NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Halfhartigheid is een van ons grootste sondes. In halfhartige bekering sterf die ou mens maar staan weer op. In ware bekering met die krag van die Heilige Gees sterf die ou mens en die nuwe mens staan in Christus op. Satan probeer hard om ons in eie krag te laat opstaan sodat ons na hom kan terugkeer in sonde. Gee aan die duiwel geen plek en bely en laat staan voor die Here elke dag opnuut in sy krag.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (12)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

GEESTESGAWES IN DIE VROEë KERK (1)

“En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek” (Hand.2:4)

Hoe onderskei ons tussen waarheid en leuen?  Ons gebruik die Bybel.  As die Bybel so sê, is dit waar.  As dit nie so sê nie, is dit ‘n leuen.  Charismate gebruik weer hul geestelike ervaring.  As iets daarmee strook, is dit waar en niks anders nie.  Niks is objektief nie, maar subjektief.  Nodeloos om te sê, belemmer dit hulle omgang met die Skrif!

Charismate lê te sterk klem op die boek Handelinge omdat dit die verhaal van die apostels se ervarings in die vroeë kerk is.  Ons moet in gedagte hou dat Handelinge ‘n geskiedkundige verhaal is.  Dis nie leer-gerig soos die briewe van Paulus en latere sendbriewe nie.   Diè briewe is die hart van die Christelike en is geskryf om gelowiges te leer hoe om as nuwe mense in Christus te leef.

Handelinge is die verhaal van die Christelike kerk in sy kinderskoene.  Die briewe van Paulus en die apostels leer weer gelowiges hoe om volwasse in die geloof te word.   Handelinge is die geïnspireerde geskiedkundige verslag van die apostoliese era en kan nooit normatief vir die kerk van alle eeue wees nie.

Charismate verstaan Handelinge glad nie.   In hul strewe na bonatuurlike geestelike ervarings, maak hulle dit normatief vir die kerk van alle eeue.  ‘n Pastoor het eenkeer vir my gesê: “Christus het ‘n Pinkster-kerk op aarde kom stig.  Hy wil dit net so met sy wederkoms aantref!”   Hy het geen Skriftuurlike grond vir sy aanvegbare stelling gehad nie.  Maar dis wat charismate glo!   Nodeloos om te sê, getuig dit van baie swak teologie en ‘n jammerlike gebrek aan ware insig in God se Woord!

As die eerste kerk normatief vir alle eeu is, watter een se leer moet nagevolg word?  Die gemeente in Jerusalem, Antiochië, Filippi of diè in Korinte?   In Hand.2 lees ons dat die gelowiges al hul besittings verkoop en alles saam gedeel het.  As Handelinge normatief is, waarom doen die charismate dit nie vandag nie?

Nee, Handelinge stel nie grondliggende leerstellings vir die vroeë kerk vas nie.  Dit vertel bloot die verhaal van die oorgang van die kerk van die OT na diè van die NT.   Die eertydse gawes, tekens en wonders was buitengewoon.  Elkeen het ‘n spesifieke doel gehad en nooit los van die apostels se bediening gestaan nie.  Die voorkoms daarvan het later baie sterk afgeneem.  Dit wat aan die begin van Handelinge gebeur het, het nie meer aan die einde gebeur nie.  Baanbrekerswerk hou nie vir altyd aan nie.

Handelinge is deur Lukas geskryf en beskryf ‘n periode van ongeveer 30 jaar.  Dit begin met die uitstorting van die Heilige Gees en eindig by Paulus in die tronk in Rome.   Handelinge is die verhaal van oorgang.   Die ou verbond is uitgefaseer om vir die nuwe verbond plek te maak.  Daar is van die sinagoge na die kerk en van die wet na genade oorgegaan.   Die kerk het van ‘n liggaam van Joodse gelowiges na ‘n liggaam van Jode en nie-Jode wat in Christus verenig is oorgegaan.  Handelinge is oorgangsgeskiedenis, uit en gedaan.  Dit kan onmoontlik nie normatief wees nie!  Dis die verhaal van dinge wat verby en afgehandel is.   Dit kan nie herhaal word soos wat die charismate glo nie.   Die enigste normatiewe leerstellings in Handelinge is dit wat later baie duideliker in die briewe van die apostels uitgewerk word.

Daarom is dit tragies dat Hand.2:4 sentraal in die charismatiese teologie staan. “En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek” Charismate glo dat mense tydens hulle bekering ‘n beperkte mate van die Heilige Gees ontvang en daarna bewustelik na die volle deel daarvan moet streef.   Laasgenoemde word deur die charismate die doop met die Heilige Gees genoem en plaas gelowiges glo op ‘n hoër geestelike vlak omdat hulle in die bonatuurlike krag van die Gees onderdompel word.

Wie leer dat gelowiges met hul bekering wel in Christus, maar nie in die Gees gedoop is nie, dwaal.  So ook dat die waarmerk van hierdie geestesdoop die spreek in vreemde tale is.  Alle charismatiese kerk leer hierdie drie elemente: Die doop met die Heilige Gees wat na die bekering plaasvind, die ernstige strewe daarna en die spreek in tale.  Dis geheel en al vreemd aan die Skrif en derhalwe dwaalleer!

Wat sê die Skrif?   Jy word op die dag van jou bekering met die Heilige Gees gedoop: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge” (1 Kor.12:13).   Ons het geen Bybelse opdrag om op eie verdienste daarna te soek of in tale te praat nie; selfs nie in Handelinge nie waar vier hoofstukke oor die vervulling met die Gees handel nie – hoofstukke 2, 8, 10 en 19.

In Hand. 2 en 8 het die gelowiges wel die Gees ná hulle bekering ontvang, terwyl hulle in hoofstukke 10 en 19 dit gelyktydig met hul bekering ontvang het.  Wat van die spreek in tale?  Hand. 2, 10 en 19 maak daarvan melding, maar nie hoofstuk 8 nie.  En die ernstige strewe na die doop met die Gees?   Hand.2 sê dat gelowiges biddend daarop gewag en nie daarna gesoek het nie.  Hand.8,10 en 19 maak egter geen melding daarvan nie.  Om dus te sê dat Handelinge ‘n algemene patroon vir die doop met die Gees leer, is onwaar.  As iets normatief is, moet dit ‘n vaste patroon hê en vir almal geld.

Let vervolgens op die vier hoofstukke in Handelinge wat oor die vervulling met die Heilige Gees handel.   Charismate bou as’t ware hul hele teologie op hoofstuk 2 en wys daarop dat diegene wat op daardie dag met die Heilige Gees vervul is, alreeds die bekering gesmaak het.  Dus, eers bekering en dan vervulling.  Maar is dit normatief; eers bekering, dan die vervulling met die Heilige Gees?

Charismate glo dat toe Jesus na sy opstanding op die dissipels geblaas en vir hulle gesê het: “Ontvang die Heilige Gees” (Joh.20:22), hulle wel die Gees ontvang het, maar dat die Pinkstergebeure en doop met die Heilige Gees groter geestelike waarde gehad en hulle krag gegee het.  Nee, toe Jesus op hulle geblaas het, was dit ‘n belofte dat die uitstorting van die Heilige Gees baie naby was.  Daarom het die dissipels Jerusalem nie verlaat nie, maar op die belofte gewag wat Jesus reeds in Joh.14:16 gemaak het: “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid

In Joh.20 is hierdie belofte weer onder die dissipels se aandag gebring omdat die tyd vir die vervulling daarvan voor die deur was.  Hulle moes net geduldig op die krag uit die hemel wag. “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom...” (Hand.1:8).   Joh.7:39 sê dat Jesus eers ten hemel moes vaar en verheerlik word alvorens die Heilige Gees bekend gestel kon word.  Die dissipels moes nie die Heilige Gees gaan soek het nie, maar geduldig op Hom wag.  Dis die patroon – wag op die Gees.  Niemand in Hand.8, 10 en 19 het ooit na die Gees gesoek nie.  Ook nie in Korinte, Thessalonika of enige ander gemeente nie.  Almal het biddend gewag..   Geessoekery is on-Bybels en gee aanleiding tot dwaling.

Toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is, het ‘n nuwe bedeling vir gelowiges aangebreek wat deur wondertekens vooraf gegaan is.  Daarna het die Gees tydens die bekering in elke gelowige in hom/haar kom woon.  “julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon...” (Rom.8:9).

Die charismate se stelling dat almal wat met die Heilige Gees gedoop is in tale sal spreek is on-Bybels.  Daar is geen aanduiding dat die 3000 wat op Pinksterdag tot bekering gekom het soos die dissipels in tale gepraat het nie.  Die gebeure in Hand.2 was ‘n unieke wonder en die eerste en laaste uitstorting van die Heilige Gees. God het wondertekens in die tempel gegee sodat almal kon glo dat iets buitengewoon gebeur het.  Dit was soos die bekendstellig van ‘n produk.

Pinkster kan net so min as die skepping van die mens herhaal word.  Die Gees van God het eenmalig sy verblyf in die kerk geneem.   En dit het op ‘n gegewe tyd soos in die OT voorspel is, gebeur.   Dit was vir ‘n uitgesoeke klompie mense bedoel en met ‘n spesifieke doel.  Hierdie gebeure kan onmoontlik nie as ‘n norm vir die kerk van alle eeue gebruik word nie.  Wie dit doen, dwaal!

In 1976 het die Pinkster-kerke ‘n wêreldkonferensie in Jerusalem gehou om die sg. voortgaande wonder van Pinkster te gedenk.  Dit gebeur as jy dwaal en Hand.2 normatief maak.  Ironies genoeg stem dit wat die charismate vandag leer, geensins met die leer van die apostels ooreenstem nie!

Die  Bybel roep ons tot waaksaamheid en nugterheid in die geloofslewe op. “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees” (1 Thess.5:6)  “Wees nugter en waaksaam, want julle teenstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2332 gaste aanlyn