NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus is altyd by jou. Om só 'n Vriend te hê wat so naby jou is, gee jou rede om elke dag met 'n dankbare lag te takel.

DRIE EUROPESE GEBEURE

Drie Europese Gebeure

in die Vorming van die Afrikanervolk se identiteit

Deur Mike du Toit

Inleiding

Daar word baie maal oor die Afrikanervolk se Europese voorgeskiedenis geskryf – soms korrek en soms nie korrek nie. Hierdie artikel is gebaseer op historiese bronne asook die argeologie, antropologie en vergelykende filologie en belig drie belangrike Europese gebeure wat die Afrikanervolk se identiteit gevorm het.

Eerste gebeure: Die rol van die Proto-Indo-Europeërs

Die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs het die eerste beslissende rol in die vorming van die Afrikanervolk se identiteit gespeel.

Alle Europese Kaukasoiëde (met die uitsondering van die Baske) is die produk van Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs wat vanaf die Oekraïne en Suid-Rusland, vanaf ongeveer 4400 v.C., oor Europa gespoel en met Proto-Mediterreense Oud-Europeërs saamgesmelt het.

Vanweë die samesmelting van die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs en die Proto-Mediterreense Oud-Europeërs het die volgende belangrike Kaukasoïede subrasse onder andere tot stand gekom:

- Die Nordiese subras in Noordwes- en Noord-Europa: Die mense is lank (gemiddeld 1,73 tot 1,8 meter) met 'n ligte vel, blonde tot rooierige hare en blou tot grys oë.

- Die Alpynse subras in Sentraal-Europa: Die mense is van gemiddelde lengte (1,64 meter) met 'n effens donkerder velkleur as die Nordiese subras en lig tot donkerbruin hare en ligbruin oë.

- Ten spyte van die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europese indringing het die Mediterreense subras in Suid-Europa steeds die dominante subras gebly: Die mense is kort (gemiddeld 1,60 meter) met 'n donker velkleur en donkerbruin hare en oë.

Uit die samesmelting van die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs en die Proto-Mediterreense Oud-Europeërs het ook ‘n groot aantal Europese Indo-Europese volksgroepe tot stand gekom wat almal basies dieselfde taal, kultuur en godsdiens gehad het. Die belangrikste volksgroepe was onder andere die volgende:

In Sentraal- en later Wes-Europa die Kelte wat met verloop van tyd verdeel het in:

- Die Goideliese Kelte, naamlik die Iere, Skotte, Manx-Eilanders en Pikte.

- Die Bretoniese Kelte, naamlik Walliesers, Cornwallisers, Bretone, Galliërs en Keltiberiërs.

In Noordwes-Europa die Germane wat met verloop van tyd verdeel het in:

- Die vroeë Noord-Germane, naamlik die Cimbri, Teutone en Heruliërs.

- Die Wes-Germane, naamlik die Angele, Jute, Friese, Saksers, Franke, Thuringiërs, Alemanne, Beiere en Longobarde.

- Die Oos-Germane, naamlik die Gote (wat weer later verdeel het in die Oos-Gote en Wes-Gote), Vandale en Boergondiërs.

- Die latere Noord-Germane, naamlik die Dene, Swede en Noorweërs. Uit die Noorweërs het weer die Yslanders en Normandiërs tot stand gekom.

In Suid-Europa die Italiërs, naamlik die Oskiërs, Umbriërs en Latyne oftewel Romeine. Uit die Romeinse dominansie van ander volkere en deur die proses van verromanisering het die Portugese, Spanjaarde, Katalane, Provensale, Franse, Italianers, Reto-Romane en Roemeniërs tot stand gekom.

Die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs het die Afrikanervolk die twee belangrikste eienskappe van sy identiteit gegee, naamlik sy ras-identiteit en sy taal-identiteit. Die Afrikanervolk is raskundig Nordies en Alpyns en sy taal Indo-Europees.

Tweede gebeure: Die rol van die Germane

Die Germane het die tweede beslissende rol in die vorming van die Afrikanervolk se identiteit gespeel.

Die verhaal van die Germane begin ongeveer 2500 v.C. na die samesmelting van die Proto-Nordiese Proto-Indo-Europeërs van die Oekraïne en Suid-Rusland met die Proto-Mediterreense Oud-Europeërs van Noord-Europa. Uit hierdie samesmelting het die Proto-Germane in Suid-Skandinawië, Denemarke en Noord-Duitsland tussen die Elbe- en Oderrivier tot stand gekom. Oos van die Oderrivier was die Baltiese- en Slawiese volksgroepe en wes van die Elberivier was die Keltiese volksgroepe gevestig.

Ongeveer 1000 v.C. het die Germane tussen die Elbe- en Oderrivier weswaarts begin beweeg en die Kelte in ‘n weswaartse rigting begin druk. Die grens tussen die Germane en die Kelte het al verder wes geskuif en teen 200 v.C. was dié grens die Rynrivier en die suidelike grens die Mainrivier. Die Germane het ook suidwaarts al met die Elberivier beweeg en teen 100 v.C. alreeds Suid-Duitsland beset. Hierdie Germane het die Wes-Germaanse volksgroepe geword.

Tussen 600 tot 300 v.C. het ‘n tweede groot migrasie vanaf Skandinawië na die Baltiese kusgebied, tussen die Oder- en die Weichselrivier, plaasgevind. Vandaar het die Germane ook oos van die Weichselrivier begin beweeg en suidwaarts al met die Weichselrivier langs tot sover suid as die Karpate in Suid-Pole. Hierdie Germane het die Oos-Germaanse volksgroepe geword.

Die Germane wat in Skandinawië agtergebly het, het die Noord-Germaanse volksgroepe geword.

Die Germane het die Afrikanervolk se twee belangrikste eienskappe van sy identiteit versterk en verder vorm gegee, naamlik sy ras-identiteit en sy taal-identiteit. Die Afrikanervolk is raskundig Nordies en Alpyns en sy taal Germaans.

Vervolgens word die oorspronklike- en finale woongebiede van die Germane in Europa aangedui. Hieruit kan mens ʼn beeld vorm van hulle migrasies asook die geweldige omvattende invloed wat hulle uitgeoefen het.

Noord-Germane

1) Die Cimbri, aanvanklik Denemarke, uiteindelik Noord-Italië (uitgesterf)

2) Die Teutone, aanvanklik Denemarke, uiteindelik Suid-Frankryk (uitgesterf)

3) Die Heruliërs, aanvanklik Suid-Denemarke, uiteindelik Suid-Swede

4) Die Dene, aanvanklik Suidoos-Swede, uiteindelik Denemarke, Danelaw (Engeland) en Engeland

5) Die Swede, aanvanklik Swede, uiteindelik Swede en Rusland (die Varangiërs)

6) Die Noorweërs, aanvanklik Noorweë, uiteindelik Noorweë, Ysland, Normandië (Frankryk), Engeland, Skotland, Ierland, Eiland Man, Shetland-Eilande, Färöer-Eilande, Orkade-Eilande en Hebride-eilande

7) Die Yslanders, aanvanklik Ysland, uiteindelik Ysland, Groenland en Noord-Amerika (uitgesterf)

8) Die Normandiërs, aanvanklik Normandië (Frankryk), uiteindelik Normandië (Frankryk), Engeland, Suid-Italië en Sicilië

Wes-Germane

1) Die Angele, aanvanklik Suid-Denemarke, uiteindelik Suid-Denemarke en Engeland

2) Die Jute, aanvanklik Noord-Denemarke, uiteindelik Noord-Denemarke en Engeland

3) Die Friese, aanvanklik Noord-Denemarke, uiteindelik Friesland (Noord-Nederland en Noordwes-Duitsland)

4) Die Saksers, aanvanklik Noord-Duitsland, uiteindelik Noord-Duitsland, Engeland, Nederland, Friesland en Suidoos-Duitsland (uitgesterf)

5) Die Franke, aanvanklik Noordwes-Duitsland, uiteindelik Noordwes-Duitsland, Nederland, België en Noord-Frankryk

6) Die Thuringiërs, aanvanklik Sentraal-Duitsland en Wes-Tsjeggië, uiteindelik Sentraal-Duitsland, Suidoos-Duitsland en Wes-Tsjeggië                    

7) Die Alemanne / Suevi, aanvanklik Noordoos-Duitsland, uiteindelik Suidwes-Duitsland, Elsas in Oos-Frankryk, Switserland, Wes-Oostenryk en Noordwes-Spanje

8) Die Beiere, aanvanklik Boheme, Tsjeggië, uiteindelik Suidoos-Duitsland en Oos-Oostenryk

9) Die Longobarde, aanvanklik Skane, Suid-Swede, uiteindelik Noord-Italië, dele van Sentraal-Italië en Suid-Italië

Oos-Germane

1) Die Oos-Gote, aanvanklik Gotland, Swede, uiteindelik Italië (uitgesterf)

2) Die Wes-Gote, aanvanklik Gotland, Swede, uiteindelik Spanje (uitgesterf)

3) Die Vandale, aanvanklik Noord-Denemarke, uiteindelik Noord-Afrika (uitgesterf)

4) Die Boergondiërs, aanvanklik Suid-Noorweë, uiteindelik Suidoos-Frankryk

Vervolgens word aangedui watter Germaanse volksgroepe uiteindelik watter moderne Europese volkere geword het. (Die invloed van ander Indo-Europese volksgroepe word met ʼn * aangedui).

1) Die Germaanse volksgroep die Dene, die moderne 21ste eeuse volk die Dene

2) Die Germaanse volksgroep die Swede, die moderne 21ste eeuse volk die Swede

3) Die Germaanse volksgroep die Swede (en Oos-Europese *Slawiërs), die moderne 21ste eeuse volk die Russe

4) Die Germaanse volksgroep die Noorweërs, die moderne 21ste eeuse volk die Noorweërs, die Yslanders en die Groenlanders

5) Die Germaanse volksgroepe die Franke, Alemanne, Normandiërs en Boergondiërs (en *Keltiese Galliërs, *Keltiese Bretone en *Romeine), die moderne 21ste eeuse volkere die Franse en Wallone

6) Die Germaanse volksgroepe die Angele, Jute en Saksers (en Dene en Normandiërs), die moderne 21ste eeuse volkere die Engelse, Engelse Kanadese, Australiërs en Nieu-Seelanders

7) Die Germaanse volksgroepe die Angele, Jute, Saksers (en Dene en Normandiërs) (en * Keltiese Iere en *Oos-Europese Slawiërs), die moderne 21ste eeuse volk die Amerikaners

8) Die Germaanse volksgroep die Friese, die moderne 21ste eeuse volk die Friese

9) Die Germaanse volksgroepe die Friese, Saksers en Franke, die moderne 21ste eeuse volkere die Nederlanders, Vlaminge en Afrikaners

10) Die Germaanse volksgroepe die Saksers, Franke, Thuringiërs,             Alemanne en Beiere, die moderne 21ste eeuse volkere die Noord-Duitsers, Suid-Duitsers, Oostenrykers en Switsers

11) Die Germaanse volksgroep die Longobarde en Oos-Gote (en *Romeine), die moderne 21ste eeuse volk die Italianers

12) Die Germaanse volksgroep die Wes-Gote en Alemanne / Suevi (en *Romeine), die moderne 21ste eeuse volk die Spanjaarde en Portugese

Derde gebeure: Die rol van die Saksers en Franke

Die Saksers en Franke het die derde beslissende rol in die vorming van die Afrikanervolk se identiteit gespeel.

Die Saksers het uit die vroeëre Germaanse volkstamme, die Chauken, Cherusci, Chatti en Chattuarii tot stand gekom. Hulle het aanvanklik in die gebied tussen die Eems- en Elberivier, in Noord-Duitsland, gewoon. Vandaar het hulle wes- en suidweswaarts begin migreer. Die Saksers wat weswaarts migreer het, het saam met die Angele en Jute Brittanje binnegeval en oorgeneem. Die Saksers wat suidweswaarts migreer het, het weer die groter gebied tussen die Ryn- en Elberivier in Noord-Duitsland beset.

Die Franke se hartland is Frankonië, die gebied tussen die Ryn- en Weserrivier in Nederland en Noordwes-Duitsland. Hierdie volksgroep het geleidelik tot stand gekom deurdat verskeie ouer Germaanse volkstamme soos die Salii, Ripuarii, Bructeri, Ampsivarii, Chamavi, Chatti, Chattuarii, Tubanti, Ubii, Sugambri en ander groepe verenig het. Die Franke het geleidelik vanuit hulle hartland suid- en ooswaarts begin migreer. Die Salii het in die middel van die vierde eeu in die gebied tussen die Schelde- en die Maasrivier, in Suid-Nederland en Noord-België begin woon. Die Ripuarii het in die Rynland in die omgewing van Keulen agtergebly.

Na die “Groot Volksverhuising” in 374 n.C. het die Franke en Saksers Noordwes-Europa as volg gedomineer:

- Die Franke vir Noord-Frankryk, Sentraal-Duitsland, België en ʼn deel van Nederland.

- Die Saksers vir Noord-Duitsland, Engeland en ʼn deel van Nederland.

Vanweë romanisering van die vyfde tot die sewende eeu het die Frankiese invloed in die Walloonse gebied van België en die grootste deel van Noord-Frankryk egter verlore geraak.

Deur die Duitse verowering van Slawiese gebiede na die ooste vanaf die middel van die tiende eeu het die Saksiese invloedsgebied tot by Oos-Pruise uitgebrei. In die twintigste eeu het hierdie Saksiese invloed egter weer verlore geraak omdat die Russe die Duitsers aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog uit Oos-Duitsland verdryf het, waarna die gebied by Pole ingelyf is.

Die hedendaagse Frankiese en Saksiese invloedsgebied in kontinentale Europa behels gevolglik die Dietse gebiede, te wete Frans-Vlaandere in Noord-Frankryk, Vlaandere in België, Nederland en Noord-Duitsland. Al hierdie gebiede se taal en kultuur is dan ook ten nouste verwant aan die taal en kultuur van die Afrikanervolk.

Die Franke en Saksers het die Afrikanervolk se twee belangrikste eienskappe van sy identiteit versterk en verder vorm gegee, naamlik sy ras-identiteit en sy taal-identiteit. Die Afrikanervolk is raskundig Nordies en Alpyns en sy taal basies ‘n vermenging van Frankies en Saksies.

ʼn Baie groot persentasie Afrikaanse families is van Frankiese en Saksiese oorsprong. Slegs ʼn klein persentasie van ons volk se voorouers is uit Suid-Duitsland, Suid-Frankryk of selfs uit die res van Europa afkomstig. Vanweë sy Frankies-Saksiese herkoms is die Afrikanervolk, in teenstelling met populêre opvattings, dus betreklik homogeen.

Slot

Die Europese kolonisering van die Nuwe Wêreld in die 16de en 17de eeue, meer spesifiek die Nederlandse besetting van die Kaap, kan as ‘n vierde belangrike gebeure in die vorming van die Afrikanervolk se identiteit aangedui word, maar omdat die geskiedenis betreklik bekend is, word dit nie hier aangedui nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2761 gaste aanlyn