Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense wat een maal baie swaar gekry het, het daarna nooit weer plek in hul lewe vir leë genot nie.
GORDELROOS AGV COVID-SPUIT
In 'n onlangse gevallestudie wat in die Journal of Cutaneous Immunology and Allergy gepubliseer is, word die aanhoudende voorkoms van post-covidspuit-gordelroos of te wel herpes zoster, bespreek. Dit is 'n infeksie wat in die vel veroorsaak word deur die varicella zoster-virus, geassosieer met die teenwoordigheid van die proteïen in die covid-inspuiting. Soos deur die navorsers verduidelik:
“Sedert die veldtog van inenting teen covid-19 begin het, is 'n wye verskeidenheid van nadelige effekte op die vel ná inenting wêreldwyd gedokumenteer. Varicella zoster virus (VZV) heraktivering was na bewering die mees algemene kutane reaksie na toediening van mRNS covid-19-entstowwe, veral BNT162b2.
“'n Pasiënt, wat vir maande lank veluitslag gehad het ná die BNT162b2-inenting, is ondersoek vir die VZV-virus asook enige teenwoordigheid van entstof-afgeleide piekproteïen. Opvallend was dat die entstof-gekodeerde piekproteïen van die covid-19-virus duidelik gesien is in die vesikulêre keratinosiete en endoteelselle in die dermis.”
Die navorsers verklaar dat die covid-inspuiting aanhoudende gordelroos-heraktivering kan veroorsaak deur die immuunstelsel te versteur. Hoé jou immuunstelsel deur die covid-spuite versteur word, is die onderwerp van MIT-navorser Stephanie Seneff se referaat: ‘Aangebore immuunonderdrukking deur SARS-CoV-2 mRNS-inentings: die rol van G-kwadruplekse, eksosome en mikroRNS's’. Sy het dit in samewerking met dr. Peter McCullough, Greg Nigh en Anthony Kyriakopoulos geskryf.
Daarin beskryf hulle hoe die covid-inspuitings jou aangebore immuunstelsel onderdruk deur die tipe-1-interferon-baan te inhibeer, wat die eerste-fase vir reaksie op alle virusinfeksies is.
Wanneer 'n sel deur 'n virus binnegeval word, stel dit tipe 1-interferon alfa en beta vry. Albei hierdie molekules dien as seinmolekules wat die sel vertel dat dit besmet is. Dit begin op sy beurt die immuunreaksie en sit dit vroeg in die virusinfeksie aan die gang.
Tipe 1-interferon word deur die covid-inspuiting onderdruk omdat dit op virale RNS reageer. Die RNS word aangepas om soos menslike RNS te lyk, dus word die interferon-baan nie geaktiveer nie. Normaalweg hou die tipe-1-interferon ook latente virusse in toom, so, as jou interferon-weg onderdruk word, kan latente virusse na vore begin kom.
Die US Vaccine Adverse Event Reporting System (VAERS) se databasis bewys dat talle mense wat ingespuit is, hierdie soort infeksies rapporteer. Reguleerders in die Europese Unie waarsku ook dat herhaalde covid-inspuitings algehele immuniteit kan vernietig.
In die gevallestudie hierbo het die pasiënt een dosis van Pfizer se mRNS-inspuiting ontvang 13 dae vóór die gordelroos-uitbraak; en 'n tweede dosis agt dae nadat dit uitgebreek het, waarna dit maande lank aangehou het. Dit is wat die navorsers laat vermoed het dat daar 'n verband tussen die uitbraak en die inspuitings is.
Net so het 'n studie wat in April 2021 gepubliseer is, die gevalle uiteengesit van ses pasiënte met outo-immuun inflammatoriese rumatiese siektes wat gordelroos ontwikkel het kort ná hul Pfizer-inspuiting.
Die studie het bevind dat herpesinfeksie plaasgevind het by 1,2% van AIIRD-pasiënte wat die inspuiting gekry het (ses uit 491), in vergelyking met geen gevalle in die kontrolegroep nie. Vyf van die ses het kort ná hul eerste dosis Pfizer vir die eerste keer in hul lewe gordelroos ontwikkel. Een het dit ná haar tweede dosis gekry.
Wat die meganismes betref, het die navorsers die volgende bekend gemaak:
In ’n sistematiese oorsig wat in November 2021 gepubliseer is, is ook verklaar dat die covid-inspuiting die risiko van heraktivering van gordelroos verhoog as jy dit voorheen gehad het. Vier-en-vyftig gevalle waarby 27 mans en 27 vroue betrokke was, is toe by die oorsig ingesluit. Soos deur die skrywers opgemerk:
"Daar was gevalle met bekende risikofaktore vir herpes zoster, immunologiese afwykings, chroniese siekte, metaboliese versteuring en maligniteit. Die gemiddelde tydperk tussen ontwikkeling van herpes zoster en covid-19-inenting was 6,92 dae. Die meerderheid van die gevalle was van die hoë-inkomste- en/of middel-inkomste lande. 86,27% van die gevalle van HZ is aangemeld as gevolg van mRNS-entstof. 80% van die persone het herpes zoster ontwikkel na aanleiding van die aanvangsdosis van COVID-19-entstof.”
As ons na VAERS kyk, was daar op 16 Desember 2022 15 225 verslae van gordelroos ná die covid-inspuiting. Die meeste gevalle het voorgekom by jonger individue tussen die ouderdomme van 25 en 51. Daar is ook 170 gevalle by 12- tot 25-jariges.
Die Pfizer-spuit het meer as dubbel die aantal gordelroos-verslae wat daarmee geassosieer word as Moderna, en daar is meer as twee keer die aantal verslae van vroue as mans.
Hieruit is dit dan duidelik dat gordelroos by talle persone deur die covid-inspuiting veroorsaak is. En uit vorige navorsing was dit duidelik dat ‘n ingespuite persoon dit kan oordra na nie-ingespuite persone. Wees dus maar versigtig met wie u handskud of ‘n drukkie gee...