NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.

KLUG VAN VERSOENING

Johan Dorfling

Woorde en begrippe word dikwels deur onkundiges of kwaadwilliges verdraai om die waarheid en die leuen ineen te vleg soos dit hulle pas.

'n Menigte woorde het verskeie betekenisse afhangende van die omstandighede waarin dit gebruik word. Kyk maar in 'n verklarende woordeboek na woorde en begrippe soos val, esel, muis, spoor en talle ander. Oor al hierdie veelbetekenisse kan boekdele geskryf word, maar gesien in die huidige tydvak is die woord en begrip "versoening" sterk ter sprake. Ek verwys na die sogenaamde en foutiewe verwysing na Versoeningsdag in plaas van die korrekte Geloftedag.

 

Versoening het twee betekenisse, maar die Voortrekkers het 'n gelofte afgelê wat 'n vertikale dimensie het in teenstelling met 'n horisontale dimensie. Die volkvreemde regering probeer verwarring veroorsaak deur die horisontale betekenis te beklemtoon, dit is verskuiwing van versoening sywaarts na mense van verskillende volke teenoor mekaar. Hierdie betekenis van versoening was nie naastenby waaraan die Voortrekkers gedink het nie, maar na bo, na God toe.

Van hierdie valse horisontale dimensie maak die volkvreemde regering gebruik om versoening na eenheid te herlei en 'n politieke kleur aan 'n (Gods)gelofte te verleen. Die politieke inslag word dan so verdraai dat die Afrikaner sy (vervalste) wreedheid van die verlede moet bely en aan die ander volke sy verskoning moet aanbied. Dit is 'n ingrypende wanvoorstelling van die verraad en wreedheid van die Zoeloes teenoor die Voortrekkers wat deur bemiddeling van 'n betroubare sendeling wettig vreedsaam onderhandel het. God het die oorwinning gegee, hoe kan Hy verkeerd wees?

Ons herdenk Geloftedag soos God dit van die Voortrekkers aanvaar het. Dit het niks met politiek of versoening te doen nie.

Sommige mense koppel 16 Desember aan versoening terwyl dit Geloftedag is omdat dit deel was van ons voorouers se stryd om met die hulp van God hulle voortbestaan te beveilig. Die werklike betekenis van versoening is die herstel van vrede of vriendskap, of te wel vredemaking. In ons mense se geval was 16 Desember nie vredemaking of versoening nie, maar aanvallende verdediging teen vyande wat ons volk ongeregverdig en onredelik wou uitwis.

Nou probeer die volkvreemde regering om die verraderlike optrede teen Piet Retief, sy geselskap en ander niksvermoedende Voortrekkers om te swaai deur dit na 'n holklinkende en betekenislose slagspreuk van versoening te verander. Dit is 'n strategie om slu sy morele aansien te versterk en ons gelofte aan God af te water. Die Zoeloes en hulle geskiedenisvertellers betreur egter steeds die verraad van Dingaan, skryf Vusamazulu Credo Mutwa in sy boek Indaba, my children. Dit is vir hulle 'n skande.

Kyk net hoe verwring die volkvreemde regering die feite deur te beweer dat die swartes op hulle sogenaamde versoeningsdag die wittes moet vergewe vir hulle gruweldade. Dit is 'n grootse leuen wat juis meer vyandigheid opwek om meegevoel uit die buiteland te probeer verkry. Bloedrivier was juis 'n wonderwerk wat die Voortrekkers met behulp van God beplan het in antwoord op verraderlike en veragtelike lafhartigheid. Ons moenie die hinderlaag van humanisme miskyk nie. Dit is selfgerig en aards. God was die oorwinnaar waarvoor die Voortrekkers gebid het. Die Gelofte is alleen tussen ons volk en God. Niemand anders kan hier betrek word nie.

Die huidige regering is oneerlik om die aandag op die swartes te vestig asof hulle die benadeeldes was wat onder die Voortrekkers gely het. Versoening het in hierdie geval niks met die gelofte te doen nie en die regering moet hulle daaruit hou. Swart woordvoerders het geen reg om namens die Voortrekkers of God te praat nie.

Volgens die volkvreemde regering was die wrede optredes en bomplantings deur swartes geregverdig. Dit was geregverdig om skole af te brand waar hulle eie kinders uitstekende onderrig in hulle eie tale en eie hartlande met eie onderwysers ontvang het waar die vrouens hulle kinders opgevoed en versorg het terwyl die mans vrywillig in blanke stede gewerk het. Toestromingsbeheer moes toegepas word omdat die swartes die beste lewensgeluk by die blankes gekry het. Kyk net na hoe die sogenaamde vryheidsvegters, nee, bloeddorstige moordenaars die vrede versteur het in blanke gebiede waar hulle geen aanspraak gehad het nie.

Die gevolg van hulle wreedhede was dwaas. Hoe kan die swart woordvoerders enigsins daarvan melding maak dat blankes die swartes moet smeek om vergewe te word?  Vra om versoening en erkenning van hulle onsinnige misdade moet van die swartes se kant af kom. As die volkvreemde regering in 'n spieël kyk, mag hulle niks doen as blankes optree soos die swartes gedoen het en steeds doen nie. Hulle mag verwoes en ons moet vra om vergewe te word. Dit is skynheiligheid verby.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 657 gaste aanlyn