Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoop is 'n neweproduk van getrouheid. Hoop gee aan ons die krag om verby omstandighede te kyk wat andersins hopeloos sou wees. Hoop hou gyselaars aan die lewe, selfs wanneer daar geen redelike bewyse is dat iemand oor hulle lot begaan is nie; hoop oorreed boere om na drie jaar vandroogte weer in die lente te saai... Hoop word uit swaarkry gebore. Moet nooit ophou hoop nie, naas geloof en liefde is hoop die grootste iets wat ons regop hou.
DIE SABBAT...
'N DAG VIR GOD AFGESONDER
Hannes Ollewagen
Gen. 2:1-3
“En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.” (:3).
Ons moet dalk begin deur te kyk na wat die term “heilig” beteken. Ons lees gereeld in die Bybel van ‘n insetting, persoon, besitting, dag of selfs ‘n volk wat vir God geheilig is. Die betekenis blyk duidelik te wees dat iets wat vir God geheilig is, vir Hom afgesonder is. Ons as sy kinders is so 'n voorbeeld: heilig - omdat ons afgesonderd ons lewens aan God se diens toewy ten spyte van ons menslike terkortkominge.
Ons lees hier aan die einde van die Skeppingsgeskiedenis dat God ook die sabbat as ‘n heilig dag afgesonder het. Die sabbat is derhalwe nie een of ander menslike verordening wat iewers ontstaan het nie.
DE LA REY (11)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE SLAG TEEN DIE KONVOOI
RUDOLF het dit slegs aan genade toegeskryf dat die huis van oom Giel van Zyl nog nie deur die Engelse afgebrand is nie. Dit was een van die paar wonings in die uitgestrekte Wes-Transvaalse punt waarin hy meestal verkenningswerk verrig het, wat nog nie die vlamme ten prooi geval het nie. Elke nag kon hy, al verder op die omringende bulte en rante na Vaalrivier se kant toe, in die rigting van die Magaliesberge noordwaarts, die dowwe gloed van huisbrande sien. Dit was soos ’n kring vlamme op die grens van ’n tot as verbrande sirkel. Want binne in daardie kring was daar net verwoesting: Swart puin van groot Boerewonings wat eenmaal sierlik tussen die landerye gepronk het.
Soms het nog net die helfte van die mure oorgebly en die het weggekrummel na gelang die somerreëns daaroor getrek het.
'N HUWELIK UIT DIE HEL?
DA-EFF-koalisie
Dr JJ Snyman
Bespiegelinge dat die DA en die EFF moontlik in alliansie sal gaan om sekere munisipaliteite te regeer mag dalk vir baie na 'n onmoontlikheid lyk, gesien die EFF se radikale standpunte oor sake soos grondonteiening, ensomeer. Ook waar die twee partye as onderskeidelik sosialisties en kommunisties geklassifiseer kan word.
James Selfe van die DA het volgens Rapport van 14 Augustus 2016 verklaar dat die DA en die EFF sal kan saamwerk:
Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille, maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.
Dr Dan Roodt (op PRAAG se webwerf) skryf dat die keuse tussen die partye die volgende behels het op stemdag:
Die kieser by die stembus het ‘n keuse tussen links-liberale sosialisme (die DA), demokratiese kommunisme (die ANC) of revolusionêre kommunisme (die EFF).
DE LA REY (10)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
BY GENERAAL DE WET
EK wil jou more vroeg met ’n rapport na genl. De Wet se laer aan Liebenbergsvlei stuur, Naudé ...”
Generaal De la Rey beskou Rudolf, wat so pas van ’n verkenningstog teruggekeer het, ’n oomblik afwagtend.
“Dis ’n baie dringende rapport en dit mag in geen omstandighede in vyandige hande val nie. Die wêreld wemel van die vyand en jy sal dus baie versigtig te werk moet gaan ... Ek vertrou volkome op jou, ou seun, om die rapport veilig deur te bring ...”
Rudolf knik begrypend. Hy weet naastenby wat die strekking van die rapport is. Dit het iets te doen met samesprekings wat die twee Generaals voer in verband met ’n gesamentlike inval in die Kaapkolonie. Geruime tyd reeds is hierdie korrespondensie tussen die twee bevelvoerders van die broederstate aan die gang.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (10)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Quo vadis?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie beleef ’n reuse-afswaaifase. Oor die kort termyn is daar telkens 'n geringe verbetering, maar die langtermyn-tendens is afwaarts.
Indien daar nie nou drastiese stappe gedoen word nie, sal die ekonomie van die hele subkontinent in duie stort met katastrofale gevolge vir almal. Die maatreëls wat van tyd tot tyd deur die huidige regering (NP) getref word, is alles net op een oorkoepelende doelwit afgestem, naamlik herverdeling in sy breedste sin. Indien dit nog op 'n deurdagte wyse geskied het, sou die skok vir die ekonomie nie so groot gewees het nie. Instede daarvan word alle ekonomiese wetmatighede net eenvoudig verbreek en die resultaat is al hoe minder groei. Hoe langer die regering aanhou om te herverdeel, hoe minder bly daar oor om verder te verdeel onder al hoe meer mense. Die uiteindelike resultaat moet eenvoudig wydverspreide armoede en revolusie wees.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (12)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die Fariseër en die tollenaar
Luk.18:9-14
Benewens hierdie gelykenis, het Jesus tydens sy aardse bediening ook ʼn paar ander oor gebed vertel. Die gelykenis van die onbeskaamde vriend en dié van die weduwee en die harde regter is voorbeelde hiervan. Dit was vir Jesus baie belangrik dat mense die belangrikheid en die krag van gebed sou bestaan.
In die Evangelies lees ons dat Jesus dikwels gebid het. Die hele Joh.17 bestaan uit een van sy gebede. Jesus wou hê dat dit wat vir Hom belangrik was, ook vir gelowiges belangrik moes wees. Daar moes by hulle geen onduidelikheid oor die ware karakter van gebed wees nie sodat hulle reg kon bid. Vandaar dan ook die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar.
Die les wat hierdie gelykenis ons leer, is dat God anders as mense oordeel: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie” (Jes.55:8). Daarom begin die gelykenis met die woorde: “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel" (:9).
Wie was hierdie sommige wat op hulleself vertrou? Niemand anders as die Fariseërs nie! Hulle was ʼn klas op hul eie wat in die godsdienstige tuin van die Jodedom gekweek is en hul as die bloudruk van godsdienstige volmaaktheid voorgedoen het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE BUURT!
My buurman is in die Guinness Wêreld Rekords. Hy het 44 harsingskuddings gehad. Hy bly net 'n klipgooi van my af.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (11)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die onbeskaamde vriend
Luk.11:5-13; Openb.3:14-22
Hierdie gelykenis draai om die as van gebed en is ʼn les waarmee Jesus nuwe inhoud en groter betekenis aan gebed wou gee. Die Heidelbergse Kategismus leer ons dat gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid teenoor God is. Daarom is dit belangrik dat ons hierdie gelykenis verstaan.
In die Bybelse tyd was gebed vir die godsdienstige Jode ʼn baie belangrike godsdienstige handeling . Uit die Psalms is dit duidelik dat Dawid geweet het hoe om reg te bid. Ongelukkig het die Joodse godsdiens mettertyd in ʼn vormgodsdiens verval wat uit die plegtige uitvoer van sekere godsdienstige handelinge bestaan het. Alles uiters oppervlakkig en sonder ware diepte.
Vir die Jode het godsdiens uit drie kern-elemente bestaan: Aalmoese gee, gebede en vastye. Gebed het vir hulle egter uit die uitspreek van vaste formules en frases gegaan sonder om oor die werklike betekenis van hierdie woorde na te dink soos vandag nog in die Roomse kerk die gebruik is.
WAAROM SA GEVAL HET
VIND UIT HOE ONS LAND IN HIERDIE GEMORS BELAND HET
Die revolusie wat sedert Februarie 1990 baie aan momentum gewen het, is nie soseer die werk van revolusionêre nie, as van Blanke liberale; nie so-seer van Swart aktiviste nie as van Blanke passifiste; en bowe-al van 'n liberale Afrikanerleierskap wat nie opgewasse was nie en politieke verraad gerasionaliseer het deur die verskoning van "verandering".
In plaas van die oorlog te veg en te wen, het die Regering Suid-Afrika in 'n binnelandse krisis gedompel, wat aan die revolusionêre ANC/SAKP die geleentheid gegee het om die liberale binne die "Nasionale" Party ter wille van vrede aanvaar te kry. Die regering het "die vrede" aan ons vyande toevertrou. "Vrede sonder oorwinning", is die voorskrif waarvolgens gehandel is — die ANC se terroriste-mag durf nie verslaan word nie: dit was die eis van die Amerikaanse maghebbers.
Die oorlog moes beëindig word deur 'n revolusie, waarin die politieke, militêre en ekonomiese mag verplaas word na die kant wat die oorlog nie kan wen nie.
WEES ‘N NAVOLGER VAN GOD
Hannes Ollewagen
Efésiërs 5:1: ”WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;”
“Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” (:17). Dit word algemene praktyk in ons onseker samelewing dat ‘n saak eers begryp moet word alvorens dit geglo kan word. Dit is natuurlik van kardinale belang dat ‘n mens alle sake deeglik deurdink en ondersoek voordat ‘n besluit in enige verband gemaak word. Ons moet egter oppas om nie in ons geloofslewe toe te laat dat rasionaliteit ons geloof oorskadu nie. Ek sê nie vir een oomblik dat ‘n mens irrasioneel moet optree in die geloof nie, maar dat daar wel ‘n gesonde balans gehandhaaf moet word.
Ons word menigmaal gekonfronteer met besluite in die lewe. Ek moet die keuse maak tussen die een en die ander, maar my grootste bekommernis is dat ek die verkeerde keuse sal maak.
EN ONS LY STEEDS VOORT...
Die wyse pres. Abraham Lincoln het op 15 Augustus 1862 die Negerleiers in die Wit Huis te woord gestaan en aan hulle gesê:
"Julle en ons is van verskillende rasse. Ons het tussen ons 'n breër verskil as wat tussen vrywel enige ander twee rasse bestaan. Of dit reg of verkeerd is, hoef ek nie te bespreek nie, maar hierdie fisieke verskil is 'n groot belemmering vir ons albei, aangesien ek dink julle ras erg daaronder ly, waar baie van julle onder ons woon, terwyl ons ly weens julle teenwoordigheid. Met een woord, ons ly aan albei kante. As dit toegegee word, is dit minstens 'n rede waarom ons geskei behoort te wees".
DE LA REY (9)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
NOOITGEDACHT
OP ’n aand kamp die De la Rey-kommando weer op hul ou terrein in ’n moot aan die westelike helling van die Magaliesberge uit.
Die burgers is opgewek en plesierig, ten spyte van die vermoeienis wat hulle die afgelope weke moes verduur en oral word opgewek gelag en gepraat...
Eenkant, by ’n eensame vuurtjie, sit Rudolf Naude. Hoewel hy ook gelukkig voel dat hulle nou weer, na soveel weke se vermoeide vlug en inspanning, rus kon vind, bly ’n voorgevoel van onrus en onsekerheid in sy gemoed nalewe.
Hy sit diep in gedagte versonke langs sy vuurtjie waarop hy besig is om koffiewater te kook. Rudolf merk nie die lang, leniggeboude man wat in die donkerte na sy vuurtjie aangestap kom nie.
WAT JY SAAI...
...SAL JY MAAI
Ds Andrè van den Berg
“Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” - Gal.6:7
Die wet van die natuur leer dat as jy mielies plant, daar nie koring sal opkom nie. Jy oes wat jy plant. Paulus gebruik hierdie grondstelling om die gelowiges in Galasië ʼn belangrike les te leer: “Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7). Moet jouself nie bluf nie, so seker as wat ʼn boer een soort saad saai en van dieselfde soort oes, so seker sal die mens dit wat hy tydens sy aardse lewe saai, ná sy dood oes.
In die tyd van Paulus was daar baie dwaalleraars wat onkundige mense met hul slimpraatjies meegevoer het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Seuntjie: Pappa, ek wil eendag 'n loopbaan in georganiseerde misdaad beoefen.
Pa: In politiek of in die bank?
EN NOU ÍS ONS DAAR!!
"As 'n party hom nie vestig op die grondslae van nasionalisme nie, sal dit ná 'n fase van wrywing en botsing uitloop op 'n Swart meerderheidsregering wat, soos die les van Afrika leer, waarskynlik onder Kommunistiese beheer sal wees en Suid-Afrika betreklik gou sal afdruk tot die peil van nasionale armlastigheid, korrupte administrasie en miskenning van elementêre menseregte en demokratiese waardes." - Jaap Marais 1990
WARE WYSHEID
Edmund Burke het gesê die mens het geen reg om die bestaan van 'n volk en sy beskawing te riskeer met eksperimente in sedes en politiek nie, want elke mens se private kapitaal van intelligensie is klein; dit is net as hy trek uit die bank en kapitaal van die eeue, die wysheid van die voorvaders, dat hy wys kan optree.
UITSTEKENDE PERSPEKTIEF
FA Hayek, die Nobelpryswenner, het gesê: "Weens die feit dat mense baie verskillend is, volg dit dat as ons hulle gelyk behandel, die resultaat ongelykheid in hulle werklike posisies is, en dat die enigste manier waarop hulle in 'n gelyke posisie gestel kan word, sal wees om hulle verskillend te behandel".
DE LA REY (8)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
STRATEGIE (vervolg)
RUDOLF het dankbaar gebruik gemaak van elke vrye oomblikkie wat hy kon vind om Johanna te besoek.
Hy het soms met verbasing daaraan gedink dat hy, wat nog altyd sonder vroulike geselskap kon klaarkom, vir wie dit trouens iets was wat hy kon ontbeer, veral met die oorlogsgeweld gedurig om hom, so aanhanklik kan word. Johanna se gelaat, haar oë, die oomblikke wanneer hy daarin haar trotse liefde kon sien ... soos daardie onvergeetlike nag toe hy haar uit die swart spioen se kloue gered het... was gedurig voor hom. Wanneer die oomblikke van rus aangebreek het—in die nag, om die kampvure, in die middae wanneer hy onder ’n boom afgesaal en in die koelte daarvan gelê het—het sy gedagtes onkeerbaar na haar uitgegaan. En in sulke oomblikke het hy geweet dat hy die groot liefde van sy lewe gevind het en dat geen vrou ooit weer dieselfde verlange in sy siel sou wakker maak nie.
LUISTER WANNEER HY SPREEK!
Hannes Ollewagen
2 Konings 5:1-27
“Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem. Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.” (:11&12)
Eeue later, maar ons doen steeds vandag soos Naäman gedoen het. Ons lees dat Naäman ‘n leërowerste was wat groot aansien gehad het. Hy het hierdie aansien nie verkry deur sy eie vernuf nie, maar deur die werking van God se hand. Die feit dat hy egter aan melaatsheid gely het, het Naäman se lewenskwaliteit aansienlik ingeperk.
STEM VIR JOU VOLK - MET 'N WEGBLYSTEM
Waarom ek nie vandag gestem het nie
Dr SH Gregan
Daar is soveel redes om nie te stem nie. Trouens, ek kan net my kop in verontwaardiging skud as ek sien hoe Afrikaners verkiesing na verkiesing gedwee in toue gaan staan om 'n kruisie te trek. En dan nogal dink dat hulle hulle "plig" gedoen het!
Waarom het ek nie vandag gestem nie?
1. In 1992 is 'n referendum onder Blankes gehou met as vraag of hulle ten gunste is van onderhandeling met die ANC met die oog op die daarstel van 'n nuwe grondwet. Toe aan FW de Klerk, die destydse president, in die parlement gevra is of dit beteken dat die nuwe grondwet aan die Blankes voorgelê sou word vir goedkeuring na afloop van hierdie onderhandelings het hy dit beaam. Dit is nooit gedoen nie. Hy het die Blankes met talle soortgelyke valse beloftes bedrieg. Die Blankes het dus nie hulle goedkeuring gegee vir die nuwe grondwet nie. Daarom was dit 'n onwettige oordrag van mag en regeer die ANC sedert 1994 onwettig.
2. Die nuwe grondwet verklaar dat die Afrikaner se geskiedenis een groot onreg is.