NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

 

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die geheim van mooi oudword is om van jouself af weg te kyk deur jouself vir God en jou geliefdes te gee terwyl jy baie liefde uitdeel.  Wie só liefhet, word in werklikheid nooit oud nie. Al takel die ouderdom sy lewe af, sterf hy jonk.

STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (16)

LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

Deelname of nié, aan die April-Verkiesing

15 April 1994

Wanneer daar sprake van is om nie aan die April-verkiesing deel te neem nie, word soms die voorbeeld van deelname aan die 1992-referendum genoem as argument waarom aan die April-verkiesing deelgeneem moet word.

Dit is om etlike redes ’n valse parallel. Die belangrikste verskil is dat die 1992-referendum gewen kon word deur die regse alliansie. Verskeie taktiese misvattings het dit egter teengewerk.

Mnr. Jaap Marais het in Julie 1971 gesê:

“Die liberaliste in die regeringsparty beoog ... om aan die Nieblankes parlementêre ‘mede-seggenskap’ oor die Witman te gee ... wat die Witman gaandeweg al meer in die mag van die Nieblanke sal stel, soos in Kenia en ander Afrika-gebiede. ”

Sy oordeel was reg

Die voorgenome April-verkiesing is ’n ander saak. Geen Blanke groepering of alliansie kan dit wen nie. Deelname daaraan kan net geskied met die volle wete dat die verkiesing ontwerp en aangelê is met die doel om Suid-Afrika uit te lewer aan ’n Kommunistiese regering. net soos in die voormalige Rhodesië en Suidwes-Afrika. Alle ander oorwegings is ondergeskik hieraan.

Deelneem of nie

Die argument dat weiering om aan die April-verkiesing deel te neem, die ANC sal begunstig, is opsigtelik vals. As dit waar was, sou die ANC alles in sy vermoë gedoen het om mense te beïnvloed om nie aan die verkiesing deel te neem nie. Dog, hy doen presies die teenoorgestelde.

Mnr. Jaap Marais het in Januarie 1970 gesê:

“Hulle begin nou om die voorwaardes te skep vir die aftakeling van apartheid op sosiale gebied... Hulle is besig om die blankes van Suid-Afrika sag te maak vir aanvaarding van rasse- integrasie op sosiale gebied. ” (Ster 9 Januarie 1970)

Sy oordeel was reg

Mnr. Jaap Marais het in April 1981 gesê: “Rassegelykheid in sport, hotelle, restourante en teaters kan nie afgedwing word sonder rasgemengde woongebiede en veelrassige skole nie. ”

Sy oordeel was reg

Mnr. Jaap Marais het in Februarie 1990 gesê:

“Toe mnr. De Klerk vir Mandela uit die gevangenis gelaat het, het hy die gevangene van Mandela geword. ”

Sy oordeel was reg.

So desperaat en roekeloos was hulle dat hulle die demokraties verkose regering van die mees ordelike en welvarende staat in Suider-Afrika, Bophuthatswana, met geweld omver gewerp het ten einde die bevolking te dwing om aan “die vrye verkiesing” deel te neem.

Daar is oorvloedige bewyse dat dit vir die ANC en die NP ’n alles-oorheersende behoefte is om almal na die stembus te lok: en as Blankes die NP en sy Kommunistiese mede-onderhandelaars dus ’n guns wil bewys is dit om aan die April-verkiesing deel te neem. Net die feit is meer as genoeg rede om deelname aan die verkiesing te herken as die dood in die pot.

Gruwelike onreg

Om deel te neem aan die ver­kiesing, is om legitimiteit aan die verraderlike politieke proses te gee. Dit is nie net ’n gruwelike onreg teen die Afrikanervolk en hulle patriotiese Blanke landgenote nie, maar ’n ewe groot onreg teen miljoene Swartes aan wie ’n verantwoordelikheid opgelê word waarvan hulle om baie redes geen benul het nie. En dit om Suid-Afrika aan Kommuniste uit te lewer!

Dit is ’n belediging van enige mens se intelligensie om opgeroep te word om aan die verkiesing deel te neem in die waan dat dit om demokratiese waardes en eerbare politiek gaan, of dat daardeur enigsins iets effektiefs gedoen kan word teen die uitgewerkte plan om Suid-Afrika op dieselfde weg te laat gaan as Zimbabwe en Namibië.

As jy vir die NP stem, stem jy vir die mees verworde en korrupte politieke party wat daar ooit in Suid-Afrika was.

  • Hy het die Blankes belieg en bedrieg toe hy in die 1989 algemene verkiesing beloof het: “Eie skole, eie woonbuurte”.
  • Hy het wet en orde so laat verval dat Suid-Afrika beskryf word as “the murder capital of the world”. (The Star 23 Feb 1993)
  • Hy het die ekonomie so verwring dat 32% van die Blankes onder die

broodlyn leef teenoor 15,8% in die depressiejare van negentien-dertig. (Beeld 4 Julie 1993)

  • Hy het Suid-Afrika se onafhanklikheid afgetakel en die land in ’n koloniale verhouding tot die VSA en Brittanje laat sink.
  • Hy het sedert 2 Februarie 1990 die meeste van die voorskrifte van die Kommuniste uitgevoer wat in die ANC se Freedom Charter van 1955 beliggaam is en feitlik alles wat in die ANC se Harare-deklarasie van Augustus 1989 vervat is.

Uit die monde van sy leiers staan die verkiesing veroordeel as “selfmoord” en “ondergang van die Blankes”.

Pik Botha het in Julie 1977 gesê: “Aanvaarding van ’n stelsel van een mens, een stem, is ’n verbintenis tot selfmoord”. (Citizen 23 Junie 1977). Nou vra die NP Blankes om te stem vir selfmoord. Net ’n politieke dwaas sal aan so ’n verkiesing deelneem.

F W de Klerk het as Inligtingsbeampte van die NP van Transvaal in Junie 1977 in Skietgoed geskryf: “Magsdeling in ’n federasie... is ‘n bloudruk vir die ondergang van die Witman in Suid-Afrika”.

Nou volg hy die einste beleid vir die ondergang van die Witman in Suid-Afrika en hy vra die Blankes om vir hulle ondergang te stem! De Klerk bevorder Kommunisme.

De Klerk en Pik Botha het aanhoudend verkondig dat Kommunisme dood is, maar op die voorwendsel dat Kommunisme dood sou wees, het De Klerk deur sy optrede sedert 2 Februarie 1990 meer as Joe Slovo gedoen om Kommunisme in Suid-Afrika te bevorder.

Hy het alles gedoen wat die Kommuniste van hom geëis het—Mandela, Sisulu en ander gevonniste misdadigers vrygelaat, die ANC, SAKP en PAC ontban, terroriste toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer en wette herroep waarteen Kommuniste gekant was.

Hy het toegelaat dat ’n Uitvoerende Oorgangsraad van 55 lede in die lewe geroep word waarvan 38 Kommuniste is.

De Klerk se party het die Oorgangsgrondwet gehelp skryf wat bepaal dat die ANC-SAKP die grondwet kan skryf as hulle 66% van die stemme kry. As hulle dit nie kry nie, kan hulle ’n referendum afdwing waarin net 60% genoeg sal wees om die grondwet te skryf. Kry hulle dit nie, word ’n een-mens-een-stem-verkiesing uitgeskryf en dan is 60% (nie 66% nie) genoeg om die grondwet te skryf. So het hy die grondslag gelê om die Kommuniste die politieke mag te laat verower.

Dat De Klerk se party hulp vra om die Kommuniste te stuit, is ’n belediging van mense se intelligensie. Dit is gewis en al duidelik dat hy nooit van plan was om Kommuniste te beveg nie.

Die praatjies dat Blankes moet gaan stem om die ANC te verhoed om twee-derde van die stemme te kry is dus blote koelbloedige misleiding.

Dit is veel meer betekenend om weg te bly en te help dat die persentasie stemme wat uitgebring word, laag sal wees, sodat dit sal blyk dat ’n aansienlike deel van die bevolking nie die verkiesingsuitslag as ’n geldige beslissing aanvaar nie.

Stem vir Vrvheidsfront?

Naas die keuse om vir die veragtelike “Nasionale” Party te stem, is daar die keuse van die Vryheidsfront. Dit is ’n politieke waterloot wat geen rekord van politieke insig, beginselvastheid en diepgewortelde trou aan die lewensbelange van die Blankedom en die Afrikanerdom het nie. Genl. Viljoen het tot die openbare lewe toegetree as “die militêre raadgewer” van die onbeduidende groepie onder leiding van mnr. Andries Beyers, die AVU, wat ver links van die KP gestaan het — so na aan die NP dat Beyers met ’n halwe tree binne die NP is. Was die AVU genl. Viljoen se natuurlike politieke tuiste? Waarom anders was hy daar?

Sy aanvaarding van die linkse dogma van rassegelykstelling en rassevermenging en sy vereenselwiging met die ANC-SAKP het hy duidelik gestel in Patriot van 29 Oktober 1993: “We stand united against the per­ception that the ANC is the winner”, sê hy. “The reconciliation process of this time must work from a basis of no win/no lose situation...

“                       Bearing this in mind we should really be bedfellows. The fact that the Afrikaner Volksfront is particularly active in this Alliance is proof that we have discarded racism and discrimination”.

Die Vryheidsfront se beleid oor rasseverhoudings stem dus so ooreen met die van die ANC-SAKP dat hulle “bedfellows” kan wees. Verbeel jou, Nelson Mandela en Constand Viljoen in dieselfde politieke bed! En dit is hoe Kommunisme beveg moet word!

Op grond van die beleid van genl. Viljoen sê hy op 17 November 1993 in Pretoria:

“                      “ So, daarom mnr. Mandela, as ek nader aan die ANC beweeg, ja, ek is besig om dit te doen ”,

Rassemengde “Volkstaat”

Genl. Vilioen beweeg dus weg van die mense wat hy veronderstel is om te verteenwoordig en beweeg nader aan die Kommunisties-beheerde ANC.

In genl. Viljoen se maandelange onderhandelings met die ANC-SAKP het hy sonder enige mandaat “ ’n memorandum van ooreenkoms” aangegaan wat deur hom en Jacob Zuma, ’n top-bestuurslid van die SA Kommunistiese Party, onderteken sou word.

                         Die eerste bepaling van die “Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrikaner Volksfront” het gelui:

                         “Both parties are committed to the development of a non-racial de­mocracy”.

Dus, genl. Viljoen het sy Party verbind tot die ontwikkeling van nie-rassige demokrasie”. Basies soos die NP en die ANC-SAKP. Verbeel jou, ’n Afrikaner-Boerevolkstaat wat ’n nie-rassige demokrasie is! Daarin sal rasgemengde woonbuurte en skole wees, en uiteraard ook een mens, een stem. Wat sal dit anders wees as ’n verboepte Azanietjie?

Persoonlike belana of Volksbelang

Oor deelname aan die sogenaamde demokratiese verkiesing, se die waarnemende sekretaris van die Afrikaner Volksfront, adv. Jurg Prinsloo, LP, in ’n openbare verklaring in Maart 1994:

                         “Die verkiesing sal plaasvind op ’n een-mens-een-stem basis. Dit sal noodwendig tot gevolg hê dat partye wat hulle vir ’n Afrikaner-volkstaat beywer en aan die verkiesing deelneem... ’n klein minderheid in die parlement sal wees wat by die verwagte ANC/SA Kommunistiese Party beheerde meerderheidsregering sal moet pleit vir ’n volkstaat. Hierdie ANC/ SA Kommunistiese Party-alliansie se leiers het reeds herhaaldelik die afgelope weke verklaar dat hulle nooit ’n Afrikanervolkstaat sal toelaat nie. Om aan die kommunisties-gereelde verkiesing deel te wil neem is dus futiel en kan hoogstens dien om enkele konserwatiewe politici van werk en ’n vaste inkomste te voorsien.

                         “Indien ’n party aan die kommunisties-gereelde verkiesing deelneem, ... is hy moreel verplig om hom by die uitslag daarvan te berus. Die AVF weier om dit te doen. ”

“Mandela se betaalstaat”

As van die VF-kandidate verkies word, kan hulle ’n “Volkstaatraad” van 20 lede kies wat naas die Parlement vir ’n volkstaat kan ywer, sonder dat weens ras, kleur, kultuur of taal gediskrimineer word. So kan nog 20 persone op “Mandela se betaalstaat” kom, soos die AWB-leier gesê het.

Hoewel die AVF deelname aan die verkiesing verwerp het, keur AVF- leiers nou nie deelname daaraan af nie, want die Volkstaatraad skep die moontlikheid van “werk en ’n vaste inkomste” vir 20 van hulle op “Mandela se betaalstaat” — om Kommunisme te stuit!

Dit gaan dus om die finansiële voordele en eiebelang van ’n aantal openbare figure wat teen hulle eie party en hulle volk se belange optree.

Eerbare en verstandige stem

Geeneen van hierdie partye is ’n stem van ’n denkende persoon werd nie. Hulle verteenwoordig net verskillende fasette van beginselloosheid en van uitverkoping aan die ANC-SAKP.

Daar is net een eerbare en verstandige stem: dit is om te stem vir jou eie selfbehoud, jou eie selfrespek en tegelyk vir jou volk se eer. Deur nie te stem, oefen jy ook ’n stemreg uit. Jy weier om te stem vir jou volk se ondergang. Jou weiering om te stem, sal getel word om te bereken watter persentasie van die stemgeregtigdes nie aan die gedrogtelike verkiesing deelgeneem het nie.

Hoe meer kiesers nie stem nie, hoe minder geldigheid sal die uitslag hê. Daarom is die Regering so begaan daaroor dat die Afrikaners, die Zoeloes en die Tswanas moet stem — al moet geweld gebruik word om die Tswanas te dwing om aan “die vrye verkiesing” deel te neem!

Afrikaners se verbintenis

Die Afrikanervolk se standpunt is: dié land is óns land. Ons voorouers het deur die aanlê van plase die land ontworstel aan die wildernis. Die dorpe en stede van Suid-Afrika is die kenmerk van Blanke beskawing. Die nywerhede, die spoorweë, die hawens en die geldstelsel is die produkte van die Blanke vernuf en ondernemendheid. Daardeur is Suid-Afrika opgebou tot die sterkste staat in Afrika.

Die tersaaklike geskiedenis is pittig saamgevat deur dr. HF Verwoerd in ’n toespraak nadat hy Suid-Afrika aan die Britse Statebond onttrek het.

                           “Meer as 300jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan SA was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings ’n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was. Geeneen van hulle het ’n ander man se land gekoloniseer of hom deur inval en onderdrukking beroof nie. Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak elkeen ’n ander deel sy eie probeer maak.

                           “Daar was botsings en grensoorloë, en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die Witman meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg, en voeg hy steeds daaraan toe, uit wat hyself beset en bedoel het om sy eie te wees.

        

“                      Daar was dus geen kolonialisme nie, net afsonderlike besetting deur elkeen byna gelyktydig. En elkeen het meer as 300 jaar die geleentheid gehad om sy land te ontwikkel... Die Witman het dit gedoen, die Swartman nie... Die Swartman het na hom gekom vir werk, voedsel en die goeie dinge van die lewe en nie vir politieke verowering nie.

“                     Die Witman het dus nie net ’n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ’n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne en moet dit syne bly”.

Wanneer ons sê: dié land is óns land, is dit die historiese feite waarop dit rus. Ons het die land van niemand gesteel nie. Ons voorouers het in 1881 die Britse mag by Amajuba verslaan om hulle vryheid te herwin, en in 1899- 1902 ’n vryheidsoorlog teen die barbaarse Britse metodes geveg, omdat hulle vry van oorheersing wou wees. Daama het Afrikaner-leiers 60 jaar lank met politieke middels suksesvol geveg om weer vry te wees om Chris­ten en Witmens en Afrikaner in hulle vaderland te wees.

Ons is nie bereid om hierdie geskiedenis van heldhaftige stryd te laat uitwis deur ’n bloedlose verowering weens verraad wat agter ’n “demokratiese verkiesing” verberg word nie.

Ons vra dat verantwoordelike mense nie hulle oordeel sal besmet deur deelname aan die verraderlike politieke aksie wat net tot voordeel van die Kommuniste is nie.

Ek herhaal: Daar is net een eerbare en verstandige stem: dit is om te stem vir jou eie selfbehoud, jou eie selfrespek en tegelyk vir iou volk se eer. Deur nie te stem, oefen jy ook ’n stemreg uit. Jy weier om te stem vir jou volk se ondergang. Jou weiering om te stem, sal getel word om te bereken watter persentasie van die stemgeregtigdes nie aan die gedrogtelike verkiesing deelgeneem het nie, op grond waarvan die geldigheid van die verkiesing betwis sal kan word.

Dr. Ferdie Hartzenberg, Leier van die KP en die AVF sê:

“Die eenparige besluit van die Oorgangsvolksraad om nie aan die 27 April verkiesing deel te neem nie en om die uitslag daarvan nie te erken nie, staan vas”. (Patriot, 25 Februarie 1994)

Mnr. Eugene Terre’BIanche, Leier van die AWB sê: “Toe genl. Viljoen die voorstel doen (van deelname aan die verkiesing en van 20 lede in ‘n Volkstaatraad) het ek gedink dit kom van die ANC af, want dit sou meer logies vir hulle wees om dit voor te stel as die Volksfront. Dit sou ons op die betaalstaat van Mandela plaas”. (Rapport, 6 Februarie 1994)

Adv. Jurg Prinsloo, LP en lid van die Afrikaner Volksfront se Dagbestuur sê: “Om aan die Kommunisties-gereelde verkiesing deel te neem, is futiel, en kan hoogstens dien om enkele konserwatiewe politici van werk en ‘n vaste inkomste te voorsien”. (Mediaverklaring, 15 Maart 1994)

Mnr. Jan Groenewald van die Boere-vryheidsbeweging en die Afrikaner Volksfront sê: “Deelname aan die verkiesing sal op hoogverraad neerkom ”. (Patriot, 18 Februarie 1994)


Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    TAKHARE EN JOINERS is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1279 gaste aanlyn