Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die sondaar is nie 'n mens sonder liefde nie maar hy is die enigste een wat hy liefhet. Waar liefde ander mense in die middelpunt stel, stel selfsug die eie ék as die middelpunt. Daarom is selfsug 'n sonde voor God.
VOLKSREGERING (66)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
WAT KAN JY DOEN?
Moenie mismoedig raak en ophou met stryd nie, want aanhouer wen. Almal wie se harte reg is, sal die oorwinning smaak. In gees en siel en wese is die Afrikaner vry en onafhanklik. Vyandiges kan dink dat hulle 'n volk volkome ondergrawe het, dat die kultuur in duie sal stort, maar hulle planne sal op die lang duur vernietig word. Woon ons eie volksbyeenkomste en gedenkfeeste by. Dit is op hierdie feeste waar ons Afrikaners ons geskiedenis herdenk, ons geloftes nakom en mekaar geestelik versterk. Ons mag nie onverskillig staan nie. Ons Christelike geloof kom eerste.
Wees egter versigtig. Daar is verenigings oor geloof, kultuur, taal en ekonomie wat hulself voordoen as handhawers, uitbouers en beskermers van ons volk. Anglisismes, Engelse woorde en veralgemening van ons volksfeeste om ander in te sluit en allerhande versoeningsgeluide om te vermeng, toon hulle ware oogmerke. Let veral daarop of die oorlopers die nuwe landvlag en landlied gebruik. Neem kennis, landvlag en landlied, nie volksvlag of volkslied nie.
Vertoë dat die kwotastelsel in sport afgeskaf moet word, behels die afbreek van die skeidsmuur, wegneem van onderskeiding, afskaffing van apartheid tussen volke en beteken vermenging van volke. Die Afrikanervolk het nie deel hieraan nie. Eie voortbestaan is belangriker as om by ander volke aan te sluit en deel van hulle kultuur en ras te word.
Ons glo God het ons met 'n doel as 'n volk hier gevestig – dan moet ons ons eie bestaan verseker. Ons het 'n Godgegewe rol. Gereelde kerkbywoning is 'n vereiste, want God het jou nodig. Moenie net na jou eie behoeftes kyk en verklaar dat jy nie nodig het om 'n Godsgebou te besoek nie. Is dit waarom ons aan volkvreemdes uitgelewer is? Dink baie diep. Hoe is Israel gestraf? God se wil en wette kom eerste.
As 'n volk onverskillig staan teenoor sy geloof, teenoor sy God, teenoor gebiedskeiding, teenoor sy volkseie, teenoor apartheid, sal dit die einde van hulle wees. Stuur jou kinders na volkseie skole. Daar leef en leer en werk en speel hulle nie alleen binne volkverband nie, maar hulle kry daar beter akademiese opleiding en hulle bevoegdheid word hoër aangeslaan as by enige rasvermengde staatskool. As studente vaar hulle oor die algemeen beter as die studente wat in rasvermengde skole was omdat hulle volkstrots ontwikkel het. Die makliker verstaan van lesse in hulle moedertaal bring groter selfvertroue.
Dit sal jou meer geld uit die sak jaag, maar 'n volk is, net soos jou geloof, mos nie met geld te koop nie. Dink hoe jy anders kan bespaar. Minder in restourante eet, 'n bietjie minder aan vermaak uitgee deur meer bordspeletjies en geselsies met jou gesin deur te bring, meer belangstellend teenoor jou kind se doen en late te wees en nuusgebeure deursigtig te bespreek. Minder kitskos koop is goedkoper en gesonder vir jouself en jou kinders. Buitendien versteur kitskos die gesellige samesyn en opvoeding aan tafel. Jy kan nog ander besparings uitdink.
Sport en vermaaklikheid is 'n groot gevaar vir die voortbestaan van 'n volk as vermenging toegelaat word. Hoe kan jy op die sportterrein en by vermaaklikheidplekke deurmekaar boer en dan weier om op kerklike, politieke en algemene terrein met mekaar te verkeer? Hoe kan jy vir sestien ure per dag oral skouer aan skouer leef en dan net vir slaapdoeleindes op jou eie woongebied aanspraak maak?
Ons volk staar sekerlik die grootste bedreiging van ons bestaan in die gesig. Ons moet saamstaan om ons volk se vryheid terug te kry. Ons mense moet hulle lot by mekaar inwerp, losstaande van enige politieke party, met die doel om selfbeskikking langs 'n vreedsame en wettige weg te verkry. Ons het goeie leiers. Woon gedenkfeeste van ons eie Afrikanervolk by en let op watter leiers gee duidelik leiding. So kan ons hulle ondersteun en die toekoms in die oë kyk.
Die meeste beriggewers (sogenaamde media) probeer op goeie voet met die volkvreemde regering bly omdat hulle bang is om 'n stryd namens die Afrikanervolk aan te knoop. Lees gerus op die Internet vir betroubare beriggewing en saamstaan van ons mense. Die inligting verstrek op hierdie webwerf waar jy nou lees (gelofteland.org), word nagegaan om te verseker dat dit opreg en betroubaar is sonder dat onpartydigheid ingeboet word. Eerlike grondige kritiek het netsoveel waarde as ondersteuning.