NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Spaar jouself teleurstelling deur vroegtydig vrede te maak met die feit dat jou grootste opoffering moontlik die minste dank sal kry – en moenie jou daardeur laat ontmoedig nie; dit was nie die doel van jou taak nie.

ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (1)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

Voorwoord tot 1993-uitgawe uitgegee deur Willie Bienedell Uitgewers

Hierdie boek “Geen Genade" deur Robey Leibbrandt is in Julie Augustus 1966 vir die eerste keer deur Robey Leibbrandt self gepubliseer. Op I Augustus van daardie jaar is hy aan 'n hartaanval oorlede. Met sy ontydige dood het die verspreiding van die boek nie gerealiseer nie.

By die lees van die boek staan die leser verbaas oor die profetiese insigte wat Leibbrandt openbaar. Die Duitse skrywer Ludwig Borne (1786-1837) skryf soos volg oor die vermoë om te profeteer:

"Wie die natuurwette, ook in die geskiedenis ken en erken, kan profeteer; wie nie, weet nie wat more sal geskied nie, al is hy ook 'n minister."

In hierdie boek skryf Leibbrandt: "Dit is byna te laat. Ons is omsingel deur die Kommuniste. Ons land is deurdrenk van Kommuniste. Hulle wag net op bevel van Moskou. Laat dissipline ons wagwoord wees. Ons het nog 'n kans om as blanke volk voort te bestaan. Ons mag nie wanhoop nie. Ons mag nie twyfel nie." Dit was in 1966. 'n Maand na Robey Leibbrandt se dood, op 6 Septem­ber 1966 is Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. Hendrik Verwoerd, in die parlement in Kaapstad deur die Kommunis Tsafendas vermoor.

Dr. Verwoerd se opvolger, meneer John Vorster, het daarna weg beweeg van dr. Verwoerd se beleidsrigting en het begin met 'n beleid wat eers bekend gestaan het as "verandering," "dialoog" en "uitwaartse beweging". In Oktober 1974 het dit "détente'' geword. Dit is betekenisvol omdat die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Anatoly Gromyko in 1980 onder andere oor détente geskryf het:

"Boonop het die ondervinding getoon dat dit juis onder die beleid van détente, en te danke aan détente, is dit dat die nasionale vryheidsbewegings in die verskil­lende dele van die wêreld hul belangrikste suksesse behaal het."

Van die dag dat die Suid-Afrikaanse regering met die dêtente-beleid begin het, het Mosambiek, Angola, Rhodesië (nou Zimbabwe) en Suidwes-Afrika (nou Namibië) in Kommunistiese hande geval. "Ons is omsingel deur die Kommuniste; Ons land is deurdrenk van Kommuniste," het Leibbrandt reeds in 1966 geskryf.

Stap vir stap is in naam van hervorming die weg voorberei vir die vrylating van Mandela, die ontbanning van die S.A.K.P., die A.N.C. en die P.A.C. en is die proses aangeskakel om ter wille van demokrasie Suid-Afrika onder 'n swart Kommunistiese regering te plaas, soos Zimbabwe en Namibië.

"Ontwaak, Suid Afrika! Gord aan die swaard en laat ons veg" skryf Leib­brandt. "God help alleer diegene wat bereid is om hulself te help. Organiseer, dissiplineer en bewapen elke weerbare man, vrou en kind. Laat ons Suid-Afrika omskep in 'n vesting wat vir die Kommunisme ondeurdringbaar is."

"Smart en pyn sal deel wees van die stryd," sê hy, "maar weghardloop, sal ons waaragtig nooit. Ons daag die stryd met doodsgevaar in a! sy verskeidenheid."

Waar Leibbrandt dit skryf, kyk hy diep in die verlede na die sages van ons heldedom, na die voorbeeld wat deur vasberade en toegewyde leiers gestel is, en na die inspirasie wat te put is uit die geskiedenis van 'n volk.

"Diep lê die spore van ons helde en heldinne in Suid-Afrikaanse bodem getrap," skryf hy. "Rustig pryk die grafte op ons rante en vlaktes as simbool van ons worstelstryd. Verdroog lê die bloed en trane uit liefde gestort. Van die Kaap tot ver in die Transvaal, deur Natal tot waar ons landsgrense strek is ons land met Afrikanerbloed deurdrenk. Dit is die lydensweg van 'n klein, dog dapper volk om hoër hoogtes te bereik. Dit is die goddelike voorgeskrewe pad wat elke volk moet bewandel. Dit is ons trots. Daaruit put ons krag. Laat ons veg en laat ons sterwe. Ons behoort aan jou Suid-Afrika!"

Dit is 'n opvatting wat na-verwant is aan N.P. van Wyk Louw se vers in Die Halwe Kring:

"... Sal elkeen as hy magteloos naby die sterwe lê

net hierdie eensaam wete uiteindelik nog hê:

dat ons nie kon gebuig word soos hul geweld dit wou,

en dat ons hoog kon lewe net aan ons bloed getrou."

Wat Louw in poësie sê, sê Leibbrandt in prosa wat plek-plek 'n poëtiese indruk laat.

Hy skryf: "Dit is onteenseglik groots om as oorwinnaar uit die stryd te tree, maar groter is die oorwinning vir die oorwonnene wat fanatiek weier om te kapituleer. "

Hierdie slotsom het ook die lewens van Gideon Scheepers, Jopie Fourie en andere gekenmerk. R.W. Schikkerling skryf bv. in sy dagboek "Hoe Ry die Boere" wat handel oor die Anglo-Boereoorlog, soos volg: "Enige sot kan hom verheug in 'n oorwinning maar dit vereis mannemoed om een neerlaag na die ander te verduur. Hierdie vasbyt teen 'n geweldige oormag is 'n intellektuele pres­tasie. Dit is te veeleisend vir die man wat beskik bloot oor geweldige liggaams­krag of bitterheid."

Dit is bogenoemde eienskappe wat manne soos Gideon Scheepers, Jopie Fourie en Robey Leibbrandt in staat stel om politieke gebeurtenisse dekades en selfs eeue na hul dood, te beïnvloed. Trouens, die Sunday Times van 6 Maart 1988 skryf: "The ghosts of Gideon Scheepers, Jopie Fourie en Robey Leibbrandt are still haunting the National Party." (En die liberales wat nou weer ‘n hou probeer inkry teen volkshelde uit ons geskiedenis - red).

Dieselfde koerant het in April 1990 die opwelling van Blanke verset teen die regering se paaibeleid teenoor die Kommuniste, toegeskryf aan inspirasie wat uit Leibbrandt se dade geput is.

Robey Leibbrandt kan nie weggeneem word deur die wat in die laterjare hulle lafhartigheid rasionaliseer tot "die nodigheid van hervorming" nie. Robey Leibbrandt is een van die Afrikaners wat hulle gedurig agtervolg op hulle smadelike pad van verraad teen alles waarvoor die Voortrekkers ge­staan, en waarvoor manne soos Kruger, Steyn, De Wet, De la Rey en ander geveg het en bereid was om voor te sterf. Daarom moet hy selfs na sy dood verguis word.

Omdat Leibbrandt as gewone nasionalis 'n verbete vegter teen die duiwelse Kommunisme was, word hy vandag steeds deur die liberaliste en kommuniste wanvoorgestel en afgetakel. Selfs die S.A.T.V.-reeks oor hom in 1992 was so ver van die werklikheid dat dit as kinderagtig en belaglik afgemaak kan word.

"Is my avonture dan so fantasties" skryf Leibbrandt, "dat dit altyd afgewater, verdraai en uit verband geruk moet word? Waarom moet daar in boeke, tydskrifte en nuusblaaie gedurig gelieg word oor wat ek gedoen en nie gedoen het nie? Selfs hier in my eie vaderland is daar sekere non-entiteite wat twyfel aan die waarheid van my skrywe. Is dit onbeteuelde haat of veragtelike jaloesie? Of is dit die vrug van 'n inherente minderwaardigheidskompleks wat altyd neig om alles en almal of te bring na hulle eie nederige niveau?

Met hierdie outobiografie van Leibbrandt kry die publiek die geleentheid om, in teenstelling tot die vyandige propaganda, te lees wat Leibbrandt self beleef en te boek gestel het.

Dit dek 'n tydvak in die Afrikaner-geskiedenis, waaruit die begeestering van 'n enkeling, die romantiek van geloof aan 'n saak, en die avontuur van ge­waagde dade opklink in die nuwe uitdaging wat aan die Afrikanervolk gestel word.

L.W. Bienedell Pretoria

25 Januarie 1993

 

Hierdie boek word uit dankbare erkentlikheid opgedra aan wyle konsul‑generaal Rudolf Karlowa en aan al die getroue kamerade wat my met soveel moed en durf bygestaan het gedurende my stryd in my vaderland, Suid-Afrika.

In nederige onderworpenheid aan die gesag van God, lê ons 'n gemeenskaplike krans op die grafte van die bloedgetuies van ons worstelstryd:

Johannes van der Walt, "wonder"stoeier van SA.

KarelTheron, B.Sc., Yskor, Pretoria

Hendrik Erasmus, beroepsoldaat

Doors Erasmus, Warmbad, Transvaal

Hulle het gesterwe in die geloof dat Suid-Afrika van alle bande vry moet wees. Hierdie strewe en ideaal is in onomwonde taal op 11 Maart 1943 in die Hooggeregshof in Pretoria beklemtoon. Luid het hierdie woorde deur die hof­saak geklink:                                                                                                       I

"Wat die vonnis ook al mag inhou wat nou oor my uitgespreek gaan word, is van minder belang; hoofsaak is dat die vryheidsvaandel weer wapper oor groot Suid-Afrika. Van een ding kan julle egter seker wees, en dit is dat geen mag ter wêreld selfs met die ondersteuning van die duiwel in die hel, daartoe in staat is om hierdie Afrikanerhart te breek nie. In hierdie sin en gees roep ek uit: Na die hel met genade!"

Ook hulle het nie om genade gesmeek nie en is as sierstene ingemessel in die volksaltaar op die lydensweg na die kruin van die Republiek van Suid-Afrika.

R Leibbrandt

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 823 gaste aanlyn