Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die woord 'salig' beteken om in 'n oortreffende staat van geluk te wees. Daar is net een ware 'saligheid', en dit is om te weet dat jou sondes vergewe is en jy die ewige lewe van God ontvang het. Niemand kan dit wegneem nie. Hierdie wete bring volkome blydskap en vrede in mens se gemoed.
DIE AFRIKANERVOLK VOOR 'N KRUISPAD (2)
(Lees reeks by Die Afrikanervolk voor 'n kruispad)
Prof JJ Pienaar
DIE IDENTITEITSBEWUSTE AFRIKANER BEVORDER SY IDENTITEIT
"Ons word, as volk, gehoon en gesmaad, ons word vermoor en ons kinders in die heidense skole en heiden-universiteite mislei, gebreinspoel, belieg en verraai. Waarom? Omdat ons die Waarheid in ons midde het en krampagtig daaraan vaskleef net soos die Waldense."
In 'n tyd soos hierdie waar verwarring, verduistering, misleiding, identiteitsvertroebeling en koersloosheid hoogty vier, is dit verstaanbaar dat die volkswortels, wat deur Willem de Klerk en ander liberaliste afgesny is, gesoek word.
Natuurlik is dit 'n baie belangrike saak en dié waarheid moet weer versterk word om die baie leuens die nek in te slaan.
Waar kom die Afrikanervolk vandaan?
Geen ander volk in die wêreld het so 'n belangrike en lofwaardige geskiedenis as hierdie volk waartoe u en ek behoort nie. Dit word hoegenaamd nie uit hoofvaardigheid gesê soos wat Willem de Klerk en sy mede-liberaliste beweer het nie, maar omdat hierdie volk, hierdie Afrikanervolk vanweë sy herkoms en geskiedenis deur God Drie-enig gebruik word om vir Hom 'n Godsvolk te wees en tot die eer en verheerliking van dié God in 'n donker, swart, kontinent te lewe, te werk en te regeer.
Hoe treffend en hoe mooi sê die Godvrugtige digter, GA Watermeyer dit nie:"Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart Noorde wand;
ras met tentwaens van geloof
die kontinent se donker kloof;
ras wat die blanke erfenis
se laaste suiwer vesting is:
jy anker met jou Bloedrivier
die wortels van die Weste hier."
Ons wil die stelling wat ons ten aanvang gemaak het herhaal: geen ander volk in die wêreld het so 'n belangrike en lofwaardige asook so 'n Godvrugtige geskiedenis as die Afrikanervolk nie. As enigeen met hierdie stelling 'n probleem het moet hy of sy 'n grondige studie van die Waldense maak en daarna kan ons die gesprek voortsit.
Wie is die Waldense?
Uit die aard van die saak kan nie in so 'n kort bestek reg aan die Waldense geskied nie, daarom kan u gerus raadpleeg: Pienaar – Waarheid en Wysheid p 40.
Ons wil kortheidshalwe net puntsgewys enkele stellinge oor die Waldense maak, omdat die Franse Hugenote, wat na Suid-Afrika gevlug het, direkte afstammelinge van die Waldense was.
- Ons behandel net die Hugenotelyn van die Afrikanervolk. Die ander stamlyne soos oa die Germaanse en die Geuse kan iemand anders uitwerk, want nie net Franse Hugenote het na Suid-Afrika gekom nie.
- Die Waldense se geskiedenis gaan terug tot by die sewe gemeentes van Klein Asie en sluit sodoende by die apostels aan. 'n Baie belangrike historikus, Fuller, het hierdie geskiedenis van die Waldense nagegaan in sy boek: Which Bible. True of False? en die volgende aanhalings kom uit hierdie bron: "The Reformers held that the Waldensian Church was formed about 120 AD from which date on, they passed down from father to son the teachings they received from the apostles."
- Die Waldense het nie net die suiwer geloofslyn nie, maar ook die suiwer Bybellyn deur die Donker Middeleeue bewaar, beskerm en met hulle lewens verdedig. Die Peshitto Bybel (150 nC) en die Itala (157 nC) is die bewys van die outentieke bewaring van die Woord van God wat die Waldense met hulle lewe teen die Roomse Katolieke Vulgaat verdedig het: "But the Italic, the earlier Latin, was their own Bible the one for which they (Waldense – JJP) lived and suffered and died." ( – Fuller, p 201).
- Die Hervorming sou nie plaasgevind het as die Waldense nie die suiwer Woord van God aan die Hervormers oa Luther en Calvyn besorg het nie. Sonder die suiwer Woord van God was die Hervorming nie moontlik nie. Toe Luther die Nuwe Testament in Duits vertaal het, het hy van die klein, Waldense Bybel bekend as die Tepl gebruik gemaak. Dié Bybel was klein omdat die Waldense dit voortdurend moes wegsteek: "It is interesting to trace back the Waldensian Bible which Luther had before him when he translated the New Testament. Luther used the Tepl Bible named after Tepl Bohemia." (-Fuller p211).
- Calvyn self was baie sterk onder die invloedvan die Waldensiese geleerde Pierre Olivetanus, wat 'n neef van hom was: "Calvin himself was led to his great work by Olivetanus, a Waldensian. Thus was the Reformation brought to Calvin, that brilliant student of the Paris University." (-Fuller p210).
- Die Waldense het in die Hugenote opgegaan in die jaar 1562 en as gevolg van die geweldige en bloeddorstige vervolging deur die Rooms Katolieke Kerk het laastenoemde na ander lande gevlug onder andere na Suid-Afrika.
- 'n Groot deel van die Afrikanervolk is afstammelinge van die Hugenote en vóór hulle die Waldense. Dit is deur God Drie-enig so beskik dat 'n groot genepoel van die Afrikanervolk van die Hugenote deur die Waldense tot by die apostels herlei kan word. Op p47 van Pienaar se Waarheid en Wysheid kan u vasstel wie almal en op watter plekke die voorsate van ons volk hulle bevind het. Ons noem enkeles:
Malan – Merindol.
Terblanche – Toulon.
Lombard, Du Rand, Roux en Jordaan – Orange, La Motte, Pontair.
Gous, Theron – Nimes.
De Villiers – La Rochelle.
De la Batt – Fountenay.
Pinard, Pienaar, Fouché – Maine.
Celliers, Rousseau, Le Roux – Orleans - ens.
Dr DF Malan, self 'n Waldensiese afstammeling, maak die volgende veelseggende bewering: "Die werklikheid is dat in hul (d.i. die Waldense – JJP) hele geskiedenis hulle konstant bly staan het op die oorspronklike grondslae van die Christendom. Hulle was met ander woorde nooit iets ander nie as Bybelse Christene, en as sodanig het hulle regstreeks geskakel aan die Apostels en die gemeentes wat deur hulle of deur hul onmiddellike volgelinge gestig is." – Die Malan-Gedenkboek, uitgegee deur die Malan-dagkomitee, 6 Oktober 1951, p24.
Wat moet ons vandag by die Waldense leer?
Dit is nie genoeg dat ons as volk ons net in die Godvrugtige geskiedenis van die Waldense verlustig en koester nie, maar ons moet ook die voorbeeld wat hulle gestel het naleef tot die eer van God Drie-enig wat ons in hierdie land tot aansyn geroep het.
Seker die belangrikste les wat die Godvresende Waldense ons wil leer is dat ons by die waarheid en die Waarheid moet bly en dit moet verdedig met alles waaroor ons beskik.
Die Waldense was eenvoudige, nederige, hardwerkende en wellewende mense. Hull e was baie lief vir die grond en het die valleie in die Alpe, waar hulle teen die moordaanslae van die Katolieke skuiling gesoek het, met toewyding bewerk en die groen landerye was 'n lus vir die oog.
Die Rooms Katolieke het hierdie mooi landerye verwoes, die Waldense se huise en besittings afgebrand en al hulle waardevolle dokumente vernietig en verbrand. Waarom? Omdat hierdie gelowige, Godvresende mense die waarheid en die Waarheid in hulle midde gehad het. Met ons is dit vandag net dieselfde. Ons word, as volk, gehoon en gesmaad, ons word vermoor en ons kinders in die heidense skole en heiden-universiteite mislei, gebreinspoel, belieg en verraai. Waarom? Omdat ons die Waarheid in ons midde het en krampagtig daaraan vaskleef net soos die Waldense.
- Ons het nog die goeie vertaling van Die Bybel in ons midde. Waarom moet daar voortdurend nuwe vertalinge aan ons opgedring word? Waarom speel die Rooms Katolieke Kerk so 'n prominente rol in nuwe Bybelvertalings? Die kloof tussen Katoliek en Protestant moet glo oorbrug word. Daar moet een, gelyke, algemene, Godverduisterde kerk en geloof tot stand kom, bekend as die wêreldkerk en die wêreldgodsdiens.
So lank as wat ons aan die Bybelse waarhede van afsonderlikheid ('heiligwees' beteken om vir God afgesonder te word,) identiteitsbewustheid, en ons volkskap vaskleef, sal ons gemartel, vermoor, beroof, veronreg, beswadder en beskinder word. Met die Waldense vóór ons was dit presies dieselfde. Hulle het nie na die glorieryke, magtige getalryke en valse Rooms Katolieke Kerk gehunker nie, maar aan die waarheid en die waarheid vasgehou tot die dood toe.
Dit is die les wat ons vandag moet leer. Ons moet na die waarheid en nie na getalle kyk nie. Dit was George Bernard Shaw wat gesê het: Die massas is nooit reg nie, die minderheid is soms reg, maar die waarheid is altyd reg.
Onthou die waarheid plus een is altyd 'n meerderheid. Vir die waarheid kan 'n mens jou lewe gee, maar wie wil sy lewe vir die leuen aflê? En dit is presies wat die Waldense gedoen het. Hulle het God geloof en geprys terwyl hulle brandstapel toe gesleep is. Polikarpus, een van hulle, het op die brandstapel uitgeroep dat God vir hom 86 jaar lank goed was, waarom sal hy, Polikarpus, God nou verloën?
Die getallepolitiek waarmee oa die DA-leier besig is, en waarmee sy almal ongeag ras, kleur, geloof of identiteit in dieselfde kraal wil jaag is identiteitlose- en leuenpolitiek en geen ware gelowige kan in dié juk saam met dié ongelowiges trek nie.
Wat leer die Bybel ons in dié verband?
Nêrens in Die Bybel maak ons kennis met getallepolitiek, massapolitiek, of grensuitwissende politiek nie. Nou waarom toon sommige Afrikaners 'n drang om met Zille, die liberalis en humanis, saam te werk om 'n kleurlose, identiteitlose, geloofsgeïntegreerde ongeluksbedeling te skep? Die antwoord is voor die handliggend: Zille en haar vermengingsbeleid is nie op die waarheid gebou nie. Die Bybel is die bron van die waarheid en wat leer dié Skrifwoord ons? Die hele Skrifwoord kan as getuienis in dié verband geroep word, maar om ons noem net 'n paar voorbeelde:
- Die integrasioniste soos Zille moet leer dat die idee van volkwees en volkbly, 'n roeping en skeppingsplan van God is. Hy gee nie net aan elke idividu sy en haar identiteit nie, maar ook aan elke volk. Verbastering en vermenging word deur God in sy Woord verbied. Raadpleeg die leer van Bileam deur Numeri 22,23,24 en 31 te lees asook Deut 23:4-5; Jos 13:22,24:9-10; Neh 13:2; Miga 6:5; 2 Pet 2:15; Judas 1:11, en Open 2:4.
- Lees oor die priesterskap van Pinehas en wat hy met die integrasioniste Simri en Kosbi gedoen het in Numeri 25: 7-18; Ps 106:30.
- Julle moet met dié nasies nie meng nie en die naam van hulle gode nie aanroep nie – Josua 23:7.
- Moet ons nou hoor dat julle groot kwaad doen deur vreemde vroue te trou – Neh 13:27.
- God wil ook nie gelykgemaak word met die afgode nie – Jes 46:5.
- Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie... – II Kor 6:14.
Voorbeelde van hierdie aard kan vermenigvuldig word. Totius, die Psalmberymer, Bybelvertaler en gesaghebbende teoloog sê ons kan die hele Bybel tot getuie roep, maar die moderne slim liberaliste weet altyd van beter. Om hierdie rede word ons volk gestraf soos wat tans die geval is. Ons land is siek en melaats en nog wil ons agter die liberaliste en kommuniste aanloop.
Jesaja sê ook vandag vir ons:
"Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk?"
"Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in julle teenwoordigheid... – Jes 1:5 en 7.
Samevatting en gevolgtrekking
Die Afrikanervolk is opnuut opsoek na sy wortels omdat die liberaliste soos oa Willem de Klerk en sy meelopers ook hierdie naelstring afgesny en beswadder het. Hoe wonderlik is dit nie om te sien dat ons volk via die Hugenote en die Waldense tot met die Apostels verbonde is. Hoe wonderlik is dit nie om te hoor dat ons, net soos ons voorsate, die Waldense, deur God Drie-enig geroep word om te waak teen die verduistering van sy Woord. Soos die Waldense moet ons, ons op die standpunt van die waarheid stel. Ons moet nie toelaat dat ons deur getalle verblind word nie, want die waarheid het nie getalle nodig om die waarheid te wees nie.
In ons soeke na die waarheid moet ons weer, as volk, na die Woord van God terugkeer. Ons kan net tot die God van Bloedrivier bid om ons te help, ons genadig te wees en ons uit te red as ons gehoorsaam is en op sy Woord let. So lank as wat ons ewe mondig, ewe kordaat ons eie kop volg en ons eie pad loop, so lank durf ons nie om God se seën en genade bid nie.
Ons moet, as volk, weer soos die Godvresende digter, Watermeyer, sê;
"Klink my tot kruik waarin u Gees weer water vir my volk sal wees."