VERWOERDMAAND

WYSHEIDSTORIES (3)

Skerp Waarnemer

Lees reeks by Wysheidstories

Soek elke storie se les

en omskep dit in dade 

DIE  WAARDEVOLSTE

Daar was eenmaal 'n belangrike koning wat al baie oud was. Hy het drie seuns gehad:  Prins Hooghartig, Prins Ridderhart en Prins Goedhartig. Al drie was goeie, knap seuns wat verskillende opvattings gehad het, sodat dit moeilik was om te besluit wie die ou koning moes opvolg.

Eendag het die koning sy drie seuns laat roep en gesê:  "Ek raak elke dag ouer en swakker, en om te kies watter een van julle by my moet oorneem, gaan ek julle toets. Julle moet kos vir net een dag saamneem en dan daardie week die hele koninkryk deursoek na  Dit-Wat-Die-Waardevolste-Is. Julle moet self uitvind wat dit is, maar die een wat dit vir my bring, sal koning word."

 

Die drie prinse het hard gedink, want hulle het nie 'n benul gehad wat  Dit-Wat-Die-Waardevolste-Is kon wees nie. Prins Hooghartig het in die koninkryk se reuse stede gesoek, want hy het gereken alles van belang sal daar gehou word. Prins Ridderhart is na die naburige kastele, want hy het gereken sy hoëklas vriende sou hom kon help. Maar Prins Goedhartig het buite die stad en ver van alle kastele af gaan soek, en by 'n kleinboer se seun uitgekom.

Teen die einde van die week het al drie prinse die koning in die troonsaal ontmoet.

Prins Hooghartig het 'n goue kissie onder sy mantel uitgehaal. Toe hy dit oopmaak, het die lig rooi en wit en pers van honderd edelstene af weerkaats.  "Dis die oudste en rykste gierigaard in die koninkryk se skat, en ek het hom oorreed om dit vir Pa te gee,"  het hy trots gesê. Maar die koning het net hartseer sy kop geskud.

Prins Ridderhart het 'n waardevolle stuk fyn kant gebring. Dit was sag soos 'n wolk en ragfyn soos 'n spinneweb, met die pragtige patroon van 'n sneeuvlokkie.  "Een van die buurprinsesse het dit self gemaak, en sy wou dit dra wanneer sy gaan trou,"  het hy gesê.  "Ek het haar oorreed om dit vir die koning te gee."  Steeds was dit ook nie  Dit-Wat-Die-Waardevolste-Is nie.

Prins Goedhartig het egter niks saamgebring nie.  "Ek het nie tyd gekry om te soek nie. Ek het eerste by die kleinboer se seun aangegaan om hom te vra wat hy dink wat baie waardevol is. Miskien kon ek by gewone en minder gegoede mense goeie wenke kry. Hulle is arm en sy pa is ernstig siek. Die landerye moes egter omgeploeg word sodat hulle betyds koring kon saai en hy kon net 'n klein rukkie met my gesels. Hulle nood was hoog en ek het hom die hele week gehelp ploeg en saai,"  het hy met trane in sy oë gesê. "Ek het my kans om koning te word, verbeur, maar dit was vir my die moeite werd."

"Kom hier, Goedhartig," het die koning gesê en sy seun se hand in syne geneem. Die palm van sy hande was hard en grof van heelweek ploeg.  "Jy het Dit-Wat-Die-Waardevolste-Is vir my gebring  -  die lewer van onselfsugtige diens aan ons volkgenote wat dit die nodigste het."

WONDERLIKE  WÊRELD

'n Vrou se dag het sommer op die verkeerde noot begin:  Sy het verslaap en was dus laat vir werk, en dinge by die kantoor het haar net verder omgekrap. Teen die tyd dat sy die bus huis toe moes haal, het sy baie moedeloos gevoel. Soos gewoonlik was die bus laat en stampvol, en moes sy bly staan en rondskud. Die dag was besig om net so sleg te eindig as wat dit begin het.

Toe hoor sy 'n mansstem van voor uit die bus uit:  "Pragtige dag, nè?"

Sy kon die man deur al die mense heen nie sien nie, maar sover hulle gery het, het hy met ‘n aangename stem aanhou kommentaar lewer op alles wat hom gelukkig maak:  Die son skyn vrolik, roomys smaak altyd lekker, 'n mens kan goeie boeke in 'n biblioteek lees, vriendelike mense laat 'n mens gelukkig voel. Ons gaan nou na ons huise toe. Alles dinge wat die lewe  "die moeite werd"  maak.

Sy opmerkings het die atmosfeer in die bus aansienlik ligter gemaak. Almal het stil gebly om na sy strelende stem te luister. Die vrou se gemoed het kalmeer en die vrou se hart ook. Die man se entoesiasme en waardering van die alledaagse was so aansteeklik dat die vrou begin glimlag het. Sy het meer gelukkig gevoel.

Toe die bus by die vrou se halte stilhou, het sy deur die skare gedruk om by die deur uit te kom. Sy neem toe haar kans waar om te sien wie die opgeruimde  "toergids"  was  -  'n aangename gesig met swart brilglase en 'n wit stok. Hy was blind.

Die wêreld word aan ons gebied om waardeer te word, al ervaar ons soms probleme. Lag en die wêreld lag saam met jou. Huil en jy huil alleen omdat jy ondankbaar is vir al jou voordele.

Opsoek na inligting?

  • VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD


    __________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Dr Verwoerd het gesê skeiding beoog volle kanse vir almal op woongebied, landgebied en lewensterrein binne elkeen se eie rassegemeenskap tot elkeen se voorspoed, tevredenheid en beskerming. Hy stel sy beste werkkrag, geesteskrag, elke oomblik van sy lewe, tot beskikking.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1499 gaste aanlyn