NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie kla oor die vuuroond in jou lewe nie.  Miskien wil die Here jou vir iets groots gebruik.  Vertrou Hom tot die dood toe!

JAKKALS KAN NIE BOOMKLIM

BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Ou Jakkals was maar altyd die grootste snuffelaar onder die diere en hy het gou ontdek dat twee Tinktinkies ‘n nessie bo in die doringboom het.  Kos was toe maar skaars en daarom het ou Jakkals skielik vreeslik lus gekry vir tinktinkie-eiers.

Tinktinkie en sy vroutjie het hul nessie in ‘n doringboom langs die rivier gemaak.  Hierdie doringboom het half onder ‘n groot wilgerboom gestaan sodat die wilger sy breë takke oor die doringboom gesprei het.

Ou Jakkals wag toe net tot Tinktinkie wegvlieg om te gaan kossoek en mevrou Tinktinkie ewe rustig op haar nessie sit, toe hy daar aangestap kom en onder die doringboom gaan staan.

Hy begin om met sy naels aanhoudend teen die stam te krap, totdat mevrou Tinktinkie oor die rantjie van die nes loer en vra:  “Wie is daar?”
“Dit is ek,” sê ou Jakkals.
“W-wat wil jy hê?”  vra sy met ‘n bewerige stemmetjie.
“Ek wil daardie eiers hê!” skree ou Jakkals op parmantige toon.  “En maak gou; ek is haastig!”
“O nee, jy kan hulle nie kry nie!” roep sy, maar haar hartjie klop so vreeslik dat sy skaars die woorde kan uitkry.
“O, jy is parmantig, né!” skree ou Jakkals.  “As jy nie dadelik vir my ‘n eier afgooi nie, klim ek in die boom en kom jou met eiers en al opeet.  Maak nou gou!”

Arme mevrou Tinktinkie skrik toe nog groter toe sy hoor dat Jakkals in die boom wil klim en sy val amper self uit die nessie uit.  Sy sien hoe ou Jakkals op sy agterpote teen die stam staan met wydoop bek.  Toe gooi sy maar ‘n eiertjie af.   Hy sluk dit in en lek sy lippe af, voordat hy wegdraf.  Ja-nee, dit was sommer ‘n lekker happie, dink hy.  Hy sal sommer elke dag kom totdat daar geen tinktinkie-eier meer oor is nie.

Toe Tinktinkie weer by die nessie opdaag, tref hy sy vroutjie aan in groot verdriet.  Nadat sy hom alles vertel het, sê hy:  "Het jy dan regtig geglo dat hy kan boomklim?  Hy kan dit nie doen nie, al breek hy ook sy nek.”

Hy neem hom voor om Jakkals ‘n les te leer en gaan die volgende dag self op die eiertjies sit, onderwyl sy vroutjie wegvlieg om te gaan kossies soek.

Dit was ook nie lank nie of ou Jakkals staan toe weer onder die boom en begin om met sy naels teen die stam te krap.  Tinktinkie loer so effens oor die rand van die nes en vra:  “Wie is daar?”
“Ek,” sê ou Jakkals.
“En waarvoor krap jy so?”
“Ek wil nog ‘n eier hê; en jy moet gou maak!”
“Ag hoor ‘n bietjie daar!  Laat ek jou vertel:  Jy het alreeds al die eiers hier weg wat jy ooit hier sal kry!”

Tinktinkie gaan op die kant van die nes sit sodat ou Jakkals hom mooi kan sien.
“O, is dit jy, né?” sê ou Jakkals met grynsende tande.  “As jy nie gou vir my ‘n eier afgooi nie, klim ek hier op en sluk jou, beentjies bek en vere, met net een hap in!”

“Nou toe, kom dan!” roep Tinktinkie en hy spring op ‘n tak.  “Toe kom, jou ou harige skurk, as jy dit ooit sal waag!”  Hy spring rond en stoot sy vlerkies uit asof hy ou Jakkals enige oomblik wil bevlieg en sy oë gaan uitpik.  “Probeer dit net, meneer Jakkals en kyk wat ek met jou sal doen!”
Voor ou Jakkals mooi kon dink wat hy sê, snou hy Tinktinkie toe:  “Ek wens ek kon jou bykom, ventjie, dan sluk ek jou en jou eiers met een hou in!”

“Hoor hoe praat so ’n ou papbroek!  Ek weet goed jy kan boomklim, maar jy is te bang om te probeer.  Ek sal jou leer om arme klein moedertjies van hul eiertjies te beroof, jou ou skelm!”
Ou Jakkals is woedend daar weg en Tinktinkie het geswel van trots oor sy manhaftige gedrag.  Toe sy vroutjie terugkeer, vertel hy haar wat gebeur het en sê dat sy ou Jakkals ook so moes trotseer het.  Sy neem haar voor om dit te doen as hy haar weer kom pla.

Ou Jakkals let fyn op wie gaan kossoek en wie op die nes sit.  Mevrou Tinktinkie hoor weer ‘n gekrap aan die boomstam.  Sy probeer haar stem grof maak om vir Jakkals te sê hy moet maak dat hy wegkom, maar sy het skaars twee woorde uitgekry voordat sy in ou Jakkals se tande vaskyk.  Hulle lyk so skerp en ou Jakkals lyk so wreed dat sy van skrik begin bewe.
“Gooi daardie eier af of ek kom van jou wors maak,”  sê ou Jakkals.

Mevrou Tinktinkie val byna uit die nes van skrik, maar sy sê tog vir Jakkals:  “Jy kan nie boomklim nie.”
“O, ek kan nie, né?” sê  hy en laat sy hare rys.  “Kyk of ek dit kan doen of nie!”

Hy gee ‘n geweldige sprong tot halfpad teen die stam op.  Arme mevrou Tinktinkie skreeu van angs want sy dink dis nou klaarpraat met haar en haar eiertjies.
“Gaan jy nou daardie eier afgooi of nie?”  skree ou Jakkals.
“Ja, hier is dit, vat dit, vat dit!” kreun sy en gooi die eier af.  Ou Jakkals vang dit in sy bek en sluk dit in.  “Wanneer ek weer kom, raai ek jou aan om gouer te maak.  Ek sal nie weer twee keer vra nie,” sê hy en stap die bos in.

Arme mevrou Tinktinkie se hart was stukkend en sy het aanhoudend getreur oor die verlies van haar eiertjies.  Toe sy dink wat Tinktinkie gaan sê as hy huis toe kom en ontdek dat ou Jakkals weer met ‘n eier weg is,  kon sy nie langer op die nes bly sit nie.  Sy dink skielik aan haar tante, ou Reier, en vlieg weg om haar te gaan soek en raad te vra.  Sy kry tant Reier in  die vlak water waar sy paddas vang en vertel haar alles.

”O so?  Dan is ou Jakkals al weer besig met kwaaddoen,” sê ou Reier.  “As hy dan sy neus in ons sake wil steek, is dit hoog tyd dat ek hom ‘n deeglike les leer.  Gaan jy nou maar huis toe en gaan sit weer op jou nessie.  Ek sal môre nog voor ou Jakkals daar by jou wees.”

Die volgende môre sit mevrou Tinktinkie weer op haar nessie.  Tant Reier is ook daar.  Sy sit hoog verskuil in die wilgerboom, regoor die nessie van die Tinktinkies.

Dit was ook nie hoe lank nie of ou Jakkals was weer daar. Hy begin weer kordaat teen die boomstam krap en sê:  “Gooi my ‘n eier af, of ek kom jou opeet.”

“Maak asof jy ‘n eier afgooi,” fluister tant Reier.

“Mevrou Tinktinkie maak asof sy dit gaan doen en sê:  “Goed Jakkals, hier is dit.”

Ou Jakkals staan gereed op sy agterpote en maak sy bek wyd oop.  Hy knyp sy oë toe.  Hy verbeel hom hy proe al die heerlike smaak van daardie eier!  Op daardie oomblik leun tant Reier effens vorentoe.  Sy maak haar snawel oop en gooi ‘n vet ou spartelende platanna-padda agter in ou Jakkals se keel.

Dit was nou 'n spektakel! Ou Jakkals begin stik en hy probeer skreeu.  Toe spring hy op en rol op die grond rond.  Hy probeer die padda uithoes, maar daardie ou vet platanna het kop eerste in sy keel afgeduik en hy skuif al verder tot hy in Jakkals se maag te lande kom.  Hy voel ‘n vreeslike gewriemel en geskop in sy maag en hy skrik so groot dat hy daar wegspring en begin hardloop dat die stof so staan.  Elke keer as die padda opnuut in sy maag amok maak, skrik hy nog groter en laat waai so vinnig oor die bulte dat hy net hier en daar grondvat.  Hy het later so opgeswel dat hy net kon rol.  Toe hy eindelik weer tot sy sinne kom, kon hy nie eers meer onthou watter dag van die week dit was nie.

Wanneer die voëls ou Jakkals nou raakloop, begin hulle gereeld te snater.  Hulle vra vir hom of hy van tinktinkie-eiers hou en dit maak hom so skaam dat hy nie sy stert wil oplig nie.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2064 gaste aanlyn