NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy jou BYBEL soos koek vir spesiale geleenthede gebruik, sal jy op 'n plek kom waar jy verhongerd staan omdat jy dit nie as Brood vir elke dag gebruik het nie.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (9)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

IS WONDERWERKE VANDAG NOG NODIG?

“Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” (Heb.1:1).

God het met die voltooiing van die OT en NT sy openbaring aan die mens finaal afgehandel en met tekens en wonders gesag daaraan verleen.  Gelowiges durf geen behoefte aan nog openbaring hê nie.  Openb.22 waarsku dat niks by die Woord bygevoeg of weggelaat mag word nie.  Charismate steur hulle nie hieraan nie en maak met hulle aansprake op wonderwerke wel op verdere openbarings aanspraak.  Hulle voeg dus lynreg teen Openb.22 en die teksvers by die Woord by.

Daar is egter hoegenaamd geen ooreenkoms tussen die wonders en tekens wat Jesus en die apostels gedoen het en dit waarop die charismate aanspraak maak nie.    Die Skrif gee geen aanduiding dat dit wat in die apostoliese era gebeur het, bedoel was om in die eeue daarna in die kerk herhaal te word nie.  Nog minder gee die Bybel enige opdrag dat gelowiges na nog tekens en wonders moet streef nie.

In die Bybel is daar net vyf opdragte met betrekking tot die Heilige Gees.  “Wandel deur die Gees” (Gal.5:25).  “Bedroef nie die Heilige Gees nie” (Efes.4:30).  “Word met die Gees vervul” (Efes.5:18).  “Blus die Gees nie uit nie” (1 Thess.5:19).  “Bid in die Gees” (Judas :20).  Daar is geen opdrag om na wonderweke te soek nie.

Charismate glo dat God die gawes van die Gees aan gelowiges gegee het om hul geloof mee te versterk.   Dis nie wat die Bybel sê nie.   Neem die spreek in tale as voorbeeld.  In 1 Kor.14:22 sê Paulus dat die spreek in tale nie ‘n teken vir die gelowiges is nie, maar die ongelowiges.  Nie om gelowiges se geloof mee te versterk nie, maar om Joodse ongelowiges van die geloofwaardigheid van die Evangelie te oortuig soos bv.op Pinksterdag gebeur het (Hand.2).

Die spreek in tale, genesings en wonderwerke het ‘n era van nuwe openbaring ingelei.  Dit was ‘n advertensiemiddel vir die kerk.  Toe die openbaring afgesluit is, het die wondertekens ook verdwyn omdat die doel daarvan afgehandel is.

Wonderwerke en tekens kom nie oral in die Bybel voor nie; slegs in eras van openbaring.  Oral waar wonderwerke aan die orde van die dag was, is aan die Skrif toegevoeg omdat dit nog nie afgehandel was nie.

God het aan ons die Bybel gegee.  Dis afgehandel en genoegsaam vir almal.  Hy voorsien nie ten dele nie, maar genoegsaam.  Die Bybel is soos ‘n put met voldoende water.  Wie na nog watervoorraad verlang, vat God in die gesig.  Hy het die egtheid van die boodskappe van Christus en die apostels met tekens en wonders bevestig.   Dis uitsluitlik aan die apostels gegee om te bevestig dat hulle die draers van nuwe openbaring was.

Charismate glo dit nie en verkondig dat God vir elke gelowige tekens en wonders bestem het.  Hulle sê graag: “God het ‘n spesiale wonderwerk vir jou.  Jy moet dit net ontdek!”   Daarmee plaas hulle ervaring bo die Skrif – ‘n kardinale fout by alle charismate!

Is ‘n gelowige dan veronderstel om sy eie private wonderwerk te ontdek?   Allermins!  Let op Jesus se wonderwerke; nie een is ooit privaat gedoen nie.  Sy genesings moes die aandag op sy Messiaanse taak vestig en gesag daaraan verleen.  Nuwe openbaring is nie ‘n private aangeleentheid soos die charismate verkondig nie.  Hulle bevind hulle eerder op ‘n gevaarlike pad omdat hulle daardeur die deur vir moontlike Sataniese openbaringe wawyd oopmaak!

Jesus waarsku uitdruklik in die Bergrede daarteen (Mt.7:21-23).  Die Satan wil God se Woord vir syne verruil.  Die meeste gelowiges sien diè misleiding raak.  Charismate nie.  Hulle vergelyk misleiers selfs met die Bybelse profete!

Die Bybel waarsku ons om nie van die waarheid weg te dryf nie.  En dis net moontlik indien ons ‘n stewige Bybelse ankerplek vind en glo dat God vir ons ‘n volledige en genoegsame openbaring in die Skrif gegee het.  Die Skrif is ons enigste beskerming en gids teen die toenemende misleiding van die laaste dae.

Mense wat wonderdade en tekens najaag, maak hul lewe vir Sataniese misleiding oop.  Nêrens in Paulus se briewe is daar enige opdrag dat gelowiges die Heilige Gees by wyse van tekens en wonders moet soek nie.  Ons moet die Skrif gehoorsaam: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon...” (Kol.3:16).

Die boek Openbaring is vol gesigte, tekens en wonders.  Dit sou ‘n goeie plek wees om gelowiges aan te spoor om na bo-natuurlike dinge te soek.  Tog skryf Johannes: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is...” (Openb.1:3).  Let op die werkwoorde lees, hoor en bewaar!   Dis hoe God ons geloof versterk: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Rom.10:17).

Charismate glo dat God nuwe openbaring deur moderne apostels (pastore) gee.  Dis ‘n absolute minagting van die apostels se Bybelse rol.   Hulle was uniek; buitengewone manne vir ‘n buitengewone rol in ‘n buitengewone era.  Hulle was die fondament vir die nuwe kerk wat na Pinksterdag ontstaan het.  “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus self die hoeksteen is” (Efes.2:20).  Dis ‘n hoeksteen wat destyds klaar gelê is en nie weer gelê kan word nie. Daarom kan daar nie moderne apostels wees nie.

Wonderwerke was eie aan die apostels en diegene wat saam met hulle gewerk het.   Gewone gelowiges het nie hierdie vermoë gehad nie.  Dit was nie algemeen en vir almal nie.  Let daarop dat geen wonderwerk sedert Pinksterdag in die NT plaasgevind het los van ‘n apostel of een wat hy ‘n opdrag gegee het nie.  Nêrens in die NT het wonderwerke onder almal plaasgevind het nie.  Slegs as daar apostels by was!  Soos wat hulle oorlede is, het die tekens en wonders ook verdwyn en is ‘n era afgesluit.

Die charismate probeer om hierdie tekens en gawes te laat herleef.  Hulle spreek kwansuis woorde van wysheid, maar dis on-Bybels en loutere onsin.  Hulle beloof genesings wat nooit gebeur nie.  Desondanks glo hulle dat hulle die erfgename van apostoliese gesag is en is altyd gretig om dit in die praktyk toe te pas; sonder werklike resultate!   Hoe word mense darem nie deur gewetenlose mense mislei wat hulle as moderne apostels voordoen en op mense se liggelowigheid teer nie!   Sommige verkry selfs ‘n kultusgreep op hul aanhangers.  Dink maar net aan Jim Jones!

Waarom is daar vandag nie meer apostels nie?  Die Bybel voer ses redes daarvoor aan.

(i)  Die apostels het in opdrag van God die Christelike kerk tot stand gebring.  Dit was ‘n grondliggende taak wat uiteraard nie herhaal kan word nie.
(ii)  Apostels was ooggetuies van Jesus se opstanding.  Paulus het Hom ook gesien, al was dit na die hemelvaart, by Damaskus.  Jesus het by twee latere geleenthede weer aan Paulus verskyn (Hand.18:9; 23:11).   Na die afsluiting van die apostoliese era is daar geen geloofwaardige getuienis dat Hy aan enigiemand anders verskyn het nie.
(iii)  Derdens het Jesus self die apostels gekies en aan hulle ‘n nie-oordraagbare opdrag gegee om die kerk van die grond af te kry.  Let op Paulus se briewe wat riglyne vir blywende kerkleierskap neerlê.  Daar word nie meer van apostels gepraat nie, maar van ouderlinge en diakens. 
(iv)  God het die apostels se gesag met wondertekens bevestig.  Petrus het bv.die kreupel man by die tempelpoort genees (Hand.3) en Dorkas uit die dood opgewek (Hand.9).  Paulus het vir Eutichus uit die dood opgewek (Hand.20) en is op die eiland Malta deur ‘n slag gepik sonder om iets oor te kom (Hand.28). 
(v)  Die apostels se woorde absolute gesag gehad.  Daar is nie teëgepraat nie.  Almal het aanvaar dat hulle segsmanne van God was. “Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus” (Judas :20).   
(vi)  Die apostels het ‘n unieke ereplek wat deur niemand gevul kan word nie. “En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam” (Openb.21:14).  Hulle name is uniek, hulle taak was uniek, hulle bediening was uniek, so ook die wonders wat hulle gedoen het.   Hulle was ongetwyfeld unieke mense sonder erfgename.  Gevolglik lê die era van die apostels en dit wat hulle gedoen het, in die verre verlede waar dit hoort.

Die wonders wat hulle verrig het, was nooit bedoel om enigsins herhaal te word nie.  Gelowiges het geen opdrag om na wonders te soek of te verrig nie.  Ons het wel opdrag om die Skrif te lees en dit te gehoorsaam.  “Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie” (2 Kor.5:7).

Waarom probeer charismate die apostoliese era te laat herleef?  Het God dan hierna niks noemenswaardig in die kerk gedoen nie?   Hy het vir seker!   Rondom ons is daar oral getuienis van sy wonderwerking – mense wat tot bekering kom, mense wat antwoorde op gebede verkry, die kerk wat vervolg, maar oorleef het.  Dink maar net aan die Hervorming!

God het nie spreekbuise met bo-natuurlike gawes vir sy Kerk bestem nie.  Indien Hy dit sou voorsien het, sou hulle beslis baie anders as charismate opgetree het!  Waarom sou God aan swak teologie gesag verleen?  Waarom sal Hy aan dwaalleraars wonderkragte toeken?  Let daarop dat elke beweging wat wonderwerke as sentrale tema het, met kunsmatige teologie, teenstrydighede en onbeskaamde kettery besmet is!

Gelowiges het nie nuwe wonderwerke vandag nodig nie.  In God se Woord het ons alles wat vir ons geestelike heil nodig is.  Die kerk het geen behoefte aan nuwe apostels of die vurige betoog van ekstroverte wat mense met nuwe lering mislei nie. God het ‘n spesiale doel met die apostels van ouds gehad.  Hy het ook ‘n spesiale doel met ons.  En dis ook wonderlik omdat Hy God is en alles wat Hy doen, wonderlik is!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3065 gaste aanlyn