Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (6)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en Oranje
AS ONS MAAR NOU ’N PRESIDENT STEYN KON HÊ!
“Ek beloof julle ek sal my hand op geen papier sit waardeur ons onafhanklikheid sal vernietig word nie!” President M.T. Steyn
" En vanuit die Vrye Nederlandse Republiek van 1648 loop die Oranjelyn reguit deur na ons eie geskiedenis want uit hierdie Republiek is ons volksplanting onderneem. Witman, waar’s jou vryheid? Ons het koers gehou op die Oranje-vryheidslyn. Maar toe het die krink en die trutrek gekom, terug na die geknelde land van onvryheid en volksvreemde regering. 3 September 1984: Prysgawe ... Verloëning . .. Boeie. Waarheen nou?"
31 Mei 1961
Die rooiste dagbreek in die geskiedenis van die Boerevolk. Dag van vervulling. Vryheidsdag!
Suid-Afrika is ’n vrye Republiek in die statery van nasies. Bruisende geesdrif. Uitbundige vreugde. Die skare wat ’n stuifreëntjie trotseer, sing spontaan “Prys die Heer”. Dan die juigkrete: “Lank lewe die Republiek! Lank lewe die Republiek!”
Skrynend ironies ... 3 September 1984. Ons sou toe dit nooit geglo het nie ...
Oor ons wapper die Prinsevlag van die vorstehuis van Oranje-Nassau (met die vlae van die Boererepublieke daarop). En een van die heraldiese kleure van die vrye Republiek (om historiese redes volwaardig erken) is ook kleur van die vorstehuis: ORANJE.
Die opsigtelike band tussen vryheid en oranje, waar kom dit vandaan? Dit strek oor baie eeue. So ver terug as die 8ste eeu.
Willem van Oranje
In die jaar 793 gee Karel die Grote, koning van die Franke, die klein vrye prinsdom van Oranje in Suid-Frankryk aan die heel eerste Prins Willem van Oranje. Deur die optrede van ’n latere erfgenaam van hierdie eerste Prins van Oranje is die band tussen vryheid en oranje onverbreekbaar gesmee. Die erfgenaam was natuurlik die beroemde Prins Willem van Oranje-Nassau, aanvoerder in die Nederlandse vryheidstryd en vader van die Vrye Republiek van die Nederlande.
Willem van Oranje is op 24 April 1533 in die Dillenburg-Kasteel in die vrye staatjie Oranje gebore. Op elfjarige leeftyd erf hy uitgebreide besittings van sy oom Hendrik III van Nassau aan wie se vrou die klein prinsdom van Oranje in Suid-Frankryk behoort het. Die meeste van die jong prins se erfland val binne die ryk van Karel V, maar in Oranje is hy alleenheeser. Hy kry ook die titel Willem Prins van Oranje-Nassau - ’n titel wat bestem was om die naam van die Nederlandse koningshuis en nasionale volksimbool te word.
PROTESTANTISME
Sy moeder, gravin Juliana, was ’n vurige aanhanger van die Hervorming en het haar seun in die Protestantisme opgevoed. Haar opvoeding van haar seun is ’n merkwaardige demonstrasie van die opvoedingsbeginsel dat die grondslae wat in die eerste tien jaar van ’n kind se lewe gelê word, onuitwisbaar is. Op elfjarige leeftyd moes die jong prins sy ouerhuis verlaat om as edelknaap aan die hof van Karel V in Brussel ’n Roomse opvoeding te ontvang. Die Protestantse opvoeding van sy moeder hou egter stand en Prins Willem van Oranje word in die Nederlandse Vryheidstryd ook kampvegter vir die Protestantisme.
So word Oranje, vryheid en Protestantisme saamgebind.
DIE TAGTIGJARIGE VRYHEIDSTRYD
Karel V stel Willem van Oranje op 22 jaar as opperbevelhebber van die leër aan en in dieselfde jaar (1555) dra Karel sy regering aan sy seun Filips II van Spanje oor by ’n plegtigheid in die paleis van Brussel. Heel ironies leun hy op die plegtige oomblik op die skouer van ’n jong Nederlandse edelman: die nimlike Prins van Oranje.
Met die bewindsaanvaarding van Filips II het sake begin skeef loop. Die Nederlandse Vryheidstryd ontbrand in volle felheid met die Beeldstorming (1566) toe verwoede gepeupel die Roomse kerkgeboue bestorm, plunder en verniel en Filips II sy beste generaal, die Hertog van Alva, stuur om die Nederlanders te straf. Prins Willem moes uitwyk na die Dillenburg-kasteel in Suid-Frankryk (1567) en vanuitdie vreemde loods hy drie vryheidsveldtogte.
'N VERBOND MET DIE ALLERHOOGSTE
Die keerpunt in die Vryheidstryd kom aan die begin van die sewentigerjare toe die Watergeuse Den Briel verower (1572), gevolg deur Haarlem (1573), en die verbete weerstand van die stadjie Alkmaar (“Van Alkmaar die oorwinning”).
Na die val van Haarlem skryf een van Willem se generaals aan hom en vra of alles tog nie maar tevergeefs is nie. Moet die stryd nie maar gewonne gegee word nie? Hierop antwoord die Prins dat hy ’n verbond sluit met die magtigste Vors onder die vorste: God die Allerhoogste.
Die deurbraak kom! Prins Willem bevry Leiden (1574), trek seëvierend die stad binne en kondig aan dat Leiden ’n universiteit kry ter herdenking aan die tiomf.
SLUIPMOORD
In 1579 snoer die prins die noordelike provinsies saam in die Verbond van Utrecht. Dit was egter nie vir hom beskore om regeerder van die nuwe staat te word nie. Op 10 Julie 1584, twee dae voor sy inhuldiging (op 10 Julie 1984 presies 400 jaar gelede), word hy deur ’n Spaanse sluipmoordenaar vermoor.
Rondom sy beeld op sy praalgraf in Delft staan vier beelde wat geregtigheid, vryheid, godsdiens en dapperheid versinnebeeld met die inskripsies daarop: (Rustig te midde van die bruisende golwe”, “Ek sal handhaaf’, “Goue vryheid”, en “Ek sal godsdiens en geregtigheid handhaaf’. (Prins Willem se wapenspreuk het gelui: “Rustig te midde van bruisende golwe, rustig deur sy geloof in die Almagtige.”)
OORWINNING EN VRYHEID!
In 1588 word gestig sewe provinsies die Nederlandse Republiek. Prins Willem se seun Mauritz (ook Prins van Oranje en een van die grootste generaals van sy tyd) en Frederik Hendrik sit die vryheidstryd voort. In 1648 breek die glorie-oomblik aan toe die Republiek onder leiding van ’n kleinseun van die gevierde Prins Willem van Oranje-Nassau, Willem II, vry en onafhanklik verklaar word.
Volksplanting
En vanuit die Vrye Nederlandse Republiek van 1648 loop die Oranjelyn reguit deur na ons eie geskiedenis want uit hierdie Republiek is ons volksplanting onderneem. In die stigtingsjaar van die Republiek (1648) strand die Haarlem aan die Kaap. Die gunstige verslae van die skipbreukelinge hak die knoop deur. Die Here XVII besluit op ’n verversingspos.
6 April 1652: Jan van Riebeeck - Volksplanting.
En sedertdien het ORANJE telkens in naam en simbool in ons geskiedenis uitgeslaan en die kleur geword waarmee ons strewe en stryd vir ’n eie vrye volksbestaan vereenselwig is.
Gaandeweg het Oranje meer opsigtelik en konkreet geword. Toe die Kasteel in Kaapstad in 1674 voltooi is, is ter ere van die Stadhouer van die Nederlande aan die vyf hoeke van die Kasteel die name van sy vyf graafskappe gegee, naamlik Buuren, Nassau, Catzenellenbogen, ORANJE en Leerdam.
Mettertyd verskyn die naam Oranje dieper in die binneland. Die Nederlandse offisier en ontdekkingsreisiger, Robert Gordon, bereik in 1777-78 die Grootrivier en hy noem dit die ORANJERIVIER ter ere van die Prins van Oranje.
Die Oranje-Vrystaat
Oranje is in die geskiedenis van die Afrikaner verewig in die naam van die gevierde Boererepubliek die ORANJE-VRYSTAAT.
Sir George Grey het in 1848 die Oranjerivier-soewereiniteit daargestel om die bewegings van Mosjesj se mense in die oostelike deel van die streek dop te hou. Hierdie soewereiniteit is vervang deur ’n Republiek nadat ’n ooreenkoms tussen Brittanje en verteenwoordigers van die inwoners tussen die Oranje- en Vaalriviere bereik is. Eers was die Republiek bekend as die Oranjerivier-Vrystaat en het hy sy beslag gekry tydens die Bloemfontein- konvensie wat gehou is op 23 Februarie 1854. Sewe maande later is “rivier” uit die naam verwyder om die naam meer direk in verband te bring met die Huis van Oranje.
Vrystaat is sinoniem met Republiek - daarom nie Republiek van die Oranje Vrystaat nie! ’n Vrye staat is ’n Republiek met ’n regering wat deur die volk self tot stand gebring is.
Die naam van die Republiek word reeds in artikel een van die konsepgrondwet gebruik. Hierdie konsepgrondwet is artikel vir artikel behandel vanaf 30 Maart 1854 tot 8 April 1854 en die naam van die Republiek is formeel deur die Volksraad op die laaste datum aanvaar. Die naam is die waarskynlikste deur ’n ander Nederlander, J.J. Groenewald, voorgestel omdat hy as Goewermentsekretaris verantwoordelik was vir die opstel van die konsepgrondwet. Daar word geen breedvoerige motivering vir die naam van die Republiek gemeld nie, maar dit is duidelik dat dit aanvanklik na die Oranjerivier verwys het. Alhoewel die Oranjerivier se naam gekoppel was aan die Huis van Oranje, is die Republiek se naam, soos reeds gemeld, ook later direk verbind met die Huis van Oranje deur die “rivier” uit te laat. By die vernoeming van die rivier en die Republiek was Nederlanders betrokke, en die inwoners van die Republiek het hulle hierdie verband met die Huis van Oranje van Nederland laat welgeval.
WAPEN EN VLAG
Die Oranje-Vrystaat se eerste president, J.P. Hoffman, het ’n brief aan Koning Willem III van Nederland geskryf om voorstelle te vra vir ’n wapen en vlag vir die Republiek. Hoffman het egter sy presidentskap in minder as 'n jaar neergelê, en dit voordat hy ’n antwoord van die Nederlandse koning ontvang het. Pres. J.N. Boshoff wat hom opgevolg het, was onbewus van hierdie onderhandelings en het intussen self ’n staatseël laat maak. Hierdie seël is in Kaapstad voltooi deur die bemiddeling van Sir George Grey en is deur die Volksraad so aanvaar. Die koning se voorstel vir ’n wapen en vlag het feitlik gelyktydig op 12 Januarie 1856 die Volksraad bereik en is oorhandig deur die Nederlandse gesant, Cornelis Hiddigh. Alhoewel die koning se gebaar ’n groot eer vir die klein, nuwe nasie was, was dit ook duidelik dat wapen en staatseël nie kon verskil nie. Die knelpunt is opgelos deur die ronde staatseël in die middel van die Nederlandse wapen te plaas. Hierdie nuwe Vrystaatse wapen is die eerste keer gebruik tydens die Republiek se derde verjaardag en die staatseël is dienooreenkomstig verander.
Die Nederlandse voorstel het bestaan uit drie blou beuels op ’n silwer skild. Dit kom van die wapenskild van ’n legendariese Franse voorvader van Willem van Oranje, Guillaume au Cornet. Hy het in die agste eeu die More in Spanje help verslaan. Die leuse onderaan was ietwat ongewoon, naamlik “Oranje Staat vry”. Dit beteken Oranje bly vry. Die leuse was ’n variasie van die Republiek se naam. Heraldiese leuses word gewoonlik in Latyn geskryf, maar die ontwerpers het gemeen dat die nuwe setlaars dit nie sou verstaan nie!
Die staatseëlgedeelte bestaan uit ’n sentrale figuur, die Boom van Vryheid, en die woord “Vryheid” is net daarbo aangebring. Onder die boom staan skape aan die linkerkant en ’n leeu regs. Hierdie toneel simboliseer die landelike (veeboere) en die pioniersaard (die Voortrekkers) van die Republiek se inwoners. In dieselfde gees word die toneel onderskryf met die woorde “Geduld en Moed”. In die onderste deel van die wapen is ’n Voortrekkerwa met die woord “Immigratie” daaronder. Dit stel die wyse voor waarop die blankes die gebied bekom het.
Die sentrale boom toon wel blare, maar geen vrugte nie en is onklassifiseerbaar. Die idee van die Boom van Vryheid het ontstaan van die embleem van die Franse Revolusie. Om die assosiasie tussen die Republiek en die Huis van Oranje weer eens te beklemtoon, is in 1868 lemoene op die boom aangebring.
’n Ander belangrike deel van die Nederlandse ontwerp is die vaandelstruktuur wat die skild ondersteun. Twee identiese vlae aan gekruisde spiese is agter die wapen gedrapeer. Die vlae bestaan uit afwisselende gelyke bane van wit en oranje. Daar is vier wit en drie oranje bane, terwyl die kleiner Nederlandse vlag in die linker boonste hoek geplaas is. Op 28 Februarie 1856 is hierdie vlag amptelik deur die Volksraad aanvaar as die vlag van Oranje-Vrystaat.
Die Nederlandse vlag, sowel as die oranje bane, het weer die band tussen die Republiek en die Huis van Oranje gesimboliseer.
PRESIDENT STEYN
Die hegte band wat tussen vryheid en Oranje in ons geskiedenis ontwikkel het, is tot onverbreekbare eenheid versmelt deur die onbuigbare en onverskrokke optrede van President M.T. Steyn ter behoud van die vryheid van die Oranje-Vrystaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Onwrikbaar. Ontoeskietlik. Onversetlik. Nooit het hy ’n duim toegegee ten opsigte van die vryheid van sy land en volk nie; selfs nie eers toe hy by die vredesberaad van koppigheid beskuldig is en die verwyt teen hom geslinger is dat hy in die pad van vrede staan nie.
OPROEP
Onder die groot seël van die Oranje-Vrystaat rig President Steyn op ultimatumdag 11 Oktober 1899 die kragtige oproep tot die Vrystaatse volk om vertrouende op die God van ons vaders soos een man teen die verdrukker en skender van die reg op te staan. Hy sluit af met die woorde:
“Aan de God onzer vaderen dragen wij ootmoedig de rechtvaardigheid onzer zaak op:
Hij bescherme het recht;
Hij zegene onze wapenen;
Onder Zijne banier trekken wij ten stryde VOOR VRIJHEID EN VOOR VADERLAND!”
(Van der Merwe, N.J. (1921): Marthinus Theunis Steyn, Deel II, Nasionale Pers, Kaapstad en Bloemfontein; pp. 3, 4 en 103.)
BELOFTE
Enkele dae na die oproep tot die vryheidstryd spreek President Steyn die Vrystaatse burgers, wat oppad is na die westelike gevegsfront, in die ou Park in Bloemfontein toe. Na sy toespraak kom twee burgers, kommandant Diedriks en veldkomet Jan de Wet, die President bedank en stel aan hom die vraag: “Ons gaan vir ons land veg, President, maar ons wil van u weet: as ons en ander miskien gesneuwel het, sal dan nie miskien ons onafhanklikheid sommer opgegee word nie?”
Hierop gee President Steyn die plegtige belofte: “Ek beloof julle ek sal my hand op geen papier sit waardeur ons onafhanklikheid sal vernietig word nie!”
Enkele dae later het altwee die Vrystaatse burgers by Magersfontein gesneuwel.
President Steyn het woordgehou: Toe die volksverteenwoordigers by Vereeniging byeenkom om oor vrede te onderhandel, is President Steyn in sy tent gekluister. Fisiese en geestelike ontbering en opoffering het hul tol geeïs. Sy liggaam is afgetakel. Verlam. Daarby moet hy die verguising verduur van ’n verwyt dat net hy in die weg van vrede staan.
God gryp in, so het hy geglo. Sy geneesheer beveel aan dat hy onverwyld na Krugersdorp geneem moet word vir mediese behandeling. Hy doen afstand van sy presidentskap. En so word beskik dat President Steyn nooit die vredestraktaat teken nie ... en sy belofte gestand doen.
Watter ontsaglike premie het hy nie op vryheid gestel nie! Vir die vryheid van volk en land het Marthinus Theunis Steyn alles veil gehad.
AS ONS MAAR NOU ’N PRESIDENT STEYN KON HÊ!
“Ek sal my hand op geen papier sit. . .”
VOLKSLIED
Oranje-Vrystaat. In naam en wapen, vlag, leuse en staatsvorm en deur die strewe en stryd van president en burger is die kleur ORANJE en die ideaal VRYHEID tot tydlose eenheid versmelt, en tot uitdrukking gebring in die roerende eenheid van woord en klank van die Volkslied van die Oranje- Vrystaat (in 1854 reeds aanvaar) waarin ook ons diep versugting na ’n eie vrye wit land en staat gehoor kan word:
Heft, Burgers, ’t lied der vrijheid aan en zingt ons eigen volksbestaan!
Van vreemde bande vrij, bekleedt ons klein gemenebest,
op orde, wet en recht gevest,
rang in der Staten rij, rang in der Staten rij.
Al heeft ons land een klein begin, wij gaan met moed de toekomst in, het oog op God gericht, die niet beschaamt wie op Hem bouwt, op Hem als op een burcht vertrouwt, die voor geen stormen zwicht, die voor geen stormen zwicht.
Dat die Vrystaters ingesien het dat hulle vryheid ook daarvan afhang of hul land deur sy eie mense beset en besit word, blyk uit die feit dat hulle die toegang van Asiërs tot die Oranje-Vrystaat deur wetgewing verbied het, en hoewel daar mense buite die Vrystaat is wat hul hierdie vryheid van keuse wil ontneem, sit die Vrystaters hul voet dwars.
Orangia-Unie
Dit verbaas nie dat uit hierdie land van vryheidsvegters ’n spoorslag gekom het vir die nasionale vryheidsbeweging - die derde vryheidstryd - wat kort na die Vrede van Vereeniging ontbrand en ’n breë onstuitbare gety geword het wat in 1948 op oorwinning en 31 Mei 1961 op vervulling uitgeloop het nie. Ons verwys na die stigting van die “Orangia-Unie”: ’n party wat ten doel gehad het “om die volk wakker te skud en aan te moedig om vir hulle regte (vryheid) te stry”. “Orangia” was ’n woordvervorming en ’n tipiese Nederlandisme van daardie tyd. Die Vrystaat se vryheid was deur Britse imperialisme bedreig en in November 1907 het die Orangia-Unie ’n groot oorwinning van 22 setels in die Vrystaat behaal.
Die Vereniging van Oranjewerkers en die Wit Tuisland-aksie (WTA)
Die Oranje-vryheidslyn is so dwarsdeur die worsteljare en oorwinnings- oomblikke in ons geskiedenis duidelik getrek en later is dit deur die Vereniging van Oranjewerkers en sy bondgenoot Wit Tuisland-Aksie (WTA) voortgesit. In hierdie Vereniging en Aksie is beslag gegee aan die volledige vryheidsideaal en is as uitgangspunt geneem dat die Afrikanervolk slegs ten volle vry sal wees indien ons ’n eie land herwin en herskep: ’n Wit Tuisland wat
* ’n selfregerende blanke volkstaat is,
* oorwegend blank beset is,
* daarna streef om in die hoogste mate selfvoorsienend te wees, ook wat arbeid betref.
Dit is die suiwerste vryheidsbeskouing.
Witman, waar’s jou vryheid? Ons het koers gehou op die Oranje-vryheidslyn. Maar toe het die krink en die trutrek gekom, terug na die geknelde land van onvryheid en volksvreemde regering. 3 September 1984: Prysgawe ... Verloëning . .. Boeie. Waarheen nou?
“Ek is die jeug, nog in my dood sal ek deur hierdie nasie trek,
’n voortrek wat geen einde kry; in elke eeu,
as rus en rykdom te dierbaar vir hul word, sal hul die sweep hoor klap, en deur die land van son en wind sal ewiglik die waspoor lê.”
(Die Dieper Reg: N.P. van Wyk Louw)
Opsaal vir die vierde Vryheidstryd! Voortou vat op die waspoor na ’n eie Wit Tuisland “alleen onder die groot suidersterre”:
DIE VRYE STAAT ORANJE
Onder die Prinsevlag van Oranje-Nassau.
Die skoonvlag.
Oranje, blanje, blou.
Witman, daar is jou vryheid!
Vervolg...