NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense verrig geen boosheid so gelate as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging gedoen word nie. Kyk maar net na die afwaartse spiraal die afgelope 20 jaar omdat kerke gehelp het om van die Christen grondwet aan die suidpunt van Afrika ontslae te raak!

ADINA SE BRIEWE (3)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

By die Jordaan

Adina kon nie wag totdat sy van haar vader in Alexandrië 'n antwoord op haar eerste brief aan hom ontvang het nie, want sy het intussen in die heilige land nog meer dinge beleef waaroor sy graag vir hom wou skryf:

Liewe Vader

Ek is nou al 'n paar maande hier in die goeie Jerusalem en my verblyf by oom Simon, tant Hanna en Salóme word elke dag aangenamer en interessanter.  Ek moet voor u bely dat my kennis van Hebreeus nog nie veel verbeter het nie, want ek hoor dit maar net af en toe wanneer ons by die tempel kom en die skrifgeleerdes dit praat.  Ek ken Aramees al amper beter, want dit is oom Simon hulle se huistaal.

Tant Hanna het vir my 'n liefdevolle moeder geword.  Sedert Mamma se dood agt jaar gelede, het ek haar tere sorg baie gemis.   U liefde en opvoeding aan my was wonderlik, maar daar het maar altyd 'n leemte gebly wat net 'n moeder kan vul.  Tant Hanna is 'n baie deugsame vrou.  By al haar talente doen sy ook nog pragtige weefwerk.  My niggie Salóme kan dit feitlik net so goed doen en ek self vorder al baie goed onder hulle toesig met my eie weefpogings.  As ek dit een van die dae goed kan doen, gaan ek vir u 'n mooi kledingstuk weef, dalk nog 'n mantel, wat u Sondae in die sinagoge kan dra.  Mag Jehova my seën en in staat stel om dit nog vir u te doen.

En dan, liewe Vader, wil ek graag vir u vertel van 'n merkwaardige gebeurtenis wat ons verlede week beleef het.  Oom Simon was die vorige week 'n dag lank na sy plaas toe.  Sy voorman en 'n paar van die werkers was 'n dag of wat vantevore by 'n vlak drif in die Jordaan, 'n entjie noord van die Dooie See.  Daar was 'n hele aantal mense saamgepak langs die waterkant.  Hulle het na 'n man geluister wat halflyf in die water gestaan het.  Hy het vir hulle gepreek en gewaarsku om nie meer sonde te doen nie en hulle uitgenooi om in die water af te klim en deur hom gedoop te word.

Oom Simon wou graag gaan kyk en gaan hoor wat daar aangaan en het ons ander drie genooi om saam met hom te ry.  Ons is vroeg die volgende môre hier weg en het die plek nog in die voormiddag bereik.

Daar het baie mense aan die kant van die vlak water rondgestaan.  Sommige van hulle het in die skadu's van die lommerryke bome gesit.  Almal het aandagtig geluister na die man in die water.  Hy het met 'n luide stem wat teen die rivierwalle ge-eggo het, ons almal aangespreek en geroep:

"Bekeer julle, want die koninkryk van God het naby gekom!  Ek is die stem van die een wat roep in die woestyn.  Berei die weg van die Here en maak sy paaie reguit. Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak.  Die krom paaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk gemaak word."

Toe sien hy dat 'n aantal Fariseërs en Sadduseërs tussen die mense rondbeweeg en gesprekke met hulle voer.  Hy draai hom na hulle toe en roep uit:

"Addergeslag, wie het vir julle slange gewaarsku om te vlug vir die toorn van God wat aan die kom is?  As julle julle wil bekeer, moet julle vrugte dra wat by die bekering pas.  Moenie daarop roem dat julle Abraham vir 'n vader het nie.  God kan vir Hom maklik kinders van Abraham verwek uit hierdie klippe.  Die byl lê al gereed om julle bome wat geen goeie vrugte dra nie, uit te kap en in die vuur te gooi!"

Pappa, ons het verbaas gestaan daar langs die waterkant.  Ek het nog gewonder waarom hy ons geëerde volksleiers, wat die wet van God so goed ken en die volk gereeld voorlig hoe om al die fynere punte daarvan getrou na te kom, so veroordeel en beledig, toe hy weer uitroep:

"Ek doop julle wel met water as julle jul bekeer en julle sondes laat staan, maar daar kom Iemand ná my wat my meerdere is.  Ek is nie eers werd genoeg om sy skoene vir Hom aan te trek nie.  Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.  Hy sal van sy dorsvloer af al die koring in sy skuur versamel, maar die kaf sal Hy met 'n onuitbluslike vuur verbrand."

Ek het gestaan en dink wat dit alles tog sou beteken.  Hy het met groot nadruk op elke woord, amper driftig met ons gepraat.  'n Man wat langs oom Simon gestaan het, het vir hom gefluister dat dit Johannes die Doper,  'n profeet van God is.

Almal se oë het meteens van die Doper af weggedraai na die oorkant van die rivier.  'n Aanvallige Jongman het tussen die bome deur nadergestap, sy wit onderkleed opgebind en deur die vlak watertjies tot by die Doper gekom.

Dis snaaks Pappa, almal het skielik stil geword.  Die Doper het Hom met groot oë aangestaar onderwyl Hy naderkom.  Toe hoor ons hoe die Doper in 'n fluisterstem vir Hom sê:  "Nee, ek kan U nie doop nie.  Waarom kom U na my toe?  Ek moet eintlik deur U gedoop word."  Ons het almal die welluidende antwoord van die Jongman aan Johannes die Doper gehoor:  "Ja Johannes, maar jy moet My doop, want dit is die wil van God dat dit moet gebeur."

Pappa, ons het daardie middag wonderlike dinge beleef.  Ek hoop u sal my glo as ek dit vir u vertel.  Toe die Jongman uit die water uitkom, fladder daar 'n lieflike wit duif uit die bloute op Hom neer en ons hoor 'n duidelike stem wat sê:  "Dit is my geliefde Seun, in Wie Ek 'n welbehae het."

U sal seker begryp dat ons almal spraakloos en half bevrees daar gestaan en kyk het hoe hierdie Jongman weer met dieselfde paadjie as dié waarmee Hy gekom het, terugstap en tussen die bome verdwyn.  'n Klein rukkie later het die Doper ook uit die water gekom en 'n harige mantel aangetrek en dit met 'n leergordel om sy lyf vasgebind en met dieselfde pad weggestap.  Hulle sê hy bly soos 'n kluisenaar in die woestyn en hy leef van sprinkane en heuning.  Wie sou hy werklik wees en wie is daardie besonder aantreklike Jongman wat, nadat Johannes Hom gedoop het, ook in die woestyn in weggestap het?  Ek het daardie dag wonderlike dinge gesien, maar ek het nie geweet dat voor ek daardie aand sou gaan slaap, ek van nog wonderliker dinge sou hoor nie.

Ons is vroeg van die Jordaan af weg, want oom Simon wou graag by ou vriende op Betanië aangaan om 'n rukkie te kuier.  Hulle het my al so baie van Lasarus en sy susters, Maria en Martha vertel, dat ek daarna uitgesien het om hulle te ontmoet.  Vader, dis die moeite werd om sulke liewe mense te leer ken.  Al drie van hulle se diepe godsvrug en opregte vroomheid, trek 'n mens onwillekeurig aan.

Hulle was verras om te hoor dat ons van die Jordaan af kom, waar Johannes die Doper optree.  Ons ontdek toe dat hulle baie van hom weet en ook van die Jongman, wat hulle Jesus noem.  Maria het vir ons vertel dat Johannes die Doper se geboorte deur die engel Gabriël aangekondig is.  Sy ouers, die priester Sagaria en Elisabet, moes hom as 'n nasireër vir God grootmaak.  Die engel het gesê hy gaan in die gees en die krag van Elia met die volk praat, om hulle van hul verkeerde paaie af terug te bring.  Hy moet ook die pad oopmaak vir die koms van die Messias,  wat op hande is.

Maria, wat dit alles vir ons gesit en vertel het, sê toe:  "Daardie Jongman wat Johannes vandag by die Jordaan gedoop het, se naam is Jesus.  Die Here het groot genade aan julle vier bewys deur julle ooggetuies te laat wees van die doop van die heilige Messias.  Die engel Gabriël het ook sy geboorte aangekondig vir sy moeder Maria en sy vader Josef.  Dit is Hy wat ons volk weer volkome gaan verlos van alle dwingelandy wat ons teister."

Ek was uitermate verbaas en kon 'n rukkie lank nie 'n enkele woord uitkry nie, maar daar het 'n jubelende tinteling deur my gemoed gevloei toe ek begin besef dat ek bo baie ander bevoorreg was om die Verlosser van ons volk, oor wie die profete soveel jare lank geskryf het, met my eie twee oë kon aanskou.

Glo Vader ook dat Hy die Messias is?  Ek sien daarna uit dat u aan my moet skryf wat die skrifte presies oor Hom sê, want ek kon nog nie al die boekrolle deurgaan voordat ek van u af weg is nie.

Ek verlang al baie na u en na Alexandrië, maar met u goedkeuring wil ek graag nog 'n onbepaalde tyd hier by oom Simon en tant Hanna hulle bly, want ek is seker dat hier in ons heilige land en veral in Jerusalem, binnekort merkwaardige gebeurtenisse gaan plaasvind.  God is reeds besig om sy verdrukte volk te besoek.

Van u dogter  Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 6115 gaste aanlyn