VERWOERDMAAND

1854: PRES. PAUL KRUGER

Lees volledig by Kultuurdagboek

KULTUURDAGBOEK 10 OKTOBER

Stephanus Johannes Paulus Kruger is waarskynlik op die Plaas Bulhoek, in die teenswoordige distrik Steynsburg, gebore. Hy het behoort aan die sesde geslag Kruger’s in Suid-Afrika en was die derde van sewe kinders van Casper Jan Hendrik Kruger en Elsie Francina Steyn. Hy het grootgeword in die veeleisende pioniersomstandighede van die Kaapse binneland, waar die stryd om selfbehoud gegaan het teen ondier, barbaar en die wisselvallighede van die natuurelemente.


Hy is opgevoed in die tradisionele Calvinistiese godsdiens van die Afrikaner met ‘n sterk Ou Testamentiese inslag, en hierdie godsdienssin met die Bybel as rigsnoer het van die kenmerkendste persoonlikheidstrekke in sy later lewe geword.

In 1836 het sy ouers die Potgietertrek na die noorde gevolg, en Kruger het die wel en wee van die Trekkers bestaan as jong seun meegemaak. Reeds op jeugdige leeftyd was sy onverskrokkenheid, fisieke krag en uithouvermoë besonder opvallend, en spoedig het hy hom as ‘n gebore leier onderskei.
Op 17-jarige leeftyd was hy reeds veldkornet, en hy het aan verskeie ekspedisies teen opstandige Bantoestamme deelgeneem. Voor sy dertigste jaar was sy heldhaftigheid as krygsman reeds bekend, soos die keer toe hy die liggaam van kmdt.-genl. Piet Potgieter op 6 November 1854 by Makapansgrot gaan weghaal het.
Kruger was teenwoordig by die onderhandelinge wat gelei het tot die Sandrivier-konvensie in 1852, en die handhawing van die onafhanklikheid van die Transvaalse Republiek het daarna een van die grootste dryfvere in sy lewe geword. Hy was sterk bewus van die ondermynende krag van verdeeldheid onder sy eie mense en het deurgaans ‘n versoenende rol gespeel tussen die botsende groepe, soos in Maart 1852 tussen Pretorius en Potgieter by Rustenburg en die burgerstryd van die jare sestig. Ofskoon iemand wat die orde in alle omstandighede probeer handhaaf het, sou hy nooit in stryd met sy eie beginsels en innerlike oortuiging kon optree nie. Gevolglik kon hy pres. Thomas Francois Burgers nie ten volle ondersteun nine en het die Volksraad hom op sy eie versoek in Mei 1873 van sy amp as kommandant-generaal onthef.
Kruger het die worstelstryd teen Britse heerskappy daadwerklik na die anneksasie van Transvaal in April 1877 met onwrikbaarheid aangeknoop en dit tot die einde gevoer. In hierdie tyd- eers deur deputasies en daarna in ‘n wapen stryd en die onderhandelinge wat die staking van vyandelikhede by Laingsnek in Maart 1881 gevolg het – het hy sterk as leier na vore getree. Die geslaagde beëindiging van die Transvaalse Vryheidsoorlog en die verkreë onafhanklikheid van Transvaal was in ‘n groot mate aan sy inspanning te danke.

Op 9 Mei 1883 is hy vir die eerste keer as Staatspresident beëdig, ‘n amp wat hy tot met die ondergang van die ZAR beklee het.
Na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand het die aanslae op die onafhanklikheid van die Republiek in felheid toegeneem, totdat dit met die stemregistrasie van die uitlanders tot ‘n hoogtepunt gevoer is. Hierdie inmenging in die interne sake van die Republiek het Kruger met alles in sy vermoë teengestaan. Ondertussen het hy getrag om die Republiek ekonomies selfstandig te maak. Vandaar sy strewe na ‘n direkte spoorwegverbinding met Delagoabaai, ‘n Republikeinse muntstelsel en ‘n nasionale bank.
In 1897 is ‘n politieke verdrag met die Oranje-Vrystaat aangegaan, en die jaar daarop is dr. Leyds as gevolmagtigde gesant na Europa gestuur om die status van Transvaal te verhoog en bande met die buiteland te versterk.
‘n Militêre botsing met Brittanje was onvermydelik, en op 11 Oktober 1899 het die Engelse Oorlog uitgebreek, wat tot die vernietiging van die Boere-republieke gelei het. Toe dit duidelik word dat die oorlog sy einde nader en die Boererepublieke hulle onafhanklikheid sou verloor, is daar besluit om die ou President na die buiteland te stuur, enersyds om te voorkom dat hy in die hande van die vyand val en andersyds om aan hom geleentheid te gee om hulp vir die twee Republieke te soek.
Op ‘n skip, die Gelderland, wat deur koningin Wilhelmina van Nederland aan hom beskikbaar gestel is, vertrek hy op ‘n reis waarvan hy nooit lewend sou terugkeer nie. Hy sterf in selfopgelegde ballingskap op 15 Julie 1904 in Clarens, Switserland. Sy stoflike oorskot is gebalsem en per trein na Den Haag vervoer, waar daar op treffende wyse aan die nagedagtenis van die geliefde staatsman hulde gebring is. Van daar is die lyk per skip, die Batavier II, na Kaapstad vervoer en toe per trein na Pretoria. Duisende mense het langs die roete opgedaag om aan die ontslapene eer te bewys.
Op 16 Desember 1904 is hy langs sy vrou, wat hom drie jaar tevore ontval het, te ruste gelê. Kruger het die simbool van ‘n vrye Afrikanerdom en die verpersoonliking van die republikeinse ideaal geword. Meer as enige ander Boereleier, was hy die inspirasie vir Afrikaner-nasionalisme, wat veral in die eerste dekade na sy dood sterk herleef het.
Hierdie belangrike verdienste van Kruger het daartoe aanleiding gegee dat ‘n openbare vakansiedag op sy geboortedatum ingestel is, waarop helde wat dieselfde beginsels as hy nagestreef het, of steeds nastreef, gehuldig word. Hierdie dag is intussen onder die hiel van 'n swart kommunistiese regime sedert 1994 soos alle ander Afrikanervakansiedae uitgekanselleer sodat die Afrikanernageslagte nie meer sy herkoms en geskiedenis sou onthou nie.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1364 gaste aanlyn