Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om te vas is in ons tyd nie 'n opdrag van die HERE of noodwendig deel van ons liefdesverhouding tot God of ons naaste nie – dit kan egter bydrae om as ootmoed voor Hom te dien. Maar waarteen gewaak moet word is dat die misbruik van voedsel tussen ons en Hom staan, 'n sonde wat talle mense pleeg deur onverantwoordelik daarmee om te gaan sonder om te dink daaraan as 'n oortreding.
VOLKSVERRAAD (2)
Koos Bester
Lees reeks by Volksverraad
DIE AVF/ANC-OOREENKOMS
Een van die fakse wat by Radio Pretoria uitgekom het, was uit die AVF-kantoor. Dit is die "Memorandum of agreement between the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront." Die memorandum gedateer vir ondertekening deur genl Constand Viljoen as leier van die AVF-afvaardiging en Thabo Mbeki vir 18 Desember 1993 in Johannesburg, is glad nie deur die aangewese twee onderteken nie.
Op die getikte memorandum is verskeie veranderings in handskrif aangebring deur 'n onbekende persoon.
Gegewe die inhoud van die memorandum kan met reg aangevoer word dat die AVF-leierskap totaal afgewyk het van die Konserwatiewe Party se verklaarde standpunte – soos goedgekeur deur die KP se provinsiale en spesiale kongresse – teen onderhandelings met die ANC en die besluite wat die Volksvergadering op 29 Januarie 1994 sou neem, vooruitgeloop het.
Punt 1.1 verklaar:
"Both parties are commited to the development of non-racial democracies. They both accept that many Afrikaners expressed as desire for self-determination in a Volkstaat. The parties agree that this desire should be addressed expeditiously, without delaying the current process of transition."Hierdie AVF-afvaardiging onder genl Viljoen het hom dus op 18 Desember 1993 onomkeerbaar tot 'n "process of transition" – die oordrag van mag – verbind.
Beide partye verbind hulle in punt 1.2 tot die soeke "konstruktiewe betrokkenheid by die konstitusionele proses," en dan, in handskrif bygevoeg, "that will satisfy the demands, desires of both the ANC/AVF".
Volgens die dokument moes die afvaardigings op 20 Januarie 1994 op 'n vergadering verslag doen – dus voor die belangrike en, veronderstel ek, deurslaggewende volksvergadering op 29 Januarie 1994.
Amerika
Wat het intussen gebeur? Wie het hierdie diplomasie tussen die AVF en die ANC aan die gang gehou?
Die koerant, Die Afrikaner van 13 – 19 Mei 1994 werp lig op die saak onder die opskrif 'Amerikaanse ambassadeur het proses beheer':
"Die hele onderhandelingsproses wat tot by die magsoordrag aan die SA Kommunistiese Party gelei het, is deur die Amerikaners bestuur. Die Amerikaanse ambassadeur, Princeton Lyman, het nog tot op die laaste alle haakplekke in die onderhandelings- en oordragsproses uitgestryk, elke keer persoonlik ingegryp waar daar haakplekke gekom het in die gesprekke tussen die NP en die ANC, die NP, ANC en die Vryheidsfront, of tussen die Vryheidsfront en die ANC.
"Soos klein dingetjies 'n beter prentjie kan gee van die groot dinge as die beeld daarvan in die koerante geskilder word, het Lyman se optrede in die ondertekening van die ooreenkoms tussen die ANC, NP en die Vryheidsfront, bewys waar eintlik die swaartepunt van die hele onderhandelings- en verkiesingsproses gelê het.
"Die ooreenkoms wat reeds in die middel van Desember bereik was tussen genl Viljoen, Roelf Meyer en Thabo Mbeki oor die Volksfrontraad, kon maar net nie geteken raak nie. Genl Viljoen het dán die ANC, dán die NP gevra wanneer dit geteken kon word, maar Roelf Meyer en Thabo Mbeki het altyd verskonings gehad. Die een dag het nie vir Meyer gepas nie, en die ander dag nie vir Mbeki nie. Dit was duidelik afgespreek.
"Uiteindelik het Viljoen vir Lyman geskakel. Kon die ambassadeur dalk iets doen om die ooreenkoms, waarvan so baie, ook vir Amerika en sy beleid, afgehang het, te red? Dit was Woensdag, 22 April.
"Binne 'n uur het sowel Meyer as Mbeki se sekretarisse genl Viljoen geskakel om te sê die ooreenkoms kon die volgende dag geteken word..."