Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Om vir ‘n vark vlerke aan te sit, maak nie van hom ‘n voël nie. Hy is en bly ‘n vark! "
DIE ANTICHRIS (2/3)
Ds A.E. van den Berg
“...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan” (2 Thess.2:9).
Die ander dier wat Johannes in Open.13:11 sien, beteken een van dieselfde soort. Beide is handlangers van die Satan. Die eerste een is die Antichris en die tweede een die valse profeet. Hy is 'n kerkleier – 'n lam met twee horings. Sy taak is om die mensdom te oorreed om die Antichris te aanbid. Hy werk dus baie nou met die Antichris saam. Hy gaan selfs 'n beeld van die Antichris laat oprig en mense dwing om die beeld te aanbid. Daarna sal alle formele godsdiens afgodediens wees. Dag verander in nag!
Die valse profeet sorg dat die saak van die Antichris uitgevoer word. Daarvoor oefen hy oppergesag op kerklike gebied uit. Soos wat Satan gesag aan die Antichris verleen, ontvang die valse profeet syne van die Antichris. Hy motiveer die mensdom om Satan te aanbid en doen wondertekens: “...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan” (2 Thess.2:9).
Die valse profeet laat selfs 'n beeld van die Antichris oprig wat lewendig word. Hy laat ook merktekens op mense aanbring om hul lojaliteit aan die Antichris te bevestig. Dis ekonomiese sabotasie!
Omdat die Satan aan beide die valse profeet en Antichris mag verleen, is hulle werk met mekaar verweef. Die beeld wat die valse profeet vir die Antichris oprig, herinner ons aan die beeld wat Nebukadnesar laat oprig het en hy indirek aanbid is. So ook met hierdie laaste beeld – Satan sal daardeur aanbid word.
Soos die Antichris, sal die valse profeet ook voorgangers hê. Hulle kom hoofsaaklik uit die Roomse Kerk (RK). Eertydse Protestantse leiers soos Luther en Calvyn het nie geskroom om die pous as die Antichris te brandmerk nie. Pous Leo XIII het in 1846 selfs gewaarsku dat Rome eendag die setel van die Antichris gaan word!
In Open.17:9 word die valse profeet as 'n bordeelhoudster geskets wat haar besigheid op sewe heuwels bedryf. Wêreldleiers stroom na haar soos wellustige kliënte na 'n bordeel. Rome is nie toevallig op sewe heuwels gebou nie. Dis 'n profetiese woord. Roomse kerklui is bv. berug vir homoseksualisme, Satan se nabootsing van die huwelik. Die Vatikaan bestee jaarliks biljoene euro aan sake van kindermolestering deur haar kerklui. Let op hoeveel Protestantse Kerke wat met die RK gemene sake het, homoseksualisme goedpraat en sodomiete in die huwelik bevestig. Dis myns insiens 'n baie duidelike teken van die naderende einde – sedeloosheid!
Satan het met die RK 'n valse godsdiens gevestig wat mense van die ware geloof beroof. Baie van sy aanvalle was subtiel soos dié tydens die Middeleeue toe die RK minstens 150 miljoen mense laat vermoor het. Geleerdes bereken die getal mense wat deur die eeue aan die hand van die RK gesterf het op meer as 500 miljoen!
Wat in die Middeleeue gebeur het, gaan voor die wederkoms weer gebeur. Die Antichris gaan die laaste gelowiges baie leed aandoen: “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel...” (Dan.7:25). Die regering van die Antichris gaan op bloedvergieting floreer: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin...” (Open.13:7)
Die valse profeet se betowering bereik 'n hoogtepunt as sy ystervuis uit sy fluweel handskoen te voorskyn kom en hy die beeld van die Antichris lewe laat kry. Hoe is dit moontlik? 'n Demoon gaan waarskynlik in die beeld vaar en dit lewend laat lyk. En so boots die Satan God wat lewe gee, na!
Die Antichris laster teen drie dinge – teen God, sy Naam en sy uitverkorenes. Die woord Antichris beteken nie bloot teen Christus nie maar ook in die plek van Christus. Die RK beskou al eeue lank pouse dogmaties as God op aarde. Pous Leo XIII het destyds openlik gesê dat hy God op aarde is. Nee, pouse is nie God op aarde nie maar prototipes van die valse profeet wat aan die Satan gedienstig is.
Die RK noem haar kerklui vader; lynreg in stryd met Jesus se uitdruklike verbod in Mat.23:9. In sy se hoëpriesterlike gebed (Joh.17) spreek Jesus God as Heilige Vader aan; 'n toewydingsnaam wat uitsluitlik vir God gebruik word. Die RK in der waarheid hierdie titel deur pouse so te noem. Nee, geen pous het inherente heiligheid nie. Na die genesing van 'n kreupel man sê Petrus: “... Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons dit deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?” (Hand.3:12).
Die valse profeet is die wegbereider vir die Antichris. Sy optrede verskil groot van Johannes die Doper, ons Here Jesus se wegbereider. Johannes is onthoof omdat hy die heiligheid van die huwelik verdedig het. Die RK se verbod op huwelike vir haar kerklui en homoseksuele vergrype spot met die huwelik as instelling van God.
Johannes was arm terwyl pouse in weelde leef. Johannes het die Evangelie van verlossing gepreek. Pouse keer mense daarvan weg. Johannes het mense opgeroep om die pad van die Here reguit te maak. Pouse maak dit krom. Johannes het homself verneder. Pouse floreer op aansien.
Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat Jesus se offer aan die kruis genoegsaam is vir sondaars om gered te word: “... en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld” (1 Joh.4:3).
Wie hierdie genoegsaamheid van die offer ontken, is een met die Antichris. En dis presies wat die RK doen. Met haar leer oor die onfeilbaarheid van Maria (1854) druk in werklikheid die ware Maria voor Jesus as Verlosser in en ontken daarmee Jesus se genoegsame verlossingswerk. Die Jesus van die Bybel en die Jesus van die RK is twee verskillende persone – net met dieselfde naam.
Paulus skryf aan die Korintiërs: “Maar ek vrees dat, net soos wat die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne miskien so bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig laat julle jul dit goed geval” (2 Kor.11:3,4).
Met haar leer oor die onfeilbaarheid van die pous dwaal die RK ernstig. Die Bybel leer dat alle mense sondaars en derhalwe feilbaar is. Die RK glo dat pouse die reg ontvang het om die hemel vir mense oop of toe te sluit en gee haar kerklui mag om sonde te vergewe. Wat sê die Bybel? Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?” (Mark.2:7).
Die valse profeet se hooftaak is om te sorg dat die Antichris wêreldwyd aanbid word: “En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid....” (Open.13:8). Miljoene mense aanbid vandag die pous asof hy 'n god is. Hulle soen sy ring, buig voor hom en lê by sekere geleenthede selfs voor hom uitgestrek. Dis niks anders as 'n herhaling van die aanbidding van die beeld van Nebukadnesar nie: “En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word” (Dan.3:6).
Gelowiges gaan 'n moeilike einde tegemoet. Maar moenie bang wees nie. Jesus is deur die Heilige Gees by jou. Maak net baie seker van jou redding en staan vas in die geloof. Wat Jesus vir die gelowiges in Smirna belowe het, beloof Hy ook vir alle gelowiges: “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Open.2:10).