Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die belangrikste van die ses dinge in ons wapenrusting teen die bose geeste van Satan, is ons geloof. Wat sê Paulus sal ons daarmee kan doen? Die Bose se vurige pyle uitblus. As ons dít regkry is daar niejuis iets om voor bang te wees op hierdie aarde nie. En wat beteken dit in praktyk om geloof te hê? Dit behels om elke dag in opregtheid ons hele sondige natuur voor die Here te bely en met Hom te praat oor alles, net soos 'n klein kindjie sy ouers in sy vertroue neem, en dan rustig voort te werk in jou dagtaak met die wete dat Hy in beheer van daardie 'alles' is.
RAMAPHOSA NIE WELKOM BY G7
AS JOU VEL DIK IS, IS DIT DIK...
Daar is sekere mense wat met dik velle gebore is. En niks kan dit verander nie. ‘n Sekere wetenskaplike proffessor het jare gelede hierdie feit selfs op ‘n tasbare manier bewys. Nou het ons dit pas weer gesien toe Ramaphosa gedink het hy gaan nog ‘n keer genooi word om die G7-beraad in Japan by te woon.
Ramaphosa het volkome gereed gesit dat die beraaddatum moet aanbreek; sy span het lankal die datum in sy ‘besige’ skedule ingeskryf. Selfs joernaliste is reeds genooi om dié belangrike president by die beraad te gaan afneem. Maar toe val die bom dat daar hierdie keer nie ‘n uitnodiging vir Ramaphosa gekom het nie. Anders as Kanada, Frankryk, die VK en Duitsland, wat Cyril Ramaphosa as 'n eregas by hul G7-beraad in onderskeidelik 2018, 2019, 2021 en 2022 gehuisves het, het Japan hom nie na volgende maand se G7-beraad in Hiroshima genooi nie.
Waarom sou Japan hom nie daar wil hê nie? Dit kan nie te moeilik wees om agter die waarheid te kom nie. Die G7 is 'n informele groepering van sewe van die wêreld se gevorderde industrieë en ekonomieë bestaande uit die Verenigde State, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan en die Brittanje. Hulle vergader jaarliks om kwessies soos globale ekonomiese bestuur, internasionale veiligheid en energiebeleid te bespreek.
Nou ja, hier het ons sommer drie goeie redes. Eerstens, sou Ramaphosa enige bydrae tot die gesprek oor ekonomiese bestuur kon lewer? Japan se slim manne is waarlik nie onnosel nie en ook nie oningelig oor wat met Suid-Afrika se ekonomie onder leiding van Ramaphosa besig is om te gebeur nie!
Tweedens staan Suid-Afrika feitlik heelagter in die ry as dit by veiligheid kom. En die hele wêreld weet dit! Wat Ramaphosa wel by die beraad kan doen is om hulle te leer hoe om misdaad te bevorder, ja!
Die derde rede is die grootste grap van die drie: van energie-sabotasie in ‘n eens vooruitstrewende land kan Ramaphosa daai klomp alles vertel, maar verseker nie hoe om ‘n land van energie te voorsien nie. Die Eskom-debakel is in die middel van sy krisis en daaroor sal nog lank deur die hele wêreld gepraat word.
Het die dikvellige Ramapokker waarlik gedink hy sal genooi word om ‘n bydrae by die beraad te maak? Dit nadat Suid-Afrika verlede jaar uit protes geweier het om Japan se eie groot Ticad-beraad met Afrika-leiers in Tunisië by te woon? Toe het Ramaphosa sy neus in ander lande se sake gesteek en toe Japan hom ignoreer het hy soos ‘n kleuter in die hoekie gaan sit en geweier om die beraad by te woon. En hy verwag dat hy nou weer genooi sal word?!
Met die reeds genooide joernaliste het hy verseker gehoop om ‘n paar eiers daar te gaan lê sodat daardie leuens deur Suid-Afrika kon versprei en die mense net verder sou verwar oor al drie dié onderwerpe.
Gelukkig is daar slim mense, mense met dun velle en baie breinselle wat deur die front van dikvelliges kan sien, al is dit bietjie laat...