Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voel jy soms onwaardig om jou mening oor jou geloof te lug omdat jy dink jy is nie geleerd genoeg nie?
Geloof word nie deur boekekennis of geleerdheid verwerf nie – God skenk dit aan elke uitverkorene. Jou geloof is net soveel 'n genadegawe van God as wat die geloofsreus Paulus s'n was.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (8)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Ope brief: Jaap Marais eis Blanke verkiesing by FW
"So, vir u is dit nou moreel verdedigbaar om Suid-Afrika se Blankes te onderwerp aan ’n bloudruk vir hulle ondergang. Vir u is dit nou moreel verdedigbaar om onder druk van die linkse Amerikaanse magshebbers ’n stelsel van een mens, een stem op Suid-Afrika af te dwing, sodat nasionale selfmoord gepleeg kan word. En koelbloedig word die leuen verkondig dat die Blankes van Suid-Afrika in die referendum van 1992 aan u ’n mandaat sou gegee het vir hulle ondergang en selfmoord. Politieke ironie en openbare eerloosheid kan nie groter wees nie."
23 Julie 1993
Geagte mnr De Klerk
Op u besoek aan die VSA het pres Bill Clinton volgens Sunday Times van 4 Julie gesê: “We sit here and marvel at what you are doing in South Africa”. Klaarblyklik is dit met groot genoegdoening gesê, omdat wat u in Suid-Afrika doen, presies is wat die linkse Amerikaanse voorskrif is, naamlik om deur ’n stelsel van een mens, een stem Suid-Afrika uit te lewer aan ’n Kommunisties-beheerde Swart regering, soos die NP-regering se optrede in Zimbabwe en Namibië verseker het.
Hieronder is ’n fotostatiese afdruk van ’n berig in Citizen van 23 Junie 1977.
Toppunt van immoraliteit
U sal sien die opskrif van die berig is “Pik slams US demand”. Let wel: “demand”. En die “demand” was dat Suid-Afrika “should introduce a one man, one vote system ”. Dit, het mnr Botha gesê, “is the height of immorality”. En, het hy bygevoeg, “You want us to accept this new commitment—a commitment to suicide... We shall not accept that, not now, not tomorrow, never ever”. So is die stelsel van een mens, een stem voorgestel as ’n skavot vir Blanke Suid-Afrika.
U was ’n vooraanstaande lid van die party wat, volgens hierdie uitspraak, ’n stelsel van een mens, een stem beskou het as selfmoord. en daarom so ’n stelsel nooit, ooit sou instel nie.
U politieke belydenis
U persoonlike en politieke onderskrywing van mnr Pik Botha se verklaring het u as Inligtingsbeampte van die Nasionale Party van Transvaal in die NP se publikasie Skietgoed van dieselfde maand—Junie 1977—soos volg gestel: “Die beleid van magsdeling in ’n federasie sal Suid-Afrika dompel in ’n ongekende magstryd wat onvermydelik sal uitloop op die ontwrigting van wet en orde, van die ekonomie, van rasseharmonie en van vrede, en die beleid is ’n bloudruk vir die ondergang van die Witman”.
Nie moreel verdedigbaar
Nou het u in mnr Pik Botha se woorde die toppunt van immoraliteit gepleeg deur ’n stelsel van een mens, een stem te aanvaar. en dit op aandrang van die VSA, wat jarelank in ’n staat van halfwarm oorlog teen Suid- Afrika is en Blanke Suid-Afrika op die skavot wil kry deur ’n stelsel van een mens, een stem. U het van mnr Pik Botha se “never, ever”, ’n “here and now” gemaak in ’n skaamtelose miskenning van openbare eerbaarheid en nasionale eer. Daarby het u u eie verklaring dat “magsdeling in ’n federasie ’n bloudruk vir die ondergang van die Witman is” omgekeer, en juis die bloudruk vir die ondergang van die Witman nou u verklaarde beleid gemaak. Mnr. De Klerk, wat ’n mens moreel laat gril, is nie net die minagting van trou aan ’n gegewe woord en die mentaliteit van onderhorigheid aan vyandige magte wat u openbaar nie, maar ook, en veral, dat u, soos in Beeld van 12 Julie, alle perke van skaamteloosheid oorskry deur te sê: “Die Nasionale Party het die inisiatief geneem om homself te verlos van alles wat nie moreel verdedigbaar is nie”.
Nasionale selfmoord
So, vir u is dit nou moreel verdedigbaar om Suid-Afrika se Blankes te onderwerp aan ’n bloudruk vir hulle ondergang. Vir u is dit nou moreel verdedigbaar om onder druk van die linkse Amerikaanse magshebbers ’n stelsel van een mens, een stem op Suid-Afrika af te dwing, sodat nasionale selfmoord gepleeg kan word. En koelbloedig word die leuen verkondig dat die Blankes van Suid-Afrika in die referendum van 1992 aan u ’n mandaat sou gegee het vir hulle ondergang en selfmoord. Politieke ironie en openbare eerloosheid kan nie groter wees nie.
Misken Christelike waardes
U moet glo op bevel van Uncle Sam Blanke Suid-Afrika beveel om op die skavot van nasionale selfmoord te gaan lê.
Dit is die politieke rol wat u vir uself geskep het volgens u eie uitspraak en u party se verklaarde beleid: u wil die laksman van Blanke Suid- Afrika wees. In die proses is u miskenning van die sedelike standaarde en Christelike waardes van die Afrikanervolk ’n skandvlek op die Afrikaner- tradisies en op Suid-Afrika se openbare lewe.
Wat u verteenwoordig, word met minagting verwerp deur die Blanke kiesers. En u weet dit, daarom skuil u agter ’n ondemokratiese maatreël waardeur parlementêre tussenverkiesings afgeskaf is. U weet dat u elke tussenverkiesing sal verloor in ’n opbouende stormloop wat u en u trawante sal verpletter in ’n algemene verkiesing ingevolge die bestaande grondwet. U regeer soos ’n militêre junta wat die mag onregmatig bekom het, weier om verkiesings te hou, die veiligheidsmagte suiwer van moontlike opstandelinge, en eiegeregtig teen die volksbelang optree om aan die mag te kleef.
Magsdeling in ’n federasie is nie ’n resep vir vrede, voorspoed en veiligheid nie, soos u nou telkens beweer, maar soos uself vroeër gesê het, “ ’n bloudruk vir die ontwrigting van die ekonomie, van wet en orde, rasseharmonie en van vrede”, soos sigbaar en voelbaar in ons land beleef word sedert u die Amerikaanse voorskrifte en die ANC-SAKP-eise aanvaar het.
“Agreements could be torn up”
Wat selfs u skokkende verbreking van beloftes en versmading van versekerings oortref, is dat u voortgaan om oor die Blankes se lot in Suid-Afrika te onderhandel met Kommuniste en hulle handlangers wat u weet nie te vertrou is met ooreenkomste wat aangegaan word nie en toegewyd is tot uitwissing van die Afrikaners en hulle andertalige Blanke geesgenote, soos blyk uit die krete: “One settler, one bullet” en “Kill a farmer, kill a Boer”.
Op u onlangse besoek aan die VSA, volgens Sunday Times van 4 Julie, het u ook “expressed concern that agreements reached in negotiations could be ‘torn up’”. So, u bevestig wat ek en baie ander jarelank teen waarsku, naamlik dat vir ’n Kommunisties-beheerde ANC ooreenkomste en grondwette stukkies papier is wat opgeskeur sal word as hulle die mag kry en hulle haat op die Blankes laat botvier. Maar u sê nogtans dat u ’n mandaat het om sulke ooreenkomste met die ANC en die SAKP aan te gaan!
As honderde-duisende Afrikaners u doen en late as verraad bestempel, moet u aanneem hulle het nie ’n ander woord daarvoor nie. Hulle walg aan die verval van sedelike standaarde en aan die politieke bedrog wat u bewind in Suid-Afrika verteenwoordig.
Blanke Verkiesing
Hou ’n algemene verkiesing vir die Blankes, mnr De Klerk, sodat u van die verhoog van die geskiedenis afgeveeg kan word en ’n verskoning sal hê om uself uit die aangesig van ons volk te verwyder.
Die uwe
J A MARAIS LEIER VAN DIE HNP