NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14).

MET RYPERD EN MAUSER (19)

Dr JP Botha

Lees reeks by Met Ryperd en Mauser

ROOIWAL

‘n Paar dae na hierdie onaangename nag aan die begin van April 1902, moes generaal De la Rey na Klerksdorp gaan om saam met ander lede van ons regering  met die Engelse oor vredesvoorwaardes te gaan onderhandel.  Toe hy by ons verbyry, sê ons aan hom: “Generaal, julle moet vrede maak.”

“Moet ek die land vir die Engelse gee?” vra hy.

“ Nooit nie!” roep almal eenparig uit.

Ons het toe ‘n paar dae daar rondgetrek om die Engelse in die war te bring oor waar ons ons bevind.

Op ‘n dag toe ons nog houtgerus teen die saals lê en gesels, hoor ons die fluitjie vir opsaal blaas.  Dit was so naastenby twee-uur in die middag.  “Nou waar nou heen?” het ons vir mekaar gevra.

Gewoonlik word aanvalsplanne, soos deur die offisiere besluit, nie rugbaar gemaak nie weens vrees vir verraad en ook omdat daar nog steeds by ons persone was wat gewoonlik gedurende sulke tye stilletjies van die toneel verdwyn het.  Maar as hulle niks van ‘n voorgenome aanval weet nie, was daar kans vir ons adjudante om sulke halfhartiges se rydiere met ons horsswepe by die linie te hou.

Ons het die hele middag aaneen getrek.  Teen sononder het ons die perde ‘n bietje laat blaas en daarop weer bykans die heelnag deur maar vorentoe gebeur tot kort voor dagbreek, waarop ons toe met die perde se tooms in die arms gehaak, ‘n rukkie lank gelê en rus het.  Die afstand vanwaar ons die vorige middag weg is tot hier op Rooiwal, was seker nie minder as vyftig kilometer nie.

Toe dit lig word het ons weer vertrek en het soos gewoonlik op ‘n lang streep agtermekaar gery, in ‘n laagte wat in die rigting  van Hartsrivier kronkel.

Die son was net op toe ons bo-op ‘n bult aan ons regterkant enkele koppe tevoorskyn sien kom.  Een van die vreemde ruiters ry ons tegemoet en ons stuur ‘n burger in sy rigting. Skielik spring die persoon om, maar ons man was gereed en piets hom uit die saal.  Dit was ‘n swarte.  Ons wis toe dat die Engelse agter die bult moes wees.

Ons word onmiddellik in slagorde opgestel.  Eers moes die karre onder ons uit en die bevel kom toe om man vir man soos ons staan net reg te draai.  So vorm ons toe ‘n lang, reguit aaneengeslote linie, gereed om oor die bult te storm maar onbewus van wat agter die bult vir ons wag en sonder enige kennis van die terrein of van die vyand se getalsterkte aldaar.

Ons Rustenburgse kommando was soos gewoonlik reg in die middel van ons lang linie, onder bevel van kommandante Van Tonder en Potgieter. Ons jaag die bult reg voor ons uit in ‘n reguit lyn. Toe die flanke die Engelse kamp agter die bult kon sien, begin hulle met ‘n stadige boog te swaai.

Die Engelse begin huiwerig op ons te skiet, want hulle kon seker nog nie vasstel of ons werklik Boere was nie.  My maat Johannes Joubert, sê aan my dat sy perd reeds ‘n koeël gekry het.  Ek kyk en sien dat die perd  in sy gang begin verswak en beduie vir hom om terug te gaan.

Onderwyl ons die Engelse kamp vinnig nader, begin ons uit die saal te vuur. ‘n Gedeelte van die burgers op ons regterflank is spoedig by die vyandelike voertuie, waar die Kakies haastig retireer, maar waar ons kommando in die middel reg op die kamp afstorm, loop ons ons vas in ‘n hewige vuurgordyn.  Daar was nou nie meer kans om rond te kyk om te sien wat elders gebeur nie, want ons het so te sê op die sentrum van die kamp gestuit.

Ongelukkig skyn die son – wat toe pas op was – reg in ons gesigte sodat ons nie in staat was om die afstand tussen ons en die vyand sekuur vas te stel nie, maar op ongeveer honderd tree van die kamp af blits die Engelse kanonne en kleingeweervuur meteens so hewig om ons dat die omgewing donker word van die stof.  Vlakvoor ons in ‘n graansorghumland verskuil, lê ‘n Kakievoetgangermag wat toe nog steeds vir ons onsigbaar was.  Ek sien om my heen temidde van die helse lawaai, net manne en perde neertuimel en besef op daardie oomblik dat al uitkoms miskien nog ‘n vinnige aftog kon wees.  Elke man wat nog leef handel op eie houtjie en probeer om so vinnig as moontlik onder die vuurreën uit te kom, dog Vêrplie my perd staan en bewe asof hy aan die grond vasgenael is.

Plotseling kry ek twee koeëls feitlik tegelyk, een deur my linkerarm en die ander deur die linkerkant van my nek, wat my amper van die perd af laat neertuimel.  Ek gryp die teuels in die ander hand en draai die perd om weg te kom, maar hy staan verbouereerd en kyk na die stof van die koeëls wat om ons neerslaan, want so’n bombardement het hy nog nooit belewe nie..  Eindelik kry ek hom aan die stap en al hoe verder ons gaan, verbeter sy pas.  Hierdie paar minute het vir my soos ‘n ewigheid gevoel.  Die koeëls fluit nog aanhoudend deur die lug

Toe word Vêrplie uit sy hipnotiese toestand wakker en slaan ysterklou in die grond so vinnig as wat sy bene kom kon dra.  Toe ons uiteindelik onder die stortbui van bomme en koeëls uit is, sien ek ons ambulans op ‘n afstand ry en was van plan om eers my wonde te laat verbind.  Ek hou stil en draai die perd om, om te sien wat agter ons aangaan en merk dat die vyand reeds besig was om met hul groot berede afdeling probeer om ons in te haal.  Ek sien toe van my plan af en ry verder.  Om my heen vlug vreemde burgers verby en ek kon geensins uitmaak wat van ons kommando geword het nie.  Ek peil maar langs die Hartsrivier af tussen vreemdelinge.

Later ry ek Johannes Joubert raak.  Hy ry toe bloots op ‘n handperd wat ‘n onbekende burger aan hom gegee het.  Nog ‘n entjie verder kry ons ‘n ander bekende, Corneels Cronjé op sy muil.  Ons drie vlug toe maar al verder langs die Hartsrivier af.  Ons artillerie gaan ook dieselfde koers.  Kort-kort gee een van die kanonne se muile in, waarop die stuk grofgeskut in die vyand wat ons agtervolg, se hande val.  So hou dit aan tot daar naderhand nog net een kanon oor was.

My maats was bang dat die Engelse ons sou inhaal, want die kanonne waaragter hulle aan was, was maar kort agter ons.  Ek het my perd egter kort-kort ingehou om op ‘n stap te ry.  Dit het gladnie in hul smaak geval nie.  Maar as ervare ruiter het ek goed geweet hoe om my perd se kragte die voordeligste te gebruik.  Jy moet ente vinnig jaag, maar gereeld die dier ‘n kans gee om al stappende te blaas.

Wanneer my twee maats beweer dat die Engelse al feitlik op ons is, hou ek stil en draai my perd om om te sien waar hulle werklik is, want ek kon nie meer oor my skouer loer nie omdat my nek en skouer reeds baie styf en pynlik was.  Indien die vyand dan gevaarlik naby was, jaag ons weer so’n entjie onder hulle uit.  Ek voel na ‘n ruk maar kragteloos en swak, maar kry gelukkig naderhand by ‘n huis van ‘n vrou ‘n bietje koffie en voel toe gou-gou heelwat beter

Die Kakies haal uiteindelik ons laaste kanon in en ek trek Vêrplie in op ‘n stappie.  My maats wou angstig weet waarom ek dit doen, want hulle was bang dat ons nou die vyand se volgende mikpunt sou wees, maar ek verseker hulle dat die Engelse niks meer as die kanonne wou hê nie en dat hulle nou sou omdraai.  Dit gebeur toe ook, want ons kom veilig, met muil en al, al stappende uit.  Vlak by die laaste kanon is Piet Wolmarans, my vader se buurman destyds, op ‘n goeie perd gevang omdat hy nie geweet het hoe om die beste uit sy rydier te haal nie.

Ons ry oor die volgende bult waar ons water aantref en laat ons perde drink terwyl ek die bloed van my afwas en my maats my wonde so goed as moontlik verbind.  Daarop draai ons aan die anderkant van die Hartsrivier langs terug.  Dit was reeds vieruur die middag en ons en ons perde was uiters moeg en honger, want ons het vier-en-twintig uur vantevore laas iets te ete gehad.

Naderhand loop ons die kommando van generaal Kemp raak, pas nadat hulle weer opgesaal het om verder te gaan.  Ons trek saam met hulle.  Omstreeks middernag hou ons eers weer stil en haak die teuels in die arm terwyl ons sommer voor die perde lê en rus.  Die son was skaars uit toe trek ons weer en kom elfuur by kommandant Van Tonder en die orige deel van die kommando’tjie uit waar hulle by ‘n soutpan staan.

Van Tonder se verlies aan gesneuweldes, gewondes en gevangenes was daardie dag op Rooiwal ongeveer ‘n sestig man.  Altesaam was ons kommando’s se verlies daar iets oor die veertig gesneuweldes  en meer as honderd gewond.  Hoeveel gevang is weet ek nie.  Ek is vandag nog oortuig daarvan dat daardie verlies aan dapper manne gladnie nodig was nie, want hulle het nie in selfverdediging geval nie.  Op ‘n tydstip toe onderhandelinge oor vrede alreeds aan die gang was, is ons aangesê om hierdie groot Engelse troepemag, wat stil gelê het en ons nie gemolesteer het nie, te gaan aanval.

Ek sien toe dat Vêrplie begin kruppel loop en ontdek dat hy ook ‘n koeël in die agterbeen tussen die sening en die been deur het.  Daarop ontdek ek nog twee ander skadelose koeëlgate in my hemp en besef toe eers werklik hoe amper ek ook op die slagveld agtergebly het.  Dokter Van der Merwe was nog steeds met ons ambulans op die slagveld met die begrafnis van ons gesneuweldes behulpsaam.  Eers twee dae later is ons klompie gewondes verpleeg.

Intussen het ons hier naby die soutpan in ‘n leë huis gelê, terwyl Koos Opperman en ‘n ander burger vir ons moes sorg.  Daardie nag voel ek hoe ‘n Kakieluis my aanhoudend tussen die skouers byt.  Die naaste wat ek aan hom kon kom, was om met my swepie se stok êrens in sy nabyheid te tik, want my arm en my nek was só styf dat ek hom onmoontlik kon bykom.  Dan hou die ellendige ding so effens op, maar netnou begin hy weer totdat ek naderhand verplig was om na Koos Opperman te roep.  Onderwyl hy besig is om my uit my verleentheid te help, brom hy:  “Is jy dan te ellendig om ‘n ou luisie te vang?” Ek moes dit maar erken!

Ons was gedurig op ons hoede teen hierdie lastige plaag waarvoor die vyand verantwoordelik was.  Hulle het dit met hul skepe van oorsee af saamgebring.  Ons kon nie waag om op ‘n plek af te saal waar pas tevore ‘n Kakiekamp gestaan het nie.  Die ou Tommies het nie moeite gedoen om die goed dood te maak nie.  Hulle het gewoonlik een vir een daarvan uit die voue en nate van hul klere gesit en uitsoek en hulle nog steeds lewendig weer in die gras weggesmyt!  Wanneer ons klere met die plaag besmet geraak het, het ons dit doodeenvoudig in kookwater gesteek.  Dit gebeur toe mos dat ‘n burger van generaal Celliers wat ‘n netjies pak velklere gehad het, op ‘n goeie dag sy velbroek ook gekook het, waarna die kledingstuk vir hom gans te knap was om aan te kry, met die gevolg dat hy ‘n paar dae sonder broek moes rondry voordat hy weer een by die Kakies afgeneem het!

Koos Opperman wou as betaling vir sy versorging van ons gewondes van elk van ons ‘n handvol okkerneute en ‘n klomp droë vye hê wat ons na die vrede aan hom moes gee, want hy was glo besonder lief daarvoor.  Na die Oorlog was hierdie lekkernye egter doodskaars en ou Koos het nooit sy beloning gekry nie.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1029 gaste aanlyn