NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bejaardheid moet positief benader word – ongelukkig is daar te veel bejaarde mense wat depressief raak en baie ongelukkig is omdat hulle opgehou het om met hoop en verwagting na die toekoms te kyk, en in die verlede begin terugkyk het waar daar net frustrasie en nutteloosheid is. Sorg dat daar altyd iets is om te doen, bly besig en sien daarna uit.

DIE BUFFELJAG

BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES

Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies

Die buffeljag het nie deur mense plaasgevind nie, maar deur Jakkals en oom Leeu.  Jakkals was altyd oom Leeu se lyfwag as hulle gaan jag.

Eendag sê oom Leeu:  “Kom Jakkals, die tante wil biltong maak.  Ons moet vir haar ‘n buffel gaan skiet.”

“O, ja, oom,”sê Jakkals, “wag net tot ek  gou my pyl en boog gaan haal.  Oom kwes miskien ‘n buffel, en oom weet, dan is hy eers gevaarlik; dan storm hy ons en dan moet ek mos daar wees om hom die doodskoot te gee.”

“Nou ja, maak dan gou, jou klein bog.”

Een, twee, drie is Jakkals weer by en daar loop hulle.   Jakkals hol die hele wêreld vol.  Hier skiet hy na ‘n mossie en daar na ‘n meerkat.

“Hou nou op om so rond te hol, Jakkals,” sê oom Leeu.  “Ek sien hier baie buffelspore. Gaan loer oor daardie rantjie of  jy iets gewaar.”

Jakkals kruip op sy maag en toe hy bo kom, wink hy opgewonde vir oom Leeu en wys met sy vinger waar die buffels ‘n paar honderd tree agter die rantjie staan.  Oom Leeu kruip nader en lê versigtig aan met sy ou sanna, terwyl Jakkals net so ernstig korrelvat met sy pyl en boog.  Toe die skoot klap, spring hy op en sien hoe die groot buffelbul teen die grond neerslaan. Soos die wind is hy by hom, vat korrel en skiet ‘n pyltjie in die buffel se linkeroog.  Toe oom Leeu daar kom, spring Jakkals  opgewonde rond en skree:  “Dis mý skoot, oom Leeu! Ek het die korrel op sy oog.  Dis mý buffel!”

“Ag loop, jou klein vabond, sê oom Leeu, “die buffel het dan met sy regteroog na ons kant gestaan.”

Oom Leeu soek in sy sak na sy jagmes om die buffel af te slag.

“Ag Jakkals, ek het my mes by die huis laat lê.  Maak gou en gaan vra vir die tante my mes. Toe nou. Die son sit al laag.  Ek sal so lank hier bly en die aasvoëls weghou.”

Jakkals draf teësinnig die lang pad terug.  “Jou ou vabond,” dink hy, “jy wil my mos hiet en gebied net of ek jou slaaf is, né?  Maar vanaand gaan ek jou nog ‘n streep trek!”

Hy gaan by ‘n bos verby en skrik toe die wind ‘n wit ding by hom verbywaai, maar dit was net ‘n blad uit ‘n kladboek wat een van die skoolkinders daar laat val het.  Hy tel dit op om te bekyk en toe hy die gekrap daarop sien, kry hy ‘n plan.  Hy wil hom doodlag, toe hy die papier in sy bladsakkie steek.  Hy hol eers gou huis toe en neem ‘n groot sak saam en sit af na tant Leeu se huis.

“Naand tante,” sê hy.  “Nee tante, ons het nog niks gekry nie en dis so ver van die huis af, oom Leeu sê hy sal maar vanaand daar slaap.  Ek moet net kom kos haal; hier is sy brief.”

Jakkals weet goed dat tant Leeu nie kan lees nie.  Hy maak of hy die brief wil oorhandig, maar sy sê: “Ag Jakkals, lees ‘n bietjie wat daar staan; ek het my bril verloor.”

Jakkals vou die brief  plegtig oop en begin kastig te lees:  Hom-tom-tê, oom Leeu het gesê:  Tien span van daardie wors wil hy hê.

Wat! So baie? Daar bly byna niks oor nie”,  sê tant Leeu toe sy teësinnig die stuk wors vir hom gee.  Onderwyl hy dit in sy sak stop, kyk hy rond en sê:  “Dis nie al nie tante. Hier staan nog meer in die brief.” Hy lees plegtig verder:  Hom-tom-tê, oom Leeu het gesê, daardie speenvark wil hy hê.

“Wat!”sê die tante.  “Jy het dan al die wors, waarvoor wil jy dan my lekker speenvark hê?”  “Nee ek weet nie, tante. Hy is seker baie honger, en tante weet as hy honger is, kan hy byna iets oorkom, so boos word hy.”  Sy gee hom die speenvark en Jakkals stop dit in sy sak

“Ek dink dis al, tante, “sê hy.  Skielik val sy oog op nog iets in die huis  en haastig sê hy: “O nee tante, hier agter op die brief staan nog iets.  Hy lees:  Hom-tom-tê, oom Leeu het gesê, daardie skottel pork-chops wil hy hê.

“Maar jok jy nie, Jakkals?” vra tant Leeu. “Jy dra al my kos weg.  Waar staan dit?”

“Kyk hier, tante,” sê Jakkals en wys na die gekrap agter op die papier. “Kyk daar!      P-o-r-k  C-h-o-p-s.  Dis seker daardie varkkarmenaadjies.  Tante weet, toe oom Leeu klein was, was daar net Engelse skole.”

“Nouja, vat dit en loop en sê hy moet vir my ‘n buffel, ‘n koedoe en ‘n rooibok bring, want my huis is leeg!”

“Ja tante. Goed tante. Naand tante,” sê Jakkals en maak dat hy wegkom met sy sak vleis, reguit na sy gat.  Toe hy daar kom, skreeu hy vir sy vrou en kinders: “Kom, kom, hier’s baie kos! Wat wil julle hê, wors, speenvark of tjops?

Dit was nie lank nie, toe sit  almal lekker warm in Jakkals se gat en uit die bek daarvan trek die heerlike geur van vleis wat braai.

Intussen  sit arme oom Leeu in die koue by die dooie buffel, maar al wat kom is Jakkals.  Hy stap naderhand na die rantjie en skree alte boos:  “Jakka-a-a-a-ls !”

“Laat hom skree,” sê Jakkals, “hy noem my mos ‘n klein bog.”

Naderhand is oom Leeu so woedend dat hy nie langer kan stilsit nie.  Met sy skerp tande en kloue skeur hy die twee boude van die buffel af, gooi hulle oor sy skouer en stap huis toe in die donker. Hy smyt die twee boude neer en vra vir sy vrou:  “Waar is daardie klein swêrkater van ‘n Jakkals?  Dis al ure gelede dat ek hom gestuur het om my mes te kom haal om die buffel mee af te slag.”  Tant Leeu skrik haar boeglam.

“Mes?”sê sy. “Mes? Hy het dan hier gekom met ‘n brief van jou dat jy eers môre sal terugkom en dat jy wors, speenvark en chops wil hê.  Ek is dan reeds so omgekrap daaroor.  Kyk hoe leeg is my huis.  Hy het alles hier weggedra.”

Oom Leeu kon byna nie woorde kry nie.  “So ‘n klein derduiwel!  Wag net tot ek hom in die hande kry, dan sal ek van hom wors en chops maak!” Hy stap buite toe, laat sak sy kop en stoot so ‘n geweldige brul uit dat die aarde dreun.  Toe bewe Jakkals se broekspype daar onder in die gat, maar die volgende oomblik kruip hy en sy vrou en kindertjies uit en lê lieflik in die sonnetje en braai, trommeldik van al die vleis. Hy was slim genoeg om sy gat in die middel van ‘n groot stuk kaal grond te maak, sodat niemand hom  kon bekruip nie.

Maar oom Leeu het vroeg-vroeg  tot so naby aan die gat gekruip as wat kon kom, sonder dat Jakkals hom sien.  Toe gee hy net één brul en hier kom hy!  Jakkals gee net een skree, gryp sy vrou en kinders by die ore, stop hulle in die gat en kruip self in, maar oom Leeu kry hom aan die stert beet.

“Nou het ek jou, jou klein duiwel! Nou sal ek jou wys!”

Jakkals skop met alle mag teen die kante van die gat vas en skree:  “Dis glad nie my stert nie, oom Leeu!  Hier sit ek onder in die gat.  Dis ‘n taaiboswortel wat jy beet het.”

“O nee,” sê oom Leeu .  Dit ís jou stert.  Ek kan sien daar’s hare aan.”

Arme Jakkals!  Dit voel vir hom of sy  stert gaan afbreek. Hy kry so seer dat hy amper nie kan praat nie.  “Nee, nee oom Leeu, dis sommer haarworteltjies van die taaibos. As jy dit nie wil glo nie, loop haal ‘n klip en stamp daarop. Dan sal jy sien daar kom rooi  sop uit.  Ek sit al lankal onder in die gat.”

Oom Leeu is so waar dom genoeg om dit te glo. Hy los die stert en gaan haal ‘n klip. Woerts is Jakkals onder in die gat en toe sit hy oom Leeu lekker en uitlag.

Oom Leeu het later verskeie kere probeer om hom in die hande te kry, maar Jakkals was elke keer te slim vir hom.   Voëltjie fluit, die storie is uit!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 787 gaste aanlyn