie kla dat die bal vir hom verkeerd spring, het dit self laat val!
ʼn Volk wat toelaat dat onbevoegdes leiding neem, betaal hul eie ondergang in paaiemente af. Demokrasie het in talle Afrikalande ʼn toestand van verwarring en wilde gedrag laat ontstaan. Gevolglik kan mense nie met streng wette en ordelike reëls beheer word nie en dit laat misdaadsyfers die hoogte inskiet.
Toe die lig van die Westerse beskawing in Afrika in die naam van demokrasie uitgedoof is, het dit nag in hierdie vasteland geword. Suid-Afrika is een van die opvallendste voorbeelde. Waar dit eens ’n geseënde verlenging van Europese kulturele waardes was, het dit ’n wrede aanskouingsles geword van hoe daar nie in ’n land regeer moet word nie. Reuse maatskaplike voordele vir onbevoegdes en krimineelhoë belastings maak enige ekonomie dood!
Magsbeheptheid lê aan die wortel van Afrika demokrasieë en is ʼn onkruid wat welig in hierdie vasteland groei. Daarom wemel Afrika van klug-demokrasieë met leiers wat verbete met mekaar in ʼn afwaartse spiraal van ellende meeding. Magsverkryging is die alfa en die omega van hul politieke strewes. Wat daarna met die land gebeur, skeel hulle maar min!
Niks beïndruk die Afrika-mens soos mag nie. Neem Robert Mugabe as voorbeeld; ʼn man wat sy eens voorspoedige land in die grond ingeboor het. Desondanks het mense aanhou om vir hom te stem omdat hulle, soos ʼn Engelse verslaggewer dit gestel het, “they admired the hand of power.”
Onbeperkte mag beïndruk mense met lae sedelike peile en maak sg. regstellers van onreg altyd gewild. Die meeste van Afrika se politici het voorgegee dat hulle hul volk van kolonialisme gered het. Dit was ʼn leuen en eerder ʼn front om mag te bekom. Hoe meer hulle gekry het, hoe erger is mag misbruik.
Afrika demokrasie is niks anders as ʼn manier om mag deur getalle te bekom nie. Mag is as sulks nie boos nie, maar dan moet dit reg gebruik word. God moet daarmee gedien word en kom wel in ʼn teokrasie tot sy reg – Vox Dei, vox populi – die stem van God is die stem van die mens!
Gelukkig het booshede ’n betreklik kort raklewe waarna onreg soos ’n stofwolk opstyg vir almal om te sien. Waar die internasionale gemeenskap se oordeel eers so afgestomp was dat hulle maar ander pad gekyk en Afrika se flaters oor die hoof gesien het, is dit vandag ʼn ander prentjie. Die Westerse wêreld is besig om Afrika te los en word nie meer met mooipraatjies op sleeptou geneem nie.
Politici wat die gesanik oor Afrika se benadeeldes op die wêreldmark ingesit het, is opvallend stil. Die verskoning dat armoede en uitbuiting die skuld van koloniale uitbuiting is, word nie meer gesluk nie. Die waarheid is lank genoeg agter ’n gordyn van leuens en swak verskonings weggesteek.
ʼn Teokrasie verhoed dat booswigte ʼn land regeer. Dit haal die verkeerde mense uit die bus en plaas die regte mense in beheer. Die regte mense in die regte sitplekke maak die pad vir ʼn land oop.
Hoe keer ons dat dit wat ons voorsate opgebou het, nog verder afgebreek word? Ons is saam op dieselfde boot in ʼn stormsee van politieke onverskilligheid en verfoeilike kerkverraad. Die tyd vir wag en sien wat gaan gebeur is verby. Ons moenie bang wees oor wat die vyand moontlik nog kan doen nie, maar eerder besorg wees oor volksgenote wat passief sit en wag dat ander vir hulle moet doen wat hulle self moes doen!
N.P van Wyk-Louw het gesê dat 'n volk dit nog kan verdra as hy vertrap en sy regte misken word, maar nie as ’n hele geslag sonder verset verby gaan. ’n Volk wat bly toegee en weggee, het later niks meer oor om voor te leef nie!
Die tyd het aangebreek dat ons volk sterk moet optree. Ons geskiedenis getuig van God se ingryping in ons lotgevalle. Die Slag van Bloedrivier is een daarvan waar manne in die geloof vasgestaan en met God se hulp ʼn roemryke oorwinning behaal het.
Daar is niks met ons land verkeerd wat nie met dit wat in ons land is reggemaak kan word nie. Ons het net ʼn nood aan ’n Gideonsbende van gelowiges; mense wie se harte in die bloed van Jesus Christus gewas is. Ons moenie God vra om in te gryp as ons nie bereid is om self voete op te tel nie. Die Voortrekkers by Bloedrivier is vir ons ʼn voorbeeld. Benewens hul geloof in God was hulle ook paraat vir die stryd. Hulle het geweet dat die reus voor hulle nie groter as die God by hulle is nie!
Om Suid-Afrika van verdere ondergang te red, sal ons van demokrasie met sy getalle-politiek ontslae moet raak. Menslik gesproke lyk dit onmoontlik. Niks is egter vir God onmoontlik nie. Soos wat Hy die Voortrekkers by Bloedrivier gehelp het, sal Hy ons weer help. God was selfs bereid om Sodom en Gomorra ter wille van 10 regverdiges te spaar. Hoeveel te meer nie vir ons nie?
Die geskiedenis van ons Boerevolk kom baie met dié van oud-Israel ooreen. Wanneer Israel in ʼn nasionale verknorsing beland en tot God om uitkoms gebid het, het Hy ingegryp en verlossing geskenk. “Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle rowers” (Rigt.2:16).
Dit was uit en uit aan God se beloftes en sy liefde te danke. Israel het hul nie bekeer en is op grond daarvan nie gered nie. Hulle redding het van God alleen gekom. Israel het na reg verdien om op hul baadjie te kry. God het hulle egter jammer gekry en kragtig ingegryp.
Hy het egter nie engele uit die hemel gestuur om Israel te verlos nie maar het rigters uit hul eie midde as werktuie in sy hand verwek en gebruik. Hierdie rigters was almal manne wat deur God vir uitsonderlike volksdiens gekies is en wie se optredes geseënd was.
Laat ons gebede om verlossing uit ons diepste put van ellende tot in die hoogste hemel opstyg. Ons aanbid nie ʼn ander God nie. Hy is gister en vandag dieselfde. Moenie vergeet dat gebed die Hand beweeg wat die heelal beweeg nie. Wie voor God kniel, kan voor enige mens staan.
God gaan vir ons ʼn uitsonderlike leier stuur. Siener van Rensburg het dit in ʼn gesig gesien. Dit sal ʼn einde aan ‘demokrasie’ maak en ʼn nuwe begin wees; dié van Vox Dei Vox populi –die stem van God is die stem van die mens. Verlang daarom saam met my na die dag dat ons land deur God se ingryping die beste plek op die aarde sal wees om in te bly!