Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Net jy kan besluit of jy 'n gelukkige mens of 'n slagoffer van die lewe wil wees. Vertrou op God vir alles en word 'n gelukkige mens.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (22)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
KRUGERDAG: WEIER OM TE BERUS IN VERRAAD!
14 Oktober 1994
“Nooit mag daar berus word in ’n situasie waarin die Afrikaner sy vryheid verloor nie. Daar is al baie gepraat oor die onomkeerbare situasie waarin ons verkeer. Kruger het die onomkeerbare omgekeer, en ons moet dit ook doen. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is. Dit is alleenlik afhanklik van die kwaliteit van leierskap van die Afrikaner.”
“Verder lê daar ook ’n parallel tussen Kruger en Verwoerd. Albei het in die bres gaan staan toe die politieke mag van die Afrikaner gebreek moes word. Albei het besonderlik presteer. Daarbenewens het Mandela geen prestasies gelewer wat naastenby kan vergelyk met hierdie Afrikaner-helde nie. Hy is vrygelaat deur verraaiers.”
Die boodskap van ’n Paul Kruger aan ons volk in die omstandighede waarin hy hom tans bevind, is dat hy nie mag berus in die verraad wat hom sy vryheid en sy selfrespek ontneem het nie.
Dit was die woorde van mnr Jaap Marais tydens Krugerdag 1994. Hy het daaraan toegevoeg dat die standbeelde wat die magte van die duisternis omgegooi het, weer deur die Afrikaner opgerig en in ere herstel sal word. Niks sal hom daarvan kan weerhou nie.
Dit is juis opvallend dat daardie standbeelde afgebreek word wat Afrikaner-voortreflikheid uitbeeld. Dit kan alleen wees omdat daardie beelde en die simboliek wat hulle dra, ’n bedreiging is vir diegene wat hulle nou wil vemietig.
Mnr. Marais het dit benadruk dat die afbreek van standbeelde en die skrapping van die Afrikaner se vakansiedae niks anders is as ’n aanslag op die Afrikaner se historiese sin nie. Sy herinnering aan sy heldedom moet uitgewis word, want alleen dan kan die gees van die Afrikaner gebreek word. Dit is juis ’n Kruger en ’n Verwoerd wat in die pad staan van die oorrompeling van die Afrikaner. Die Afrikaner moet hiervan bewus gemaak word, en die enigste manier om dit te vermag, is om nog meer klem as tevore te lê op die geskiedenis van die Afrikaner. Dan kan Kruger weer aangegryp word as kompas in ’n tyd waar die Afrikaner sy vryheid ontneem is.
Paul Kruger het altyd baie klem gelê op die begrip “My land”. Dit dien as voorbeeld vir ons, en ons moet weer sê: “Die land is ons land.”
Mnr. Marais het ’n baie treffende oorsig gegee van Paul Kruger, al die verhale en vertellings wat rondom hom geweef is, en die betekenis wat hy vir die Afrikaner het. Voorts het hy ’n oorsig gegee van sy diplomatieke vermoëns wat gerig was op sy eie mense, die Swartes en die imperialiste van die magtige Brittanje. Ten spyte van sy gebrek aan boekgeleerdheid het hy sy man gestaan in enige onderhandeling. Dit was juis die vyand se onvermoë om hom onder te kry in die onderhandelinge voor die oorlog wat desnoods op oorlog uitgeloop het.
Dit het van Kruger die simbool van Afrikanerskap gemaak. Hy het onverskrokke geloop op die pad wat die geskiedenis aan hom voorgeskryf het, en hy het nooit daarvan teruggedeins nie.
Sy krag het veral daarin gelê dat hy oor die vermoë beskik het om “Nee” te sê wanneer die omstandighede dit van hom vereis het.
Verder lê daar ook ’n parallel tussen Kruger en Verwoerd. Albei het in die bres gaan staan toe die politieke mag van die Afrikaner gebreek moes word. Albei het besonderlik presteer. Daarbenewens het Mandela geen prestasies gelewer wat naastenby kan vergelyk met hierdie Afrikaner-helde nie. Hy is vrygelaat deur verraaiers. As sy publisiteit van hom ontneem word, sal hy baie vinnig heeltemal platval. Daarenteen moes dr. Verwoerd twee keer die dood trotseer. Sy sterkte lê juis daarin dat hy onverstoord kon voortgaan na die eerste aanslag op sy lewe. Dit het hom tot geen toegewings verlok nie.
Dr. Verwoerd het veral uitgeblink vanweë sy skeppende staatstruktuur. As hy kon voortgaan, sou die geskiedenis van Suid-Afrika ’n totaal ander pad ingeslaan het. Hy het reeds in sy leeftyd uitgegroei tot een van die sterkste leiersfigure in die hele wêreld.
Op plaaslike vlak kon hy juis onbuigsaam voortgaan ten spyte van die teenkanting van ’n Piet Cillie en ’n Anton Rupert, sowel as die hele Britse wêreld.
In óns omstandighede het die optrede van Kruger betekenis deurdat, toe Shepstone Transvaal geannekseer het, dit juis Kruger was wat die burgers aangemoedig het tot opstand teen die Britse gesag. Die Afrikaner het uit nood saamgestaan, en dit het Majuba moontlik gemaak. Nooit mag daar berus word in ’n situasie waarin die Afrikaner sy vryheid verloor nie. Daar is al baie gepraat oor die onomkeerbare situasie waarin ons verkeer. Kruger het die onomkeerbare omgekeer, en ons moet dit ook doen. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is. Dit is alleenlik afhanklik van die kwaliteit van leierskap van die Afrikaner.
Net soos die Afrikaner in 1902 sy vryheid verloor het, en dit in 1961 teruggewen het, so sal ons ook ons vryheid herwin. Die Swartes is slegs die pionne in die hande van die Britte en hulle sal nie die regering van die land kan volhou nie. Ons moet net ons tyd afwag sodat ons weer ons vryheid kan terugvat.
Daardie tyd sal kom. Deur geloof, toewyding en stryd sal ons daarin slaag.
Vervolg...