NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Oorloë en stryd word veroorsaak deur mense wat eie, aardse belange wil dien. Daarom sal dit vermy kan word deur eerder ander belang te dien. Soek na dinge wat vrede bring want ons word in die Woord aangesê om die vrede te soek en dit na te jaag; dit sal lei tot die uitbou van God se koninkryk en die uitvoering van die liefdesopdrag om God en jou naaste lief te hê.

DIE GODVERERENDE VOLK

NUWE TESTAMENTIESE VERBONDSVOLKE

Jan Schlebusch

  • Leer die Bybel van Nuwe-testamentiese Verbondsvolke, of is daar net ‘n geestelike Verbondsvolk in die Nuwe Testament? Of is die fisies-biologiese Israel die enigste Verbondsvolk?
  • God se verbond was in die Ou Testament net met Israel[1]; en ná die verdeling onder konings Rehabeam en Jerobeam was daar twee Verbondsvolke: Israel (ook genoem ‘Efraim’[2]) en Juda.
  • Die Bybel leer dat God [JHWH] Israel uitverkies het uit al die volke en met hulle ‘n Verbond gemaak[3]. In sy Verbondsbeloftes het Hy gesê Hy sal vir hulle ‘n God wees en hulle moet vir Hom ‘n volk wees en voor Hom wandel[4].
    • Belangrik is die onderskeid tussen uitverkiesing tot saligheid en uitverkiesing vir ‘n sekere doel[5]. Israel is nie uitverkies tot saligheid nie – dit is ‘n persoonlike saak. Israel is uitverkies om God se eer te dra[6]. Dit is ‘n kollektiewe verantwoordelikheid om die volk aan die Heerskappy van Christus te onderwerp. Dit gaan oor etiek: wat beskou word as reg en verkeerd in die kultuur van ‘n volk.
    • Daar was dus van die begin af ‘n voorwaarde: Israel moes God se Verbond hou. So-nie sal God hulle verwerp[7]. Hulle het egter herhaaldelik afvallig geraak en sy Verbond verbreek.
    • Hy het hulle baie kanse gegee, maar uiteindelik het Hy aan die Tienstammeryk van Israel die skeibrief gegee[8]. Ook dit getuig van die HERE [JHWH] se onveranderlikheid.
    • Uiteindelik het Juda na baie waarskuwings dieselfde pad geloop. Toe die Messias kom, was sy primêre sending om sy volk Juda weer ‘n kans te gee[9]. Maar toe verwerp hulle Hom en boonop vermoor hulle Hom[10].
    • Die gelykenis van die landbouers in Mt 21:33-45is ‘n sleutelteks. Hoe moet ons dit verstaan? Die eienaar (God) het sy wingerd (ná die skeibrief met Israel) aan Juda toevertrou, maar die volk Juda het erger afgewyk as Israel[11]. Die Here het sy profete gestuur om hulle tot verantwoording te roep, maar hulle het die profete verwerp en selfs doodgemaak[12]. Uiteindelik het Hy sy Seun Jesus gestuur om sy volk[13] ‘n laaste kans te gee. Maar sy eie volk het Hom verwerp en uiteindelik ook vermoor[14]. Dit is waarna Koning Jesus verwys in:Mt 21:43-45 “Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan heidensevolke[15] gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.  En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié salhy vermorsel. En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.” 

  • Omdat die Jode[16]die Messias verwerp en vermoor het:-
  • Daarom het Jesus die sendingopdrag in Mt 28 gegee dat sy dissipels die evangelie aan al dieethnos= heidense volke moet verkondig en hulle moet leer om sy bevele te gehoorsaam.
  • Daarom lees ons in Hd 15:14-18 “Símeon (Petrus) het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die ethnos = heidense volke vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die (ethnos) heidense volke oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.” Hierdie is ook ‘n sleutelteks. Let daarop dat JHWH sy Naam uitroep oor heidense volke ‘om die vervalle hut van Dawid te herstel’. Die ‘hut van Dawid’ is Christus se koninkryk op aarde[17]. Dit plaas uitdruklik ‘n verbondsverantwoordelikheid op elke volk oor wie God sy Naam uitroep. En dit sluit aan by die uitdruklike profesie van Koning Jesus in die gelykenis van die landbouers wat hierbo aangehaal is en waar Hy sê Hy gee die koninkryk aan ‘ethnos’ = heidense volke wat die “vrug van die koninkryk sal dra”. Die vrug van die Koninkryk kan tog niks anders beteken as God se Verbond nie: ‘Julle moet vir my ‘n volk wees en ek sal vir julle ‘n God wees. Julle moet voor my wandel.’
  • Daarom gee die Woord die hele uiteensetting in Rom 10 en 11. In Rom 10:3 lees ons dat Israel hulle nie aan die geregtigheid van God onderwerp het nie; en dan in verse 19-21: “Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk[18]. En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die[19] wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.  Maar van Israel sê Hy[20]: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.” Let daarop dat Hy die heidense volke duidelik teenoor Israel stel – en nie slegs teenoor Juda nie. Dit is dus duidelik dat die Verbondsverantwoordelikheid hier van Israel weggeneem word en aan ander volke, spesifiek heidense, nie=Israelitiese volke (ethnos) gegee word. Uit hierdie tekste is dit onmoontlik om (soos sommige dwaalleraars) te verstaan dat die Verbond van Juda weggeneem word en net aan die verstrooide Israel teruggegee word.
    • En dan die verduideliking in Rom 11 – hoe die val en tekort van Israel[21]die rykdom van die heidense volke (ethnos) en die (nie-Israelitiese) wêreld geword het; en dan gebruik Hy in verse 14-17 die beeld dat Israel (en Juda) soos takke van ‘n olyfboom afgekap is sodat die heidense volke (ethnos) soos takke op die olyfboom ingeënt kon word. En dan in vers 25: “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene (ethnos = heidense volke) ingegaan het”.
  • Kan dit duideliker wees dat Nuwe-testamentiese volke wat deur die genade aan Koning Jesus se heerskappy onderwerp is, verbondsvolke in die plek van Israel is?
  • Let ook op die beklemtoning van die van God :-
    • as Rom 11 afsluit met die lofprysing: “o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”
    • en ook in die opmerkings in Hd 15:14 dat God van die begin af uitgesien het om vir Hom ‘n volk uit die heidense volke vir sy Naam aan te neem; en ook in vers 18 dat al sy werke van ewigheid aan Hom bekend is.
    • Daar is dan ook baie tekste in beide die Ou- en Nuwe Testamente wat dit profeteer :
  • Gen 22:18 En in jou (Abraham se) nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
  • Jes 49:6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
  • Sag 8:20 So sê die HERE van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede.
  • 21 En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
  • 22 So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek.
  • Lk 2:32 ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
    • Rom 11 onderskei ook baie duidelik tussen die uitbreiding van die Verbond na die heidense volke en die herstel van Israel – wat ook op baie plekke profeteer word en wat ons ook moet verwag.
  • Nou is dit wel so dat die Bybel van al die gelowiges uit al die volke praat as ‘sy volk’, of as ‘Israel’. Dit is egter ‘n metafoor. Die Bybel gebruik baie hierdie spreekwyse (taalvorm) as ‘n vergelyking of ‘n beeld: God noem Hom ons Vader, maar dit beteken sekerlik nie dat ons nou ons aardse vaders moet verwerp nie! Inteendeel leer die Bybel hoe belangrik aardse vaders in God se Verbond is. Dit geld ook wanneer Christus ons sy ‘bruid’ noem; en ook wanneer Hy ons sy ‘liggaam’ noem.
  • Gevolgtrekking: God se Verbond is nie net ‘n geestelike Verbond met ‘n geestelike Verbondsvolk in die Nuwe Testament nie. Nee, fisiese volke is belangrike verbondstrukture – soos ons ook in Hd 17:26,27 leer (53-vertaling): God het self die volke van mekaar geskei en grense tussen hulle gestel – sodat ons Hom in volksverband moet soek. Daarom is die onveranderlike God se Verbondsbeloftes steeds van toepassing op Verbondsvolke wat aan Christus se heerskappy onderwerp[22].

 


[1]Dt 7:6 (tekste – tensy anders gespesifiseer, is uit die Afr ’53-vertaling: die betroubaarste Afrikaanse vertaling van die Bybel)

[2]Jes 7:17; Hos 5:3

[3]Dt 14:2

[4]Lev 26:12; Jer 7:23; 11:14

[5]Baie Israeliete was nie gelowiges nie; en baie nie-Israeliete wa wel: Lot was nie ‘n Israeliet nie (Gen 11:27). Ook nie Melgisédek (Gen 14:18); Jetro (Ex 3:1); Bíleam (Num 22); Ragab (Heb 11:31); Rut (Rut 1:15); en Job (Job 1:1) nie. Ook nie die inwoners van die stad Ninevé nie (Gen 10:11)

Calvyn verduidelik ook die onderskeid tussen die ‘algemene uitverkiesing van ‘n volk en die besondere, of ‘tweedegraadse’ uitverkiesing tot saligheid. Calvyn, J, Institusie van die Christelike Godsdiens, p1164-1168 (Boek3, Hoofstuk 21, par 5-7) Vertaal deur prof.dr HW Simpson, Calvyn Jubileum Boekefonds, Potchefstroom, 1988

[6]Ps 33:12

[7]Dt 28; Jes 1; Eseg 11:20; 14:11; Hos 6:4,5

[8]Jer 3:8

[9]Mt 1:21

[10]Mt 27:25

[11]Jer 3:8; Eseg 16

[12]Jer 26:21-24; Lk 13:33-34; Hd 7:52;

[13]Mt 10:5,6; Jer 50:6: Belangrik om kennis te neem hoe die Bybel deurgaans onderskei tussen die volk van Israel (in Hebreeus = ‘am’ en in die Grieks ‘laos’; en dan die nie-Israelitiese (‘heidense’ volke): Hebreeus ‘goy’ en in Grieks ‘ethnos’). Dit is ook ‘n sleutel om die Nuwe-Testamentiese Verbondsopdrag reg te verstaan.

[14]Mt 27:25

[15] Let daarop dat die woord wat hier met ‘volk’ vertaal is, is ‘ethnos’. ‘Ethnos’ beteken ‘volk’ (enkelvoud) of ‘volke (meervoud)’, maar meer spesifiek ‘nie-Israelitiese volke’, of ‘heidense volke’. Dit is ook dieselfde woord wat in die sendingopdrag met ‘nasies’ vertaal is. Dit is ook dieselfde woord wat deurgaans in Handelinge en Romeine met ‘heidene’ vertaal is. Die meer korrekte vertaling sou wees: ‘heidense volke’ of ‘nie-Israelitiese volke’ – kyk Strongs Lexikon: (In die OT Hebreeus Am H5971 = volk van Israel;enGoy H1471 = heidense volke; indie Nuwe Testament is Laos G 2992 volk van Israel; en Ethnos G 1481 = heidense volke

[16] Die stelling word nou gemaak dat die ‘Jode’ nie Judeërs is nie. Dit is wel so dat die volke van Juda en Edom geïntegreer was in die tyd van Koning Jesus op aarde, maar dit is duidelik uit die Evangelies dat hulle as God se volk beskou is – as Juda – en selfs as die oorblyfsel van Israel – want baie van die Tienstammeryk het hulle by Juda aangesluit in die gruwelike tyd van Koning Agab en Isébel; en nog meer met die terugkeer uit die Babeloniese ballingskap.

[17]Lees asb die Bybelstudie oor die Hut van Dawid (bestel asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)        

[18]Dt 32:21

[19] Die aanhaling is uit Jes 65:1 (uitdruklik ‘goj’ = heidense volke)

[20]Jes 65:2

[21] Let wel – die val van Israel, nie net van Juda nie.

[22] Die gesaghebbende Vebondsteoloog, Heinrich Bullinger het in sy klassieke studie: “Die een en ewige Testament of Verbond van God”‘De Testamento sev Foedere Dei Unico & Aeterno’ dat die inhoud van God se Verbond nie verander het met die Nuwe Testament nie. Dit is net ‘n nuwe bediening van dieselfde Verbond.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2197 gaste aanlyn