NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u geweet die Nuwe Testament se oudste manuskripte dateer om en by die einde van die 2de eeu n.C.? Daar bestaan geen oorspronklike Griekse teks nie, maar slegs kopieë van manuskripte.  Ons is egter baie gelukkig om manuskripte te hê wat 100-150 jaar ná die oorspronklikes gekopieer is.

DIE VOËLS HET GEEN KONING

BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Elke jaar wanneer die somer verby is, vlieg daar duisende voëls na ander lande en bly daar tot die winter hier verby is voordat hulle weer terugkeer.  Die voëls wat nie saamgaan nie noem hierdie trekvoëls die “Uitlanders.”  Hulle is baie ontevrede omdat hierdie voëls elke somer die room van die land kom wegvreet en wanneer die winter aankom, hulle vleuels in die wind slaan en maak dat hulle wegkom.
Daarom het die Afrikaanse voëls besluit om ‘n koning te kies, sodat hy die uitlanders kan beveel om met hulle speletjie op te hou en hier te bly of anders heeltemal weg te bly.

Hulle het met mekaar gepraat en kom toe almal bymekaar vir ‘n groot raadsitting.  Maar hulle kon nie koers kry nie want die een sê dit en die ander dat, totdat hulle naderhand besluit om ‘n slim persoon se raad te vra.  En raai, dis toe niemand anders as ou Jakkals nie.

Hulle kon ou Vossie nie dadelik in die hande kry nie, want ou Erdvark het vir Jakkals na ‘n bierdrinkpartytjie genooi, wat ‘n paar dae lank aangehou het.  Toe het ou Aasvoël, wat graag koning wou word sy kans waargeneem om dinge ‘n bietjie uit die lug te bekyk.  Hy hang daar reg bo ou Erdvark se kraal, waar die bierdrinkery aan die gang was.  Hy bly daar in die lug totdat hy sien ou Jakkals kyk op en sien hom.  Daarna gaan sit hy kort agter die bult vir Jakkals en wag, want hy weet goed ou Vossie sal nou daar kom rondsnuffel omdat hy dink Aasvoël het daar by vleis gaan sit.

En daar kom ou Jakkals.  “Ja Aasvoël, waar is die vleis?”
“Daar is nie nou vleis hier nie, maar daar sal baie wees as jy net ‘n paar dae lank my vriend sal wees.”

Ou Jakkals is só vol bier dat hy nie helder kan dink nie.  Hy begin lag.  “Ai toggie!  Jou vriend?  En waarom nogal?”

“Jy sien, die voëls gaan ‘n koning kies en hulle het besluit om vir jou in te roep om vir hulle te kom sê hoe hulle die koning kan kies.  Jy moet vir die voëls iets gee om te doen en dié een wat dit die beste doen, sal koning wees.  Daarom het ek met jou kom praat.”

“O ek sien,” sê Jakkals.  “Is jy deur die voëls afgevaardig, of kom jy vir jouself praat?”
Ou Aasvoël vererg hom toe ou Jakkals so reguit praat.  Hy swaai sy lyf kordaat en brom:  “Dink jy dan nie dat ek net die regte voël is om koning te wees nie?  Ek dink dit sal my baie goed pas.”

“Ag aardetjie tog!  Jy dink so, hé?”  Hy druk sy neus tussen sy voorpote in en huil soos hy lag.
Ou Aas se vere begin te rys.  “Natuurlik dink ek so.  Kom, praat nou verstandig.  Dit sal jou beter betaal om my te help as vir een van die ander.”

Ou Jakkals is vol bier, maar hy is nie só beneweld dat hy die woord “betaal” nie gehoor het nie.  “Wat gaan jy my betaal?” vra hy.

“As jy my koning maak, sal elke voël wat vleis eet vir jou die helfte daarvan gee.  Wat sê jy?  Kan jy ‘n beter aanbod van enige ander voël kry?”

“Ja ou Aas, dis nie sleg nie, maar wat moet ek doen dat die ander voëls jou hulle koning maak?  Het jy ‘n plan?”

“Ja, wanneer al die voëls van die raad jou vra hoe hulle kan vasstel wie koning moet wees, dan sê jy dat voëls vlerke het om in die lug te kan vlieg.  Daarom moet die voël wat sy werk die beste kan doen en die hoogste kan vlieg, die koning wees.  Dis tog regverdig, nie waar nie?”

“Ja, dit klink goed,” sê Jakkals.  “Ek beklink die koop.  Maar jy moet maar vir die ander voëls vra of dit regverdig is.  En nou gaan ek terug na die lekker bierpartytjie!”

Toe Jakkals uit die oog is, sê ou Aas:  “Ek het daardie ou skelm hierdie keer lekker gevang.  Wag maar tot ek koning is.  Ek sal daardie voëls darem lekker in die lug rondjaag!”  Toe vlieg hy weg.

Op pad na sy bierpret, ontmoet Jakkals vir Tinktinkie.  “Môre oom Jakkals,” sê hy ewe kordaat.

Ou Jakkals is haastig om by die bierpotte te kom.  “Gee pad, ou skaduweetjie, of ek blaas jou weg met die wind van net een oogknip!”

“O so?  Is dít hoe die wind waai?  Ek kom jou raadpleeg oor daardie storie van die voëls se koning. Maar as jy jou so ongepoets gedra, sal ek dit maar op my eie gaan doen en dan sal ek nie iets aan so ’n domkop soos jy skuld nie.”

“Koning van die voëls!”  Ou Jakkals gaan sit en skater dit uit van die lag.  “Ja, loop tog en gaan wees koning oor al die voëls, oor ou Aas en oor ou Wituil en oor die hele boel!”   Hy rol soos hy lag.

“Ja, en oor al daardie onnosel stommerikke soos jy!” skree Tinktinkie.  Hy raap hom op en pluk ‘n bek vol hare uit ou Jakkals se stert.  “Wat sê jy nou?”  Hy vlieg buite ou Jakkals se bereik.
Jakkals spring op asof weerlig hom getref het.  “Jou klein skurk!  Ek sal jou koning van die voëls op 'n ander plek gee  as ek jou in die hande kry!”

“En ek sal jou koning van die voëls wys voor ek met jou klaar het!” weergalm Tinktinkie se skril stemmetjie.  “Ek sal jou wys hoe ver van slim af jy is !”  Toe vlieg hy weg na die plek waar hy ou Aasvoël sien uitkom het.  Hy weet dat ou Jakkals ook daar was.

Toe Jakkals en ou Aasvoël met hulle knoeiwerk besig was, het hulle nooit vir Spaansvlieg raakgesien wat daar doodstil onder ‘n bossie gesit het nie.  Spaansvlieg was ‘n bietjie skaam oor haar voorkoms en het maar doodstil gesit en wens dat die twee swape moet weggaan, sodat sy tevoorskyn kan kom.  Toe hulle weggaan, kom sy uit en begin rond te pronk, maar sy voel ontsteld oor die slordigheid van haar rokkie.  En toe kom Tinktinkie daar aan.

“Ag nee, hoe kan jy so skielik op my afkom?  Jy dink seker jy is die grootste voël en nie die kleinste een in die hele wêreld nie, klein parmant?”

“O, jy hoef nie daaroor te treur nie,” sê Tinktinkie.  “Ou Aasvoël mag die grootste voël wees en hy het seker hier met jou kom praat, maar ek kan hom enige dag uitklop.”  Die klein haantjie strek eers die een vlerk en toe die ander, asof hy wil sê:  “Kyk net!”

Spaansvlieg is nie beïndruk nie.  “Ja,”  sê sy, “maar wag tot ou Aasvoël koning is; dan sal jy moet sag praat, meneer Tinktinkie.”

“O, dan het ou Aas vir jou gesê hy gaan koning word?  Dit sal ons eers moet sien.  Miskien is daar iemand wat daaroor ‘n woordjie te sê het.”

“Ag,” sê Spaansvlieg,  “waar het jy al ooit so ’n parmantigheid teengekom?  Dink jy dalk jy gaan koning wees?”

“En wat is daarmee verkeerd?  Ek is enige tyd net so ’n man soos ou Aasvoël.”

“Ek hoor jy sê so, en jy is parmantig genoeg om so te dink.  Maar wag tot jy dit moet wys.  Die voël wat die hoogste vlieg, gaan koning wees.  Ek het dit gehoor toe ou Jakkals en ou Aas hier was.  Wat sê jy nou?  Miskien dink jy dat jy hoër as ou Aasvoël kan vlieg.  Jy het verbeelding genoeg daarvoor.”

“En ek is ook mans genoeg.  Wag maar net en jy sal sien of dit nie so is nie.”

“Ek gee nie om wat jy is nie.  Maak tog net dat jy hier wegkom en praat nie weer met my voordat jy nie vir ou Aasvoël geklop het nie.”

“En dan sal ek koning wees,” sê Tinktinkie en hy vlieg weg.

Die dag breek aan dat die voëls ‘n koning moet kies.  Die  voëls bring  ou  Jakkals  voor die raad en vra  hom hoe hulle dit moet doen.  Ou Aas kyk Jakkals skerp aan en hy glimlag.  “Daar is maar net een manier waarop julle dit kan vasstel,” sê hy.  “Voëls het vlerke om in die lug te vlieg.  As dit nou is waarvoor ‘n voël gemaak is en as dit nou van hom ‘n voël maak, is dit niks meer as reg nie dat die een wat die werk van ‘n voël die beste kan doen, die beste voël is.  As julle dan nou ‘n koning wil hê, moet die beste voël koning wees.  Die een wat die hoogste kan vlieg, daardie een is koning.”

Daar was ‘n aantal voëls wat graag iets daarteen wou sê, maar ou Jakkals het sy toespraak op so ’n ingewikkelde manier voorgedra dat hulle nie weet hoe om te begin nie.  Hulle sê toe maar:  “Goed.”  Hulle sê dit, maar hulle dink dit nie.  Almal gaan staan in ‘n ry.  Hulle merk nie op dat Tinktinkie nie daar is nie.

“Is julle almal gereed?” vra ou Jakkals.  “Ja,” sê hulle.  “Spat dan!” sê hy en hulle spat weg.  Hulle vlieg hoër en hoër en hoër.  Patrys gee eerste op en toe ou Flap.  Korhaan begin te dink dat dit dwaasheid is en sy val uit.  Hulle kom een na die ander af tot daar net één in die lug oorbly.  Dit is ou Aasvoël.  Hy vlieg hoër en hoër totdat hy nie meer hoër kan gaan nie.  Hy kyk grond toe en roep:  “Hoe lyk dit vir julle?”  Die voëls kyk op en ou Jakkals skree:  “Jy het gewen!  Jy het die hoogste gevlieg!”

“Het hy?” roep ‘n stemmetjie.  Hulle kyk almal op en daar spring Tinktinkie uit.  Hy het al die tyd onder ou Aasvoël se vlerk weggekruip.  Hy vlieg ‘n entjie bokant ou Aasvoël en begin te sing:  “Waar kom ek dan in, ek, Tink, tink, tinkie!”  Dan vra hy:  “Hoe lyk dit nou?”

Ou Aasvoël kyk op.  “Hier jy, klein vent, wat maak jy daar?”    
“Ek vlieg hoër as jy en dit maak my koning.”
“Koning!  As ek jou net kon bykom, sal ek vir jou koning gee.  Kom af, op die daad!”
“O,” sê Tinktinkie, “jy sê nou self dat jy nie so hoog soos ek kan vlieg nie.  Dis genoeg.  Ek is nou koning!”  Hy kom af met sy tink, tink, tinkie totdat hy grondvat.  Toe staan hy daar ewe kordaat en sê:  “Koning Tinktinkie.  Dis wat ek is!”

Die ander voëls kom almal nader en wag dat iemand iets moet sê.  Maar Tinktinkie spring hulle voor.  Hy wip tot voor ou Jakkals en stoot sy bors uit.  “Wel, oom Jakkals, wie is die slimste vandag?”

“Ek wens dat ek een van die voëls was wat jy so gekul het.  Dan sou ek vir jou gewys het wat slim beteken.”

Ou Aasvoël strompel nader en vra:  “Wie is koning?”
“Die een wat die hoogste gevlieg het,” sê Bloukraan.
“En dit is ek,” sê Tinktinkie en hy pronk voor ou Aasvoël.
“Kyk hier,” sê ou Aas, “as jy nou net nog een woord meer sê, sluk ek jou in!”
“O jy sal, né?  Goed ek sê:  Een woord meer, een woord meer!”

Ou Aasvoël bekyk Tinktinkie ‘n oomblik lank, en toe duik hy om hom beet te kry, maar ou Aas is so lomp en Tinktinkie is so rats dat ou Aas kort-kort neerslaan as Tinktinkie vrolik om hom heen en weer dans.  Hy kom weer regop en sê:  “Voëls, gaan ons dit verdra, en gaan hierdie klein skurk koning oor ons wees?”

“Dit sal ons nie toelaat nie,” sê Wituil.
“Is ék dan koning?” vra Aasvoël.
Maar dit wil hulle ook nie hê nie, want elkeen van hulle wil graag self koning wees en gun niemand anders om dit te wees nie.  “Nee,” sê hulle, “die een wat die hoogste gevlieg het, moet koning wees en ons het self gehoor toe jy erken het dat jy nie vir Tinktinkie bokant jou kon bykom nie.”
“Wat gaan julle dan doen?” kerm ou Aas.
Toe sak al die voëls op arme ou Tinktinkie toe en gooi hom in ‘n erdvarkgat.
“Laat Wituil hom oppas, want hy het die grootste oë,” sê Jakkals.

Met Wituil voor die erdvarkgat en Tinktinkie binne-in, gaan die voëls toe weer na hulle bymekaarkomplek om te besluit wie hulle koning moet wees.

Tinktinkie se vrolike stemmetjie weergalm uit die gat:  “Ai, dis ‘n heerlike koel plek hierdie!  Ek gaan nou lekker uitrus, want as julle klaar beraadslaag het en my tot koning verklaar, sal ek baie besig wees om julle spul voëls te regeer en te beveel en rond te kommandeer!”

“Bly stil, jy pla my!” sê Wituil.

Na ‘n rukkie begin Tinktinkie te gaap.  Sy oë val toe en hy maak of hy slaap.  Wituil sien dit en dit stel hom gerus.  Die son is warm.  Dit maak hom lomerig en na ‘n rukkie slaap hy vas.  Tinktinkie kruip soetjies by hom verby en maak dat hy wegkom.

Na ‘n rukkie skrik Wituil wakker toe hy die ander voëls hoor aankom.  “Wat het julle besluit?” vra hy.

“O, Aasvoël kan nie koning wees nie, want hy kon nie hoër vlieg as Tinktinkie nie.  Maar Tinkie kan ook nie koning wees nie, want hy is te klein.  Maar daar moenie misverstand kom nie.  Daarom gaan ons hom nou ophang.  Haal hom uit die gat!” Maar Tinktinkie was nêrens nie.

Toe die voëls besef dat Wituil die klein ventjie laat ontsnap het, was hulle woedend en sak op hom toe, maar hy duik net betyds in die gat in en sit toe ewe veilig daarbinne waar Tinktinkie gesit het.  Nie een van die voëls wou hom gaan uithaal nie, want Wituil se kloue en sy snawel is baie skerp.  Hulle het maar voor die gat waggehou tot dit donker geword het en toe gaan slaap.  Daarna het Wituil uitgekom en vir hom gaan kossoek.  Maar toe dit weer dag word, het hy in die digte bosse gaan wegkruip, omdat hy vir die ander voëls bang was.

Hy doen dit vandag nog.

En die voëls is steeds sonder 'n koning want elkeen het sy eie talente en kan nie met mekaar wedywer nie.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1425 gaste aanlyn