Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om te sien is nie geloof nie, en om te hoor of te voel is ook nie geloof nie. Om te glo wanneer ons nie kan sien, hoor of voel nie – dit is geloof. As ons God deur ons geloof wil behaag, moet ons glo voordat ons voel, en meer dikwels ten spyte van ons gevoelens glo dat Hy in beheer is.
VOLKSREGERING (64)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKAANS IS KERKTAAL
Die stryd van die taalbewegings was op die Bybel gebou:
1 Kor 14:9 – Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. Vers 11 – As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
Hand 2:6 en verder – En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; (bevestiging van eie volk en taal).
Afrikaans is die taal van ons siel, van ons Bybel en die gebed en ons voorouers het nie aan hul godsdiens laat torring nie.
Taal en volksbestaan kan nie van mekaar geskei word nie. As die taal verlore gaan, gaan die volk verlore. Ons moet veg vir behoud van ons taal wat kultuur en godsdiensonderrig insluit. Niemand het respek vir jou as jy hieroor lamsakkig is nie. Ons voorouers het namens ons, hulle nageslag, Afrikaans as Bybel– en kerktaal met groot moeite gewen. Ons mag hulle nie in die steek laat nie.
VRYHEID IN TAALGEBRUIK
Demokrasie beteken volksregering. Omdat elke volk sy eie taal en kultuur het, behels volksregering ook vryheid om in jou eie taal opgevoed te mag word, dit te mag praat, lees, skryf, lesings ontvang, eredienste by te woon, te mag bid, en so meer. Vanselfsprekend is dit 'n reg wat ons self moet beskerm, nie net 'n reg van Afrikaners nie, maar van alle volkgroepe in Suid-Afrika en in die wye wêreld. Volkbewustheid is die wesenlike bestaansreg van elke volk met demokrasie (opregte vryheid) as die anker. Vra aan die Zoeloes en Kôsas en Tswanas en enige ander volk of hulle bereid is om hulle taal en kultuur te versaak deur dit vir 'n ander te verruil en onmiddelike weerstand, selfs vyandigheid, word ervaar. Heeltemal tereg. En Afrikaans?
Na 1994 het Afrikaanse skole ingewillig, soms teensinnig en onder dwang waar dit met groot ongerief sou geskied, om kinders van ander volke te huisves. Volgens opvoeders van ander volke wou hulle hul kinders aan 'n hoër standaard van onderrig blootstel. Die beginsel is te verwelkom, want dit is 'n ingeboude deel van ontwikkeling. Ongelukkig het dit gepaard gegaan met onbeheerde toestroming en toe kom die eise, selfs van 'n klein minderheid, ondersteun deur die volkvreemde regering. Afrikaans moet ingeboet word ter wille van Engels wat nie eens die eisers se moedertaal is nie.
Nou word Afrikaans by die barmhartige en weldoenerskole afgeskiet en 'n volk se moedertaal veronagsaam. Toets dit van die ander kant af. As Afrikaanse kinders by 'n ander volk se skool inskryf en vra dat daardie skool se onderrigtaal Afrikaans moet word, sal die Afrikaanse kinders en ouers van moedswilligheid en kwaadwilligheid beskuldig word. Hoe nou?
Volkbewustheid word deur kwaadwilliges gekoppel aan rassehaat en verkeerdelik aan diskriminasie. Diskriminasie word deur diesulkes aan onderdrukking gekoppel, tog beteken die woord letterlik om te onderskei en gelyk te stel, erkenning te gee.
Die huidige regering en betogers teen al wat Afrikaans is, onderskei juis wanneer hulle die Afrikaanse taal en die Afrikanervolk uitsonder. Dit beteken onomwonde erkenning van apartheid (onderskeiding). Die bewering dat Afrikaners tans onderdrukking toepas, is ver van die werklikheid omdat hulle die afgelope 24 jaar nie die land regeer nie. Waarom is vyandiggesindes verkeerdelik so gevoelig? Elkeen moet sy redekundige denke daaroor laat gaan.
Rassevermenging beteken uitwissing van 'n volk. Hulle taal, kultuur en begrippe raak verlore, sowel as hulle herkoms wat vir hulle kosbaar is. Is dit demokrasie, vryheid om vreedsaam te bestaan, wanneer een of meer volke doelbewus poog om een volk uit te wis deur hulle van volksregte te ontneem? Die bewaring van volke se volkseie was voor 1994 demokraties deur die regering toegepas. Na 1994 het die nuwe regering onverdraagsaam teenoor demokrasie geword, 'n begrip wat hulle duidelik nie verstaan nie. Demokrasie beteken die meerderheid in 'n volk se wense tel, apartheid tel. Integrasie misken demokrasie omdat dit gedwonge is.
Alle samesyn op gesellige wyse en in vryetydbesteding soos sport en vermaak, en op die gebied van godsdiens, stuur noodwendig op rassevermenging af. Dit kan op geen wyse gekeer word nie. Dit is suiwer uitbuiting van die ontwikkelende skoolkinders se begrippe en verantwoordbaarheid. Is hierdie aanslag op die weerlose kinders omdat die apartheidmistasters nie in staat is om verstandig met volwassenes te redeneer nie?