Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy deur die meule van die lewe gaan, hang dit van jou af hoe jy anderkant gaan uitkom: Fyn gemaal of blink gepoleer? Weet een ding: Daar is in die hemel geen kroondraers wat nie op aarde eers kruisdraers was nie!
ONS IS REEDS LANKGELEDE UITVERKOOP
Outeur onbekend
In 1992 het ekself en baie ander, "NEE" gestem in die referendum. Sedertdien was ek bloot eerlik met myself en die beginsel daaragter, dat ek nie deel sal word van 'n NWO staat nie. Dit was op uiters oneerlike wyse op ons afgeforseer en hierdie NSA is gebou op Satan se beginsels. As jy deel wil wees daarvan, doen so, maar ek kan ongelukkig nie my siel verkwansel vir hierdie leuen wat op ons geforseer is nie.
Ons leef nie in 'n demokrasie nie, maar hoofsaaklik in 'n sosialistiese sisteem, waar die SA Kommunistiese party deurgaans 'n bedmaat van die ANC is en was.
Net so bietjie agtergrond, oor die polarisasie wat knap na die 2de Wêreldoorlog die lig gesien het, toe die Weste versus die Ooste die ganse wêreld verdeel het in net 2 groepe. Demokrasie versus Kommunisme as politieke modelle en Kapitalisme versus Sosialisme as ekonomiese modelle.
Waar kom dit vandaan?
In die 11de eeu het die Roomse ryk in twee geskeur. Wes was Rooms en Oos was Ortodoks sedert daardie tyd.
In die 1700's het die Westelike deel op rewolusionêre wyse hulle politieke en ekonomiese sisteme gekry, toe die monargieë in die Weste omvêrgewerp is, tydens en deur die Franse Rewolusie.
Die Ooste het in die vroeë 1900's hulle gedwonge regeringsvorm ontvang, toe die monargie in Rusland omvêrgewerp is deur die Bolsjewistiese Rewolusie. Kommunisme en Sosialisme het hul onregmatige deel geword, toe 'n 100 miljoen Christene uitgemoor was deur die despote wat in beheer was.
Beide die Franse Rewolusie en Bolsjewistiese Rewolusie is deur Jode aangevuur. Rothchild en Troskie se name kom op.
Wat nog meer ontstellend is, is die nuwe filisofie van ons dag, genaamd die Hegelian Dialect. Dit werk kortliks so en alle oorloë in die Modernistiese tyd is op hierdie wyse gevoer en ook in die groter prentjie van 'n koelbloedig beplande set, word hierdie filosofie deurgevoer. 'n Tesis word geskep (in die groot prentjie van die wêreld geskiedenis, die Franse Rewolusie). Dit moet 'n teenwig kry wat dan die Anti-tesis is en die het gekom met die Bolsjewistiese Rewolusie.
Die twee veroorsaak dan spanning en ons almal het gesien wat die Weste versus Ooste op neerkom.
Om hierdie spanning te verlig, word 'n Sinteses daargestel. Ons leef sedert Post-modernisme (ook bekend as dood van die WAARHEID) die lig gesien het in 1989, in die progressiewe Sinteses.
In 1989 het net vir interessatheid, die volgende dinge gebeur of is geboorte gegee aan dinge wat sou gebeur,
*Kommunisme het ge-eindig
*Internet in gebore
*FW die Klerk het eerste klanke begin maak vir sy Rooi-toespraak van Februarie 1990
*Eerste keer het Bush openlik van die NWO begin praat.
Dit is van die belangrikste gebeure. Om terug te kom na hoe hierdie Hegelian Dialect werk, moet mens besef die Sinteses is die noodwendige gevolg om die antwoord te bied vir die spanning wat die Tesis (Weste) en Anti-tesis (Ooste) daarstel.
Om gou by die punt te kom, is dat die Sinteses die openbaarmaking van die Anti-Chris is.
So almal wat passievol deelneem aan politiek, moet maar besin oor hierdie passie.
Hier is 'n Bybelse bevestiging oor die praktyk van 'n Eenwêreld geloof, Eenwêreld geldstelsel en 'n Eenwêreld politieke sisteem.
Die stelsels is eeue terug al beplan en deurgevoer.
Die lyn van die 11de eeu se skeuring is basies op presies dieselfde lyn as die polarisasie van die Weste versus Ooste, beskryf as die Ystergordyn van die middel 1940's.
Die onheilige drie-eenheid van Satan gaan hierdie drie domeins beheer.
Die draak = Politiek
Die anti-Chris = Religie
Die valse profeet = Ekonomie
Dit behels veel meer, maar ons is uitverkoop en net die gelowiges gaan staande bly.