NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan nie verhoed dat die voëls van droefheid oor jou kop vlieg nie maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak.

WATTER BYBELVERTALING MOET EK GEBRUIK?

TWEE TOTAAL VERSKILLENDE BYBELS

Hendrik Pretorius

Vandag kan mens waarlik verlore raak in die besluit, watter Bybel moet ek nou eintlik gebruik.  Daar is behoorlik 'n vertaling vir elke gier.  Winkelrakke is tot oorlopens toe vol met soorte Bybels wat voorgehou word as verskillende uitgawes en ware weergawes van die Woord van God. Advertensies intimideer 'n mens van alle kante om hierdie een Bybel wat net vir jou spesifieke situasie sal pas nou te koop.  Elkeen wat nog 'n Bybel uitbring dring daarop aan dat sy weergawe nou eintlik die maklikste verstaanbare en die mees oorspronklike op die mark is.

Dit is egter kommerwekkend om te sien hoe min mense regtig verstaan wat die eintlike verskil tussen al die Bybels is. Nog veel erger is die twyfel wat dit wek by opreg soekende mense. As daar dan soveel verskillende vertalings is, watter een is dan nou eintlik reg?  Is daar vandag werklik nog 'n Bybel wat mens kan vertrou as die ware Woord van God?  Kan ons nog vandag na soveel eeue regtig weet wat God oorspronklik gesê en bedoel het?

Hierdie hope verskillende vertalings het boonop aan die vyande van die waarheid ammunisie gegee om te kan sê dat niemand meer eintlik regtig weet wat die waarheid is nie.  Dit alles terwyl God sê dat Hy sy Woord en selfs die kleinste gedeelte daarvan bewaar (Ps. 12:7-8, Jes.  40:8, Mat 5:18, Mat 24:35, 2Tim 3:16).

Twee groepe vertalings

Die verskillende Bybels kan basies in twee groepe gedeel word:
Aan die een kant is daar die Ou vertalings wat nog altyd standvastig is en waarvan die Nuwe Testament vertaal is vanaf die Textus Receptus of oorgelewerde Griekse teks; 'n teks wat onstaan het uit geskrifte wat van geslag tot geslag oor die eeue heen deur Christene (soos bv. die Waldense of  Vaudois) noukeurig met die hand oorgedra is - 'n teks wat tydloos en nie onderhewig is aan die giere en idees van die dag nie.

Hierdie Ou of Reformatoriese vertalings het ontstaan in 'n tydperk van hervorming en herlewing waarin gelowiges en vertalers 'n hoë agting vir die Woord van God gehad het, mense wat geglo het in die heilige inspirasie en onfeilbaarheid van die Skrif (iets wat hedendaagse vertalers nie meer glo nie). Daarom het hulle so versigtig te werk gegaan om woord vir woord te vertaal en seker te maak dat hulle nie hulself allerhande vryhede veroorloof om net te verander waar dit hul pas nie.  Dit het nie vir hulle gegaan oor die mening van die meerderheid of die demokratiese stem van mense nie maar oor die beginsel van God se Woord as waarheid, wat bepaal wat die vertaling moet wees. Hulle het geglo dat moeilik verstaanbare gedeeltes belig en verduidelik word deur ander gedeeltes in die Skrif.

In die Ou vertalings het die Woord van God die vorm van die taal bepaal waarin dit vetaal is wat die Woord van God moet sê, en nie die algemene spreektaal van die dag nie. In baie gevalle is woorde en spreektaal geskep om aan te pas by wat die Woord van God sê. Dink maar net aan 'n woord in Afrikaans soos welgeluksalig wat so mooi weergee wat werklik in die oorspronklike staan. Dit het geensins die Woord van God onduidelik gemaak nie maar tog heel verstaanbaar.  Dit is egter die Heilige Gees van God wat die hart van die mens verlig en die Woord verstaanbaar maak en nie die mens se vermoë om dit so eenvoudig as moontlik te vertaal nie (1 Kor 2:14).  Vandag verwag mense dat die Woord van God moet aanpas by die moderne platvloerse spreektaal en vervalle kultuur van ons tyd. Dit is egter God se Woord wat ons taal, kultuur, lewenstyl en al die ander sake moet bepaal en nie andersom nie.

Hierdie Ou vertalings in verskillende tale soos die Hollandse Staten vertaling, die Engelse King James, asook nog vele ander en heelwat later die Afrikaanse 1933/57 vertaling, kan 'n mens maar vergelyk.  Deur dit te vergelyk kom  'n mens egter gou agter dat hierdie vertalings bitter min verskil en waar dit wel verskil, dit werklik waar klein en onbenullige verskille is. Die Reformatoriese vertalings is die Bybel wat gebruik is in die groot Hervorming gedurende die 1600's en in die jare daarna in die groot herlewings in Engeland en Amerika asook in die begin van die groot sending tydperk waarin sendelinge dit geneem het na die uithoeke van die wêreld. Vir eeue lank het hierdie Bybel onveranderd standvastig gebly tot vandag toe en is aanvaar deur die groot meerderheid van Christene in daardie tye as die ware geïnspireerde, onfeilbare, onveranderde en voldoende Woord van God.  Dit ten spyte van die geweldige aanslae daarteen en teen die lewens van die mense wat dit geag en gerespekteer het as die ware Woord van God.

Aan die ander kant is daar die Nuwe vertalings wat voortdurend verander. Sogenaamde nuwe ontdekkings en gewaande beter wetenskaplike metodes van vertaling het gedurig 'n invloed van verandering op die grondtekste en ook die vertalings self. Terry Watkins sê in  Bible version comparison dat sedert 1880 daar reeds oor die 200 Engelse vertalings verskyn het. Meeste het reeds kort na hul verskyning in onbruik geraak.  In die  Nuwe vertalings word die Nuwe Testament gewoonlik gebaseer op die Alexandrynse manuskripte. Manuskripte wat kom uit 'n agtergrond wat berug was vir sy valse lerings en vervalsings van die Woord van God - om die Woord aan te pas by ernstige dwalings soos dat die Here Jesus nie werklik God is nie en ook nie werklik mens geword het nie. Ook dat die maagdelike geboorte en die Here Jesus se opstanding uit die dood eintlik net 'n mite is.

Hierdie Alexandrynse geskrifte word deur moderne tekskritisie en vertalers voorgehou as die beste en mees betroubaarste bronne wat ons vandag het. Dit alles ten spyte van die feit dat hierdie geskrifte op vele plekke nie eens met mekaar ooreenstem nie. In 'n baie belangrike Alexandrynse manuskrip soos die Sinaiticus is daar bv. deur ten minste tien verskillende handskrifte op talle plekke gepoog om van die foute en vervalsings te probeer regmaak. Dit alleen wys dat  hierdie manuskrip toe al reeds as onbetroubaar en vals beskou was.

Nog 'n ander manuskrip wat gebruik word vir die Nuwe vertalings nl. die Vaticanus word deur Scrivener beskrywe as 'n manuskrip wat gekenmerk word vir sy foute.  Dit is duidelik dat die persoon wat die oorskryfwerk gedoen het nalatig en moontlik oneerlik was.  Vele woorde en verse is eenvoudig uitgelaat en die skrywer het herhaaldelik gedeeltes twee keer oor geskryf. Die manuskrip is duidelik net eenvoudig onbetroubaar.

Verskille en ooreenkomste in vertalings

Sommige mense sal sê hy lees hierdie of daardie vertaling omdat dit so maklik lees of omdat hy dit beter verstaan. Soveel mense wat nog nooit eers regtig 'n noemenswaardige gedeelte van 'n Ou vertaling deurgelees en bestudeer het nie raak gaande oor die Nuwe vertalings en sê hulle verstaan dit soveel beter. Mense sal bv. 'n woord uitwys wat hul nie verstaan nie en sê dit is die rede waarom hul nie die Ou vertaling wil lees nie. Dit terwyl elke mens deurgaans maar nuwe woorde in sy eie taal ontdek, aanleer en die betekenisse moet leer verstaan.

Aan kerklidmate word redes vir Nuwe vertalings voorgehou van die taal wat verander, beter wetenskaplike vertaalmetodes en 'n beter moderne verstaan van die agtergrond van bybelse tye. So word die aandag van die werklike verskille in die Nuwe vertalings afgetrek.  Maar wanneer mens egter die verskille begin ondersoek kom dit gou na vore dat die redes deur kritisie en vertalers min te doen het met die werklike verskille wat aangebring word.  Min mense besef egter dat daar letterlik duisende verskille tussen die Ou en Nuwe vertalings is.  Van die twee verskillende Bybels, Ou en Nuwe vertalings, kan net die een reg wees en die ander verkeerd, die een waar en die ander vals.  Altwee kan nie gelyktydig waar wees met sulke groot verskille nie.  Die verskille in Nuwe vertalings is baie ernstig en 'n totaal ander boodskap word gebring.   Dit gaan egter nog verder en nie eers die verskillende Nuwe vertalings stem met mekaar ooreen oor sekere verse nie.

Daar is egter een ding wat die Nuwe vertalings met mekaar in gemeen het. Dit is dat dit letterlik dosyne verwysings na die godheid van Christus uitlaat. Op ander plekke word woorde bygevoeg en weer in ander gedeeltes op so 'n manier vertaal dat dit die maagdelike geboorte,  die Here Jesus se opstanding, die plaasvervangende dood en volkome reddingswerk in twyfel trek.

Op ander plekke word gedeeltes in die Ou Testament wat spesifiek heenwys na die Here Jesus se koms en bediening op aarde op so 'n wyse vertaal dat dit onherkenbaar is. Veral ook in die gedeeltes waar hierdie Ou Testamentiese voorspellings onder inspirasie van die Heilige Gees in die Nuwe Testament weer aangehaal word.  Verduidelikings in moderne studiebybels oor die gedeeltes bevestig telkens dat die vertalers min of geen waarde heg aan die voorspellings wat op die Here Jesus wys. Op spesifieke plekke word spraak of woordverwarring gebruik wat die belangrike verband tussen gedeeltes opsetlik wegsteek.  Daar word ook sagter  woorde gebruik waar die Woord van God teen die sonde waarsku en God se toorn oor sonde beskryf. Met konstante veranderings in die Nuwe vertalings word Christene ontmoedig om die Woord van God tot hul eie voordeel te memoriseer.  Dit alles ten spyte van die ernstige waarskuwings van God teen elkeen wat van sy Woord iets wegneem of daarby byvoeg. (Op 22:18-19) ---

Aanslag op die ware Woord

Vanaf die vroegste tye in die Nuwe Testamentiese kerk was daar 'n geweldige aanslag op die ware Woord van God.  Ons sien dit in Paulus se briewe waar hy waarsku teen valse Apostels en valse briewe (1 Kor 11; 2 Ts 2:2 ). Van vroeg af in die kerkgeskiedenis was daar vervalsings van die Woord van God deur valse Apostels. Verskillende ernstige dwalinge het reeds vroeg onstaan in die kerk.  Maar getroue Christene het deur die genade en voorsienigheid van God die ware Woord bewaar en dít dikwels ten koste van hul lewens.

In Alexandria Egipte het daar in die vroegste eeue 'n skool van geleerdes ontstaan wat gepoog het om hul valse leringe te probeer staaf deur om verse en woorde in die Bybelrolle uit te laat en ander gedeeltes by te voeg.  Gedurende hierdie tye was dit nog moontlik om valse lesings in Bybelrolle in te sluip.  Ná die vierde eeu A.D. het dit egter baie moeilik begin raak omdat gemeenstes verspreid oor die wêreld,  meer gevestig en beter ingelig was.

Jerome, 'n vroeëre Kerkvader, het van die Alexandrynse manuskripte gebruik maak vir die vertaling van die amptelike Katoliekse Bybel nl. die Vulgaat.  In 1229 A.D. het die Katoliekse kerk by die sinode van Toulouse die Woord van God (soos getrou oorgedra deur Christene ) op die lys van verbode boeke geplaas. Geen gelowige wat nie 'n priester of derglike amp in die Katoliekse kerk gehad het mag enige gedeelte van die Woord van God in hul besit gehad het of selfs iets daarvan aan iemand anders geleer het nie. Dit was strafbaar met die dood op die brandstapel.

Daarna verklaar die Pous dat daar geen redding buitekant die Katoliekse kerk bestaan nie. In hierdie tydperk is gelowiges wat met God se Woord of enige gedeelte daarvan gevang is, op die mees onmenslike maniere tot die dood toe gemartel. Gedurende hierdie tyd vanaf 1200 A.D. word 'n geraamde 68 miljoen mense wreed vermoor deur die Rooms Katoliekse sisteem.

Tydens die sinode van Trent in 1546 A.D. het die Roomse kerk die Apokriewe verklaar tot deel van die Woord van God en dit by hul bestaande Bybel die Vulgaat gevoeg. Dit terwyl gelowiges deur die eeue hierdie geskrifte verwerp het en beskou het as nie deel van die ware Woord van God nie.

In die genade van die Here is met die Hervorming gedurende die 1600's,  vrome en bekwame manne deur God opgerig om die geskrifte wat deur getroue Christene noukeurig oorgedra en bewaar is weer bymekaar te maak. In God se voorsienigheid het dit saamgeval met die ontdekking en ontwikkeling van die boekdrukkuns wat dit moontlik gemaak het om al die Bybelboeke saam te vat in een Bybel.

Alhoewel daar deurgaans wrede weerstand vanuit veral Katolieke geledere teen die pogings en veral teen die Reformatoriese vertalings was, het die moderne aanslag teen die Bybel in die 1870's begin.  Hierdie nuwe aanslag het ontstaan vanuit die Church of England deur veral twee manne wat oënskoulik Protestants was.  Biskop Westcott en Prof. Hort  het soos eers later bekend geword nie in die heilige inspirasie of die onfeilbaarheid van die Skrif geglo nie. Beide Westcott en Hort  was betrokke by organisasies soos the Gostly Guild en the Eranus Club wat met okkultiese bedrywighede besig was.  Westcott en Hort het ewolusioniste, moderniste en sosialiste se vriendskap hoër geag as dié van ware evangeliese Christene. Hort het die lering van plaasvervangende versoening as immoreel beskou. Westcott en Hort het geen hoë agting vir die Textus receptus teks of die die King James vertaling gehad nie. Uit hul eie skrywes is dit duidelik dat hul dit as minderwaardig en as veragtelik beskou het. Wanneer dit gegaan het oor die godheid van Christus en ander belangrike algemene leringe was dit hul gewoonte om met baie vae terme in die openbaar daarmee om te gaan.  Beide manne was van mening dat die Church of England moes terugkeer na die Rooms Katolieke kerk. Volgens hulle was die ware Woord van God vir vyftien eeue lank verlore. Westcott en Hort het agressief verkondig dat die waarheid eers met die herontdekking van die Alexandrynse geskrifte weer te voorskyn  gekom het. Ook dat die Woord van God in naby perfekte toestand behoue gebly het in alleenlik twee ou manuskripte nl. die Sinaiticus en die Vaticanus.  Hulle het ook verkondig dat die Alexandrynse geskrifte meer betroubaar is net omdat dit soveel ouer is as die meerderheid Griekse manuskripte wat gebruik was. Volgens hulle is die ware werk van God verhinder a.g.v die Textus Receptus-teks en die King James vertaling.  Dit, terwyl 'n baie bekwame man soos Dean Burgon, 'n tydgenoot en kennis van Westcott en Hort, duidelik uitgewys het dat die oudste geskrifte nie noodwendig die beste was nie maar dat dit afgehang het van die oorsprong en kwaliteit van die manuskrip self.

Die feit dat die geskrifte behoue gebly het vir soveel eeue het juis teen hul oorspronklikheid getuig. Neem nou maar vandag 'n Bybel wat gereeld gebruik word en sien hoe gou dit verweer.  Manuskripte wat gebruik was het verweer en moes vervang word.  Manuskripte was of van meer duursame vellum (diervelle) of minder duursame papirus gemaak.  Net amtelike kerkrolle en kopië in besit van ryk individue het uit duursame vellum bestaan. Meeste gemeentes het maar goedkoper papirusrolle besit.  Die rolle moes deur 'n skrywer oorgeskryf word en woord vir woord na gegaan word vir foute.  Dit was 'n duursame proses.  Boekrolle was dus duur en nie maklik bekombaar nie.  Dit wat deur Christene besit was moes gedurig gebruik word en het dus verweer.  Net die manuskripte wat deur Christene as waardeloos beskou is weens hul baie foute, nalatige kopiëring en opsetlike foute is nie gebruik nie. Sommige van die valse manuskripte het egter in kloosters vergete geraak en so behoue gebly soos bv. die Sinaiticus en Vaticanus rolle.

Nuwe King James-vertaling

Gedurende die Westcott- en Hort-periode is die koning van Engeland wysgemaak dat die King James-vertaling se Engels verouderd was en dat dit hersien moes word.  'n Hersieningskommissie is aangestel met Westcott en Hort aan die stuur van sake.  Dit het egter 'n stryd veroorsaak tussen die  samesweerders en behoudende Christene soos bv. die Puriteine.  Westcott en Hort het egter dit reg gekry om die vertalings kommissie te oorheers en die vertaling wat ontstaan het was gebaseer op hul eie Griekse teks wat die Alexandrynse manuskripte gevolg het.

Met die genade van die Here het die Christene onder die Engelse volk gebly by die King James-vertaling en is die nuwe Westcott en Hort Engelse vertaling verwerp.  Die idees en leringe van Westcott en Hort het by sommige geleerdes egter al hoe meer byval gevind. Dit het met tyd die sogenaamde meer geleerde opinie geword  aan Universiteite en Bybelskole terwyl die behoudende geleerdes wat die valshede verwerp het, algaande meer en meer as oningelig en sektaries gebrandmerk is.

Teen 1951 skryf die onderhoof van Moody Bible Institute Alfred Martin, dat die huidige geslag van Bybelstudente net eensydig die leringe en teorië van Westcott en Hort geleer word sonder om krities na die waarheid te soek.  Ook dat as Bybelstudente die ander kant van die saak geleer sou word daar nie die blindelingse navolging van die Westcott en Hort teorië sou wees nie. Hy skryf verder ook  dat die twee mees populêre Griekse tekste wat vandag gebruik word vir vertaling, die Nestle- Aland en die UBS (United Bible society), bitter min verskil van die Westcott- en Hort-teks.

Die verdraagsaamheid van evangeliese Christene oor die jare teenoor valshede soos dié van Westcott en Hort het uiteindelik sy tol geëis.  Vandag is daar min van die jonger geslag skrifgeleerdes in ons eie land wat nog 'n teks soos 1 Joh 5:7 beskou as waarlik deel van die Woord van God.  Dít terwyl daar oorgenoeg getuienis is dat die vroeë kerk die teks as deel van die ware Woord beskou het. Selfs van die min behoudende kerke wat oor is in ons land, is daar van hulle met die amptelike siening dat hierdie teks en selfs andere nie werklik deel is van die Woord van God nie. Sommige kerke verkondig dit selfs aan die kinders in hul Sondagskoollesse.  Dit alles lei tot  verwarring van gelowiges en tot groot vermaak van die vyande van die Woord van God.  Dan wonder mense nog waarom daar so min jong geslag oor is in die kerk.

Nuwe vertaling in wording

Tans word daar aan nog 'n Nuwe Afrikaanse vertaling gewerk wat beoog word vir ongeveer 2016.  Vir hierdie vertaling word die vierde uitgawe van die Biblica Hebraica Stugartensia en die vierde uitgawe van die UBS as vertrekpunt gebruik.  Dit plaas hierdie vertaling maar net weer  in die selfde  kategorie as al die vorige Nuwe Vertalings.

U die leser sal dalk sê dit is alles goed en wel, maar hoe sal ek weet wat die ware Bybel is en of dit in die Ou of Nuwe vertalings saamgevat is.  My raad aan u is dat die Woord van God self getuig van wat waar en reg is.

Hier onder verskyn 'n kort lysie van net 'n paar veranderings.  Indien u biddende en in opregtheid na die waarheid soek sal die Here deur sy Heilige Gees u daarin lei.  Neem u Ou vertaling en vergelyk dit bv. met die 1983 Nuwe Afrikaanse vertaling. U kan dit ook doen met elke ander Nuwe vertaling wat u teëkom.  Mag die Here u self bewus maak van watter vertaling die godheid van Christus, die maagdelike geboorte, die opstanding uit die dode en vele ander belangrike waarhede eer en watter vertaling twyfel daaroor skep.  Mag die Here aan ons volk genade skenk dat ons mense weer in opregte vrees vir die Here sal terugkeer na die ware Woord van God.  Mag u deur die genade van God geen deel hê aan, of u goedkeuring op enige manier skenk aan die mense wat van God se Woord wegneem of iets daarby byvoeg nie (Openbaring 22:18-19).  Mag God gee dat daar weer vrome manne sal opstaan wat die ware Bybel onbeskaamd kan hooghou en verklaar, so spreek die Here.  Ook dat daar 'n kragtige herlewing onder ons mense sal onstaan tot eer van die Here se naam alleen.

Verwysings:

Ou Testament

Gen 1:26 In die vertaling Die Boodskap word die meervoud  “ons” telkens verander na die enkelvoud “ek” om sodoende enige verwysing na die Drie-eenheid uit te wis. Die Bybel in Praktyk noem Genesis 1 en 2 natuurlik 101 stories en sê uitdruklik dit is nou nie eintlik hoe alles gebeur het nie.  Hierdeur word God tot leuenaar verklaar.

Gen 3:15 Die Katoliekse Douay Bybel vertaal dit so dat nie Jesus Christus nie maar moeder Maria die slang se kop sal vermorsel.

Ps 45 :7 en 8 In die 1983 Nuwe Afrikaanse vertaling (NAV) wordGod” ( Elohim)  vervang met “verhewe wese” om sodoende die verwysing na Christus onherkenbaar te maak.  Let ook op die kleinletters. Vergelyk ook  Heb 1:8 en 9 waar hierdie teks weer aangehaal word in die Nuwe Testament om die godheid van Christus te beklemtoon.

Ps 110:1 In die (NAV) word Here” vervang met “koning” om die verwysing na Jesus Christus onherkenbaar te maak.  Lees in Mat 22:22-46 hoe die Here Jesus dit self aangehaal het. Die vertalers van die (NAV) maak hier die Here Jesus tot leunaar en verdraaier van die Woord van God.

Jes 7:14 In die (NAV) word “die maagd” vervang met  “ 'n jong vrou” om die verwysing na die maagdelike geboorte uit te wis.  Ongeag hoeveel verskonings vertalers opdis, die feit bly staan dat  die Nuwe Testament onder inspirasie van die Heilige Gees dit as “maagd” aanhaal (Mat 1:22-23).

Jes 53 In die (NAV) word die woord “dienaar” ingevoeg en telkens kleinletters gebruik waar dit eintlik verwys na die Here Jesus en die groot versoening wat Hy bewerk het vir sy uitverkorenes aan die kruis.  In die (NAV) gaan dit glad nie meer oor die Here Jesus nie maar oor 'n aardse dienaar wat die straf vir Israel gedra het en versoening gebring het tussen God en mens tydens die Babiloniese ballingskap - die versoening wat niemand anders as Jesus Christus kan bring nie.  U kan maar gerus die vertalers se siening gaan lees by die kommentaar oor die bepaalde stuk in Die Bybel in Praktyk. Vir die vertalers het Jes 53 niks te make met Jesus Christus se versoeningswerk aan die kruis nie.

Jer 23:6 In die (NAV) word “DIE HERE ONS GEREGTIGHEID” vervang met “Die Here regeer regverdig oor ons”.  Sodoende word die feit dat die Spruit Jesus Christus werklikwaar God (JAHWE) is en dat Hy ons enigste geregtigheid is, weg vertaal.

Dan 9:26 In die (NAV) word “ 'n Gesalfde” (Messias)  vervang met “ 'n regeerder”.  Hiermee word die verwysing na die Here Jesus uitgehaal.  Let telkens op die gebruik van klein letters.

Sag 12:10 In die (NAV) word “deurboor” vervang met doodgesteek sodat dit nie meer na die kruisdood van die Here Jesus kan wys nie.

Sag 13:6 In die (NAV) word “ hande” vervang met bors sodat dit nie na die Here Jesus se spykerwonde kan verwys nie.

Sag 13:7 In die (NAV) word “Slaan die herder” vervang met “Maak dood”  om die verbintenis met die Here Jesus se woorde in Mat 26:31 weg te steek.

Nuwe Testament

Mat 18:11 In die (NAV) word die woorde uitgelaat:  “ Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.”

Mark 10:24 In die (NAV) word “vir die wat op hulle goed vertrou” uitgelaat.  Die hele betekenis van die lering in die hele gedeelte word daardeur aangetas.  Dit wat die Here Jesus waarlik hier geleer het word vervals.

Mark 16:9-20 Die gedeelte oor die opstanding en Die Here Jesus se verskyning aan sekere getuies word gewoonlik in die Nuwe vertalings uitgelaat. In die (NAV) word dit wel ingesit maar met 'n nota daarby om te wys dat die gedeelte verkeerdelik bygevoeg is by die Woord van God.  So word die indruk geskep dat die Bybel nie regtig betroubaar is nie en mense maar net raai wat nou eintlik die Woord van God is.

Luk 2:33 In die (NAV) word “Josef” vervang met “Sy vader”.  Let op die geweldige implikasie.

Joh 7:8 In die (NAV) word die woord “nog” uitgelaat en sodoende word veroorsaak dat die Here Jesus iets gesê het wat Hy nie gaan doen nie maar wel net daarna gedoen het.  Dus word Hy as 'n leuenaar uitgemaak.

Rom 14:10 In die (NAV) word Christus vervang met God.  Nou is Christus nie meer die Regter voor wie almal sal moet staan nie.  Dus is Jesus Christus nie God nie.

Hand 20:28 In die (NAV) word die woorde “deur die bloed van sy eie Seun” bygevoeg.  Wanneer 'n mens egter die ware weergawe in die Reformatoriese vertalings bestudeer kom dit duidelik na vore dat God deur sy bloed die gemeente verkry het.  Hieruit kan mens aflei dat Jesus Christus God is.  In die Nuwe vertalings is die Here Jesus net die Seun van God soos al die baie ander seuns van God 'n geskape wese.

1 Kor 15:8 In die (NAV) worddie ontydig geborene” vervang met “die misgeboorte”.  Paulus verwys hier na die tyd van sy wedergeboorte en nie na die aard daarvan nie. 'n Misgeboorte is 'n miskraam. 

1 Tim 3:16 In die (NAV) word “God is geopenbaar in die vlees” vervang  met  “As mens het Jesus in die wêreld gekom”.  Jesus Christus is nou nie meer onteenseglik God wat vlees (mens) kom word het nie maar net nog 'n geskape wese wat in die wêreld gekom het.

1 Joh 5:7 In die (NAV) word vers 7 uitgelaat om die verwysing na die Drie-eenheid en die godheid van Christus te vernietig. Daar word in die verse daarna nog woorde uitgelaat asook versnommers verander om te poog om die bewyse dat die vers uitgehaal is te vernietig.

Opn 1:8 In die (NAV) word “die begin en die einde” uitgelaat.

1:9       In die (NAV) word “ Christus” twee maal uitgelaat.

1:11     In die (NAV) word “ Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste”  uitgelaat.   Hierdie uitlatings veroorsaak dat die leser nie werklik meer kan agterkom dat Jesus Christus die Ewige God en Here van alles en almal is nie.  Sy godheid en die eer wat Hom toekom word aangetas.

Jes 40:8  Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2734 gaste aanlyn