NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe weet jy wanneer iemand heel moontlik 'n wonderlike vriend of goeie huweliksmateriaal is? Dit sal iemand wees met 'n sin vir die klein dingetjies, wat lekker kan lag, saam met jou en oor homself.

DIE KINKEL IN BOBBEJAAN SE STERT

BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies 

Ou Wolf was baie bly dat hy daardie dag by koning Leeu met sy lewe daarvan afgekom het, maar vir Jakkals het hy nie meer ‘n goeie woord gehad nie.  Hy het gedurig loop en dink hoe hy ou Jakkals kon terug betaal vir al die moeilikheid waarin die ou skelm hom al laat beland het.

Op ‘n goeie dag hoor hy dat koning Leeu se klou nou weer gesond is en hy dink dat sy eie vel en sy lewe nou weer veilig is en dat hy ou Jakkals nou maar kan gaan soek om hom die les van sy lewe te leer met ‘n pak slae wat hy nooit sal vergeet nie.

Hy loop en dink en kry toe die plan om vir ou Bôgom, die bobbejaan, te gaan besoek en hom te vra om hom te help om ou Jakkals te straf.  Hy loop hom in die rantjies raak, waar hy besig was om skerpioene onder die klippe te soek.

“Môre neef,” sê hy.

“Môre oom”, sê Bôgom.

“Onthou jy daardie ou karnallie van ‘n Jakkals wat jou verlede jaar nooit vir daardie skaapvleis betaal het
nie?”vra hy.

“Daardie skelm?  Ek onthou hom baie goed,” sê Bôgom.

“Nou kyk neef,” sê Wolf,  “ek gaan hom nou straf.  Hy het my ook al rot en kaal gesteel.  En nou het hy my ook weer nie vir die twee agterkwarte van ‘n vet eland betaal nie.  Dis hoog tyd dat ek en jy sy speletjies stopsit.  Hoe lyk dit, kan ons twee hom nie goed onder die sambok laat deurloop nie, sodat hy ‘n jaar lank nie van sy huis af sal kan roer nie?”

Ou Bôgom het eers tydsaam ‘n klip omgerol en gekyk of daar nie ‘n skerpioen onder hom is nie.  Toe sê hy:  “Ja, maar hoe weet ek of jy nie sal maak dat jy wegkom en vlug as Jakkals wil baklei nie?”

“Ek vir daardie bangbroek vlug?  Nog nooit nie, neef!  Hoe kan jy so dink?”  antwoord ou Wolf.

Maar Bôgom lyk nog maar agterdogtig.  Naderhand sê hy:  “Kyk hier, oom Wolf, as jy my kan verseker jy sal my nie in die steek laat nie, sal ek jou help.  Daar is geen bome by ou Jakkals se huis nie en ek kan nie in die lug in opklim as dit gevaarlik word nie.”

Ou Wolf krap sy kop en Bôgom krap sy maag.

Skielik kry Bôgom ‘n blink gedagte.  “Oom Wolf,”sê hy, “kom ons maak ons sterte aan mekaar vas, dan weet ek dat jy nie kan weghardloop nie”.

Ou Wolf lag.  “Goed neef,”sê hy, “bind maar vas so                                                  
styf as wat jy kan”.

Intussen was ou Jakkals besig om met sy byl jukskeie te kap in die sonnetjie voor sy huis.  Die byl is baie skerp en glinster in die son as hy hom so rondswaai.  Hy het die wêreld goed dopgehou want hy was bang dat ou Wolf sal probeer om hom terug te betaal vir al sy skelmstreke.

Toe hy weer opkyk, sien hy ou Wolf en Bôgom daar oor die bult aangestap kom.  Hy merk dadelik onraad toe hy sien hoe na aan mekaar hulle loop, want hy weet hoe baie maal hy ook al vir ou Bôgom uitoorlê het.  “Wel, dit is omtrent die snaaksste kommando wat ek vir ‘n lang tyd gesien het.”  Hy dink vinnig aan ‘n plan om homself te red.

“Ou vrou!” roep hy oor sy skouer.

“Ja Pa,” antwoord tant Jakkals.

“Luister nou mooi en doen presies wat ek jou sê,” beveel ou Jakkals.  “Wanneer ek ophou met kap, dan knyp jy vir Antjie.  Jy knyp haar hard totdat sy skree.  As ek jou vra wat die kind makeer, dan antwoord jy net so hard as wat jy kan:  ‘Dis jou eie skuld.   Jy maak jou kind aan bobbejaanvleis gewoond en nou is jy te lui om ‘n bobbejaan te gaan vang.’  Het jy goed verstaan?”

“Ja Pa,” sê tant Jakkals.

Toe ou Wolf hulle naderkom, sê Bôgom:  “Wat blink daar net soos weerlig in ou Jakkals se hand?  Ek hou net niks daarvan nie!”  Dadelik begin hy al stadiger loop.

Maar ou Wolf sê:  “Dit is maar net ‘n byl waarmee hy jukskeie kap.  Jy gaan tog nie nou bang word nie, man!”

“Wie is bang,” sê ou Bôgom.  “Maar dit lyk soos ‘n vreeslike skerp byl.  Waarom gebruik hy so ’n nuwe byl om jukskeie te kap?  Dit is wat ek wil weet.  Ek dink dit is nie net ‘n byl nie.”  Hy begin nog stadiger loop.
“Jy gaan nie nou terug nie, hoor jy!”  roep ou Wolf wat hom begin vererg.

“Daarvoor is my stert te vas gebind,” sê Bôgom, maar hy draai tog in sy spore om en probeer die aftog blaas.

“Kom aan, man!” roep ou Wolf en gee ‘n harde ruk.

“Ek kom mos,” sê Bôgom.  Hy gee nog een tree vorentoe, maar toe steek hy viervoet vas.

Jakkals maak of hy niks sien of hoor nie en hy hou maar aan met kap.  Skielik hou hy op.  Tant Jakkals knyp vir Antjie en sy skree dat jy haar wie weet waar kan hoor.

“Wat makeer die kind dan, Vrou?” roep ou Jakkals na binne .

“Dit is jou eie skuld!” skree tant Jakkals parman-tig uit die huis. “Jy maak mos jou kind op bobbejaan-vleis groot en nou is jy te lui om ‘n bobbejaan te gaan vang.  Dan vra jy nog waaroor sy huil!”

“Toemaar,” sê ou Jakkals.  “Ek het ou Wolf gister gestuur om vir my ‘n bobbejaan te gaan vang en hier kom hy nou net met een aan.  Maar die ou kees lyk vir my so oud en taai asof hy in Noag se ark was.”

Hy staan op en swaai die byl deur die lug.  Ou Bôgom knip sy ogies benoud en gee net één sprong, maar hy slaan hard teen die grond langs ou Wolf neer.

“O, jy wil my vir ou Jakkals kom gee, né!”  Hy ruk en pluk en gaan so te kere dat ou Wolf net moet vastrap om nie weggesleep te word nie.

“Jou dwaas!”  skree ou Wolf.  “Jou esel, dis maar net ou Jakkals se leuens om jou bang te maak!”

Maar Bôgom sien hoe ou Jakkals met die byl naderdraf.  Hy gee weer ‘n ruk wat ou Wolf se tande laat klap en daar sleep hy ou Wolf al agter hom aan. Ou Jakkals hardloop agterna en skree:  “Hou jou lyf eenkant toe, neef Wolf, dat ek hom kan bykom!  Hou tog jou lyf bietjie eenkant toe!”

Dit was vir jou ‘n spektakel om te sien.  Ou Wolf probeer om vas te trap, maar Bôgom sleep hom oor die bult dat die stof so staan.  Jakkals kyk hulle agterna en lag totdat die trane loop.  “Ek dink daardie twee sal my nie gou weer pla nie”, sê hy en gaan aan om met sy skerp byl jukskeie te kap.

Arme ou Bôgom se stert was baie seer.  ‘n Mens kan nou nog die kinkel daarin sien, want tot vandag toe het dit nog nooit weer reguit gegroei nie.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1338 gaste aanlyn