NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy swak teen al die aanslae van die mense en gebeure rondom jou? Gee jouself aan die lewende Christus oor en versterk jouself met sy Heilige Gees. Dan sal jy sy beskerming ondervind teen alles wat jou lewe kan skaad en aftakel. Leef sy vergifnis prakties uit, dan kan niks wat enigiemand sê jou permanent verwond nie. Onthou, liefde en vergiffenis is die geheim om alle wonde te genees.

VREES NIE DIE REUSE IN JOU LEWE

Ds A.E. van den Berg

“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (1 Sam 17:37).

God was baie lief vir Dawid en het hom dikwels in moeilike situasies laat beland om sy geloof te toets. Dawid moes leer om nie op mense staat te maak nie, maar op sy hemelse Vader. In die gelese gedeelte het Dawid letterlik en figuurlik voor 'n reuse probleem te staan gekom wat maklik tot sy dood kon lei. Hy het egter op God vertrou en 'n opsienbarende oorwinning in die dal van die terpentynbome behaal.

Die dag van hierdie oorwinning het vir die jong man soos enige ander dag in sy lewe begin. Hy het skape opgepas. Die dag sou egter baie anders eindig as wat hy ooit kon droom. Sy pa het hom vroeg die oggend met kos vir sy broers op die gevegsfront gestuur waar hulle met Saul teen die Filistyne vir 'n oorlog gereed gemaak het.

Omdat daar destyds geen georganiseerde weermag in Israel was nie, het gewone burgers die koning in tye van oorlog gaan help. So het Dawid by die laer aangekom en gesien dat sy mense bitter bang was, veral vir die spottende drie meter lange Filistynse reus. Niemand het kans gesien om teen Goliat te veg nie, selfs nie Saul nie. Toe Dawid hoor hoe die reus teen God laster, kon hy dit nie daar laat nie. Daarvoor was hy te lief vir sy hemelse Vader.

Die dag het vir hierdie jong gelowige soos enige ander een normaal begin, maar voordat die son sak, sou hy van aangesig tot aangesig met 'n reuse probleem te staan kom. Dis hoe talle probleem-reuse in die lewe ontstaan; hulle gee selde kennis dat hulle kom. Jy staan die oggend op, aanvaar dat dit net nog 'n dag sal wees en eensklaps staan hy voor jou; 'n reus wat jy nie kan vermy of weg wens nie. Van hulle betrap ons soms so onverhoeds dat ons paniekerig raak en nie weet wat om te doen nie.

Ons leef in 'n wêreld van probleem-reuse wat soms vlak voor ons kom staan en ons uitdaag om teen hulle te veg. Om te wen, moet ons weet dat hulle nie vanself verskyn nie, maar dikwels ook deel van God se plan is om ons geloof te toets. Hy wil kyk wat ons optrede in sulke situasies is. Gee ons dit in sy hande en raak rustig of gaan ons van spanning oorboord? Hy wil hê dat ons rustig moet wees. Dieselfde Dawid skryf later: Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my” (Ps.23:4). As ons dit werklik glo, kyk ons anders na die reuse in ons lewens.

Ons verkeer dikwels in dieselfde bootjie as oud-Israel. Toe hulle by Kanaan kom, was hulle bang vir dit wat die toekoms sou oplewer en het 12 verspieders uitgestuur om die land te gaan verken en verslag te doen. Het God hulle dan nie die land belowe nie? Waarom dan nog twyfel?!

Toe 10 van die verspieders met 'n negatiewe verslag terugkeer, het hul moed in hul skoene gesak – die Kanaäniete was reusagtig groot en sou Israel maklik vermorsel. Die kort en die lank van alles was dat hulle God se belofte nie vertrou het nie. As straf het Hy hulle vir 'n verdere 38 jaar in die woestyn laat rondswerf, waar dit normaalweg 'n skamele twee jaar sou neem!

God het uiteraard van die reuse in Kanaan geweet maar hulle nie laat verdwyn sodat Israel sonder teenstand kon inkom nie. Hy het dit juis so beskik dat hulle daar moes wees en Israel hulle in sy Naam die hoof moes bied. In plaas daarvan sny hulle 'n lyn en straf God hulle deur hul in die woestyn te laat rondswerf. Die ironie is dat toe hulle later terugkom, die reuse nog steeds daar was!

Geloofsbeproewings is dwarsdeur die Bybel opgeteken. Drie jong Jode bevind hulle in Babel in 'n brandende vuuroond. Daniël beland in 'n leeukuil. Jesus se dissipels bevind hul op 'n see van storms ens – alles deel van God se plan om hul geloof te toets.

Die reuse in ons lewe is nie toevallige verskynsels nie. God laat dit op 'n bestemde tyd toe om ons geloof in Hom te toets. Die reuse in ons lewe kan ons onderstebo klap of ons geloofsweerstand toon. Gevolglik het ons een van twee keuses – om soos Saul vir die reuse weg te kruip of om hulle soos Dawid met die krag van God tegemoet te gaan. Onthou: Die reuse in die lewe bly nie vir altyd daar nie. Hulle het 'n einde.

Toe Dawid Goliat se lastering teen God hoor, het hy besluit om hom dood te maak. Mense het hom probeer ontmoedig, maar nie van sienswyse laat verander nie. Sy geloof was op die vaste fondamente van vertroue in God gelê en nie in die leër van Saul of die wapenrusting wat hom aangebied is nie. Dawid het Iemand baie sterker as die Filistynse reus by hom gehad en oorwin.

Leer van Dawid 'n paar belangrike lesse hoe om die reuse in jou lewe te beveg, God het jou nie gered om deur 'n boosheid vernietig te word nie. Hy wil jou as oorwinnaar uit die stryd sien tree. Die reuse is deel van God se ewige plan met jou en beproewing maak jou geloof sterk. God los jou nie halfpad nie maar stap die pad enduit met sy kinders. Een van sy wonderlike eienskappe is sy onveranderlikheid. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebr.13:8).

Die God wat destyds wonderlik ingegryp het, is vandag nog dieselfde God. Hy stel nooit teleur nie. Wie op Hom vertrou, wen altyd. Wie egter op mense vertrou, kom dikwels sleg daarvan af. Waarop vertrou jy as daar reuse op jou lewenspad opduik? Jou eie vermoë of mense-hulp? Beide kan val, maar nie die vertroue op God nie.

Om die reuse in die lewe te oorwin, vereis ook sterk optrede van jou. Dawid het reguit op Goliat afgestap, sy geloof in God in die openbaar verklaar en hom met 'n klippie neergevel. Wat 'n oomblik in hierdie gelowige se lewe! Hy het dit wat hy geglo het, sien gebeur. God maak van hulle wat in Hom glo, oorwinnaars. Al wat ons moet doen, is om soos Dawid 100% op God te vertrou en die reuse van die lewe tegemoet te gaan. Dawid skryf later: “Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur” (Ps.18:30).

Waarom het Dawid vyf klippies gehad terwyl net een genoeg was? Miskien kon hy met die eerste een gemis het dan was daar genoeg oor om mee aan te hou totdat hy suksesvol was. So moet ons ook soms aanhou slinger totdat die reus in ons lewe verslaan is.  

Hy sê vir Josua wat Israel na Moses se dood moes lei: “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Jos 1:9). God beloof aan ons 'n oorwinning deur sy Seun wat selfs die dood oorwin het. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil.4:13).

Wat gaan ons hierdie jaar met die reuse wat in ons lewe mag opduik, maak? Ons het een van twee keuses; ons kan in ons tente gaan wegkruip totdat hulle hopelik verdwyn. Dit gaan nie gaan gebeur nie. Goliat het ook bly staan en nie verdwyn soos wat die Israeliete gehoop het nie, maar al hoe nader gekom.

Jou reus sal nie weggaan nie, maar ook nader kom, dis nou te sê as jy niks gaan doen nie. Die tweede keuse is om sterk na vore te kom en om die reus in jou lewe met die krag van Jesus Christus te oorwin – 'n geestelike oorwinnaarslewe te geniet. Besluit jy maar self!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4675 gaste aanlyn