NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekommernis  is eintlik ‘n mosie van wantroue in die krag van God en hoort nie onder gelowiges nie.  Dink daaraan: Bekommernis eindig met ‘n verlies aan die geloof.  Geloof eindig met ‘n verlies aan bekommernis!

MET RYPERD EN MAUSER (9)

Lees reeks by: Met Ryperd en Mauser

Dr JP Botha

DIE ENGELSE VLUG NA MAFEKING

"Ons was nog aan die skiet toe kom generaal De La Rey weer op ons af met sy sambok. Koos Swanepoel het nog nie van hierdie gewoonte van die Generaal geweet nie, met die gevolg dat hy te stadig was om genoeg ruimte tussen hom en die sambok te maak."

Hiervandaan is ons verder na Swartruggens. Op die terrein waar die NG-kerk later gebou is, het ons ‘n Engelse kamp aangetref. Teen hierdie tyd het ons al weer vir enige vyand kans gesien, want ons getal weerbare manne is aansienlik versterk deur die Maricokommando. Veldkornet Van Heerden, ook uit die distrik Rustenburg, se klompie burgers was ook weer bymekaar. Ons het van hulle ook ‘n klompie perde gekry. Nieteenstaande die feit dat die Engelse toe al so baie van ons perde gekommandeer het, kon ons onsself nou darem weer oor die bult help, want van nou af aan het voetgangers in ons stryd nie meer veel beteken nie, omdat ons noodgedwonge net van vlieënde kommando’s gebruik kon maak.

Vroeg daardie môre moes Kakie sy oë eers goed uitvryf om te sien waarvandaan die koeëltjies kom wat so geniepsig tussen hulle rondklap, want ons was reeds rondom die kamp. Ons het ons grofgeskut by drie strategies goed geleë plekke geplaas. By elke standplaas het ‘n snelvuurkanon en ‘n bommeksim na hartelus hulle werk gedoen, sodat die meeste van hul trekdiere en perde wat in die kamp was, na die eerste dag se bombardement doodgeskiet is.  Die Engelse self het baie vinnig veiligheid gesoek in die loopgrawe wat hulle vir skuiling gegrawe het.

Van Zeerust af kom toe ‘n Engelse troepemag onder leiding van generaal Carrington. Ons het hulle verwag en was derhalwe voorbereid op hulle koms.  Ek en ‘n paar van my maats was op brandwag uit toe ons hulle in die oog kry.  Ons stuur toe dadelik ‘n rapport terug kommando toe.  Dit was nog vroeg in die môre en ons het verwag dat ons kommando enige oomblik sou opdaag om die Engelse te kom kafdraf. Ons kon nie begryp waarom hulle so talm nie, want dit word naderhand twaalfuur en nog is daar niks van die kommando te bespeur nie.

Ons brandwag was verplig om maar al langs die Engelse te beweeg. Hulle was toe al taamlik naby Swartruggens. Die hoofmag van die vyand jaag toe die dorpie in na ‘n plek wat ons die Rooikraal genoem het. Hier was hulle vir ons burgers pragtig onder skoot en dit was duidelik dat hulle dit nie lank daar sou uithou nie.

Ons brandwag is kort tevore by ‘n ou kraal verby, met vervalle mure waartussen enkele kareebome opgeskiet het. Tussen ons en die Engelse was daar ‘n kaal vlakte. ‘n Honderdtal van hulle  -  na skatting  -  het in ons rigting gepyl, maar die hoofmag was nog doelbewus op pad na Swartruggens en was alreeds ‘n end by ons brandwag verby.  Derhalwe moes ons maar al langs hulle aanstryk om nie in die hande van die vyand agter ons te val nie.

Toe die voorste punt van die Engelse se hoofmag die dorpie ingaan en reguit na die Rooikraal toe mik, het dit reg in die smaak van die burgers geval.  Ons brandwag kom toe juis by ‘n klein koppie uit waarvandaan ons die skouspel staan en gadeslaan. Meteens gewaar ons ‘n ruiter wat vinnig die koppie uitgery kom na ons toe.  Dit was generaal De la Rey.  Toe hy stilhou vra hy:  “Waar is die Engelse?”

Lewies van Tonder wys vir hom die Engelse, wat toe juis net begin het om vanaf die Rooikraal op die vlug te slaan. ‘n Paar van die manne staan digby die Generaal.  Skielik begin hy sonder enige waarskuwing die kêrels onder die sambok steek en skree:  “Skiet die Engelse!”

Die afstand tussen ons en die vyand, wat nog nie eers regoor ons was nie, was egter veels te groot vir ‘n skietery. Ons was verplig om hulle skuins van voor te bestorm totdat hulle onder skoot kom. Ons was nog aan die skiet toe kom die Generaal weer op ons af met sy sambok. Koos Swanepoel het nog nie van hierdie gewoonte van die Generaal geweet nie, met die gevolg dat hy te stadig was om genoeg ruimte tussen hom en die sambok te maak. Onderwyl ons ander ysterklou in die grond slaan, hoor ons agter ons hoe arme Koos plegtig aan die Generaal belowe om die Engelse te skiet, onderwyl die sambok dreigend deur die lug swaai!

Ons jaag nou na die ou kraal waar ons ‘n rukkie vantevore langs getrek het en waar ons reken dat die honderd Engelse moes wees, om hulle daar te gaan uitboender, alhoewel ons maar vyf man was.  Ek en Lewies jaag voor. Skielik kom Theuns Diederiks by ons verby en skree: “Moenie wankel nie!”  Ons kyk na mekaar en lag. Sou dit nou die sambok wees wat hom die vrees vir die vyand ontneem het?  Sy skielike onverskrokkenheid was ietwat ongewoon.

Ons kom by die ou kraal aangejaag voor die Engelse hom bereik en ons skiet hulle terug.  Daarop steek hulle vas en gooi ‘n pompombom vlak voor die kraal. Ek sê toe: “Hierdie is maar ‘n pylskoot; die ander gaan nou kom!”

Meteens kletter die bomme teen die muur en in die bome bokant ons koppe. Theuns Diederiks lê nou plat op die grond en weier om sy kop op te lig om te sien of die Engelse kom. Die bomme hou nie op nie. As ek uitkyk om te sien of die vyand storm, waarsku hy my angstig om nie so onversigtig te wees nie. Ek en Lewies kyk na mekaar en lag. Dit was nou weer my beurt om hom te beduie om nie te wankel nie.

Toe daag die burgers op wat op die hakke van die vlugtende Engelse vanaf die Rooikraal was.  Die klompie Engelse wat besig was om ons vyf stuks hier in die ou kraal te bombardeer, slaan toe ook op die vlug.  Ons kon toe weer by ons kommando aansluit.  Ons het die vyand tot op Groot Marico agtervolg waar ons oornag het.  Daarvandaan het generaal Lemmer met ‘n klompie burgers nog altyd op hulle hakke gebly tot naby Zeerust.

Onderwyl ons die nag op Groot Marico slaap, is ek en ‘n paar maters op brandwag geplaas op die grootpad waarlangs die Engelse gevlug het. Skielik hoor ons voetstappe nader en roep die onbekendes tot halt. Ons kom toe agter dat dit Engelse voetgangers was wat nie met die vinnige vlug kon byhou nie en nou’n desperate poging aanwend om weer hul berede makkers te bereik.  Dit was baie donker en die bome was ruig, met die gevolg dat hulle eers op kort afstand van ons bewus word  en onmiddellik die hasepad kies met die geknal van ‘n paar mauserkoeëls in die ore.

Toe ons verder ondersoek instel, gewaar ons ‘n ruiterlose perd wat doodstil in die pad staan.  Daarna kom ons op die ruiter af wat langs die perd plat op die grond lê en koes teen moontlike koeëls wat hom kon tref!  Matthys Potgieter, een van ons manne wat dié dag nie lus was vir die jaery agter die Engelse aan nie en toe regoor sy eie huis omgedraai het om te gaan kuier, is deur die vlugtende Engelse daar raakgeloop en meegevoer.  Hy was gelukkig om weer by ons uit te kom.

Hierdie vinnige aftog wat die Engelse geblaas het, was vir hulle beslis nie ‘n plesiertog nie. Hulle het nog daardie selfde nag hulle kamp te Marico opgebreek en weer voet in die wind geslaan na Zeerust en die volgende oggend daarvandaan die hasepad gekies na Mafeking. In hul oorhaastigheid om weg te kom, het hulle al die opgekommandeerde perde van die burgers in ‘n kamp agtergelaat.  Gelukkig het generaal Lemmer, wat die vyand agterna gesit het, dit ontdek en die perde weer aan die regmatige eienaars terugbesorg.

Van Marico af het ons toe weer na die kamp te Swartruggens teruggetrek. Ek kan my nie herinner dat daar onder ons eie geledere enige ongevalle was nie. Slegs een sekere kêrel, Jacobus Diederiks, wat dié dag per ongeluk op kommando was, het ‘n vleiswond opgedoen.

Aan die begin van ons harde stryd het dit dikwels gebeur dat enkele grootpraters hulleself op veilige veld die grootste helde waan, maar as jy na hulle in die heetste van ‘n kwaai geveg sou soek, het hulle spoorloos verdwyn. Na die gevaar verby is, kom hulle uit hul skuilplekke tevoorskyn om al agter die burgers aan alles te skraap wat buitbaar was.

Koos Diederiks en ‘n paar van sy mede vrybuiters het gewag tot ons die Engelse op volle vaart dryf en toe agterna gekom toe alles veilig gelyk het. Nie ver van die dorpie af nie het ‘n stuk of vier Engelse voetgangers, wat in die haas nie kon byhou nie, in ‘n brakslootje agtergebly. Toe Koos hulle naby kom, steek die Kakies hulle onder die lood. Hulle spring om en jaag weg  Koos se perd kry ‘n koeël en slaan neer. Hy spring op en begin te nael vir al wat hy werd was.  Juis toe kom een van ons ander burgers, Jan Venter, wat nie dadelik ‘n perd in die hande kon kry toe die Engelse begin vlug het nie, daar verby en die paar Engelse voetgangers val hom aan.  Hy spring van sy perd af en begin om só vinnig te vuur dat dit vir die Tommies  byna onmoontlik word om hul koppe bokant die sloot uit te steek. “Hensop!” skree Venter, waarop al vier se hande bokant die wal verskyn. Hy ry na die sloot en ontwapen hulle. Daar was heeltemal te veel Koos Diederikse in ons geledere, maar gelukkig het die Jan Venters daarvoor vergoed.

Twee dae later het generaal Lemmer met sy kommando op die werf van my vader se plaas afgesaal.  Hy het nog ‘n aantal van die perde wat hy uit die Engelse kampe teruggebuit het by die kommando gehad. My vyftienjarige broertjie, R F Botha, wat nog tuis was, herken my twee perde wat die Engelse van my afgeneem het en vra toe die Generaal of hy die perde aan my sal teruggee.

“Waar is jou broer?” kom die vraag.

“Generaal, hy veg,” antwoord hy.  “Nou goed,” sê die Generaal,  “neem hulle dan altwee.”

‘n Paar dae nadat ons weer by die kamp terug was, was ek besig om vleis te braai toe ek skielik perdehoewe hoor klap en omkyk. Tot my verbasing sien ek my broertjie met my twee verlore perde daar aangery kom. Ek besit toe drie goeie perde. Hy vertel my toe dat hy ook baie graag teen die Engelse wil veg en omdat ek hom reeds al oud genoeg beskou het vir kommandodiens, het ek hom een van die perde gegee.

Hy was dikwels daarna tydens ‘n stormjaery heel op die voorpunt van die ruiters, omdat sy goeie perd se vaart nie belemmer is deur ‘n swaar vrag op die rug nie en omdat ons in die geledere van baie van die jong penkoppe ‘n oormoed aangetref het wat van sommige van hulle die mees onverskrokke dapperes in Boeregeledere gemaak het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 971 gaste aanlyn