Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Satan is die een wat depressie by mense misbruik totdat hulle glo hulle is hopeloos en ongered. Die teenoorgestelde is egter waar: iemand wat deur die donker van depressie geloop het, het 'n bepaalde innerlike krag ontwikkel wat van hom 'n wyser en sterker mens gemaak het. Moenie na die duiwel luister wanneer jy op jou swakste voel nie – weet daar kom 'n tyd hierna wat jy as kind van God baie sterk sal wees met 'n wysheid wat jou verder deur jou lewe sal dra, want in die donkerste dieptes het jy vir God weer gevind.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (2)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die Smeltkroes
Vroeg in Desember 1916 het ’n engel-Boodskapper mev. Johanna Brandt by haar moeder se sterfbed besoek met ’n onheilspellende profesie oor rampe en ellende wat op die bevolking van Suid-Afrika wag, en wat in vervulling sou gaan wanneer daar ’n bloedige oorlog in Europa en die Midde-Ooste woed. Sy is ook deur die engel beveel om nie net haar volksgenote nie, maar ook elke swart stam in Suid-Afrika, elke arbeider, elke huisbediende te waarsku dat wanneer die eerste beroeringe van God se strafgerig plaasvind, hulle (die swartes) hul in geen geval daarmee moet inmeng nie. “Hulle moet weet dat dit die Hand van die Heer is wat oor Suid-Afrika gaan, en dat daar ’n sware oordeel oor hulle sal kom as hulle dink om uit die algemene verwarring wat in die land sal heers, voordeel te trek. Wee die inboorlinge as hulle dink om te moor en te plunder en te verkrag, as die Hand van die Regter oor die witmense gaan!”
Tog sou deel van die blanke se beproewing, erbarmlike toestand en lyding juis wees as gevolg van die swartes se opstand en wraaklus.
Maar sy skryf in 1918 dat die engel haar ook die versekering gegee het dat: “...die Bantu-gevaar deur inspanning en getrouheid in hierdie saak afgeweer kan word...”
Sy gaan dan verder en sê dat dit ook die rede is waarom sy hierdie pamflet eerstens in Engels, Sesotho, Zoeloe en Xhosa publiseer en dat die Afrikaanse boek eers ’n maand later sou verskyn.
Volgens die Boodskapper sou die verskrikkinge wat Suid-Afrika gaan tref, op geen manier vermy kan word nie, want net soos in die tyd van Israel, sou die volk nie gehoor gee aan haar profetiese waarskuwing nie. Daarom word geen aardse sekuriteit beloof nie, maar vir diegene wie se gees gereinig is, vir hulle sal die “dag van benoudheid verkort word.” Want die verterende vuur is ’n direkte gevolg van die sonde, onvermydelik, en dit kan deur geregtigheid alleen geblus word.
“Suid-Afrika is ’n pêrel in die oog van die Heer. In Suid-Afrika sal die eerste groot wonder van die Nuwe Eeu van mistieke openbaring geskied. Deur Suid-Afrika sal die wêreld gedwing word om te glo dat die wederkoms van die Saligmaker op hande is.
“Die ganse wêreld is vol van sy voorlopers. Daar is geen land of volk waar geen voorbereidsels gemaak word vir sy verskyning nie, maar al sy voorlopers word deur die wêreld (en helaas, helaas, veral deur die Kerk) vervolg. Spot en hoon en bittere haat sal ook u deel wees as u ’n medearbeider wil word in die taak van voorbereiding...
“Die ervaring in Pretoria (die Boodskapper se besoek) was maar die begin van veel groter dinge wat u en ek sal beleef wanneer Hy van die Vader kom om ons vrylik te verkondig. Vol belofte vir die toekoms van Suid-Afrika was die onvergeetlike 7 Desember 1916, ryk aan profetiese betekenis—ondraaglik groot in heerlikheid... ”
Vanuit die staanspoor was daar hewige teenstand teen dié publikasie van haar profetiese boodskap aan die volk. In Julie 1918 skryf sy: “Reeds in Februarie (1918) was my Afrikaanse manuskrip al klaar vir die pers, maar toe begin die moeilikhede. Ek kon geen uitgewer daarvoor kry nie, en ek was verplig om (sonder ervaring en sonder fondse) self te publiseer. Die moeilikhede met uitgewers en drukkers en gcldsake, waardeur ek verplig was om alles in my eie hande te neem, het my onafhanklik gemaak van die politieke en kapitalistiese pers. Om die volk te bereik, het ek nou geen tussenpersone gehad nie; en ek was direk in kontak met my mense.
“Want al die koerante in Suid-Afrika — Unioniste, SAP, en Nasionaliste — het my aangevat, bespot en beskimp.
“Daarom bied ek my hoof dus gewillig aan vir die storm van verdagmakery, te meer oor ek, volkome voorbereid, wis dat die moeilikste tyd vir my sou wees tussen die verskyning van my waarskuwende Boodskap en die eerste vervulling van die profesie wat daarin vervat is... ”
Bo alles was dit die redding van haar volk wat haar op die hart gelê is. Sy verduidelik dit so: “’n Paar weke gelede was ons op ’n koue winteraand onder die blote sterrehemel, wat in Suid-Afrika so skitterend mooi kan wees, toe iemand onder ons uitroepe van verwondering, ’n opmerking maak wat my besonder getref het: ‘En tog,’ het hy gesê: 'en tog is een enkele onsterflike siel meer werd as ons sonnestelsel, selfs meer werd as die ganse Skepping’.”
Maar anderkant hierdie heerlikheid en genade sien sy die onheilspellende oordeel wat in aantog is:
“Dit is skemer in Suid-Afrika! Van alle kante bekruip die stikdonker nag ons — die nag van vergelding wat dan reeds oor Europa neergedaal het — en in die komende stryd sal ons ons met die wapenrusting van Geregtigheid moet omgord. Sonder vrees, sonder paniek moet ons die nag tegemoetgaan, elkeen op sy pos waar hy deur God geplaas is. Die mense in Europa, Engeland en Amerika moet hierdie profesieë lees, terwyl dit in Suid-Afrika in vervulling gaan.
“Dit is die betekenis van die woord (profesie) dat Suid-Afrika geseën sal wees, en deur Suid-Afrika die hele wëreld... ”
1 In 1914 het Siener gesê dis so donker dat hy nie sy perd se maanhare kan sien nie, maar in die toekoms gaan dit nog so donker word dat hy nie sy hand voor sy oë sal kan sien nie.
2 Kort voor sy dood het Siener die inwoners van die toekomstige Derde Republiek van Suid-Afrika beskryf as die mees geseënde volk op aarde.
Vervolg...