Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg – Prediker 12.
VOLKSREGERING (69)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DENKBEELD UIT ANDER HOEK
Die besit van eienaarskap van grondgebied gaan gepaard met verantwoordelikheid soos in die gelykenis van die verlore seun in die Bybel in Lukas 15: 11 – 31 aangeteken. Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog onvolwasse was om sy erfgoed te hanteer, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.
Swart sprekers het nie alleen hulle volkdeel van die eiendom in Suid-Afrika geëis nie, maar sommer ook wat aan ander volke behoort het en met al die besittings op reis gegaan. Hulle reis behoorlik deur die wêreld saam met hulle politieke vriende, bly oor in van die duurste hotelle en hou groot (amptelike?) funksies met alle inwoners in Suid-Afrika se belastinggeld. Intussen vind ekonomiese afgradering plaas. Dit bevestig dat hulle polities nog nie volwasse is om na almal in die land se erfreg om te sien nie. Die destydse (1989 - 1994) president van Suid-Afrika kon dit ook nie insien nie, want hy het selfs sy eie volk se besittings oorhandig sonder om hulle te raadpleeg en teruggestaan.
Onthou dat die verlore seun later varke moes oppas wat vir 'n Jood erg vernederend is. Die ou veterane en ondersteuners van die regering, en van die jonges, is nou ontevrede omdat die toestand vir hulle onaanvaarbaar is. Armoede heers en dit reën nie rykdom nie. Uitsonderlike groot werkloosheid en swakker ekonomie vererger die omstandighede. Swak dienslewering gee aanleiding tot opstande en groter ontwrigting.
Intussen begin sommige voormalige grondeisers al hoe meer flikfooi dat die blankes in Suid-Afrika 'n rol te speel het en dat daar van hulle kennis gebruik gemaak moet word. Dit is terugkeer na die goeie vader van wie hulle weggebreek het. Die regering kan die grond wat hulle onwettig van die Afrikanervolk onteien het, teruggee, maar sal nie, en wat van al die grootskaalse vrugtelose uitgawes en verlore inkomste waarvan die skade nie naastenby verhaal kan word nie?
Dit wil voorkom asof die regering nog nie besef nie dat hulle volgens apartheidbeginsels geleidelik tot wasdom gelei was en, soos die verlore seun, geëis het wat hulle op die pad van ontwikkeling sou bereik het as hulle net 'n bietjie langer geduld aan die dag gelê het. Daar was al melding gemaak van die Transkei en Boputhathswana wat hoogs in hulle skik was met selfregering, asook ander volke wat op pad was.
Daar is talle pogings in Suid-Afrika aangewend om weer demokrasie en vrede te vind soos voor 1994, maar dit misluk telkens. Apartheid is die beste oplossing wat oral in die wêreld behaal is en tog kan die voordele daarvan nie deur die swart leiers in Suid-Afrika ingesien word nie. Nou probeer hulle om na ander moontlike oplossings te kyk om suksesvol te wees. Daar is eenmaal 'n ingeprente wanindruk oor regeringvorms.
Dit blyk dat swart leiers eensydig glo dat hulle in 'n staat van stryd verkeer. Hierdie oortuiging sal nie deur die blankes verander kan word nie omdat die wanbegrip deur die swartes self besef moet word. Ongeag hoe helder die getuienis is, hulle sal altyd 'n uitleg probeer vind wat hulle sal toelaat om vas te hou aan wat hulle graag wil glo. Dit kos nie twee om rusie te maak of aan te val nie. Die blankes het nog nooit aangeval of onderdruk nie en deurgaans pogings aangewend om in vrede met almal te leef. Onkunde aan die anderkant kweek bose gedagtes en veroorloof vyandigheid, al ontbreek 'n tweede vyandige party.
Aangesien insiglose swart leiers hulself in 'n staat van stryd en onvrede geplaas het, begeer hulle vrede, een van hulle goue woorde om ander te oortuig dat hulle selfbeskerming toepas; selfbeskerming wat slegs in hulle gedagtes bestaan. Hulle is eg toegewy aan vrede omdat hulle glo die blankes moet beveg word. Daardie vrede kan beskryf word as beëindiging van vyandelikhede deur oorwinning oor die vreedsame blankes.
Sommiges glo opreg in hulle gemoed dat vyandelikhede bestaan sonder dat daar regverdiging voor is. Hulle glo eerlik dat daar genoeg geld in die staatskas was vanuit bronne soos inkomstebelasting, invoerbelasting, BTW en ander bronne om sonder betaling onverpoosd elektrisiteit aan almal te voorsien, en lopende water, en behuising, en paaie bou, en gratis universiteite, en reise. Munisipale owerhede sou dadelik alle geriewe kon voorsien. Instandhouding word as onnodig uitgawes beskou, terwyl verwaarlosing daarvan groter uitgawes meebring.