Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees geduldig met jou eie geestelike groeityd – wanneer God 'n sampioen maak doen Hy dit oornag, maar 'n reuse-eikeboom neem honderde jare: 'n Groot gees groei deur stryd, storms, en pynlike seisoene wat 'n lang tyd neem.
GEEN MENS KAN SONDE ONTSONDIG NIE
Ds Andrè van den Berg
“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” - Hebr.13:4
Saamblyery is ’n stuk heidendom wat in Suid-Afrika skrikwekkend toeneem. In 1990 is die getal mense wat in ons land buite die huwelik saambly op 10% bereken. Dit staan tans op 43%! Saamblyery is ʼn belediging vir God wat juis die huwelik ingestel het. Saamblyery dra al die wesentlike kenmerke van ’n gewone huwelik, maar een waarin Christus doelbewus uitgejaag word. En sulke siele is verlore! “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Rom.5:25).
In 1970 het die NG Kerk so sterk teen saamblyery gevoel, dat sy die regering van die dag gevra het om alle saambly verhoudings buite die huwelik met wetgewing strafbaar te maak. In 2009 het dieselfde kerk opslae in die media gemaak toe sy die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery begin ondersoek het.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (24)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Britse terugslag by Laingsnek
J E H Grobler
Die aanloop tot die slag van Laingsnek
Kmdt-genl Piet Joubert het reeds tydens die volksvergadering by Paardekraal besef dat ’n wapenstryd tussen Boer en Brit ophande was. Daarom het hy toe reeds reëlings getref om te voorkom dat Britse troepe uit Natal Transvaal sonder weerstand sou kon binnekom deur ’n waarnemende kommandant oor die grensgebied aan te stel. Die verwagte wapenstryd het enkele dae later gevolg. Joubert se voorsorg teen ’n Britse inval vanuit Natal in Transvaal was ook geensins ongegrond nie. Dit was daardie poging om Transvaal binne te dring wat tot die veldslae by Laingsnek, by Schuinshoogte en by Majuba gelei het. Daardie drie veldslae word in hierdie en die volgende aflewerings behandel.
Die Britse leëraanvoerder in Natal en Transvaal en Goewerneur van Suidoos-Suid-Afrika, genl-maj sir George Pomeroy Colley, was om redes wat aanstons bespreek sal word, nie in staat om voor die einde van Januarie 1881 tot die offensief oor te gaan nie.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (23)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Beleëring van die Brits garnisoene (2)
J E H Grobler
Op Standerton,60 op die hoofweg tussen Newcastle, Wakkerstroom en Pretoria, is die nuus oor die herstel van die Suid-Afrikaanse Republiek op 19 Desember ontvang. Op daardie stadium was daar een kompanie van die 94th Regiment in die dorp gestasioneer. Twee dae later het nog twee kompanies van dieselfde regiment en een kompanie van die 58th Regiment in Standerton opgedaag. Kapt George Froom het as senior offisier die bevel oor al die troepe op hom geneem. Hy kon geen kontak met Pretoria maak nie en het geen instruksies gehad waarvolgens hy moes optree nie. Gevolglik het hy op eie inisiatief die dorp begin verskans en vrywilligers begin werf.
Maj W E Montague het op 24 Desember uit Pietermaritzburg in Standerton aangekom om as bevelvoerende offisier by Froom oor te neem.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (22)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Beleëring van die Brits garnisoene
J E H Grobler
Toe die eerste skote op 16 Desember 1880 in Potchefstroom klap, was daar in die hele Transvaal altesame 1 759 Britse soldate wat in sewe garnisoene oor die lengte en breedte van die kolonie versprei was. Hulle getal is op daardie dag deur sowat 200 soldate wat uit Newcastle na Transvaal gestuur is en by Standerton en Wakkerstroom diens sou doen, aangevul. Al sewe garnisoene is spoedig na die uitbreek van die oorlog deur die Boere beleër. In die geval van Pretoria, Standerton en Wakkerstroom het die garnisoene die dorpe kon behou, maar by Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg en later ook Marabastad was die Britte in hul “forte” ingehok.
Nie een van die garnisoene is voor die vredesluiting ontset nie, en slegs een het oorgegee.
Die getal Boere wat die garnisoene beleër het, het gewissel. Kmdt-genl Piet Joubert het in Februarie 1881 bereken dat sowat 2 050 burgers daarby betrokke was. Van hulle het 800 by Pretoria diens gedoen, 450 by Potchefstroom, 300 by Standerton, 200 elk by Rustenburg en Lydenburg en 100 by Marabastad. Die beleërders van Wakkerstroom was ingereken by sy eie mag van sowat 1 200 man by Laingsnek.
DIEN HOM MET GEESDRIF!
Hannes Ollewagen
Filippense 3:1-21
“Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;” (:3).
Die algemene toestand van die samelewing rondom ons stem ‘n mens maklik tot neerslagtigheid. Wanneer ons kyk na die ellende waarin mense leef, vervalle en hartseer lewens en boonop hoor van die lelike dinge wat met mense gebeur, kan ons maklik moedeloos en neerslagtig raak. Daarby is die hoeveelheid mense wat hul uitkoms uit hierdie moedeloosheid gaan soek in dwelm- en alkoholmisbruik of selfs selfsmoord as laaste uitweg verkies, verbysterend.
Die oordeel kom ons nie toe nie. Dit is egter vir ‘n ware kind van God hartseer om te sien dat mense so ver wegdwaal van hul Skepper dat die satan hul kan oorrompel en uiteindelik kan vernietig. Die feit dat Suid-Afrika allerweë as ‘n “Christenland” beskou word, maar besig is om inmekaar te tuimel, is tog stof tot nadenke vir enigiemand met ‘n verantwoordelikheidsbesef.
DIE KINDERDOOP IS REG!
Ds Andrè van den Berg
So anders as die Roomse Kerk wat sewe sakramente het, het Protestantse kerke net twee - die doop en die nagmaal. Sakramente is volgens die Heidelbergse Kategismus (HK) “ heilige, sigbare, waartekens en seëls deur God ingestel is om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die Evangelie des te beter te laat verstaan”
Let op die woorde: heilige, sigbare, waartekens en seëls. Heilig beteken afsonder of opsy sit. Daarmee sê die HK dat sakramente nie wêreldse instellings is nie, maar goddelike instellings. Die woord sigbaar sê dat dit fisies waarneembaar is. Waartekens en seëls sê dat dit middels is wat iets krag gee en in werking plaas. Dis soos ‘n brief. Sonder ‘n posseël daarop, sal dit nooit sy bestemming bereik nie. Laasgenoemde bring dit in beweging.
Waarom het Protestantse kerke net twee sakramente?
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (21)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Die sege by Bronkhorstspruit
J E H Grobler
Die oorsprong van die eerste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog, die geveg by Bronkhorstspruit, kan tot meer as ’n maand voordat dit plaasgevind het, teruggevoer word. In ’n vorige afdeling is gemeld dat die Boere se beplanning van ’n volksvergadering by Paardekraal die Britse koloniale owerheid in Transvaal laat besluit het om soveel troepe as moontlik in Pretoria saam te trek. Om uitvoering aan die besluit te gee, is opdrag na Lydenburg gestuur dat die hoofkwartier en twee kompanies van die 94th Regiment, wat onder bevel van lt-kol Philip R Anstruther gestaan het, sonder verwyl na Pretoria moes marsjeer. Die opdrag is op 27 November in Lydenburg ontvang. Anstruther het dadelik voorbereidings begin tref om dit te kon uitvoer. ’n Tekort aan waens het daardie voorbereidings belemmer, met die gevolg dat die Britte eers op 5 Desember die pad na Pretoria aangedurf het.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (20)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Paardekraal: Eensydige herstel van die onafhanklikheid (2)
J E H Grobler en prof C M Bakkes
Die Boere was sielkundig deeglik voorbereid op die stryd wat gevolg het. Hul vernaamste wapen in die verband was hul geloof dat God aan hulle kant was. Voorts was daar ’n saak waaroor almal saam sterk gevoel het en waarvoor die meeste burgers bereid was om voluit te veg, naamlik die instandhouding van hul herstelde regering.
Teen die sowat 7 000 hoogs gemotiveerde Boerekrygers was daar aan Britse kant teen die einde van 1880 in Transvaal self slegs 1 759 soldate, in vergelyking met 2 911 soldate wat aan die begin van Augustus in daardie kolonie gestasioneer was. Die vermindering is kennelik toegelaat omdat die verantwoordelike Britse instansies geoordeel het dat 1 800 soldate genoeg sou wees om enige gebeurlikheid die hoof te bied. Daardie oordeel is gebore uit ’n oortuiging dat die Boere nie ’n gewapende opstand van stapel sou stuur nie - ’n oortuiging wat oor vier jaar by verskillende Britse amptenare en by die Colonial Office en War Office ingeprent is.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (19)
Paardekraal: Eensydige herstel van die onafhanklikheid
J E H Grobler en prof C M Bakkes
In die eerste week van Desember 1880 het burgers van oor die hele Transvaal met die oog op ’n volksvergadering na die plaas Paardekraal op die wapad tussen Pretoria en Potchefstroom (Krugersdorp beslaan dit vandag) opgetrek. Die Britse Administrateur van Transvaal, sir W Owen Lanyon, was van mening dat die Boere weens die kort kennisgewing meestal te perd sou moes gaan, en dat hulle gevolglik nie veel oorlogsbenodigdhede sou kon saamneem nie. Tog is talle ossewaens oppad na Paardekraal opgemerk. Dit was vir Britse spioene duidelik dat die Boere swaar bewapen was en gereed om te veg. ’n Enkele spioen het berig dat hy in Wes-Transvaal gesien het hoe die Boere voorberei vir of ’n lang reis of ’n lang verblyf in die veld, want hulle het op groot skaal biltong gemaak en beskuit gebak. Wat daardie spioen gesien het, was die laaste voorbereidings vir oorlog. Die burgers het reeds sedert 1879 ammunisie begin opgaar.
WGO-VERSLAG: HARTEBEESPOORT MEES BESOEDELDE IN HELE SA
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) doen gereeld 4jr-studies om die mees besoedelde gebiede in die wêreld aan te wys. Hierdie navorsing word in fyn besonderhede gedoen met inagneming van grootte van gebiede, populasiesyfers, sosiale stand van die inwoners, en so meer. Die nuutste statistiek is pas vrygestel en sluit die jare 2013-2016 in.
Waar Johannesburg tevore as die besoeldste stad in Suid-Afrika aangewys is, met Pretoria kort op sy hakke, het daar in die nuutste statistiek 'n lank verwagte skuif plaasgevind met Hartebeespoort en omgewing as die mees besoedelde gebied in die hele Suid-Afrika, met Pretoria tweede en Johannesburg derde. Hartebeespoort/Brits is ook 162e op die lys van mees besoedelde gebiede ter wêreld – dit wil gedoen wees aangesien die databasis van die WGO vir hierdie kategorie 3000 stede ter wêreld beslaan!
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (18)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Van grondwetlike tot gewelddadige verset
Die Transvalers se reaksie op die uitslag van die onderhandelings met die Gladstone-ministerie is deur die Britse amptenare bestempel as kalme berusting en aanvaarding. The Natal Witness berig in April 1880: “Boer feeling (is) said to be toning down,” en in Julie “I think the anti-annexation has died a natural death.” In Augustus het Lanyon die Britse Ministerie vir Kolonies verseker dat die inwoners tevrede en rustig is. Die Boere se bereidwilligheid om belasting te betaal het hom tot die standpunt oorgehaal. Ook sir George Colley wat Wolseley in 1880 vervang het, het teen September berig: “... the country is becoming rather tired of this agitation; and many who at first held aloof from us are now becoming friendly."
Dit wil voorkom asof die amptenare in Transvaal teen hulle eie beterwete in of moontlik uit verkeerde beoordeling verklaar het dat die toestand aldaar vreedsaam was. Van vrywillige belastingbetaling was daar geen sprake nie.
VERHEERLIK HOM
Hannes Ollewagen
Ps. 19:1-15
“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!” (:15).
God openbaar Homself aan die mens op twee maniere: deur die natuur, en deur die Woord. Wanneer ons die natuur bestudeer, word ons menigmaal asemloos gelaat weens die wonder daarvan. Die hardwerkendheid van ‘n klein diertjie soos ‘n mier, die onvoorspelbaarheid van die wind, die verkwikkende uitwerking van gietende reën en die asemrowende grootheid van die sterrehemel.
Wanneer ons na die natuur rondom ons kyk, wil ons ook uitroep: hoe groot is U, Here? Die hele skepping laat weerklink die heerlikheid van sy grote Naam.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (17)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Transvaalse Afrikanernasionalisme as dryfkrag tot weerstand (3)
Die besluit van 18 April 1879 van die Volkskomitee het nie op dowe ore geval nie. Op 10 Mei 1879 het dr Biccard aan die Volkskomitee berig dat ’n petisie teen die anneksasie in die Kaap rondgestuur word en dat geen persoon geweier het om dit te teken nie, maar “integendeel groote simpathie met onze Transvaalsche broeders aan den dag werd gelegd.” Hierdie petisie wat deur die inisiatief van J H Hofmeyr opgestel is, is deur nie minder nie as 7 256 Kapenaars onderteken. S J du Toit se Afrikanerbond wat ook in hierdie tyd tot stand gekom het, het die Afrikanersaak verder aangewakker en was sterk anti-Britsgesind, soos ook sy koerant Die Patriot.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (16)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Transvaalse Afrikanernasionalisme as dryfkrag tot weerstand (2)
In ’n brief aan Kruger en Joubert op 6 Augustus 1878 het Hicks Beach aangevoer dat dit veral die ou Republiek se finansiële swakheid was wat Brittanje genoodsaak het om tot die daad van anneksasie oor te gaan.
Die bewyse dat daar nie ’n noemenswaardige finansiële verbetering onder die Britse gesag was nie, is oorweldigend. In twee briewe werp mev Jorissen meer lig op die saak. Op 20 November 1877 skryf sy aan haar kinders in Nederland: “Maar het leven is hier verschrikkelijk moeilijk. En men zegt, er is weer geen geld,” en op 17 Desember 1877: “Geld is er bijna niet op Pretoria ... Alle artikelen beginnen hier duurder te worden, alles wordt verdubbeld.” Shepstone self het erken dat daar ’n groot gebrek aan geld is. ’n Artikel in The Natal Witness dui ook daarop: “Business generally is very dull here again. Storekeepers are doing very little, and money continuous a very scarce commodity.”
Hierdie bewuswording onder die Boere dat die anneksasie ’n onregverdige handeling teen hulle was, het hulle tot ’n verbitterde maar militante eenheid saamgesnoer.
HET JY JOU UITNODIGING ONTVANG?
Ds Andrè van den Berg
“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. Toe sê Hy vir my: Skryf – salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam” - Openb.19:7,9
Christelike kerke het verlede week wêreldwyd Pinksterdag herdenk; een van die groot feesdae in ons kerklike jaar. Wat maak dit so groot? Drie dinge. Eerstens herdenk ons die koms van die Heilige Gees en tweedens die stigting van die eerste Christelike kerk op aarde. Pinksterdag is die kerk se verjaarsdag.
Net voor sy hemelvaart het Jesus die dissipels beloof dat Hy die Heilige Gees sou stuur om hulle by te staan. En hoe het die Heilige Gees, die derde persoon van die Drie-eenheid, nie gekom nie!
DIE REBELLIE VAN 1914 (6-SLOT)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
JOPIE FOURIE STERF VIR GOD EN VADERLAND
Basie Blignaut
Op 11 September 1914 word die Unie- Parlement byeengeroep om die Unie se aandeel in die oorlog tussen Engeland en Duitsland te bespreek. Genl. Louis Botha stel voor dat die Unie as lid van die Statebond uit "eer en plig" krygsoperasies teen Duits Suidwes-Afrika (DSWA) moet onderneem. Namens die opposisie bestry genl. Hertzog die voorstel. Om redes aan die volk onbekend steun die meerderheid van die Unie- Parlement die voorstel van Botha.
Genl. De la Rey was egter daarvan oortuig dat die vryheid van die ou Boere-Republieke op 15 Augustus 1914 teruggeneem sou word na aanleiding van die syfer 15 wat Siener van Renburg gesien het. Genl. De la Rey belê dan ook ’n vergadering op die plaas Treurfontein in die Lichtenburg-distrik vanwaar daar na Pretoria opgeruk sou word om genl. Louis Botha as president van die herstelde republiek uit te roep. De la Rey was vas onder die indruk dat Botha aan die kant van die Boere was en as hy met die Vierkleur uitgery het, sou die hele Transvaalse platteland opstaan en hom volg.
DIE REBELLIE VAN 1914 (5)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
Genl. Christiaan Beyers: Passiewe verset
Dr. Pieter Moller
Christiaan Frederik Beyers het ongetwyfeld oor uitstaande leierseienskappe en militêre vaardighede beskik soos dan ook bewys word deur die feit dat hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog in Transvaal gevorder het van ’n gewone burger tot die rang van Assistent Kommandant-generaal. Die bekwaamhede het hierdie Afrikaner in 1912, toe die Unieverdedigingsmag tot stand gekom het, ’n uiters geskikte keuse gemaak om aan die hoof daarvan te staan. Die feit dat daar soveel Engelssprekende offisiere was wat vir hierdie pos oorweeg kon word, maak sy aanstelling ’n nog merkwaardiger prestasie.
Tydens en ná afloop van die Rebellie, wat kortstondig van duur was, is allerweë ook vanuit regeringsoorde, by wyse van onder meer regeringsondersoeke en -verslae oor die Rebellie, probeer bewys dat daar vanuit die staanspoor- dus vóór 15 September 1914 - ’n georganiseerde sameswering bestaan het om die regering omver te werp. Hierdie bewerings is nie waar nie.
GENL SMUTS, VERTROUDE SIONISTIESE ONDERSTEUNER
'n Kort blik op Smuts
Die Eerste Wêreldoorlog en Suid-Afrika – Die Rebellie van 1914
"Toe Smuts op 17 Maart 1917 in Engeland aankom, is gesorg dat hy as held geesdriftig ontvang word vir sy verraad teenoor die Boerevolk tydens die Rebellie van 1914. Smuts is aan die Oorlogskabinet in Engeland deur Lloyd George voorgestel as 'een van die briljantste generaals in die oorlog' as gevolg van sy sukses tydens die Rebellie toe hy daarin geslaag het om die Boere se weerstand teen deelname aan die oorlog om namens Engeland teen Duitsland te veg, gebreek het."
'n Oud-Konserwatiewe Party Parlementslid in Brittanje, Oliver Locker-Lampson, het in 1952 geskryf: "Winston Churchill, Lloyd George, Balfour en ek, is as vurige Protestante grootgemaak wat geglo het in die koms van 'n nuwe Verlosser, as Palestina aan die Jode teruggegee word." Dat die Jode aan wie hulle Palestina wou teruggee, vals Jode was, was nie ter sprake nie. Die Eerste Wêreldoorlog is dus deur hierdie leiers onder die valse waan begin dat hulle daardeur 'n "profetiese bydrae" maak deur mag in Europa te verskuif om die belange van Sionisme in Palestina te dien.
DIE REBELLIE VAN 1914 (4)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
GENERAAL JAN KEMP - DIE STRYDER IN DIE WOESTYN
deur Mike du Toit
JAN CHRISTOFFEL GREYLING KEMP is in Oos-Transvaal op 10 Junie 1872 gebore. Hy het sy skoolopleiding in Pretoria ontvang en daarna het hy op Krugersdorp in die kantoor van die mynkommissaris gewerk, waar hy ook af en toe as kommissaris waargeneem het. Tydens die Jameson-inval het hy op die voorgrond getree en word hy luitenant van die Krugersdorpse Vrywilligers Korps. Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, het hy as gewone burger saam met die Krugersdorpkommando na Noord-Natal gegaan waar hy aan verskillende belangrike veldslae soos Spioenkop deelgeneem het. Hy is kort daarna tot assistent-veldkornet bevorder en vroeg in 1900 tot kommandant.
In Februarie 1901 word hy as veggeneraal aangestel.