Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ware vreugde is die onfeilbaarste teken van God se teenwoordigheid. En ons wil so graag ander mense gelukkig maak, maar dan moet ons eers hierdie vreugde in onsself hê. Ons is gemaak vir vreugde en vriendskap maar kom ons gaan kry dit by Hom – Jesus het gebid: "...sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê."

VOLKSREGERING (21)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

OORDINK  EERS

Let op hoeveel beriggewers (koerante en radiostasies, verlooptes wat gunste by die regering soek), maak stellings voordat hulle die stelling goed oordink het. Soms stem hulle dadelik met 'n onware stelling saam, al sou dit geplooi wees, en herhaal dit dikwels om dit later as waar aanvaar te kry. As voorbeeld, iemand verkondig dat daar nou minder gevangenes in Suid-Afrika se tronke is omdat daar minder sogenaamde onderdrukkende apartheidwette is. Sowaar?  Nee, die teenoorgestelde geld. Kyk hoe oorvol is die tronke as gevolg van die houding dat mense vry moet wees om te doen wat hulle wil. Daar is nou meer wette as ooit tevore.

 

Nog voorbeelde:  Jan van Riebeeck was na Suid-Afrika toe verban om hom af te sonder. Hy sou glo onrus by die HOIK gesaai het en word toe uit die pad gehaal. So 'n onwaarheid word dan sonder meer versprei. Jan van Riebeeck was uitstekend toegerus vir sy taak en versigtig gekeur. Alle stellings moet eers bedink word voordat dit aangehaal of rondvertel word.

Eerstens behoort die verteller of skrywer gevra te word waar hy aan die stelling of sy bewering kom. Het hy dit iewers as 'n skimp gehoor en as waar aanvaar?  Is sy bron betroubaar?

Dat die staat Suid-Afrika voor 1910 nie bestaan het nie, beteken dat afsonderlike grondgebiede in suider Afrika deur aparte volke bewoon en oor regeer was. As iemand voor of in 1900 van Suid-Afrika sou praat, sou ander vra waar daardie land of staat is wat nie bestaan nie. As 'n bewering vaag is, moet 'n spreker dit nader toelig.

Voordat kommentaar op 'n stelling of bewering gelewer kan word, moet 'n betroubare bron eers geraadpleeg word, soos deur na die spreker se bron te verneem. Om sommer net 'n siening te aanvaar of af te skiet voordat enige spreker geleentheid gebied word om sy bewering toe te lig, is onnadenkend of domastrant kwaadwillig.

Selfs as 'n spreker oor apartheid gevra word om te verduidelik, word hy dikwels, veral deur nie-ondersteuners van apartheid, nie die volle geleentheid gebied om te antwoord nie omdat hy na sy eerste sin summier onderbreek word met 'n teenargument wat 'n syspoor is. Die syspoor moet uitgewys word anders volg 'n bose kringloop van syspore en wrywing sonder dat iets bereik word. Aanname of oordrywing in 'n hoorder of leser se eie gedagtes wat hy vir homself opdig, is gevaarlik. Dit beteken dat die persoon wat sonder rede 'n stelling betwyfel, nie oor die insig beskik om dieper te dink nie. Hy wil die toon aangee terwyl hy nie die touleier is nie. Grondbeginsels moet eerste uitgeklaar en lewenswaarhede aanvaar word as dit eg is.

Denkwyses, gewoontes en gebruike verskil van een volk teenoor 'n ander volk op 'n bepaalde terrein. Erkenning moet gegee word aan die verskeidenheid van sienings oor enige onderwerp of tema, hetsy die wetenskap, sielkunde, geloof, sport, politiek of wat ookal. Dieselfde beginsels is op alle gebiede van toepassing anders is jy beginselloos.

As 'n volk eiesoortigheid as beginsel toepas en binne die volk se beginsels en verskeidenheid wil leef, is dit vryheid. Geen volk moet gedwing word om met ander te meng nie. Dit rym met die begrip van vryheid en opregte demokrasie en bots met ondeurdagte siening soos met die vlugtelinge in Europa bewys. Apartheid is 'n doeltreffende teenvoeter teen wrywing en rassehaat.

Sommige mense, veral buitelanders en selfs binnelandse beriggewers, is al so gebreinspoel dat hulle glo Suid-Afrika het 'n demokratiese regering sonder dat hulle besef dat demokrasie slegs binne 'n eie volk bestaan waar die meerderheid dan reg is as hulle oor die nodige kennis beskik. Net so dink oningeligtes dat die regering en die staat dieselfde begrip is. Kom eers vertroud met staatkunde of bestudeer net 'n goeie woordeboek met aandag. Daar is heeltemal te veel mense wat dink dat hulle wysheid in pag het, maar tekortskiet aan kennis oor politiek sonder dat hulle dit besef. Die woord diskriminasie beteken byvoorbeeld onderskeiding en nie onderdrukking nie, maar diskriminasie word doelbewus deur kwaadwilliges gebruik om 'n valsheid verkeerdelik as 'n egtheid te verklaar.

Alle radiostasies in Suid-Afrika, ook kamtige private Afrikaanse radiostasies, maak hulle skuldig aan onnadenkendheid. Luister na die Amerikaanse benadering wat hulle openbaar sonder dat hulle besef wat hulle in werklikheid verkondig. Daar word al hoe meer wegbeweeg van ons Europese stamlande. Geleidelik word volkvreemde saadjies gesaai in plaas van die meerderheid Afrikaners se oorwoë en goed deurdagte sienings. Op hierdie manier word ons mense op die agtergrond geskuif.

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

 

Elke volk regeer homself en help ander.

 

Werkgeleenthede aan almal.

 

Gun aan ander soos vir jouself verwag.

 

Gee krag aan jou volk.

 

Geestelike waarheid.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1922 gaste aanlyn