Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself (Prediker 10:12)." Sien ons nie elke dag in hierdie land hoe waar die Bybel hierin is nie!
50 JAAR NÁ DR HF VERWOERD
BRING DR VERWOERD WEER TERUG IN ONS HARTE
Frikkie Strauss
Op Dinsdag 6 September 1966 om 14h15 het Dr H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van Suid-Afrika in die Volksraad gesterf nadat 'n dolksteek van 'n sluipmoordenaar deur sy hart gegaan het.
Nou, 50 jaar later kan daar geen twyfel bestaan dat dit 'n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het 'n einde gebring aan 'n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat agtiende eeu tot 'n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as 'n volk gekom het. Terselfdertyd het dit 'n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is.
Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie.
MY GEBED
(Digter onbekend)
Dat sy U saam met my sal liefhê en opreg sal dien
En my liefde vir haar in my hart en handel sal sien;
Dit is die lewensmaat waarna ek soek o Heer
En wat U weet ek só diep in my hart begeer.
Maar sou ek op U nie wag;
Hierin steun op my eie krag;
Is die skrif ongetwyfeld aan die muur;
Die vrug van ongehoorsaamheid so suur.
U ken elke gedagte en oordenking van my hart;
U ken my moedeloosheid, vrae en diepste smart.
Soms skryf ons U voor om ons seerste wonde te genees.
Asof U nodig sou hê om vir raad U te wend tot vlees.
U, ons barmhartige, liefdevolle en getroue Vader, ons God,
ontfermend oor wie U liefhet, wie streef om te leef na U gebod;
As ons dan die raad sou hê oor hoe U volgens ons plan moet werk,
Waarom sou ons nodig hê om te vertrou op U hulp en almag so sterk?
Leer my om U met 'n volkome hart te vertrou;
Om my ongeregtighede af te lê met ware berou;
Want dan sal ek te midde van wat 'n bose wêreld my toesnou
Bly leef met my hoof omhoog in die hoop om U heil te aanskou!
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (9)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Sanksies, boikotte en disinvestering
Dit is die gebruik dat die dinge wat die land werklik die seerste kan maak, die minste publisiteit geniet. Een hiervan is die reeds vermelde skuldkrisis. Daarteenoor word dit wat nie juis ’n primêre bedreiging is nie, oorbeklemtoon. Die beste voorbeeld hiervan is sanksies, boikotte en disinvestering.
Die land leef al sedert die sestigerjare met hierdie dreigemente saam. Dit is geensins nuut nie. Reeds in 1968 was disinvestering al ter sprake toe pres Lyndon Johnson alle regstreekse Amerikaanse beleggings in Suid-Afrika bevries het. Dit is ook sedertdaardie tyd gebruiklik dat die WO jaarliks sanksies en boikotteteen die land bepleit ten einde hom te dwing om sy binnelandse beleid te verander.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (10)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die ryk dwaas
Luk.12:13-21: Jak.4:13-16
As iemand in die Bybelse tyd gemeen het dat hy uit ʼn erfporsie verkul word, kon hy na ʼn Skrifgeleerde vir arbitrasie gaan. Die Joodse wet het hulle gemagtig om toe te sien dat ʼn erfenis regverdig verdeel word. Soos wat mense vandag vir sulke sake na prokureurs toe gaan, het mense destyds na dominees gegaan. Ongelukkig was hulle nie altyd baie betroubaar nie en het soms vir eie gewin verkeerde uitsprake gemaak. Jesus berispe hulle selfs daaroor: “ Wee julle, skrifgeleerde en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van weduwees op...” (Mt.23:14).
By geleentheid het ʼn man wat oor sy erfporsie veronreg gevoel het met Jesus daaroor kom praat. Hy het heelwaarskynlik sy eie dominee nie daarmee vertrou nie!
GEES, SIEL EN LIGGAAM
Ds Andrè van den Berg
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” - 1 Thess.5:23
Hoe weet ons dat daar wel ʼn God is? Het iemand Hom ontdek soos wat ʼn wetenskaplike in ʼn laboratorium iets ontdek? Nee, niemand het God ontdek nie, Hy het Hom aan ons bekend gemaak. As dit nie daarvoor was nie, sou ons niks van God weet nie en vanoggend elders gewees het. Maar dit was God se wil dat mense Hom op ʼn besondere wyse as ʼn Drie-eenheid leer ken - Vader, Seun en Heilige Gees.
God het wonderlike dinge gemaak waarvan die mens die wonderlikste is. Die mens word die kroon van God se skepping genoem omdat hy die enigste van God se skepping is wat met sy Maker kan praat.
DE LA REY (7)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
TURKSVYE EN STRATEGIE
DIE son bak verblindend neer op die kaal vlaktes en deinende bulte van Wes-Transvaal. Die lug is droog, warm en verstikkend. Die aarde is kaal en uitgedor en
is geen die minste teken van groen lewe op hierdie uitgestrekte vlaktewêreld te bespeur nie. Wes-Transvaal is in die knelgreep van een van sy periodieke middesomerdroogtes. Des te afgrysliker vertoon hierdie toneel van verlatenheid deur die groot brandkolle wat swart op die oppervlakte van die land lê.
Hier is ’n mielieland afgebrand; daar ’n vrugteboord of boerehuis, of daar gunter ’n lap tamboekiegras wat deur ’n verdwaalde vonk of kruitblits uit die geweerloop van ’n onversigtige soldaat aan die brand geskiet is. Die brande is die gevolg van die oorlogsverwoesting: Die oorlog wat nou byna anderhalf jaar hier op die verlate Wes-Transvaalse vlaktes tussen die guerrillamagte van De la Rey en die Britse oormag woed ...
DE LA REY (6)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE VRYBUITERSKOMMANDO
"KOMMANDANT" FRIKKIE ELS voel onrustig. Hy het oom Giel van Zyl, sy baasverkenner, vroeg die agtermiddag uitgestuur om die omgewing te verken en nog het oom Giel nie teruggekeer nie, hoewel die son al laag aan die westerkim hang.
Vir die soveelste keer loop die “kommandant” met die verkyker in sy hand die klipkoppie agter die laer uit om die omgewing te bespied. Daar is geen lewende wese in die vaal ononderbrokenheid van die omliggende wêreld te sien nie.
“Ek wonder waar Giel so laat bly?” mompel hy bangerig onseker teen homself, “ek hoop tog net nie daar het iets met hom gebeur nie ...”
“Kommandant” Els vertrou die vrede nie. Vandat sy kommando ’n paar weke gelede een van generaal De la Rey se spioene in ’n gewonde toestand hier tussen die riete in een van die vleie gekry het, voel hy maar gedurig op sy hoede. Want hy is aanvoerder van ’n vrybuiterskommando, ’n kommando wat nog vis nog vlees is. Hulle is ewe bang vir Boer of Brit en vlug vir albei om‘t ewe.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (9)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die ontroue landbouers
Mt.21:33-46; Jes.5:1-7
Die gelykenis van die ontroue landbouers is in al drie die sinoptiese Evangelies opgeteken en is deur Jesus kort na sy intog in Jerusalem (dus ʼn paar dae voor sy kruisiging) vertel. Gevolglik kan die gelykenis slegs teen die agtergrond van sy naderende dood verstaan word.
In Mt.21 lees ons van Jesus se koninklike ontvangs in die stad en die inwoners se toejuiging en eerbetoon wat Jesus te beurt geval het. Die rede hiervoor was dat baie van die Jode geglo het dat Jesus die politieke verlosser van Israel was waarna hulle so lank uitgesien het. Op daardie stadium was Israel al vir meer as ʼn eeu onder die Romeinse juk en as ʼn buitelandse Romeinse provinsie deur ʼn Romeinse owerheid bestuur. Gevolglik het hulle na politieke bevryding gesmag en God daarvoor gesmeek. Dis vir ʼn gelowige volk hard om jou vryheid te verloor en onder heidene te moet buig soos ook hier ter plaatse gebeur het!
DIE HUWELIK . . .
...‘N INSTELLING VAN GOD
Hannes Ollewagen
Hebreërs 13:1-19
“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” (:4)
In ‘n samelewing waar mense genot put uit oppervlakkige sinsgenot is dit nie vreemd dat mooi, eerbare en heilige instellings toenemend “verwater” nie. Die mooiheid, die erns en die kosbaarheid van die huwelik as ‘n instelling van God is maar nog een van die mees kosbare dinge wat deur mense verontagsaam word en nie in ons huidige samelewing naastenby met die nodige erns benader word nie.
DE LA REY (5)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIT is omstreeks agtuur in die aand. Op die vlak veld om die klein spoorweghaltetjie stuif ’n aanhoudende motreën neer. Uit die nat aarde styg die waterdamp soos ’n wit mistigheid omhoog.Rudolf staan in die skaduwee langs die houtgeboutjie wat dien as stasiekantoor en tuur stip langs die spoorweg wat wegslinger in die nag oneindigheid voor hom.
Die trein moes lankal die stasie binnegestoom het, want volgens die rapport wat hy ontvang het, sou dit twintig minute oor sewe aangekom het. Hy wonder half onrustig, half ergerlik, wat kon gebeur het.
Is die trein onderweg hierheen deur ’n los Boerekommando onderskep en ontspoor?
WAAR STAAN JY?
Ds Andrè van den Berg
“Want daar is een God en Middelaar tussen God en die mens, die mens Christus Jesus” - 1 Tim.2:5
Die wêreld het al talle mense opgelewer wat groot naam in die geskiedenis gemaak het. Sommige van hulle was beroemd terwyl ander weer berug was. In sekere gevalle beide beroemd en berug! Napoleon was een van hulle. Hy is in 1821 op 52 jarige ouderdom as krygsgevangene op St. Helena oorlede. Ek het in April 2001 die huis waar hy sy laaste dae op die eiland geslyt het besoek.
Napoleon was sterk oppad om die algehele heerser van Europa te word. Alles het gevlot totdat hy in 1812 ʼn reuse fout begaan het. Hy het Rusland met ʼn groot troepemag in die laat herfs binnegeval waarna die strawwe winter hulle oorval het. Toe hy sy fout agterkom en terugval, het hy tot sy skok gevind dat die Russe die enigste brug oor die Njeperrivier vernietig en hul roete huiswaarts afgesny het.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (8)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Die Vryemark-beleid versus die Sosialisme, Marxisme en Kommunisme
Dit het mode geword dat, wanneer die regering ’n nuwe rigting inslaan, dit voorgehou word as ’n stap om sosialisme, kommunisme en Marxisme te beveg.
Afgesien van die verskille tussen die begrippe, word dit tog na willekeur binne ’n bepaalde verband gebruik. Vir die man op straat is alles sinoniem met die "totale aanslag" en derhalwe assosieer hy dit met die Sowjet-Unie en al sy satellietstate. Wanneer nuwe beleidsrigtings dus as teenvoeter vir hierdie bedreigings aangebied word, geniet dit gewoonlik die wyds moontlike aanvaarding en word dit ook in ’n groot mate vrygestel van kritiese ondersoek. Met die vryemark-beleid was dit dan ook nie anders nie.
Die SAUK het byvoorbeeld begin om dit as die meerdere van die sosialisme voor te stel.
DE LA REY (4)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
GUERRILLA-OORLOG EN KRIEKET (VERVOLG)
DIE storm het swart aan die lug bokant hulle gemaal, toe die kommando vertrek het in die rigting van die Engelse laer.
Rudolf sou bevel neem oor ’n afdeling burgers wat vanuit die oostelike flank die Britse laer sou aandurf. Hy is ’n verkenner, maar Van der Westhuizen het hom gewaarsku dat hy altyd en oral gereed moes wees om aan die eintlike veldslae deel te neem.
“Ons het min opgeleide offisiere en ons durf ons plig nie ontduik wanneer die Generaal ons dienste nodig het nie.”
Die aanvoerder van die betrokke afdeling het twee dae tevore in ’n skermutseling met die vyand gesneuwel en Rudolf het opdrag ontvang om die bevel oor te neem.
Die eerste reëndruppels het swaar neergeplof toe die kommando, ’n paar myl van die Engelse laer af, ingeruk het om die laaste bevel te ontvang.
Hulle moes die laer in verspreide orde nader, sodat die wag nie betyds die gedreun van die perdehoewe sou hoor nie.
DE LA REY (3)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
GUERRILLA-OORLOG EN KRIEKET
SOWAT ’n maand na Rudolf se eerste ondervinding as verkenner, het hy ’n tweede en ewe belangrike opdrag van kaptein Schalk van der Westhuizen ontvang.
“Ons lê noual weke lank stil, ou seun,” het sy hoof gesê. “En die Generaal word ongeduldig. Sy hande jeuk vir die Tommies.
“Ek het vanmiddag berig ontvang dat ’n groot afdeling Engelse op Swaelkrans, die plaas van Dirk Steyn, laer geslaan het. Hulle het Steyn se huis glo afgebrand, sy skape vemietig en sy beeskraal onder die bomme gesteek. Ons wil ’nbietjie met hulle afreken. Ek wil hê jy moet eers ’n bietjie hul stellings gaan verken, min of meer uitvind hoeveel troepe hulle het, wat die sterkte van hul grofgeskut is en daama moet jy deurry na kommandant Henning. Sy kommando staan omtrent dertig myl anderkant die plaas. Daar is ’n bevel van generaal De la Rey aan hom, maar in geval jy die skriftelike opdrag verloor, sal ek kortliks verduidelik wat die Generaal van hom verlang:
Moreaand net na sononder moet hy die Engelse van die anderkant van die plaas af aanpak. Ons sal hulle van duskant af storm.
RAADPLEEG DIE HERE
Hannes Ollewagen
Josua 9:1-27
“...maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie.” (:14).
Dit is maklik om in retrospek ‘n saak krities te kan beoordeel. So is dit vir ons maklik om na, of selfs tydens die bestudering van hierdie gedeelte die opmerking te kan maak dat Josua mos moes geweet het dat hy God eers moet raadpleeg alvorens belangrike besluite gemaak word.
Josua was die leier wat Moses moes opvolg en hy het derhalwe geen maklike taak hier benede gehad om te verrig nie. Dit was egter vir Josua gerusstellend dat God hom soveel keer bemoedig het en verseker het dat Hy hom sou bystaan en hom nooit sou begewe of verlaat nie. Josua was die taak deur God opgelê om die beloofde land te verower en die volk Israel sy erfdeel te laat kry.
MODDER, BLOED, EN BAIE MOED
15 JULIE – 100-JARIGE HERDENKING VAN DELVILLEBOS
Die herdenking van die Slag van Delvillebos, presies 100 jaar gelede, het 'n paar dae gelede plaasgevind met 'n somber, waardige plegtigheid by die militêre monument buite die dorpie Longueval in die noorde van Frankryk.
Waarvoor het die 2 536 Suid-Afrikaners in Delvillebos gesterf?
Gelofteland het die afgelope tyd heelwat aandag geskenk aan die Rebellie van 1914-15 toe genl. Jan Smuts en Louis Botha slegs 11 jaar ná die Tweede Vryheidsoorlog groot verdeeldheid in Afrikanergeledere gebring het. Ons land was steeds in armoede gedompel na die Drie-jarige oorlog en was nie gereed vir nog so 'n verwoesting nie. Nog het Smuts, 'n vertroude Sionistiese ondersteuner, en Botha nie toegegee aan die weerstand wat daar onder Afrikaners was om nie aan die Engelse se oorlog teen die Duitsers mee te doen nie. Genl De Wet, Beyers, Maritz en De la Rey het groot weerstand daarteen gebied maar Smuts en Botha was ongenaakbaar in hul hebsug na eer komende van Brittanje. Hulle was eerder bereid om met bedrog en vuilspel dapper Afrikanerleiers om die lewe te bring, vir hoogverraad aan te kla en in tronke aan te hou as wat hulle hul meesters in Brittanje teleur sou stel. Die besluit om saam met Engeland teen Duitsland te veg is op Afrikanerseuns en –manne afforseer; daarom het nog 2 536 in Delvillebos gesterf.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (7)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Die Goeie Hoop-konferensie en daarna
Die implikasie van die Carlton-konferensie strek egter veel verder en dieper. In die eerste instansie het dit die weg gebaan vir nog byeenkomste yan hierdie aard. Soos mnr P W Botha aan die einde van die konferensie gese het: “Dit sal jammer wees as vandag se belangrike beraadslaging net hier sou eindig. "
Weer eens is die klimaat voorberei vir nog ’n byeenkoms deurdat die sakelui al hoe nouer betrek is by besluitneming van openbare belang. Kort nadat die Schlebusch-kommissie die afskaffing van die Senaat aanbeveel het, het die SAUK weer die klimaat help skep en gesê: “Noudat daar van die Westminster-stelsel afgewyk word, sal dit moontlik wees om onmiddellik deur benoeming, ervaring en deskundigheid van die hoogste gehalte in die regeringstelsel in te voer uit die geledere van die nie-politieke gemeenskap. Dit is veral wenslik in die tegnologiese tydvak en sal dien om die vennootskap tussen die openbare en privaatsektore verder te konsolideer.”
POPULêRE AFRIKAANSE MUSIEK ...
...KUNSTENAARS OF NARE KUNS?
Hannes Ollewagen
Ek was nogal altyd onder die indruk dat kuns verwys na iets wat bewonderingswaardig is. Ek het van kindsbeen af kuns verstaan as iets wat deur ‘n persoon wat oor ‘n besondere gawe beskik, gelewer word.
‘n Mens leer egter dat die lewe as volwassene nie so eenvoudig is as wat dit uit ‘n kind se oogpunt is nie. Ons leer ook namate ons ouer word dat ons smaak van ander mense se s'n kan verskil en dat ons ander mense se unieke eienskappe moet respekteer. Wanneer ek nie kan vereenselwig met ‘n persoon se unieke idees en gewoontes nie is dit nie nodig om kwetsend teenoor die ander party te wees nie. Dit staan my vry om stil te bly en om nie met so ‘n persoon te assosieer nie.
Ek het tot op hierdie stadium probeer om laasgenoemde uitgangspunt te huldig t.o.v. die populêre, in besonder Afrikaanse, musiek wat deesdae in omloop is.
ONS LEWENS- FONDAMENTE
Ds Andrèvan den Berg
“As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?... die opregtes sal sy aangesig sien” (Ps.11:3,7)
Om probleme met buitestaanders te hê, kan nog verwerk word. Maar om dit in jou eie binnekring te moet trotseer, is dikwels onverkwiklik. Sulke wonde genees baie moeilik. Mense wat jy vertrou het, laat jou in die steek. Jou eie mense steek jou in die rug. Jy weet later nie meer wie om te vertrou en wie nie. Die beryming van Ps.146 waarsku: “Moet op prinse nie vertrou nie” .
Ps.11 vertel van Dawid wat in die geloof sy onbekende toekoms aan ʼn bekende God toevertrou het. Die skrywer van Hebreërs vra ons om God te vertrou: “Werp dan julle vertroue, wat ʼn groot beloning het, nie weg nie” (10:35) en sê daarna dat God sy beloftes nakom: “Want nog ʼn klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal uit die geloof lewe (:37,38).
Geloof en vertroue is twee kante van dieselfde muntstuk.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (6)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Die Carlton-beraad
Mnr P W Botha het die nuwe rigtings wat mnr John Vorster ingeslaan het, verseël. Een hiervan was om die regering amptelik op 22 November 1979 tot die vryemark-beleid te verbind. Naas die Botha-regering se aanvaarding van die Wiehahn- en Riekertverslae, was dit die betekenisvolste oorwinning wat die linkse politiek nog ooit in Suid-Afrika behaal het. Binne die bestek van slegs vier jaar het die Vryemarkstigting ’n beslissende deurbraak gemaak.
Die SAUK het weer eens gehelp om die nodige klimaat te skep deur aanhoudend op die deugde van vrye onderneming te hamer. Daar is veral van die taktiek gebruik gemaak om dit teenoor die sosialisme af te speel, soos wat die geval op 4 Mei 1979 was onder die opskrif: “Vrye Onderneming versus Sosialisme”. Die SAUK het 1979 dan ook pertinent uitgelig as ’n jaar waarin baie gedoen is om sogenaamd vrye onderneming te bevorder en te versterk.