Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel gee baie duidelike riglyne hoe ʼn volk polities gerig moet word. Die eerste vereiste is dat slegs gelowiges gekies moet word om ʼn volk te rig. ‘n Hart gewas in die bloed van Jesus Christus is vir ʼn volk baie meer werd as ʼn ongelowige kop vol akademiese kennis!
DE WET (6)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Vroeg die volgende oggend jaag genl. De Wet die groepie manne wat by hom is uit die komberse. Van nou af sal hulle bekend staan as sy "staf” en kan hulle verwag dat hy die hoogste eise aan hulle sal stel. ’n Aantal van hulle sal later bekendheid verwerf. Daar is sy seun Kotie, wat sy sekretaris is, nog 'n seun Izak, Albert Nussey wat later tot die hoogste rang in die Unie se verdedigingsmag sou styg en David Hennop, die hoefsmid van die groepie, 'n uitstekende verkenner en die beste swemmer onder die klomp. Later in die dag sou nog ’n jong burger lid van die Generaal se staf word, ’n jongman wat ’n besondere rol in die Generaal se lewe sou speel.
DAAR IS DIE LAM
Ds Andrè van den Berg
“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - Joh.1:29 (Gen.22:1-13)
Net voor die herfs is tuine gewoonlik op hul mooiste. Dis ʼn lus vir die oog om ʼn goedversorgde tuin te sien en die geur van blomme te geniet. Die Bybel is ook ʼn tuin - die tuin van God se genade. Wie daardeur loop, word telkens van die prag en die geur van God se liefde vir sondaars bewus.
Een van die mooiste blomme in God se tuin van genade is die gegewendheid dat Jesus as die Lam van God gekom, gesoek en gered het (Luk.19:10). Dit staan volop in God se tuin van genade.
In Gen.22 lees ons van ʼn gebeure wat ʼn voorafskaduwing was van die Lam van God wat sou kom.
VRYHEID VAN DIE AFRIKANER?
Hannes Ollewagen
Is dit nie ontstellend om te sien hoe skaam mense is om Afrikaners te wees nie? Gesien in die lig daarvan dat ons allerweë as ‘n Christelike volk beskou word, moet ek die eerste twee gebooie van die Wet van God in herinnering roep.
Wanneer ons die Wet van God in Exodus 20 en Deuteronómium 5 saamlees met Matt. 22 (Die Groot Gebod), word die volgende vir ons baie duidelik:
Ons moet die HERE ons God liefhê met ons hele wese en ons moet Hom volgens sy voorskrifte dien en uit liefde aan Hom gehoorsaam wees. Ons moet ons naaste liefhê soos wat ons onsself liefhet.
Die argument wat betrekking het oor hoe ver die kring getrek moet word wat my naaste sal insluit, is ‘n argument vir ‘n ander dag. Wat wel op hierdie stadium onweerlegbaar is, is dat my volksgenote deel vorm van hierdie omskrywing.
PASGA – DIE EERSTE PAASFEES
Ons vier vandag weer Paasfees en bring hierdie dag soos 'n Sondag deur. Waar kom die idee van Paasfees vandaan? Kom ons kyk weer na die oorsprong daarvan.
Met elke plaag wat Egipte getref het, het die Israeliete ʼn magsdaad van God aanskou. Dit het groot spanning met die Egiptenare veroorsaak. Toe Moses aankondig dat God deur Egipte gaan trek en al die eersgeborenes sou ombring, het die Farao weereens nie geluister nie. Israel sou weer oorgesien word, maar dié keer nie sonder ʼn sigbare geloofsdaad nie (Hebr.11:28). Elke huisgesin moes ʼn lam slag en die bloed aan die kosyne smeer sodat die doodsengel die huis nie besoek nie.
DE WET (5)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Die Republiek van die Oranje-Vrystaat stoot sowat 20 000 burgers in die veld. Hulle word in agtien kommando’s verdeel. Van hierdie aantal ruk nagenoeg 6 000 man op na die Natalse grens om die verskillende passe in die Drakensberge te beset. Daar sluit hulle aan by die Transvaalse magte wat uit Johannesburg, Pretoria; en Oos-Transvaal aankom.
Die res van die Vrystaatse magte moet die westelike grens van die Republiek verdedig, ander moet die Kaapkolonie oor Norvals-pont binneval en die laaste groep moet die grens van Basoetoland bewaak. Die totale aantal Transvaalse burgers wat onder wapen gebring word, is omtrent 30 000.
NET EEN WARE, ALMAGTIGE GOD
Hannes Ollewagen
2 Konings 19:1-37
”Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas. Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.” (:27 & 28)
In 2 Konings 17 lees ons hoe Israel (die tien stammeryk) deur die Assiriese ryk in ballingskap weggevoer is. Die rede hiervoor is dat God hulle oorgegee het aan hierdie heidense onderwerping en vernedering omdat die volk Israel aanhoudend van God afvallig geraak en Hom getart het deur agter die heidense afgodery aan te loop.
AFRIKANER-LIBERALISME (5)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
Individuele vryheid was vir die Afrikaner altyd 'n vryheid binne volksverband. Dit beteken dat die Afrikaner bereid was om beperkinge op die vryheid van die individu (bv. beperkinge op die gebied waar hy mag woon of werk of eiendom besit) te aanvaar ter wille van die voortbestaan en die welsyn van die volk. Op grond hiervan het die Afrikaner dit as logies, konsekwent en moreel geregverdig beskou dat daar skeiding gemaak word tussen rasse en volke. Hierdie skeiding was nie net vir die voortbestaan en welsyn van die Afrikaner lewensbelangrik nie, maar ook vir die voortbestaan en welsyn van ander volke.
DIE LIBERALISME (5)
Prof. P.S. Dreyer
Die belangrikste aspek van die periode 1910 tot 1948 is egter die feit dat die Britse en Afrikaanse beskouing van die samelewing in hierdie tyd mekaar direk die stryd aangesê het. Tot aan die einde van die negentiende eeu was die Afrikaner bereid om die stryd teen Engeland aan te knoop maar het wegtrek altyd as 'n oplossing van die probleme beskou. So het die Voortrekkers die Kolonie verlaat en hulle in Natal gaan vestig maar toe Engeland Natal annekseer, het hulle weer getrek, terug na die Transvaal. Benewens die Groot Trek was daar ook die Dorslandtrek en veral na die Tweede Vryheidsoorlog trekke na Kenia, Tanganyika, Suidwes-Afrika en selfs Argentinië.
Die oorweldigende meerderheid Afrikaners het egter ná die Tweede Vryheidsoorlog besef dat daar nie meer werklik geleentheid was om te trek nie.
DAG- EN NAG-EWENING
RONDOM 21 MAART OP DIE DAG VAN DAG- EN NAG-EWENING IS DIT PRESIES EWE LANK DWARSOOR DIE WÊRELD
WAT HET DIT MET PAASFEES TE MAKE?
’n Dag- en nag-ewening, soms net ’n nagewening genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer die son loodreg bo die ewenaar skyn. Daar is twee nagewenings elke jaar, op of rondom 21 Maart en 22 September. Omdat hulle in die Suidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms die herfs-nagewening en lente-nagewening genoem. In die Noordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.
Met die dag- en nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op die aarde ewe lank en kom die son presies in die ooste op.
WARE NEDERIGHEID KOSBAAR VOOR GOD
Ds Andrè van den Berg
“Hy moet meer word, maar ek minder”.
ʼn Woordvoerder is iemand wat namens ʼn hooggeplaaste persoon soos ʼn koning of president praat. Hulle is bloot spreekbuise wat vir mense sê wat so ʼn persoon vir hulle wil sê. Gevolglik luister mense na hierdie woordvoerders asof hulle na die koning of president self luister.
God het die profete van ouds as spreekbuise gebruik om sy boodskappe oor te dra. Gevolglik het baie van die boodskappe met “So spreek die Here” begin. Mense wat nie na die profete wou luister nie, wou in effek nie na God luister nie. En dit was vir profete ʼn ernstige saak, nie omdat dit hulle eer aangetas het nie, maar God se eer.
Die profete van ouds het ʼn baie belangrike rol as skakel tussen God en mens vervul. So ook die priesters wat ʼn skakel tussen God en die gemeente was. Sien u die verskil?
LIBERALISTE SE DAG KOM...
In Maart 1955 skryf mnr Boy Mussmann in 'n brief aan die Volksblad oor wat Siener aan hom gesê het aangaande sekere gebeurtenisse wat nog moes plaasvind voordat die getroue Afrikaner sy vryheid gaan terugkry. Van die tekens wat Siener op wys het ons bespreek in die artikel :>
SIENER – 'N BIETJIE PERSPEKTIEF
>
>DIE AANSLAG OP JACOB ZUMA wat handel oor die liberaliste wat nie kan sien wat besig is om te gebeur nie. Mnr Mussmann se gesprek met Siener het onder andere so verloop:
"Ek het aan Siener gevra: ' Hoe is dit mogelik dat ons Afrikaner-Sappe (liberaliste) met die beste argumente en feite nie kan oortuig nie?' Toe was die Siener se antwoord: 'Ek het hulle oë gesien, dit is wit en soos 'n dier wat blind is en dit peul uit. Ons kan hulle nie oortuig nie.' Toe vra ek Siener: 'Nou hoe sal ons Afrikaners dan ooit bymekaar kom?' Siener sê toe:>
DIE AANSLAG OP JACOB ZUMA
Dr JJ Snyman
Ek moet sê, ek geniet nogal die politieke spektakel wat hom op die oomblik in hierdie land afspeel. Nie soseer omdat ek een van honderdduisende Blankes was wat gewaarsku het teen die nadelige gevolge van swart meerderheidsregering nie; dit raak immers ons almal, maar veral die geskarrel in links-liberale geledere om tog 'n beter swart kroonprins as die ou "verdomde Zuma" te kry. Zuma het hulle darem nou lelik "gedrop".
Maar omdat linksheid en liberaal-"geit" 'n sielsieke toestand is, word die waarheid natuurlik ontken; of as liberaliste dan nou werklik so dom is soos wat ek dink hulle is; net eenvoudig nie ingesien nie. Die waarheid is dat Zuma sou wees soos die een voor hom en die een na hom sal wees soos hy. Maar in droomland kan ons mos maar aanhou droom, of hoe?
DE WET (4)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Op Nuwejaarsfontein le Christiaan de Wet hom met aansienlike sukses op sy boerdery toe sodat hy spoedig een van die toonaangewende boere in die distrik word.
Hy word egter nie lank toegelaat om sy aandag onverstoord aan sy boerdery te wy nie. Voor hy ’n man van agt-en-twintig jaar oud is, is hy reeds waarnemende kommandant, veldkornet en Transvaalse Volksraadslid. Met sy uitmuntende eienskappe is dit onvermydelik dat hy tot diens van sy nuwe gemeenskap en sy volk geroep sou word.
In 1889 kom die kwessies van ’n tolverbond en die bou van ’n spoorlyn deur die Vrystaat na die Zuid-Afrikaansche Republiek ter sprake. De Wet bestudeer die konsep-ooreenkomste met die regering van die Kaapkolonie oor hierdie sake en saam met ’n groot aantal van sy volksgenote voel hy bitter ongelukkig daaroor.
HY IS DIE KENNER VAN ALLE HARTE
Hannes Ollewagen
Handelinge 4:32 – 5:16
“Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?” (5:3).
Ons lees in die gedeelte waar hierdie gelowiges eendragtig besluit het om hul besittings op daardie stadium te verkoop en na behoefte onder mekaar te verdeel omdat hulle gelyke sorg vir mekaar gedra het. Hierdie gelowiges het mekaar se geestelike welstand, maar ook die stoflike behoeftes van elkeen op die hart gedra.
‘n Mens kan verseker wees dat daar groot bewondering was vir diegene wat met toewyding hul besittings opgeoffer het in hul diensbaarheid aan God. Dit is egter duidelik dat Ananías en Saffíra ook graag bewonder wou word, maar opregte toewyding het egter ontbreek. Die rede waarom hulle hul grond verkoop en die geld na die apostels gebring het, was ter wille van uiterlike vertoon en mense se aansien; nie om diensbaarheid aan God nie.
DE WET (2)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Die Basoeto’s is verslaan. Oral waar hulle oor die grense van die Republiek van die Oranje-Vrystaat oortree het, is hulle statte vernietig en hulle graanlande afgebrand. Hulle grootkaptein, Mosjesj, vra om vrede. Hy het die hulp van die Kaapkolonie se goewerneur, sir Philip Wodehouse, ingeroep om tussenbei te tree. Hy is nie alleen gewillig om sy krygsmanne terug te trek nie, maar ook om ’n stuk grond aan die Republiek af te staan. Dit alles word bekragtig in die Verdrag van Thaba Bosigo.
Die volgende dag, 4 April 1866, kom al die burgers bymekaar. Hulle kom luister na wat hulle President vir hulle wil sê. Hy staan op ’n wa, 'n man in die fleur van sy jare, ’n man wat hierdie republiek en sy volk se vryheid liefhet met sy hele hart. Klein Christiaan de Wet staan en kyk na hom en luister na sy woorde. Die Vrystaat is ’n vrye staat en ’n vrye staat sal en moet dit bly. Die Vrystaters is ’n vrye volk en ’n vrye volk sal en moet hulle bly.
SONDAG OF SABBAT?
Ds. Andrè van den Berg
Lidmate wat deur die leer van die Sewendedagadventiste (hierna Adventiste genoem) beïnvloed word, bevraagteken al hoe meer die heiliging van die Sondag as Christelike rusdag. Die Adventiste dring op ‘n herstel van die Ou Testamentiese sabbat aan en glo dat Christus nie na die aarde sal terugkeer alvorens dit herstel is nie. Hulle beskou die huldiging van die Sondag as ‘n heidense verering van die son wat by keiser Konstantyn, ‘n sonaanbidder, begin het. Hulle stigter, Ellen G White, dig die instelling van die Sondag as heilige rusdag in die kerk aan ‘n Roomse pous toe.
1. Oorsprong van die Sabbat
Waar kom die sabbat vandaan? God het dit in die Ou Testament (OT) as rusdag bepaal: “En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus....En God het die sewende dag geseën en dit geheilig...” (Gen.2:2,3). Die eerste aanduiding van die sabbatsgebod is in Ex.16 toe Israel aangesê is om dubbeld die hoeveelheid manna op die sesde dag op te tel sodat hulle op die sewende dag kon rus. Daarna kom dit in die Tien Gebooie (Ex.20) voor.
DE WET (1)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Klein Christiaan de Wet se blou oë skitter van opgewondenheid. Hy kyk na oom Hendrik Fouchè wat met die yslike ou voorlaaier in sy hande voor hom staan.
"Gaan Oom my regtig vandag leer skiet?”
”Ja, Krisjan, sodat jy ’n blesbok behoorlik kan doodskiet. Jy hoef hom dan nie eers deur die honde te laat plattrek en daarna te probeer om sy keel af te sny nie!”
Christiaan kyk af grond toe. Hy weet die oom terg hom oor sy avontuurtjie ’n jaar of wat vantevore toe hy ’n bok so laat plattrek het. Dit was nogal op ’n Sondagoggend! Hy het die dier met sy kruisbande vasgebind en huistoe genael om ’n mes in die hande te kry. Die einde van die saak was dat hy ’n yslike skrobbering van sy vader, oom Jacobus de Wet, op die Iyf geloop het.
Oom Hendrik sien die knaap se verleentheid.
AFRIKANER-LIBERALISME (4)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
DIE LIBERALISME (4)
Prof. P.S. Dreyer
Op hierdie stadium moet ons ons aandag by die Britse invloed bepaal.
Vanaf 1806 het die Britte die bewind aan die Kaap in hulle hande en gee hulle die toon aan. In die begin van die veertigerjare neem Engeland ook Natal en die Oranje-Vrystaat in besit. Hoewel die Vrystaat weer onafhanklik geword het, is die Britse invloed tog in 'n groter mate gevestig as in Transvaal. Veral deur die werk van Rhodes is die gebiede ten Weste en ten Noorde van Transvaal ook in besit geneem sodat die twee Boererepublieke deur Engelse gebied byna heeltemal omring is.
Hierdie ontwikkeling vind dus plaas vanaf die begin van die negentiende eeu wanneer die liberalisme sy hoogepunt in Engeland bereik en die vanselfsprekende lewensopvatting van die Brit geword het. Soos reeds aangedui is, het dit op elke terrein van die lewe uitdrukking gevind.
AFRIKANER-LIBERALISME (3)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
DIE LIBERALISME (3)
Prof. P.S. Dreyer
Suid-Afrika, Afrikaners en liberalisme
Op hierdie stadium kan ons ons nou tot Suid-Afrika wend.
Soos reeds opgemerk is, het die term liberalisme hoofsaaklik 'n negatiewe betekenis onder behoudende Afrikaners. Desondanks moet ons onthou dat die Blankes in Suid-Afrika 'n deel van die Westerse wêreld is en kultureel in die Weste gewortel is. Net soos enige ander Westerse land het ons van ons kosbaarste erfgoed van die liberalisme ontvang. Die Republikeinse staatsvorm – die ideaal van die Afrikaner vandat ons van onsself as volk bewus geword het; die demokrasie (soos ons dit onder Blanke bewind ervaar het); 'n kapitalistiese ekonomie; die "Rule of Law"; vryheid van denke, spraak, geloof en die pers; en 'n diepgewortelde sin in die vryheid van die individu en die volk (voor 1994), is van die hoogste waardes wat vir ons geld en wat ons private, sosiale, ekonomiese, politieke, intellektuele en sedelik-godsdienstige lewe grootliks bepaal.
Aan die ander kant moet ons tog ook baie versigtig wees wanneer ons van die Afrikaner as erfgenaam van die liberalisme praat.
AFRIKANER-LIBERALISME (2)
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
DIE LIBERALISME (2)
Prof. P.S. Dreyer
Die grond van die veranderinge was 'n ander mensbeeld en 'n ander lewenshouding wat in die Renaissance te voorskyn tree en mettertyd die hele Westerse wêreld verower. Dit is nie 'n nuwe filosofie wat deur filosowe uitgewerk is en toe die Westerse wêreld ingeneem het nie. Wat gebeur het, is dat die nuwe lewenshouding en lewensopvatting uitdrukking vind in die werk van filosowe, kerkleiers, kunstenaars, sakeleiers en politici en deur hierdie mense op talle maniere tot spreke gebring is. Dit dring eers later deur tot die man op straat, maar verower uiteindelik die Westerse gees so volkome dat baie skrywers juis dit as die tipiese kenmerk van die Westerling sien. Ons kan hierdie nuwe mensbeskouing en lewensopvatting soos volg saamvat:
In die eerste plek kom die mens in die middelpunt te staan. Nie meer God of die Kerk staan in die sentrum nie, maar die mens. Nie meer is die mens op die hiernamaals gerig nie, maar op die hier en die nou van hierdie wêreld. Die mens is nie meer niks voor die aangesig van God nie, maar 'n medewerker van God, 'n medeskepper naas God.
HY HET GEREGTIGHEID LIEF
Hannes Ollewagen
Psalm 11:1-7
“Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.” (:7)
Die Satan werk selde met ‘n infame leuen, want hy is welbewus daarvan dat ‘n halwe waarheid mense meer effektief sal mislei. Dit is dan myns insiens ook wat hy doen met die halwe waarheid van die oordrewe “Jesus-liefde” wat tans in die wêreld rondgaan.
Die Woord van God getuig weliswaar van God se liefde vir sondaars, maar hierdie liefde is vir bekeerde sondaars. Dit is mense wat bewus is van hul swakheid in die vlees, maar hul afhanklikheid van Hom in die gees. Dit sluit diegene uit wat die swakheid in die vlees koester en Hom in die gees verag. Diegene wat Hom verag deur doelbewus in hul sonde te volhard, word in die Woord gekenmerk as goddelose mense – m.a.w. mense wat kies om sonder God te leef. Dit is daardie mense by wie daar nie plek is vir God in hul harte nie.