NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (1)

                                                                                             LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

Parallelle in die stryd tot vryheid

Vry van Oorheersing

In 1942 het daar ‘n merkwaardige boek verskyn met die titel Paul Kruger Christen-volksman -staatsman deur dr F Postma. Dit is 27 jaar voor die stigting van die Herstigte Nasionale Party. Die lees van die besondere boek in die jaar 2002 openbaar talle ooreenkomste tussen die stryd wat Paul Kruger gevoer het en die van die HNP sedert 1969. In hierdie artikel sal net enkeles daarvan kortliks behandel word.

Dr Postma skryf onder meer: “Die Republieke se binnelandse politiek was voortdurend in gevaar om deur magte buitekant die grense oorvleuel en beheers te word. Dit is hierdie handhawing op eie gebied van ‘n gedragslyn om verworwe vryheid in alle opsigte te verseker wat soveel wrywing veroorsaak het. Sommige leiers van die volk was nabysiende, ander versiende; vir oombliklike voordeel of voordele was die nabysiendes, sonder dat hulle die komende gevare gesien het, meestal bereid om die lokstemme te volg, terwyl die versiendes waarskuwende stemme laat hoor het. Tweespalt is dan onvermydelik. Die nabysiendes het meestal die mooi naam van ‘vooruitstrewendes’ verkry, terwyl die versiendes uitgemaak is vir ‘bekrompe’ en ‘backvelders’, die ‘remskoene’.

Paul Kruger die ‘Remskoen’

Paul Kruger was in hierdie opsig ‘n ‘backvelder’ en ‘remskoen’, skryf Postma, juis omdat hy ver gesien het. Dit is hierdie blik in die toekoms wat hom ook in die burgertwiste kant laat kies en beslis laat optree het. Paul Kruger se versiende blik in die toekoms het spreekwoordelik geword.

‘n Enkele voorbeeld kan hier aangehaal word. Toe Shepstone in 1877 vir pres Burgers se regering laat weet het dat hy Pretoria toe kom om sake in die Republiek te ondersoek, het Paul Kruger gevaartekens gesien en pres Burgers gewaarsku dat Shepstone slegs toegelaat mog word om alleen te kom onder gewapende begeleiding van burgers. Daar is nie op Paul Kruger se raad ag geslaan nie. Shepstone het 25 troepe saamgebring en die Transvaal geannekseer.

Verkramptes en Verligtes

Net soos Kruger uitgemaak is vir bekrompe, ‘n backvelder en ‘n remskoen, is mnr Jaap Marais en sy manne in 1969 uitgemaak as ‘verkramp’ en agter die tyd, juis omdat hulle ver in die toekoms kon sien. Hulle tydige waarskuwing dat gemengde sport in Suid Afrika sal lei tot ‘n swart meerderheidsregering is beantwoord deur ‘n gehoonlag deur die vooruitstrewendes of om die mooi nuwe naamte gebruik die, ‘verligtes’.

Afrikaners soos dr. Andries Treurnicht en dr. Connie Mulder het verklaar dat ‘n mens nie ‘n nuwe party stig oor sport nie. Hulle bly in die Nasionale Party en word van een verandering en toegewing en aanpassing na die ander gesleep. Totdat Vorster in 1975 self sê: “Ek beskou die VSA as die leier van die vrye wêreld en gevolglik ook as my leier.” Dus, in teenstelling met dr Verwoerd, was hy en sy party ‘n volgeling van die Amerikaanse maghebbers wat hulle wil aan Suid Afrika opgedwing het.

Vorster en NP: die Buitelandse Belange

Net soos Vorster en sy party ‘n handlanger van buitelandse magte geword het, is daar ook deur allerlei truuks gepoog om vir Paul Kruger vir hulle belange te laat werk. “Shepstone, Carnarvon en Beach, laasgenoemde twee was agtereenvolgens ministers van kolonies, het gou gesien dat die sterk man in Transvaal hierdie Paul Kruger van Rustenburg was. Hulle sou enige prys betaal om hom as bondgenoot te kry, net soos Rhodes dit later sou probeer doen.” Postma gee ‘n paar voorbeelde en skryf dan: “Hierdie politiek van die Engelse in Suid Afrika is in ons geskiedenis baie goed bekend. So was ook die politiek van Rome in die dae van sy heerskappy. Die magtige Romeinse ryk het die leuse geken: ‘Verdeel en heers.’ Die Romeine het die kuns goed verstaan om in lande wat deur hulle verower is, verdeeldheid te saai. Om in daardie magtige ryk ‘n posisie te kon beklee met ‘n baie ruim vergoeding was ‘n lokaas te aantreklik en bekoorlik om versmaai te word. Die gevolg was dat byna in alle lande wat deur die Romeine verower is, leidende persone spoedig troue dienaars van hul veroweraars geword het om hulle eie volk nog meer te verkneg en in slaweny te laat sug. So het talle eertydse volksleiers in die ou geskiedenis volksverraaiers geword, meer Romeinsgesind as die gebore Romein self. Dit spreek vanself dat deur die optrede van sulke manne die volk hopeloos verdeel en die volkskrag gebreek word. Hierdie innerlike, moordende verdeeldheid het dan die Romeine in staat gestel om te heers en al hoe sterker te word.”

Kyk maar vandag hoeveel sogenaamde Afrikaners neem deel aan verkiesings in die huidige bestel om op die betaalstaat van die Afrikanervyandige regime te kom.

Kruger swig nie voor Buitelandse druk

In die boek skryf dr F Postma: “Kruger het volstrek geweier om binnelandse aangeleenthede te behandel met iemand wat daar niks mee te doen het nie. Geweier, omdat hy tereg daarin gesien het dat dit ’n invalspoort is om die onafhanklikheid te ondermyn.” Dit sluit aan by die siening van dr HF Verwoerd toe hy verklaar het: “Daar kan nie toegelaat word dat Amerika basiese beginsels voorskryf waarop die hele lewenswyse van Suid-Afrika gefundeer is nie.... Integrasie hier sal beteken dat die Blankes in die Swart massas opgeneem sal word en die Blanke beskawing sal heeltemal verdwyn. Daarom kan Suid-Afrika nie toelaat dat Amerika poog om die houding van die Suid-Afrikaanse bevolking te verander nie”.

Toe hierdie beginselstandpunt deur John Vorster prysgegee is na die sluipmoord op dr. Verwoerd, is die manne van die HNP uit die Nasionale Party (NP) geskop omdat hulle geweier het om op sleeptou geneem te word deur liberaliste en Kommuniste van agter die masker van “verandering” en “aanpassing”. En toe hulle die HNP gestig het om die politieke stryd voort te sit vir die beginsels en waardes waarvoor hulle as lede van die NP geveg het, toe sê Afrikaners soos dr. Andries Treumicht en dr. Connie Mulder ‘n mens stig nie ‘n party oor sport nie.

Britse haatveldtog

Vir mnr Jaap Marais, mnr Willie Marais en ander manne van die HNP is ministersposte en direkteursposte aangebied, maar net soos Paul Kruger het hulle dit van die hand gewys. Dit is manne wat verkies het om by hulle volk en by die beginsels van Afrikanernasionalisme te staan.

Net soos Paul Kruger en sy Boere wat nie onder Britse juk wou buk nie, is ook mnr Jaap Marais en sy manne in die pers swartgesmeer. JM Froude, ‘n britse historikus, het onder meer in 1886 in Oceana geskryf na aanleiding van die anneksasie van Transvaal deur Shepstone: “The Boers have been so systematically abused and misrepresented that the English scarcely regarded them as human beings to whom they owed any moral consideration.”

In 1900 skryf Julian Ralph, ‘n Britse joernalis soos volg: ‘The curious breed, the Boers, produced by Africa, is descended from the scum of the Netherlands, and has since degenerated even further beneath the level of its lowly origins: the people have become even more stupid, filthy and crude than their forefathers. ”
In die Britse koerant,
Express, international edition van 23-29 Maart 1934 verskyn ‘n berig onder die skuilnaam van Peter Tory. In die berig staan daar onder meer “The Boers are largely stupid. They are gross, foulmouthed and bloated with arrogance. They are probably the most uncittractive breed on earth. ” (Aangehaal uit How They Hate Us deur HM Molman en mnr Jaap Marais. Volgens mnr Jaap Marais kom Ralph en Tory se uitlatings neer op oorlogstaal.)

Paul Kruger en Jaap Marais

In die boek The Fall of the British Empire 1918-1968 skryf Colin Cross: Thus just a year after King George had opened in state the parliament of South Africa that parliament passed under republican control. ‘Oom Paul Kruger had won at last. ” Hy verwys hier na die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning in 1948.

Nou ja, Paul Kruger het in sy laaste boodskap op 29 Junie 1904verklaar: “Veel van wat opgebou is, is tans vemietig, verniel en vervalle. Maar met eenheid van wil en eenheid van kragte kan daar weer opgerig word wat tans in die stof lê.” Kruger verwys natuurlik na die heroprigting van die Republieke wat op 31 Mei 1902 hul onafhanklikheid verloor het. Paul Kruger se ‘oorwinning’ in 1948 was net ‘n stadium tussen Republiekwording in 1961.

In lyn met Kruger se verklaring het mnr Jaap Marais in Desember 1995 verklaar: “Die een groot feit van die Afrikanergeskiedenis is dat die Engelse mag nooit daarin kon slaag om die Afrikanervolk blywend onder te kry nie. Telkens het hy opgestaan en oorwin.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1238 gaste aanlyn