NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is tye wanneer stilte die hardste praat – maak jou mond oop net as jy seker is dit wat jy gaan sê het meer waarde as die stilte.

HASIE KUL VIR SKILPAD

 BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Op ‘n goeie dag loop klein Haas langs die spruit af en sien ‘n helder kuil water waarin ‘n aantal silwervissies swem.  Hy was baie lief vir vis en gaan sit op die wal en dink hoe hy, sonder om in die water te spring, van hulle kan vang.  Toe kom Skilpad daar aan en plomps ewe lui die water in en hang daar met sy kop net bo die water.
Toe Haas hom sien, sê hy:  “Allawêreld Skilpad, maar jy lyk baie tuis in die water, né?”
“Ja, ek is tuis,” sê Skilpad.  Hy draai nie eers sy kop toe hy met Hasie praat nie.  Hy draai net sy een oog half om en dink dis heeltemal genoeg.
“En wat doen jy wanneer jy tuis is?”

“Wat ek nou doen,” sê Skilpad.

Haas swaai sy ore van verbasing.  “Maar jy moet tog eet.  Wat doen jy dan?”

 

“Eet,” sê Skilpad.

“O,” sê Haas, “dan moet jy seker ook af en toe ‘n beweging maak.”

“Ek hoef nie te beweeg nie; ek is op die oomblik besig om hierdie waterbossies te eet.”

“Ag so?” sê Haas.  Hy voel al so knorrig dat hy die grond met sy agterpoot kan skop en oor sy eie skaduwee spring.  “Jy is so lui dat jy liewer bossies eet in plaas van die lekker vissies wat rondom jou swem!”

“Ek eet nie sulke goed nie.  Bossies is baie lekkerder."

“Jy kan al die bossies hou as jy my net die vissies gee.”

“Ja, ek sal die bossies hou en jy kan die vissies hou.”

“Dit is goed,” sê Haas, “maar ek het my Sondagsklere aan en ek kan hulle nie natmaak nie.  Dink jy nie jy kan vir my ‘n paar van hulle vang nie?”

“Wat dink ek?  Ek dink jy mors jou tyd.”

Klein Haas voel al of hy kan slange vang, maar hy hou hom in.  “Kyk hier, as jy vir my ‘n paar vissies vang, bring ek vir jou ‘n klomp heerlike groente van die plaas hier naby.”

“Groente?  Sies!  Ek hou van bossies.”

“En as die bossies opraak?”

“Daar is nog meer bossies in die ander kuil.”

“En as hulle opraak?”

Toe lag ou Skilpad hom byna dood, tot groot ergernis van klein Haas.  “Goed Skilpad,” sê Hasie vies, “vreet maar jou bossies,” en hy spring weg.

Hy gaan nie huis toe nie.  Hy gaan ou Ratel opsoek om by hom heuning te gaan kry.  Maar ou Ratel het nie meer heuning nie.  Al wat in die heuningnes oorgebly het en wat Ratel nie opgeëet het nie, is net ‘n paar druppels en skraapsels, wat Hasie toe in ‘n kalbassie versamel en daarmee terugkeer na ou Skilpad in die waterkuil.

Hasie kom al bokspringende nader.  Hy hou die kalbas met een hand in die lug en klop met die ander hand daarop onderwyl hy sing:  “Hasie Kalabassie, kadoem, doem, doem…!”

Ou Skilpad se bek hang oop van verbasing.  Hasie sien dit en spring nader.  Hy steek ‘n lang veer in die kalbas en met ‘n druppeltjie heuning daaraan, druk hy dit in Skilpad se mond.
“Ai, dis lekker,” sê hy.  “Gee my nog ‘n bietjie.”

“Ag kyk nou!  Vanmôre was jy so onbeskof toe ek vir jou ‘n paar vissies gevra het en nou wil jy van my lekkernye hê, né?  Wat sal jy my gee?”

“Ek sal vir jou vis gee as jy vir my weer van daardie soet goed gee.”

“Goed Skilpad. Vanmôre het jy gelag; nou lag ek.  Ek wil tien vissies hê.”

“Goed,” sê Skilpad.  “Kom binne ‘n halfuur terug, dan sal ek hulle hê.”

Hoe ou veldskilpad so lekker in die water kan boer en hoe hy die vissies vang, weet ons nie.  Maar toe Hasie terugkom, lê daar tien vissies op die wal.  Hy moet hulle nou met heuning betaal.  Hy sê vir Skilpad om sy oë toe te maak en sy mond oop te rek.  Hy stryk die veer stadig deur die ou se mond en steek hom toe vinnig in sy keel af en trek hom weer uit.  “Is dit nou nie lekker nie?” sê hy.

Ou Skilpad rek sy mond nog wyer oop en vra nog meer daarvan, maar Hasie bly in sy keel in afkyk tot Skilpad vra:  “Waar is die ander heuning?”

“Dit is wat ek graag wil weet,” sê Haas.  “Ek het al die heuning in jou keel afgegooi en nou kan ek nie sien waar dit is as ek in jou keel kyk nie.  Dit het seker vinnig deur jou keel gegly en toe in jou maag geval.”

Ou Skilpad kon hierdie verduideliking nie mooi kleinkry nie en vra toe:  “Wanneer kan ek weer heuning kry?”

“Wanneer ek weer vissies nodig het,” sê Haas.

Toe hy die volgende dag weer daar aankom met sy “Hasie Kalbassie, kadoem, doem, doem,” hou ou Skilpad sy een oog op ‘n skrefie oop toe Hasie hom sogenaamd met heuning voer en gewaar toe dat hy maar net een druppeltjie inkry.  Hasie het sy bes gedoen om vir Skilpad weer om die bos te lei.  Maar hy moes uiteindelik erken dat daar geen heuning in die kalbas was nie.  Hy belowe vir ou Skilpad dat hy die volgende dag sommer twee kalbassies vol heuning by ou Ratel sal gaan haal. 

Skilpad is vasberade om saam te gaan, want hy wil hierdie heuning-raaisel nou vir goed oplos.  Elke slag moet hy tien vissies opdok vir net een druppeltjie heuning. Hulle val in die pad, maar toe Skilpad vyf tree geloop het, was Hasie al honderd tree voor hom.  Dan draai Hasie terug en sê:  “As jy nie vinniger maak nie, sal ons nooit by die heuning uitkom nie.”

So het dit ‘n paar keer aangegaan totdat Hasie heeltemal oor die bult verdwyn het.  Skilpad het gesê:  “Ek sal daar uitkom,”

Maar Hasie het nie van Skilpad vergeet nie.  Hy het maar net daar weggebly omdat hy bang was dat Skilpad miskien sou wraak neem oor al die onreg wat hy hom aangedoen het.

Op ‘n goeie dag draf Haas uit die bos op ‘n kaalte uit en sien ‘n plaas voor hom lê.  ‘n Entjie van die woonhuis af is daar ‘n mooi tuin met groot perskebome, wat vol sit van ryp, groot nooiensperskes.  Ou Hasie kry so lus daarvoor dat hy besluit dat hy van die perskes moet hê, kom wat wil.  Hy sien dat die tuin dig omhein is met turksvye- en garingbome, sodat ‘n rinkalsslang skaars daar sou kon deurkom.   Hy sien ‘n klipkoppie agter die huis en tuin en spring weg daarheen.

Onder teen die koppie sien hy twee honde onder ‘n boom lê.  ‘n Seun kom uit die tuin met ‘n hoedvol van die lekker rooi perskes en gaan onder die boom sit om daarvan te eet.  Hasie bekyk hulle goed en kruip toe tussen die klippe en die bossies teen die koppie af tot omtrent veertig tree van die seun af en spring toe uit, maar na ‘n paar tree val hy plat, asof hy vir die seun wil wegkruip.  Die seun gee ‘n skree en spring op.  Hy spoor die honde aan:  “Saa, saa Boelie!  Vat hom, Wagter!”

Dis net wat klein Haas wil hê.  In die tyd wat dit die seun neem om op te spring en die honde agter hom aan te sit, stryk Hasie al die koppie om.  Hy jaag teen die rantjie uit en gaan lê agter ‘n groot klip.  Hy wag tot die seun en die honde verby gestorm het. Toe hardloop hy terug, tel die perskes op en maak dat hy wegkom.

Die perskes smaak so lekker vir Haas dat hy begin te dink hoe wonderlik dit sal wees om sy eiebome te hê, waar hy na hartelus perskes kan pluk sonder om deur honde rondgejaag te word.  Net daar kry hy toe die plan om weer vir Skilpad op

Ou Skilpad was al weer tuis na sy lang staptog om heuning te gaan soek, maar hy lyk nog luier as ooit en hy knip nie eers ‘n oog toe Hasie daar aankom nie.

Haas skree vir hom:  “Kyk hier, Skilpad, ek het ‘n geluk getref!  Ek het perskes, en omdat ek en jy groot maats is, gaan ek nou vir jou die lekkerste een van die twee gee.”

Voordat Skilpad hom kon kry, is hy uit die water en neem die perske wat Haas hom aanbied.  Hulle sit daar op die wal en elkeen eet sy perske met smaak op.

Toe sê Haas:  “Skilpad, ek het gedink ons kan hierdie pitte plant en ons eie bome kweek.  Dan sit ons onder hulle skaduwee en kyk hoe die perskes ryp word.  Wat sê jy daarvan?”

Skilpad stem in en hulle plant die twee pitte.  Die boompies kom op en groei mooi.  Maar toe word dit baie droog en hulle moet elke dag water kry.  Ou Skilpad is van die môre tot die aand besig om in sy mond vir sy boom water aan te dra, maar Haas doen niks.  Uiteindelik is sy boom van droogte dood, terwyl Skilpad s’n vol sit van heerlike groot nooiensperskes.

“As jy nou jou boom ook natgegooi het, het jy ook nou lekker perskes gehad,” sê Skilpad.

“Ja, maar hoe gaan jy daardie perskes in die hande kry om te eet?” 

Ou Skilpad het nie geweet nie, maar hy het darem geweet dat hy nie in ‘n boom kan klim nie.
“Sal jy dit nie vir my gaan afpluk nie?”

Ou Hasie is baie gewillig.  Hy maak hom toe bo in die boom tuis en begin heerlik te smul aan ou Skilpad se perskes.  Maar toe moes jy ou Skilpad hoor skree:  “Hier jy!  Waarom eet jy my perskes?”

“Omdat hulle lekker is!  Vat so, hier is vir jou ook iets!”  Hy laat ‘n pit op Skilpad se neus val.  “Gaan plant die pit, dan sal jy netnou weer jou eie perskes hê en my nie so staan en beloer as ek perskes eet nie.”

Ou Skilpad kry byna die stuipe.  Hy slaan amper hals-oor-kop soos hy skree:  “Klim af uit die boom!  Dis my perskes daardie!”

“Haai, is dit jou perskes?  Klim dan in die boom en kom pluk ‘n paar daarvan voordat ek hulle almal opgeëet het.”

“Jy dink jy’s baie slim, né?  Maar wag ‘n bietjie, ons sal sien.”  Hy draai om en waggel langs die spruit af en gaan haal al die skilpaaie in die omgewing.  Toe Hasie weer afkyk, sien hy hulle het die boom se stam toegepak en hulle knaag met lus daaraan.

“Nou sal ons sien hoe jy gaan lyk as ons met jou klaar is,” sê Skilpad.  Maar Hasie gaan maar aan om perskes te eet totdat daar naderhand niks meer oor was nie. Skilpad sien dit en brul: "Ek gaan al daardie perskes uit jou uitklop!"

Naderhand kraak die boom en Skilpad staan gereed om vir Haas beet te kry, maar toe hy weer kraak en val, wip Haas losvoetig oor al die skilpaaie en skree:  “Wie gaan my nou uitklop?”  Hy skarrel weg en verdwyn oor die rantjie.

Maar die skilpaaie was nog nie klaar met hom nie.  “Ek weet wat hy nou gaan doen,” sê ou Skilpad.  “Hy loop nou net oor die bult en gaan lê onder ‘n bossie en slaap, want hy is só dik geëet aan my perskes dat hy nie meer verder kan nie.  Ons gaan nou ‘n groot kring om hom trek en as hy weer begin hardloop, spring een van ons voor hom op.  Dan spring hy om en hardloop terug, maar een van ons keer hom weer voor.  Hy slaan dan ‘n ander koers in, maar loop hom weer teen een van ons vas, tot hy hom flou gehardloop het.  Dan het ons hom.”

Ou Skilpad se plan het mooi uitgewerk.  Ou Hasie was naderhand so flou gehardloop dat die skilpaaie hom in ‘n kring kon omring.  Gelukkig vir hom, sien hy toe ‘n erdvarkgat en spring daarin.  Die skilpaaie het hulle kring nouer om die gat getrek en hulle klaargemaak om die wag te hou totdat Haas besluit om uit te kom.  “Dan het ons hom mos,” sê ou Skilpad.

Maar die vleigrond waar ou Erdvark hierdie gat getonnel het op soek na uintjies en knolle, was bros en sag.  Hasie het net ‘n ent verder gegrawe en anderkant die skilpadkordon boontoe gekom en laat spat.

Die skilpaaie het baie dae lank tevergeefs rondom die gat gewag.  Ou Skilpad het naderhand vergeet waarom hulle daar waghou.  Toe hy baie honger word, het dit hom bygeval dat daar langs die spruit lekker waterbossies groei en het hy weer na sy ou tuiste teruggegaan.

So het Hasie gewoonlik die meeste diere uitoorlê omdat hy vinnig en slim was, al was hy so vreeslik lui.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1791 gaste aanlyn