NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Enigiemand wat meer oor die lewe te wete wil kom kan maar net die Bybel bestudeer; dit is 'n Boek oor die lewe: oor konings, boere, huisvroue, siekes, soldate, diensknegte, elke mens is in die Bybel; ook jou en my lewe word direk daarin weerspieël. Maar as jy nooit jou Bybel bestudeer nie kan jy nie verwag om lewenskennis te hê nie.

GOD IS OP SY TROON!

Ds A.E. van den Berg

“In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël 'n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die. droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel” (Dan 7:1).

Jare gelede hou ek en my gesin vakansie aan die Natalse noordkus. Een oggend breek ligte branders rondom ons toe my een dogtertjie 'n groter brander sien en bang word. Ek het haar opgetel en verseker dat niks met haar sou gebeur nie. Vir haar was die brander 'n gevaar maar nie vir my nie. Sy was veilig in my arms. Die lewe kan soms soos groot branders vrees aanjaag want ons leef in 'n gebroke wêreld met oorloë, siektes en natuurlike rampe waaroor ons geen beheer het nie. As ons bang raak vir dinge om ons, moet ons nie vergeet dat God sy kinders in sy arms hou nie.

God wys vir Daniël in 'n paar visioene wat eintlik agter booshede sit en doen dit om die mense wat uit die ballingskap na Jerusalem teruggekeer het te bemoedig. Al lyk die lewe erg, is God altyd in beheer van alles:“ As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:3,4). Waarom is ons dan bang vir booshede as Hy in beheer is?

Die eerste verse van Daniël 7 begin met vier vreesaanjaende gedrogte wat uit die see opkom. Een lyk soos 'n leeu waarvan die vlerke afgeskeur is en soos 'n mens regop opstaan. Die volgende een lyk soos 'n beer met vleis in sy bek. Daarna 'n luiperd met vier koppe en vier vlerke. Hulle verteenwoordig bose wêreld-magte wat mense onderdruk en deur Satan begeester is; konings en regerings.

Daniël se profesie gaan meer oor 'n boodskap as die Sataniese magte se optredes.   Die boodskap is dat die wêreld deur booswigte regeer word om mense te vertrap en te vernietig. Die slagoffers is magteloos om die booswigte met eie krag te stop. Hulle kan ook nie op die samewerking van minder skadelike magte hoop nie; slegs op Iemand groter as die gesamentlike bose magte.

Daniël se boodskap aan sy lesers en aan ons is om nie bang vir die toekoms te wees nie. Daar is hoop te midde van al die lelike dinge. Die wêreld is boos en golwe van wanhoop slaan gedurig om ons. Gelowiges se hoop lê egter nie in hierdie wêreld nie, maar in 'n koninkryk met 'n Koning wat ons nou nie kan sien nie maar wel daar is.

Dan verskuif die toneel na 'n troonkamer en Een wat daarop sit. Dis nie 'n nuwe persoon nie. In ons wêreld word 'n ou koning met 'n nuwe een vervang. Nie hier nie. Hy wat op hierdie troon sit, is van ewigheid daar: Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur....duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen” (:9,10)..

Hierdie visioen moes vir die Joodse krygsgevangenes moed gee en kennis neem dat daar 'n oppermagtige, onsigbare troon met hul ware Koning daarop is. Hy sal die wêreldleiers oordeel. Die visioen moes hulle gerus stel dat God hulle nie verlaat het nie. Al was hulle in ballingskap, was Hy steeds op sy troon en magtiger as hul vyand,

Hierdie Koning word in Dan.7 as volstrekte suiwerheid en geregtigheid voorgestel. Die kleur van sy kleed en hare is metafories daarvan. Vuur verteenwoordig sy krag en geregtigheid met 'n ontelbare skare wat Hom dien. Daniël kon die getal nie peil nie. Daarom herhaal hy die getal 1000 menigmaal.

Vir die mismoedige krygsgevangenes moes hierdie visioen hoop bring. Ja, wêreldse dinge maak ons soms bang, nogtans glo ons dat God 'n einde aan bose regerings gaan maak. Daar is eindelose hoop in die Koning wat in die hemel op sy troon sit. Ons hoop lê nie in 'n aardse koninkryk wat tot ons redding kan kom nie, maar in 'n Koning wat vir ewig oor sy ganse skepping heers.

Wie is die koning? Dis Jesus en die rede waarom Hy dikwels na Homself as die Seun van die Mens verwys het. Wanneer Hy dit sê, verwys Hy na Dan.7 en die allerheersende Koning wie se koninkryk geen einde het nie. Alle nasies en volke sal Hom eer.

Hierdie belofte is al in die tyd van die Babiloniese Ballingskap gemaak. God praat deur die profeet Jesaja met Juda: ” Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, 'n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.” (Jes.45:23). Later herhaal Paulus dit in sy brief aan die Romeine: “Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely” (14:11).

Dan.7 herinner gelowiges aan die bose geeste en hul handlangers om hulle wat lyk asof hulle wen, maar in werklikheid aan die verloorkant is. Hul optrede verontrus baie volksgenote. Onderdrukking en onreg-wetgewing is aan die orde van die dag. Daarbenewens word Christene in al hoe meer lande vervolg en gedood. Boosheid en gruwels neem toe en bied al hoe minder vryheid om Jesus te aanbid. Alles word net donker!.

Met Daniël se visioene verbreek twee waarhede hierdie donkerte. Eerstens dat die vyand, al vermorsel hy ook God se mense, dit nie vir altyd is nie. Bose magte het in werklikheid geen mag in hulself nie. God laat hulle net vir 'n tydjie toe. Tweedens sal God se raad byeenkom en 'n einde aan die vervolging teen gelowiges maak waarna hulle die ewige koninkryk vir ewig laat beërwe. Wat 'n troos! Gelowiges moet met verlange na hierdie dag uitsien!

Die visioen van Dan.7 laat gelowiges verby alle bose regerings kyk en opnuut besef dat God in beheer is. Dit maak nie saak hoe moeilik die lewe is nie en dat booshede skynbaar seëvier nie, God troon bo almal uit. Booswigte se dag kom voorwaar en sal gelowiges die ewige heerlikheid by Jesus geniet. En dis die reine waarheid en nie 'n kansel-storie nie.

Hierdie hoop is vir gelowiges soos 'n lig in die donkerste nag en 'n kombers tydens die koudste nag. Vertrou dus op God as die golwe van die lewe oor jou slaan. Hy sit op die troon en gaan die koninkryke van die goddelose skouspelagtig beëindig. Paulus skryf: “...en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess 2:8).

Moenie in hierdie bose wêreld moed verloor nie. Laat jou geloof van kinderlike afhanklikheid van die Vader getuig. Al lyk die branders ook hoe groot, sorg dat jy in Jesus se arms is. Hy sê kort voor sy dood vir sy dissipels:“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh.16:33). Hulle moes die Onsigbare vertrou om die skynbaar onmoontlike te verwag.

Moet dus nie te veel na die hede kyk nie anders word die lewe te eentonig. Moet ook nie te veel na die verlede kyk nie, anders word jy dalk neerslagtig. Moet ook nie te veel na die toekoms kyk nie anders word jy dalk bang. Kyk liewers op en hou jou oog op 'n onwankelbare God. En as die pad voor jou toe lyk, stap dan in die geloof en nie op sig nie. Laat jou geloof altyd groter as jou vrese wees.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2958 gaste aanlyn