NUUTSTE BYDRAES

'SEBLIEF, DIESELFDE ENE...

PG du Plessis

KORSIES VAN PASTEI

(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)

Nou ná die reëntjie het die spul hier by ons aan die bot gegaan. Alles is aan die groei of die somer nie lank genoeg gaan wees saadskiet toe nie. Uintjies vooraan, soos altyd.

Ons is filosofies daaroor. Dis lewensfeit dat die sonde vooraan tier. 'n Mens se hart is ook maar 'n groentetuin waar jy die goeie wil laat groei en die kwade self opkom.

Jy plant, sê ek vir Mattewis, goeie voornemens, en die onkruid van jou swakhede groei die beste toe.

Vat nou die ding met Faantjie wat so gedwaal het.

Dié kom hier aan, sommer vir die kuier, want hy weet ek is ellenerig en hy't nie geld vir ander vakansie nie. Ek sê welkom, welkom, want hy's 'n aangename jong man, en hy't 'n wag in hom wat nie maklik is nie.

Sy meisie is oorsee, hy't die skoot hoog deur, hy skryf briewe met baie seëls op, dikkes. Hy kou aan penne wanneer hy sy liefde probeer in woorde kry, vind ek uit, en hy kou sy naels tot in die lewe. Van wag.

Een oggend kry ek hom waar hy in die gang op die naakte mat lê en slaap. Hy verduidelik dat hy maar daar gaan lê het, want sy sou dalk bel en hy was bang hy hoor nie die foon lui nie.

Hy loop dus met hartseer oë rond toe twee dinge gebeur.

Die een was die ding met Mafoeta se gans, en die ander een was die wangedrag van ou Hennie se stuk.

Ek begin maar by ou Hennie.

Hennie is, as jy so kyk, nie eintlik iemand wat jy in 'n film vir 'n romantiese held sou gebruik nie. Die tering het hom sonder genade verteer, sy stem is nie vir die liefde gemaak nie, sy hele aanskyn is, na die beste van my oordeel, nie eintlik inspirerend vir vroueharte nie.

Maar hy't toe nuwe lewe in hom, want 'n heel stewige vrou het by hom ingetrek, sy meel geëet, selfs 'n keer of twee kom help skoffel. Sommer verniet. Om maar 'n bietjie naby hom te wees in die dag ok, sê hy my.

Kom ons laat sý storie 'n oomblik en kyk na die geval van Mafoeta.

Hier tussen die ganse was daar een wat Mafoeta aangeneem het. Die liefde was wedersyds, so wie wie aangeneem het, kan ek nie sê nie.

Maar dit was tog iets om te sien. Waar hy geloop het, het die gans agterna gefoeter. Die gans het hom gesoek. As hy moes skooltoe, dan moes die gans hoktoe, want anders het die ding die plaas volgeloop en soek.

Ek weet nie hoe lyk ganse as hulle bly is nie, maar as Mafoeta van die skool terugkom, was daardie gans bly. En wanneer hy moes gaan slaap, het die gans met weemoed in die hok agtergebly.

So, toe Faantjie sy treur hier by ons treur, was dit die stand van sake: ou Hennie was verlief, en Mafoeta en sy gans was baie dik.

Toe kom die nare Saterdag.

Ek en Faantjies is dorptoe, en waar wiele draai, is Mafoeta by. Met die terugkom, sien ek die ganse in die hok is minder, so die man wat 'n paar wou hê, het kom haal.

Mafoeta se oë soek tussen die ganse rond en die duiwel het sy gans vir die vreemdeling gegee. Daar's nie baie sentiment in Mafoeta nie. Hy's gewoond aan die verraad van die slag en verkoop van plaasdiere. 'n Mens speel maar net jy het hulle lief tot die doodtoe. Dis soos liefdesbeloftes wanneer jy plaasdiere grootmaak, sê ek nog vir Faantjie. Daar's 'n soort verneuk in, sê hy terug, en kyk anderpad.

Maar Mafoeta hol weg en gaan sit onder in die bos, sonder om sy koeldrank te vat wat hom vir hek-oopmaak toekom.

Later gaan sê ek vir hom ek sal hom sy eie-eie gans gee, want dié dat die man syne gevat het, was 'n fout, ek het nie regtig die gans verkoop nie. Maar gaan terughaal, dit is 'n ander saak.

Hy kyk my net aan.

Sondagoggend hoor ons die ding van ou Hennie.

Hy was, stuk en al, by die groot makietie anderkant by Bernstein se werksmense.

Daar het sy stuk besluit om van liefde te verwissel. Sy't so halfnag verdwyn, en toe ou Hennie vanoggend sy positiewe terugkry, het sy klaar ingetrek by sleg-Jakop.

Mattewis sê hom sy's sommer gou-gou terug, want Jakop slaan.

Ou Hennie kyk weg. Ons is by die eendehok waar ek vir Mafoeta 'n gans wil gee.

Mafoeta wil die gans nie hê nie. Dis nie dieselfde ene nie, sê hy.

Mattewis sê vir ou Hennie sy's binnekort terug.

Dit sal nie dieselfde ene wees nie, sê hy. Hy wil haar hê soos sy was voor Jakop.

Ek sê vir Faantjie en Mattewis, soos ons Mafoeta en Hennie agternakyk, ja, sê ek, mens wil altyd dieselfde ene terughê.

Faantjie se oë is donker van die twyfel, want Woensdag, skryf sy, sal sy op die lughawe wees. En hy bid vir dieselfde ene.

Met vrouemense weet jy nooit soos die goed lieg nie, sê Mattewis.

Faantjie byt 'n vingernael verder die lewe in...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1356 gaste aanlyn