Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die dood is nie verskriklik nie; dis die gedagte aan die dood wat verskriklik is. Baie ouers staan skuldig aan hierdie gevoel van verskrikking wat ons kinders ervaar omdat dit by hulle gesien word. Die dood is nie die vyand nie; om in konstante vrees daarvoor te lewe, is wel.

VOLKSGENOTE ONBEWUS VAN DUISTERE REGERINGSMAGTE

Bittereinder

Die situasie lyk sleg in hierdie land. Botsende kulture met uiteenlopende verwagtings sê mekaar die stryd aan. Barbaarse optrede is aan die (wan)orde van die dag. Dit is natuurlik voorspel gegewe die les van die geskiedenis; al het die waarskuwings op dowe ore geval. Tog lyk dit in 2018 of ons baie nader aan 'n situasie beweeg waar die geweld, chaos en ellende 'n klimaks kan bereik. Dan kan ons jonger geslag vra: maar wat van ons? Ons wat nog (eers) ons talente wil ontgin? Ons wat nog die vreugdes van die lewe wil ervaar? Die toestande wat ons vandag beleef in hierdie land noop baie van ons om by die Here te smeek om ingryping, ander weer dink die situasie is onomkeerbaar op pad na verwoesting en ander vra dat die Here se wederkoms tog gou sal plaasvind.

 Ons situasie is verseker nie uniek nie. Ten spyte van die geldmag-beheerde media se propaganda tot die teendeel, lyk die prentjie wêreldwyd uiters ellendig. Europa is deur Moslems oorstroom weens die onrus in die Midde-Ooste wat deur die VSA geïnstigeer is. Ja, ISIS ('n klomp huursoldate), is 'n uitvoerproduk van die VSA. Die ekonomieë van verskeie state is op die rand van ineenstorting. En ironies genoeg is dit veral Rusland, maar ook die ontwakende reus China, eens die geswore vyande van die Christendom, wat nou die morele hoë grond betree. Ja, ons eertydse bondgenote (as mens dit enigsins so kan beskryf) in Europa, (om nie te praat van die VSA nie), het die pad totaal byster geraak.

Hier by ons kan dit in klip uitgekap word dat die spanning tussen die volkere groter sal word en die Afrikaner hoe later, hoe meer in die spervuur sal kom. Propaganda wil dit steeds hê dat ons, ten spyte van 26 jaar se verontregting, verantwoordelik is vir die armoede en ellende van miljoene Swartes. Hierdie leuen is aanvanklik deur die geldmag-beheerde media uitgeding en word daagliks aangeblaas. Weet ons mense dan nie dat die blaam vir elke plaasmoord op die skouers van die geldmagte rus wat die haat in die hart van die barbaar aanwakker nie?

Ons is 'n beleërde volk. Ons staan steeds (onskuldig) in die beskuldigdebank. Ons word dag na dag weggeruk van ons wortels. Te midde van hierdie bedenklike toestand is daar mense wat Afrikaans praat wat die vyand nie genoeg ter wille kan wees nie. Ja, ons is 'n verskeurde volk. Uitgelewer. Aan flarde geskeur. Verkneg. Besef ons dit werklik elke dag?

In Efesiërs 4 lees ons van die worstelstryd wat ons sal hê. Maar dan lees ons dit is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte van die duisternis. Ja, agter hierdie volksvreemde regering sit duistere magte en meeste van ons volksgenote is salig onbewus daarvan. Die regime en sy miljoene staatsamptenare wat hom aan bewind hou is maar net nuttige pionne in die hande van hierdie bose magte. Hulle nuttigheid lê in hulle wesensaard, hulle herkoms en hulle oppervlakkige lewensbeskouing en toekomsverwagting.

Maar ons — diegene wat glo aan 'n roeping vir hierdie God-gewilde volk — waar laat dit ons?

Dit laat ons; al is dit party dae moeilik, en al sal dit nog moeiliker word by die besef en die wete dat ons Heiland beheer oor hierdie lewe van nou net tydelik aan die satansmagte gegee het, en dat ons, terwyl ons biddend op Hom wag steeds blymoedig kan sing: "Roem Christus heel my lewe. Is veilig by my God!"

Ja ons ken nie God se tye nie en weet dat 'n honderd jaar vir Hom soos 'n flitsende oomblik is. Daarom, terwyl ons gereed moet maak en moet wees vir sy koms het ons die opdrag om dit nie te probeer verhaas nie. Hy is by ons elke dag. Hy ken ons nood.

Ja, ons kan by Hom wees terwyl Hy nog in die hemel en ons op die aarde is!

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1549 gaste aanlyn