NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Langenhoven het goeie raad oor hoogmoed en nederigheid: jy mag maar hoogmoedig wees onder jou meerdere maar jy moet nederig wees onder jou mindere; só sal jy minstens nie jou eie waardigheid of ander s'n kwes nie. Hy herinner ons ook dat nederigheid nooit kan val nie...

JAKKALS EN WOLF STEEL SKAPE

BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Die swaar tyd van die runderpes was gelukkig verby, maar wild was nog baie skaars, sodat Jakkals en Wolf albei aan ‘n knaende vleishonger gely het.  Jakkals het amper dag en nag geloop en dink hoe hy vleis in die hande kon kry.  So af en toe was hy gelukkig genoeg om ‘n hasie te verras wat nie vinnig genoeg kon wegkom nie en selfs muise het naderhand lekker gesmaak.

Daar was ‘n boer, nie baie ver daarvandaan nie, wat ‘n klompie lekker vet skape gehad het.  Dit sou vir Jakkals maklik wees om die kraal in die nag te besoek en hom trommelvol aan skaapvleis te eet, maar ou Vossie weet goed dat die boer dan die volgende dag, wanneer hy die skade wat aan sy kudde berokken is, ontdek, sy honde sal neem om die skelm te gaan soek. Hy sal dan onkapabel wees om weg te hardloop, want hy sal só vol vleis wees dat hulle hom maklik sal vang.

Onderwyl hy loop en planne maak hoe om die vleis te bekom sonder om gevang te word, kom ou Wolf soos gewoonlik in sy gedagte.  Ja nee, hy moet ou Wolf hierby insleep om vir hom die kastaiings uit die vuur te krap.  Hy begin dadelik ronddraf en rondloer of hy ou Wolf nie gewaar nie.  Toe hy hom sien, sak hy dadelik op sy pens neer en maak of hy iets bekruip.  Ou Wolf het hom gesien en hou hom nuuskierig dop.  “Ek wed daardie ou skelm is agter iets goeds aan,” dink ou Wolf.  “Ek gaan hom agternasit en kyk of ek nie ook iets kan kry nie."

Ou Jakkals maak of hy hom nie sien nie en kruip maar aan in die rigting van die skaapkraal.  Hy gaan lê agter ‘n groot klip.  Ou Wolf kom aangesluip tot hy skielik op ou Jakkals afkom.  Hy skrik hom asvaal en weet nie wat om te sê nie.

“O, dis jy, né!  En jy kruip al agter my aan!  Ja nee, ek het altyd gesê jy is die slimste ou takhaar hier in die onderveld.  Kyk, dit was baie skelm van jou om my so te bekruip, maar nou is die koeël deur die kerk en moet ek jou maar in die geheim inlaat.  Sien jy daardie kraal?  Dis vir hom wat ek in die oog het.  Maar ek gee nie om nie.  Daar is genoeg vir ons altwee en vir nog een en veertig, en vanaand is net so goed soos môreaand.”

Ou Wolf voel vreeslik skaam dat ou Jakkals hom so uitgevang het, maar hy is bly dat hy so goedkoop daarvan afkom.  Hy sit kop onderstebo en trek ‘n nors gesig sodat Jakkals dit nie moet agterkom nie.

“Daar is genoeg vir ons twee?  En hoeveel is dit?”

“Jy kan hulle tel wanneer hulle vanaand kraal toe kom.  Wag net hier en jy sal sien hoe hulle die kraal sommer wit maak.  En vet!  Hulle dril van vet wanneer hulle loop.”

Ou Wolf voel of sy mond wil begin water.  “Is hulle só vet?  En is jy seker dat ons hulle kan bykom?”

“Hulle kan bykom?  Ag man, wag net so ’n rukkie.  Dan sal jy sien of ons hulle kan bykom.”
Hulle sit en wag.  Die son gaan onder en daar kom die skape die kraal in en die boer kyk hulle deur.  Dan maak hy en die wagter die kraalhek dig toe en gaan huis toe.

Ou Jakkals wag tot dit pikdonker is voor hy sê:  “Kom ons gaan.”  Hulle beweeg soos skaduwees en kom by die kraal.  Hulle mage is só dun van die honger dat hulle sommer losklou oor die kraalmuur spring.  Elkeen gryp ‘n slapende skaap, byt hom dood en begin eet. Die leë mage word naderhand vol en ou Jakkals loop na ‘n skuiwergat in die kraalmuur om te meet of hy nog daar sal kan deurkom, as hulle moet vlug.

“Hier jy!  Wat maak jy daar by die skuiwergat?” roep ou Wolf.
“Ek kom maar net kyk of die boer nie aankom nie.  Hierdie skape blêr so hard.”  Hy voel tevrede dat hy nog sal kan deurglip en gaan terug om nog ‘n bietjie weg te lê aan die heerlike vleis.  Na ‘n rukkie gaan hy weer meet, maar toe hy ‘n derde keer weer daar kom, voel hy dat hy skaars sou kon deurskuur.  Hy voel vreeslik jammer dat hy soveel vleis in die kraal moet los en beur met moeite deur die skuiwergat na buite.

Jakkals weet dat hy nou met boer en sy honde moet rekening hou en daarom het hy vir ou Wolf  in die prentjie laat kom.  Hy weet dat ou Wolf nog aanhou met eet en dat hy skaars deur die hek sou kom, al was hy ook oop.  Maar deur die skuiwergat sal hy nie kom nie, al kry al die honde hom ook aan sy stert beet.

Dis waarop Jakkals gereken het.  Hy kruip versigtig onder ‘n deurmekaarbos in wat naby die kraal staan en skree tweemaal net so hard as wat hy kan:  “Boer, boer, ou Wolf is in jou skaapkraal!”
“Ja nee kyk, nou is ek veilig,” dink hy.  “Die boer en sy honde sal ou Wolf in die kraal kry en sien wie die kwaad gedoen het.  My maag is so vol dat ek skaars kan loop en glad nie kan hardloop nie.”

Maar hy moes tog sorg dat hy daar wegkom, want die boer het die geskree gehoor.  Hy en sy werkers en sy honde kom na die kraal aangehardloop.  Ou Wolf hoor hulle kom en spring na die skuiwergat en duik in.  Sy kop gaan deur, maar toe sit hy vas en voordat hy kon begin spartel, kry boer hom aan sy stert beet en pluk hom weer in die kraal in.

Arme ou Wolf!   Toe die boer en sy honde met hom klaar is, gooi sy werkers hom soos ‘n lewelose ou skaapvel oor die kraalmuur.  Daar lê hy toe soos die dooiste ding wat ooit gelewe het.  Daarna is die boer, sy werkers en sy honde weer huis toe om te gaan slaap.

Ou Jakkals was naby genoeg om dit alles te sien.  Teen dagbreek begin ou Wolf se een been roer.  Met sonop roer sy stert en dit was nie lank nie of hy skraap alles wat van hom nog oor was, bymekaar en hy sluip stadig en kreunend van die kraal af weg, want hy weet die boer sal netnou terugkom om hom af te slag en ‘n karos van sy vel te maak.

Ou Jakkals sien vir Wolf stadig voortsukkel en hy besef dat hy self ook moet huis toe gaan.  Maar hoe moet hy dit doen? Sy maag is so vol dat hy skaars kan loop.  Maar waarvoor is ou Wolf dan daar?  Wolf sal hom moet huis toe dra.

Ou Wolf sleep sy gepynigde ou lyf moeisaam huis se kant toe.  Skielik kom hy op ou Jakkals af.  Hy lê op sy rug met sy pote in die lug en dit lyk of hy ‘n myl anderkant dood is.  “So by my kool,”  sê ou Wolf,  “dood of nie dood nie; ek gaan sy oor afbyt.  Dit sal hom leer om die boer en sy honde op my te sit.”

Ou Jakkals het hom gehoor en hy maak sy oë oop.  “O só né?  Dit is hoe jy my wil betaal omdat ek jou saamgeneem het en jy geëet het tot jy wil bars.  Jy vreet eers klaar en dan skree jy:  ‘Baas, baas, ou Jakkals is in die skaapkraal!’  En dan kom hy met sy honde en maak my die dooiste Jakkals wat jy nog ooit gesien het.  As ek ooit weer gesond word, sal ek jou  nooit weer vertrou nie.”  Ou Jakkals gee ‘n paar skoppe en dop sy oë om asof hy sy laaste asem uitblaas.

Ou Wolf is so verbaas dat hy op sy stert gaan sit.  “Kyk, ek gaan dol word.  Ek het jou met my eie ore gehoor skree, ‘Wolf is in die skaapkraal’, en nou wil jy sê dis ek wat geskreeu het.  Dis darem te erg.”

“Wil jy sê dat ek jou nie gehoor skreeu het dat ek in die kraal was nie?”  brom Jakkals.
“En wil jy sê dat ek jou nie gehoor skreeu het dat ek in die kraal was nie?”  brom ou Wolf.
Ou Jakkals maak skielik asof hy skoon dronk-geslaan is.  “Kyk hier, oom Wolf, hierdie ding lyk baie snaaks.  Iemand moes geskree het dat ons in die skaapkraal is, of hoe het die boer daar gekom?  Wie kon dit wees as dit nie jy was nie?  Of anders … so by my siel, dit was seker daardie ou bobbejaan.  Ek het hom daar by die huis aan ‘n ketting gesien en hy het my suur aangekyk omdat ek vry is en hy nie.  Maar ek kan dit nie glo nie.  Kan jy?”

Ou Wolf dink aan al die kattekwaad wat ou Bobbejaan al aangevang het.  Naderhand is hy seker dat ou Bôgom die skuldige is en hy wil die ou sommer daar en dan gaan bykom.

Ou Jakkals keer.  “Ja, maar ons moet eers huis toe gaan.  Jy kan nog loop, maar ék, ek weet nie wat om te doen nie.  Ek voel so naar.”

Ou Wolf dink diep.  Hy voel ook vreeslik naar, maar ou Jakkals het tog die lekker skaapvleis met hom gedeel en hy het hom vol geëet.  Hy gaan nie so ‘n ou maat in die steek laat nie.  “Wel,” sê hy, “ek voel ook baie naar, maar as jy op my rug kan klim, sal ek probeer om jou huis toe te dra.”

“Ag nee, jy lyk so naar!  Sal jy dit kan doen?”  Ou Jakkals frons asof hy wil steun, maar dit is net om ‘n lag te onderdruk.  “Ag dankie tog, jy sal my maar moet dra.  Ek kan nie loop nie.”

“Klim op man en hou op met praat.”  Hulle spartel en kreun en steun en uiteindelik sit Jakkals hoog en droog op Wolf se rug.  Die ruiter en sy perd sukkel moeisaam aan huis toe.  Die onnutsige Jakkals voel baie plesierig en begin saggies te sing:  “Die sieke dra die gesonde!  Ag hoe lekker tog!  Die sieke dra die gesonde!”

“Wat sê jy?”  Ou Wolf gaan staan en maak gereed om ou Jakkals van sy rug af te smyt.

“O,” sê ou Jakkals, “ek sing maar net, ‘die gesonde dra die sieke’.”

“O, dit het vir my gegaan of dit net andersom was.”  Hy loop weer aan.
Toe hulle naby Jakkals se huis kom, kon die ou Vos hom nie meer inhou nie.  Hy gee ‘n skop en spring oor ou Wolf se kop en begin rondom hom dans en sing weer,  “die sieke dra die gesonde.”
Ou Wolf lê magteloos op die grond, té gedaan om Jakkals by te kom.  “Wag maar tot ek jou weer in die hande kry,” kreun hy.

“Ja, wag maar,” juig Jakkals en hy skater dit uit van die lag.
Ou Wolf wag van daardie dag af glo nog al die tyd dat daar ‘n geleentheid moet kom om ou Jakkals te straf, maar dit het nog nie gebeur nie.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1078 gaste aanlyn