Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Op hierdie laaste dag van die ou jaar wonder mense soms hoe hulle die nuwe jaar moet aanpak. Gelowiges doen dit sonder vrees – eerder met opgewondenheid en afwagting om te sien hoedat die Here ons gaan lei en bewaar. Want God het 'n verbond met sy kinders: Hy sal ons bewaar maar ons moet gehoorsaam wees. Omdat ons Hom verwag in sy wederkoms, leef ons ook in hoop en verwagting op die komende saligheid en vrees ons nie die toekoms nie; Hy is getrou!
DIE REBELLIE VAN 1914 (3)
Lees reeks by Die Rebellie van 1914
'n Kort reeks van ses aflewerings oor 'n volk in opstand, 'n verhaal oor verraad en van heldedade tydens die rebellie van 1914. Ons helde, De la Rey, De Wet, Maritz, Kemp, Beyers en Jopie Fourie, staan hier in skerpe kontras met verlooptes soos Smuts, Botha en diesulkes sonder vaderlandsliefde.
GENL MANIE MARTIZ, DIE REBEL VAN DIE REBELLIE
deur Kays Smit
SALOMON GERHARDUS MARITZ, vir sy volk en vaderland sommer Manie Maritz, is gebore en getoë in die Noordwes Kaapse dorp Kimberley. Hy is ’n direkte afstammeling van die Trekkerleier, Gerrit Maritz.
Maritz was van sy jongdae nie ’n onderhandelaar nie, maar ’n beginselvaste Afrikaner. Hy was ’n rebel in die ware sin van die woord. Hy kon geen swakheid in die mens, veral sy eie mense, verdra nie. Daarom het hy gerebelleer sodra dinge nie reg vir sy volk en vaderland geloop het nie.
Maritz het na Johannesburg verhuis waar hy by die ZARP’s (die Polisie) aangesluit het. In hierdie hoedanigheid sluit hy by die Boeremagte aan met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Op 24-jarige leeftyd word hy deur genl. Smuts as generaal aangestel. Uiteindelik keer hy terug na die Noordweste waar hy groot naam maak. Hy was ook betrokke by die invalle in Wes- Kaapland onder Smuts. Sy dapperheid en deursettingsvermoë het groot ontsag gewek by manskap en vyand.
Toe Botha en Smuts in 1902 met die vyand begin onderhandel het, het Maritz hom hierteen verset.
IN U LIG
Hannes Ollewagen
1 Johannes 1:1-10
“EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.” (:5&6)
Ons hoor gereeld in die media hoe donker die toekoms van Suid-Afrika lyk. Hierdie uitsiglose en donker toekomsverwagting wat geskep en gepropageer word, veroorsaak dat talle mense elders in die wêreld na ‘n heenkome gaan soek. Hulle voel asof daar vir hul geen toekomsvooruitsig is nie en wanneer hulle die toekoms inkyk, is daar vir hul ‘n donker tonnel met geen ligpuntjie nie.
Ek is egter van mening dat dit nie nodig is om tot aan die uithoeke van die aarde te vlug opsoek na ‘n beter toekoms met ‘n helder toekomsverwagting nie.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (15)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Transvaalse Afrikanernasionalisme as dryfkrag tot weerstand
Die onreg wat die Boere aangedoen is, het ook geblyk uit die valse aantygings met betrekking tot slawerny. Hierdie valse beeld wat van die Boere geskep is, het gemoedere hoog laat loop. Geen enkele slaaf is na die anneksasie gevind nie. Biskop Colenso het al hierdie verdraaide stories heftig weerlê, en dit het die Boer in sy ontevredenheid gesterk.
Twee ooggetuies penskets die tydperk 1877-1880 treffend. Dr E J P Jorissen vertel: “Het was de 12de April 1877 ’n treurige dag in Pretoria, die kleine schoon gelegen hoofdstad der Zuid-Afrikaanse Republiek. Aan ’n worsteling van veertig jaren werd op ruwe wijze ’n einde gemaakt ... Goed bezien, kalm beredeneerd, zonder sentimentele opinies, moest deze daad van geweld beschouwd worden als ’n zegen ... Vier jaren later ... de daad van 1877 was vernietigd ... Tussen dezen beide dagen, 12 April 1877 en 5 Aug. 1881, ligt ’n korte, maar uiterst merkwaardige geschiedenis.”
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (14)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
Gladstone bring hoop vir onafhanklikheid
In 1880 sou ’n algemene verkiesing in Brittanje plaasvind. Die Liberale Party wat in 1874 deur die Konserwatiewe Party onder Disraeli verslaan is, het alles in sy vermoë gedoen om weer die bewind oor te neem. In hierdie poging het die Liberale leiers met sekere politieke sette vorendag gekom waarin Transvaal ’n besondere plek ingeneem het. Dit was veral die leier van die Liberale Party, W E Gladstone, wat die aandag op hom gevestig het met sy verdoeming van die Transvaalse anneksasie.
Met die herdenking van sy twintigste jaar in die kiesdistrik Midlothian in Skotland het hy ’n deputasie wat hom gaan gelukwens het, te woord gestaan. By hierdie geleentheid het hy sterk te velde getrek teen die “onregverdige” anneksasie van Transvaal. Gladstone het opgemerk: “If Cyprus and the Transvaal were as valuable as they are valueless, I would still repudiate them because they are obtained by means dishonourable to the character of the country.” Soos ’n profeet uit die Ou Testament het Gladstone na vore getree en ’n beroep op die Britse volk gedoen om geregtigheid te laat geskied.
VAN RUSPE NA VLINDER
Ds Andrè van den Berg
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” - Rom.12:2
Geweldenaars gee graag mooi name aan lelike dinge. Transformasie is een daarvan. Dis ʼn onreg wat ten hemel skreeu en wat saam met ander woorde soos regstellende aksie, swart bemagtiging en herverdeling van rykdom sy eie stukkie chaos in ons land skep.
Die wettiging van onreg kan vir geen gelowige positiewe klanke hê nie. Dit kom daarop neer dat die een wat die tien of vyf talente ontvang het, deur die wet gedwing word om van syne vir die een wat sy talent gaan begrawe het, te gee. Dis mos nie wat die Bybel sê nie! Wat sê dit? “ Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het... En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande” (Mt.25:28,30). Daar is net een maatstaf – verdienste/meriete.
DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (SLOT)
6. Die groot verdrukking en salige einde
Mt.25:1-13; Mt.24:15-28
“Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie… (Mt.24:21-22).
Wat gebeur in die laaste dag op die aarde? Die Gelykenis van die Talente vertel dat dit ʼn oordeelsdag is met Jesus as Regter. Maar hoe gaan ons weet dat die einde naby is? Alhoewel ons nie die dag of datum van die wederkoms weet nie, laat God ons nie onkundig nie. Hy gee vir ons sekere duidelike tekens wat, as dit gebeur, ons moet weet dat die tyd baie naby is.
Een hiervan is die verskyning van die Antichris wat die tydperk wat as die groot verdrukking bekend staan, inlei. Wie is die Antichris? Is dit ʼn aanduibare persoon soos bv. die pous soos wat Luther gemeen het of is dit ʼn bose ideologie? Daar word baie oor hierdie vraag gespekuleer.
DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (5)
5. Geen ontsnaproete nie
Mt.25:1-13; 1 Thess.4:13-18
“Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ʼn geroep, met die stem van ʼn aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (1 Thess.4:16,17).
In Mt.22 waarsku Jesus die Skrifgeleerdes dat hulle dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie. Dit was juis mense wat voorgegee het om die Skrifte te ken. Dieselfde ding gebeur vandag nog – mense wat voorgee om die Bybel te ken, maar in werklikheid dwaal! Miljoene mense in charismatiese kerke glo dat daar net voor die groot verdrukking ʼn ontvlugting vir sekere gelowiges gaan wees en noem dit die wegraping.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (13)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSBESLUIT
In breë trekke het die besluit daarop neergekom dat, aangesien Brittanje nie gehoor gegee het aan hul roepstem nie, die volk van die Zuid-Afrikaansche Republiek besluit het om self stappe te doen. Hulle ontken dat hulle ooit Britse onderdane was en besluit dat die Regering, wie se werksaamhede so lank gestaak is, so spoedig moontlik heringestel sal word. Aangesien die volk bloedvergieting wil vermy, word daar van die ou Volksraad van 1877, wat weer opgeroep sal word, verwag om sodanige stappe te doen dat ’n vreedsame oplossing bereik word. In die Volksbesluit vind ons ten slotte ’n sprekende voorbeeld van hulle Godsvertroue:
“Zoo Waarlijk Helpe Ons God Almagtig.”
Aangesien daar heelwat tyd nodig sou wees om maatreëls te tref om die ou regering weer in te stel, is besluit om die volgende Volksvergadering op 6 April 1880 op die plaas Paardekraal te hou. Tydens dié vergadering sou die Zuid-Afrikaansche Republiek herstel word.
DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (4)
4. Die Antichris
Mt.25:1-13; Openb.13:11-18
”... en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig” (Openb.13:18).
Die Gelykenis van die Tien Maagde is nie die enigste gelykenis wat op die wederkoms van Christus betrekking het nie. Daar is ook die Gelykenis van die Talente, ʼn gelykenis wat deur die meeste mense verkeerd verstaan word. Die talente het niks met mense se verstandelike vermoë te doen nie, maar met die wederkoms.
Het jy al gewonder wat op die laaste dag op aarde gaan gebeur? Met hierdie gelykenis vertel Jesus vir ons wat op daardie dag gaan gebeur. Dis ʼn oordeelsdag wat self deur Jesus as Regter waargeneem gaan word. Tydens die verhoor wat volg, stel Jesus nie daarin belang wat mense alles geglo het nie. Hy stel net in een ding belang - jou geloof. Wat het jy daarmee gedoen? En die groot vraag: Het jy die boodskap van verlossing met ander mense gedeel? Het jy hulle vertel waar om verlossing te gaan kry?
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (12)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
LYDELIKE VERSET – YDELLIKE VERSET?
“The Transvaal question will soon become the question of the day, and is likely to absorb quite as much attention as the Abyssinian war did in its time.” Hierdie voorspelling van A Aylward in 1878 was nie wolhaarpraatjies nie. Soos in die begin aangetoon is, het daar met die anneksasie ’n ingewikkelde staatkundige situasie ontstaan. Teen 1878 en veral in 1879 het die groepsbelange in Transvaal al hoe meer begin bots.
Op 27 September 1879 het sir Garnet Wolseley in Pretoria aangekom. In sy nuutgeskepte pos as Goewerneur vir Transvaal en Hoë Kommissaris vir sowel Transvaal as Natal sou hy met ongekende ywer en doelgerigtheid die Britse gesag in Transvaal probeer bestendig. In sy pogings om die Britse belange in Transvaal te beskerm en uit te bou, sou hy ’n sterker beleid as sy voorgangers volg.
Dit sou hom in direkte botsing met die teenparty bring. Hierdie teenparty, bestaande uit die oorgrote meerderheid van die Transvaalse Blanke inwoners, was nie meer die individualistiese, eiesinnige en onverantwoordelike Boere van 12 April 1877 nie. Eengesindheid en ’n liefde vir land en volk het geleidelik begin uitkristalliseer.
Pinkster 2016: DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (3)
3. Geen vertraging nie
Mt.25:1-13; 2 Petr.3:1-9
” Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (2 Pet.3:8)
Niemand weet die dag en datum wanneer Jesus weer kom nie. Al wat ons weet, is dat Hy reeds oppad is. Petrus vat in die gelese gedeelte alles wat ons oor die eindtyd moet weet in ʼn neutedop saam. Eerstens dat ons alreeds in die eindtyd is.
Dit het met Jesus se eerste koms na die aarde begin. Ons jaartelling bevestig dit. Die mensegeskiedenis word in ʼn vóór-Christus en ʼn ná-Christus tydperk verdeel. Gevolglik is Jesus die snypunt van die geskiedenis. Die Hebreër-briefskrywer skryf: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het… het Hy in hierdie laaste dae tot ons gepreek deur die Seun”(1:1).
Die eerste gelowiges het die wederkoms baie gou verwag. Toe die jare egter verloop en niks gebeur nie, het sommige ernstig begin twyfel of Jesus werklik weer sou kom en of sy uitsprake oor hierdie saak nie miskien anders verstaan moes word nie.
STILLE HOOP
Hannes Ollewagen
Klaagliedere 3:1-66
“Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.” (:26).
Die lewe is vir ons menigmaal raaiselagtig. Dinge in die lewe kan vir ons soms so ooglopend verkeerd lyk. Daar gebeur dinge in die lewe wat ons geensins kan verstaan en soms ook nie kan verklaar nie. Dit kan dan ons gemoed met soveel vrae vul.
Die skrywer van die boek Klaagliedere was niemand anders as Jeremia nie. Dit laat ‘n mens verstom om te dink dat die man van wie ‘n mens lees in Jeremia 1 wat spesiaal deur God geroep is as sy dienskneg in Klaagliedere hierdie wanhopige woorde kan uitroep – “My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig. Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.” (:2,3&8). Hoe gebeur dit dat God wat vir Jeremia verseker dat Hy hom geken het nog voor sy geboorte en dat Hy vir hom wat Jeremia is, afgesonder het as sy dienskneg, soveel ellende kan laat ervaar?
Pinkster 2016: DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (2)
2. Hy kom gou
Mt.25:1-13; Openb. 22:6-10
“En kyk, Ek kom gou….” (Openb. 22:12).
Openbaring is die moeilikste dog opwindendste boek in die Bybel. Nogtans moet ʼn mens baie versigtig met die uitleg daarvan wees. Dis in simboliese taal geskryf en kan nooit letterlik verklaar word nie. Vir mense wat Openbaring letterlik opneem, sal Openbaring nooit ʼn openbaring wees nie, maar ʼn geslotenheid bly. Nee, die beelde en veral die getalle wat in hierdie laaste boek van die Bybel opgeteken is, is nie letterlik te verklaar soos wat die Jehova Getuies bv. met die getal 144,000 van Opg.7 doen nie. Hulle beskou dit as die letterlike getal – die volle som van almal wat gered is en hemeltoe gaan.
Nee, hierdie 144,000 is ʼn simboliese getal en dui ʼn ontelbare skare aan. Johannes werk hier met die getal 12 - 12 X12 X1000. Dis die 12 stamme van Israel, die 12 dissipels en 1000, die getal wat volheid aandui. Hierdie 144,000 is slegs die simboliese getal van almal wat gered word. Daar gaan miljoene der miljoene geredde siele in die hemel wees. God se genade in Christus is groot!
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (11)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE STEM VAN DIE VOLK (2)
Onderhandeling met Frere
Die onderhandeling tussen Frere en die Volkskomitee kan onder drie hoofde ingedeel word: Eerstens Frere se besoek aan die Boerekamp; dit is opgevolg deur die samesprekings van 12 April op Erasmus se plaas en ten slotte die samesprekings in Pretoria op 16, 17 en 23 April.
Vir die Volkskomitee was dit van die uiterste belang dat Frere die Boerekamp moes besoek. Frere moes homself vergewis dat die oorgrote meerderheid van die Transvaalse bevolking teen die anneksasie gekant was. Frere se besoek aan die Boerekamp moes ’n geweldige indruk op hom gemaak het. Ongeveer 2 000 ongewapende Boere het in twee lang rye op sy koms gewag. De Volksstem berig soos volg: “Het was waarlijk indrukwekkend, die stilte die er heerschte toen zij kwamen aanrijden. Men kan zeggen een doodsche stilte.” Frere self skryf aan sir Hicks Beach: “The great body of the Boers received us in silence and without any mark of recognition.”
Pinkster 2016: DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (1)
Dit is weer Pinkstertyd en ons plaas hierdie week elke middag om vieruur hierdie uitstekende reeks opgestel deur ds Andrè van den Berg.
1. Hy kom beslis
Mt.25:1-13; Hand.1:1-14
“Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:14)
Paulus skryf in Gal.4:4 dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het. Hierdie uitdrukking volheid van die tyd is veelseggend. God het nie sommer op ʼn dag besluit om Jesus aarde toe te stuur nie. Hierdie spesifieke dag is van die grondlegging van die wêreld af in sy raadsplan opgeneem. Jesus kom op God se bestemde uur met een hoofdoel aarde toe - om deur sy kruisdood siele van die ewige dood te red. Hy was slegs 33 jaar op die aarde waarna Hy terug is vanwaar Hy gekom het - hemel toe.
Die vraag is: Gaan Hy weer aarde toe kom? Toe Hy op aarde was, het Hy soveel vernedering en leed verdra, dat ʼn mens Hom nie sou verkwalik indien Hy nie weer sou kom nie. Ek sou nie!
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (10)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE STEM VAN DIE VOLK (1)
Vanaf die vroegste jare van die Zuid-Afrikaansche Republiek was dit politieke praktyk dat die volk die hoogste gesag voer. Treffend word die gesag van die volk in 1868 in ’n memorie van die Wakkerstroomse inwoners gelykgestel aan “de koningstem des lands.”
Tydens die bestaan van die Volkskomitee is hierdie beginsel steeds gehuldig. Paul Kruger het eerbied en ontsag vir die stem van die volk gehad. Hy het hom dikwels daaroor uitgelaat: “Het volk heeft de Koningstem en een vrye stem is Gods stem.” Sy onwrikbare vertroue in die volkstem blyk uit die volgende: “Al valt de onderneming in duigen, al valt de staat, zelfs al volgt daaruit het grootste nadeel, wij moeten luisteren naar het volk.” Dit herinner aan sy woorde van Desember 1880 toe hy op Paardekraal gesê het: “Ik sta hier voor uw aangezicht, geroepen door het volk: In de Stem van het Volk heb ik gehoord de stem van God, de Koning der Volken, en ek gehoorzaam.”
GOD SELF LAAT MY GLO
Ds Andrè van den Berg
“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word” - 1 Tim.4:9
Wat is vandag 100% betroubaar?
Soveel dinge is as betroubaar voorgehou wat op die ou end nie betroubaar was nie.
Dink maar aan die miljoene wat mense al met skynbaar betroubare beleggingskemas verloor het! Dieselfde ding gebeur ook op politieke en kerklike gebied. Mense word mislei om die leuen vir die waarheid aan te sien. Daarom raak mense al hoe meer wantrouig en onseker.
Niemand is egter so onseker soos heidene nie. Hulle het duisende jare gelede al geglo dat die son opkom en die maan ’n sekere siklus voltooi. Daarvolgens het hulle geplant en geoes. Dis egter as geheimsinnige kragte gesien wat deur gode beheer is. Daarom was daar vir bykans elke ding ’n god – deurposte, hoekpale, vuurherde ens. Daar is offers vir die vrugbaarheid van mense en diere asook vir die opbrengs van die grond gebring. Heidene het geglo dat hulle aan die willekeur van ’n magdom van gode uitgelewer was.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (9)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
'N VERSETBEWEGING TEEN BRITSE GESAG (3)
Die houding in die Britse kamp ná die Tweede Deputasie se verslag, toon ook die omvang van die Boere-verset aan. In sy skrywe aan Frere op 30 Januarie is dit duidelik dat Shepstone die ergste verwag het: “The belief here, even among those who have hitherto thought little of Boer threats and talk, is general that they will make the attempt and that Piet Joubert will do all he can to wize them to do it.”
Die Volkskomiteelede was dit almal eens dat die tyd nog nie ryp was vir die uiterste stap nie. Toonaangewende leiers soos Paul Kruger, P J Joubert, J P Mare en M W Pretorius was oortuig dat alle vreedsame middele nog nie uitgeput was nie. P J Viljoen toon in sy werk, Die Lewe van Paul Kruger, twee verdere redes aan vir die leiers se huiwering om tot die stryd oor te gaan. Die volk moes eers vasberade, eensgesind en absoluut vertroubaar gemaak word. Tweedens moes die wapen- en ammunisietekort aangesuiwer word.
HEMELVAART: HERSKEPPING VAN DIE 'ONS'
VERLATE OM TE VERLOS
Dr Johan Celliers
Met Hemelvaart keer die Seun terug na die Vader wat Hom gestuur het, en word sy Gees uitgestort op alle mense (Hand. 2:17) wat ons in 'n nuwe samelewing inbind waar ons deur die Goddelike 'Ons' herskep word as 'ons'.
Maar dit was nie so eenvoudig nie – vóór die hereniging met die Vader was Jesus van mens en God verlate sodat ons van ons verlatenheid verlos kon word deur 'n ewige lewe saam met Hom.
Met Jesus se kruisdood is die mensverlatenheid oortref deur die Godverlatenheid wanneer Jesus uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Mark. 15:34).
Ons kan ons nie indink wat hierdie uitroep alles ingehou het nie maar ons weet Jesus kom uit die volmaakste gemeenskap naamlik die Drie-eenheid waarin daar géén ruimte vir eensaamheid is nie; waar daar 'n ewige vloei is, 'n stroom van liefde, daar altyd Een is wat liefde gee en Een wat liefde ontvang.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (8)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
'N VERSETBEWEGING TEEN BRITSE GESAG (2)
Die Zoeloevraagstuk
’n Belangrike faset wat tydens die ontmoeting na vore getree het, was die Zoeloe-vraagstuk. Aangesien daar later breedvoerig aandag hieraan gegee word, is dit voldoende om hier slegs kortliks daarvan melding te maak.
Die Brits-Zoeloeverhouding was teen Desember 1878 van sodanige aard dat oorlog tussen die twee onvermydelik was. Die posisie wat die Boere van Transvaal in so ’n stryd sou inneem, sou vir die Britse regering van groot belang wees. Op versoek van Frere het Kruger ingewillig om met ’n Boere-kommando van 500 man orde en rus onder die Zoeloes te bewerkstellig. As beloning daarvoor het Kruger egter die onafhanklikheid van sy land geeis. Frere kon nie daaraan gehoor gee nie en het Kruger se aanbod van die hand gewys. As voorstander van die behoud van die Christendom was Kruger bereid om Brittanje in stryd met raad by te staan, maar niks verder nie.