VERWOERDMAAND

WYSHEIDSTORIES (2)

Skerp Waarnemer

Lees reeks by Wysheidstories

Soek elke storie se les

en omskep dit in dade

DIE  JUDASGESIG

Teen die agterste muur van 'n saal in die klooster in Milaan in Italië is een van die beroemdste muurskilderye ter wêreld te sien:  "Die laaste avondmaal"  van Leonardo da Vinci.

Toe Da Vinci die eerste sketse vir die skildery aan die maak was, so word vertel, het hy 'n jong man gevind wie se gesig van soveel edelheid getuig dat hy hom gevra het om as model vir die Christusfiguur op te tree.

Daarna het Da Vinci meer as 'n jaar lank aan die apostelfigure geskets. Toe hy ten laaste by Judas kom, het hy rondgesoek na 'n gesig wat as model vir die verraaier kon dien. Dit moes onmiskenbare innerlike verraad en verval weerspieël. Na maande se soektog ontdek hy waarna hy soek in die gelaat van 'n jong man in 'n berugte kroeg.

 Terwyl die man met die  "Judasgesig"  vir hom poseer, het Da Vinci hom beter leer ken. Tot sy verbasing moes hy uitvind dat dit dieselfde jong man was wie se edel gelaatstrekke hy byna twee jare tevore gebruik het om die Christusgesig te skilder.

Die verandering van die jong man se uiterlike weens innerlike verwoesting was so vinnig en so volledig dat Da Vinci hom nie herken het nie. Dieselfde jong man het heeltemal versleg. In plaas daarvan dat hy homself elke dag verbeter het, het hy al hoe luier geword. Hy was mos die beroemde gesig wat Christus uitgebeeld het. Almal moes na hom opsien.

Moenie dat roem tot jou ondergang lei nie, veral roem wat jy nie verdien het nie, maar wat deur die vyand opgeblaas word om jou uiteindelik te verneder. Ons weet van verskeie verraaiers in ons geskiedenis wat tot 'n val gekom het nadat hulle gunstig op vyandige komplimente reageer het en toe tot hul skande vewerp en verneder is. Bly nederig en opreg by jou volk.

DIE  DRIE  RINGE

'n Heerser het 'n buitengewoon kosbare opaalring besit wat die wondervermoë gehad het om die draer daarvan na geregtigheid te laat streef en by mense bemind te maak. In sy testament het hy bepaal dat dit altyd in sy familie moes bly. Hy het egter nie geweet aan watter van sy drie seuns om dit na te laat nie, want hy het almal ewe lief gehad. Toe maak hy die fout om die ring aan al drie te belowe, sonder dat hulle van mekaar weet.

Die koning het sy einde voel nader kom, en het besef dat hy iets moes doen om hom uit sy penarie te red. Hy laat maak toe nog twee ringe by 'n goudsmid wat net soos die oorspronklike ring lyk, maar natuurlik nie die wonderkrag besit nie. Selfs die pa kon nie die egte ring van die nabootsings onderskei nie. In die geheim oorhandig hy toe aan elkeen van die seuns 'n ring en hou dit as die ware artikel voor.

Na sy dood het hulle die bedrog uitgevind, en niemand kon bepaal watter opaalring wel die besondere eienskap besit nie.

Hulle wend hulle toe na 'n wyse regter.  "Ek weet ook nie watter een is die egte ring nie,"  sê hy.  "Julle pa het self nie eens meer geweet nie. Dis net die ring wat vir ons sou kon sê, en hy kan nie praat nie.

Maar wag, julle sê mos die ring bevat die wondervermoë om die draer daarvan na geregtigheid te laat streef en hom bemind te maak by mense. Nou ja, laat dit dan die beslissende faktor wees. Die twee ringe wat die draers daarvan nie tot geregtigheid en liefde aanspoor nie, is die onegtes.

My uitspraak is:  Julle sê almal dat julle die ring by julle vader gekry het. Beskou dit dus as eg. Doen dan elkeen julle bes om die egtheid van jou ring te bewys deur regverdig te lewe en liefde te bewys: Deur verdraagsaam teenoor mense en goed te lewe. Dan sal die eienskappe ook in julle nageslagte sigbaar wees."

Soos te verwagte het aldrie broers na geregtigheid gestreef en geleef en by mense bemind geraak. Waarde lê nie in voorwerpe nie, maar in jou karakter wat jyself bepaal.

WOORDE  IN  DIE  WIND

Die Middeleeuse verhaal word vertel van die jong man wat by 'n dominee gaan raad vra het:  "Ek het gesondig deur skinderstories oor iemand te versprei. Wat kan ek nou daaraan doen?"

Die dominee het geantwoord:  "Gaan sit 'n veer voor die deur van elke huis in die dorpie neer."  Nadat die jong man so gemaak het, het hy by die dominee kom hoor of daar enigiets verder is wat hy kon doen.

"Gaan nou terug en gaan maak al daardie vere weer bymekaar,"  het die dominee beveel. Dit het die jong man hewig ontstel:  "Dis mos onmoontlik!  Teen hierdie tyd het die wind hulle al die hele dorp vol gewaai!"

Toe sê die dominee:  "Net so onmoontlik is dit om jou skinderstories terug te trek.  Vermy dit om skinderstories en leuens te vertel sodat jy rustig en kalm kan leef."

BARMHARTIGE  PRESIDENT

Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog is 'n tienerseun so aangegryp deur die vryheid-ideale van president Abraham Lincoln dat hy by sy party aangesluit het.

Die seun was nog baie jonk, en toe hulle die eerste keer onder geweervuur deurloop, het hy so bang geraak dat hy weggehardloop het.

Hy is gearresteer, verhoor, skuldig bevind as 'n verraaier en veroordeel om voor 'n vuurpeloton te sterf.

Sy ouers het 'n pleitbrief aan die president geskryf. Toe Lincoln die feite hoor en ook hoe jonk die seun was, het hy die doodsvonnis teruggetrek en aan die kind volle vryspraak toegestaan.

In sy verslag oor hierdie saak het Lincoln onder meer geskryf:  "Ervaring het my geleer dat 'n mens 'n jong seun nie juis moed en dapperheid leer deur hom dood te skiet nie!"

Aan die einde van die oorlog, toe dit duidelik was dat Lincoln se party sou wen - so lui 'n ander staaltjie oor Lincoln  -  het 'n joernalis hom gevra hoe hy sy vyande sou behandel.  "Asof hulle nooit weggebreek het nie,"  was Lincoln se antwoord.

"Maar is dit nie veiliger om jou vyand te vernietig nie?"  vra die onthutste verslaggewer.

"Heeltemal reg,"  sê Lincoln,  " 'n Mens vernietig mos jou vyande as jy vriende van hulle maak!"

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1546 gaste aanlyn