Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sorg dat jou uitverkiesing tot die ewige lewe jou nie lou maak in die stryd teen die Bose nie maar eerder krag en wysheid gee om teen die versoekings te stry.
MAAK MY GESOND, HERE!
Hannes Ollewagen
Jeremia 17.:1-18
“Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.” (:14)
Almal van ons maak foute. Sommige mense fouteer meer gereeld as ander en dan is daar ook foute met groter en meer skadelike gevolge as ander. Partykeer is dit slegs die oortreder wat skade lei, maar meestal is dit ook ander “onskuldige partye” wat skade ly deur ‘n persoon se foute. Dit is veral daardie oortreding teenoor diegene wat die naaste aan ons is, wat die diepste wonde slaan met die mees ernstige gevolge daarin opgesluit.
Die mens het tydens die sondeval alreeds bewys dat hy inherent geneig is om besluite te neem wat hom van God sal vervreem en dus ‘n geneigdheid het om die verkeerde keuse(s) te maak. Dink maar aan Eva wat gekies het om na die slang te luister en God se opdrag oor gehoorsaamheid te ignoreer.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (7)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
'N VERSETBEWEGING TEEN BRITSE GESAG (1)
Om te beantwoord aan die doel van die Volkskomitee, naamlik om die Transvaalse onafhanklikheid langs ’n vreedsame weg te verkry, was die afvaardiging van ’n tweede deputasie na Londen die ideale oplossing.
Waar daar beweer kan word dat die Eerste Deputasie die Britse leeu in 1877 onvoorbereid gaan aandurf het, was die teendeel waar van die Tweede Deputasie.
Die Tweede Deputasie was honderd persent seker van die steun van die oorgrote meerderheid van die bevolking in Transvaal. Shepstone se brief aan Londen in Mei 1878 toon duidelik dat ook hy beïndruk was deur die omvang van die Boere-agitasie. Hy verklaar dat die Boere steeds voortgaan met hulle stappe “to gain back the country to their rule” en daarvan praat “as a settled plan fully and finally determined upon.”
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING 'N BYBELSE OPDRAG
Ds Andrè van den Berg
“En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en almal het een taal. En dit is net die begin van hul onderneming ... Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar..... So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi....” - Gen.11:6-8;
“en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” - Hand.2:7,8
Daar is ʼn Japannese spreekwoord wat lui: Die spyker wat uitstaan, word die hardste ingeslaan. Die bedoeling is dat ʼn mens jou nie van jou gemeenskap moet afsonder nie, maar eerder saamwerk. Die Duitsers het ʼn soortgelyke spreekwoord: Ein Mensch is kein Mensch – een mens is geen mens nie.
Ongelukkig dien talle gemeenskappe nie tot God se eer nie. Gen.11 is die verhaal van so ʼn verenigde gemeenskap; mense met net een taal en ʼn sondige versugting na mag. In die boosheid van hul harte het hulle selfs ʼn toring probeer bou waarmee hulle tot by God in die hemel wou opklim om met Hom kragte te gaan meet. Wat in Babel gebeur het, het hom daarna telkens in die geskiedenis herhaal – saamgesnoerde, enkeltalige, magsbehepte gemeenskappe wat hul rieme met God styfgeloop het!
LOS DIE VERLEDE
Ds Andrè van den Berg
“.... ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na die dinge wat voor is..” Fil.3:14
Baie jare gelede het ek Dan Engelbrecht, ʼn volslae alkoholis, op Stellenbosch leer ken. Iets ernstig het hom gepla waaroor hy nie wou praat nie. Dit het eers aan die lig gekom nadat hy een aand vir dronkbestuur aangekeer is. Hy het my vertel dat hy weens nalatigheid vir sy 16 jarige broer se dood verantwoordelik was en dat die skuldgevoel daaroor hom na drank gedryf het.
ʼn Skuldgevoel is ʼn verskriklike ding. Niks tap ʼn mens se gees soos ʼn verlede wat by jou bly spook nie! Dawid skryf in Ps.32 dat dit sy gedagtes besmet en sy gees uitmergel het. Na die voorval met Batseba en die moord op haar man, het Dawid sy skuldgevoel vir homself probeer wegsteek. Dit het nie gewerk nie. Die nare spoke uit sy verlede het telkens voor hom opgedoem!
WIE HET JESUS GEKRUISIG?
Dr JJ Snyman
Baie kerke beweer vandag dat die Romeine die blaam moet dra vir die kruisiging van Jesus terwyl die Fariseërs van alle blaam onthef word. Selfs die pous doen hieraan mee.
Onlangs skryf 'n regter van Amerika, regter Andrew Napolitano soos volg in hierdie verband:
On the first Good Friday, the Romans executed Jesus because they were persuaded that by claiming to be the Son of God, He might foment a revolution against them...they feared a revolution that would disrupt their worldly power, and so they condemned Him to death by crucifixion.
Soos gesien kan word figureer die Jode geensins in hierdie blaam nie. Bill O’Reilly, in sy boek The Last Days of Jesus: His Life and Times A Special Illustrated Edition of Killing Jesus, stel dit weer soos volg:
...the responsibility belongs to Pilate ... Only the Roman governor possesses the ius gladii — the right of the sword. Or as it is known, the right to execute.
Is dit waar? Het die Jode dan ook nie vir Stefanus vermoor nie?
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (6)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSKOMITEE: 'N STAAT BINNE 'N STAAT (3)
Die opneem van wapens het by die dag vir al hoe meer Boere die ideale oplossing geword. Die Volkskomitee, met Paul Kruger aan die voorpunt, se taak is nog verder vertroebel deur die Britse regering se onverskillige optrede en voortgesette weiering om die Transvaalse onafhanklikheid terug te gee.
Vroeg in Januarie 1879 het De Volksstem oorgegaan tot so ’n stap deur na die gesamentlike kommissies te verwys as die “volkscomite.” Die benaming het gou inslag gevind en is algemeen aangewend om na die verkose liggaam te verwys wat vir die Transvaalse onafhanklikheid moes werk. In wese was die vergadering te Doornfontein niks anders as die Volkskomitee in sitting nie.
Reeds met die aanvang van die vergadering was dit duidelik dat die Volkskomitee ’n soortgelyke posisie as die vroeëre Volksraad beklee het.
Die lede moes die belange van die volk behartig, en waar daar enigsins twyfel daaroor bestaan het, is so ’n persoon tot verantwoording geroep.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (5)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSKOMITEE: 'N STAAT BINNE 'N STAAT (2)
Die totstandkoming van die Pretoriase kommissie het onmiddellike reaksie uitgelok. The Natal Witness verklaar: “There is a method in the madness even of Boers.” Die sukses en die invloed van die kommissie was egter nie daardeur gewaarborg nie. Dit sou afhang van die verdere leiding en inisiatief wat sou voortspruit uit die instelling van die kommissie. Dit bring ons by een van die belangrikste gevolge van die anneksasie: dat daar sekere manne na vore getree het om leiding in Transvaal te neem. Paul Kruger, ’n kind van die Groot Trek, hoewel ongeleerd, sou na vore tree as ’n leier van formaat en onder sy bekwame leiding, en bygestaan deur persone soos P J Joubert en M W Pretorius, sou die Pretoriase kommissie ontplooi tot die Volkskomitee.
IS ONS HART VER VAN HOM?
Hannes Ollewagen
Matt. 15:1-20
“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (:8).
In hierdie gedeelte spreek Christus Hom in geen onduidelike taal uit teen ‘n valse godsdienstigheid. Daar is deesdae kwansuis geen probleem met multi-kulturele aanbidding en godsdiensvermenging nie. Elkeen bid tot sy eie god, maar ons kan dit mos maar sommer almal saam doen. Laasgenoemde redenasie skreeu ten hemele en ‘n volk wat hierdie siening huldig, staan op die rantjie van geestelike bankrotskap.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (4)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSKOMITEE: 'N STAAT BINNE 'N STAAT (1)
Die uitlating van Henning Pretorius: “... ik zal mijn bloed geven vir mijn land” het hewige reaksie uitgelok, en luide stemme het beaam: “Ik ook! ! !”
In die vorige aflewerings is daar gewys op die Boere se onverskillige houding jeens landsake voor en tydens die anneksasie. Vir Kruger en Jorissen moes die volksbyeenkoms van Januarie 1878 ’n openbaring gewees het.
Skaars agt maande tevore het hulle die land met sy inwoners in ’n polities stagnante posisie agtergelaat, onbewus van die groeiende volksgees en die ontwaking van ’n liefde vir dit wat sy eie is, wat in ’n latente vorm teenwoordig was. Dit wil voorkom asof Shepstone die politieke klimaat van die land reg aangevoel het, want nog voordat die Deputasie in Transvaal terug was, skryf hy aan sir Bartle Frere dat hy ’n groot mate van onrus onder die Transvalers verwag by Kruger se terugkoms.
Die juistheid van Shepstone se voorspelling is teen 24 Desember 1877 bewys. Onder geleide van ’n honderd perderuiters het Paul Kruger die middag om 15h00 Rustenburg binnegery.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (3)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (3)
Vroeg in Mei 1877 het Kruger en Jorissen met W E Bok as sekretaris hulle na Europa begewe. Nadat hulle in Kaapstad ’n onderhoud met sir Bartle Frere gehad het, was hulle teen die begin van Julie in Engeland.
Tydens die Deputasie se onderhoude met lord Carnarvon is dit onomwonde aan hulle gestel dat die anneksasie onherroeplik is. Op 13 Julie het Kruger sterk standpunt ingeneem en Carnarvon laat verstaan dat die Deputasie hom nie met die anneksasie kan versoen nie. Dit blyk egter dat Jorissen nie meer vir Kruger in sy siening gesteun het nie, aangesien hy die onderhandelings in die rigting van selfbestuur, tegemoetkomings in verband met invoerregte en die moontlikheid van ’n lening begin stuur het.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (2)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (2)
Die rede vir die Boere se apatiese optrede om nie die wapens op te neem nie toe die Engelse Transvaal kom annekseer het, kan in twee rigtings gesoek word.
Die eerste moontlikheid is dat die meerderheid wel ten gunste van Britse oorname was, soos Shepstone aangevoer het. Dit is nodig om kortliks die teendeel aan te toon. Reeds op 17 Desember 1876 het T F Burgers aan adv HAL Hamelberg geskryf dat, indien die Britse vlag in Transvaal gehys word, meer as die helfte van die bevolking die land sal verlaat. Na die anneksasie was dit duidelik dat baie Boere nie onder die Britse vlag sal bly nie en wil uitwyk. ’n Artikel in The Natal Witness berig soos volg:
HET JULLE MEKAAR LIEF?
Ds Andrè van den Berg
“Het jy My lief?.... Laat My lammers wei” Joh.21:15-19
As ʼn mens aan een van Jesus se dissipels dink, kom die naam van Petrus gewoonlik eerste in die gedagte op. Hy was ʼn uitsonderlike mens met wie sondaars hul kan vereenselwig. Petrus was tipies mens met baie foute, maar wat nooit van die genade verval het nie. Sy lewe onderstreep een baie groot Bybelse waarheid – eenmaal kind van God, altyd kind van God!
Petrus was ʼn voortvarende mens; die maak-en-breek soort. Hy het maklik gepraat, maar nie altyd gedoen wat hy gesê het nie. In Joh.13 sê hy: “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee” (:37). En kyk wat gebeur by Getsemane – al die dissipels vlug en verlaat Jesus.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (1)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (1)
Louis Scott
"...the Boers will shed the last drop of their blood before they will allow the English to come and take their country..."
Kontemporêre skrywers sowel as latere historici het hulle ten doel gestel om die anneksasie van Transvaal in 1877 te ontleed. By die bestudering van hulle werk en uit bronne soos amptelike publikasies, korrespondensie, tydskrifte en koerante is dit duidelik dat die vertolkings van die anneksasie uiteenlopend is en dikwels in skrille kontras teenoor mekaar staan.
In 1885 formuleer John Nixon sy standpunt soos volg: “When we consider the express stipulations of the Sand River Convention with regard to slavery, the duties of the paramount power to the black races, and the dangers which loomed over British subjects in South Africa through the acts of the Boers, I think we can come but to one conclusion. The British Government did not want to annex the country. It was compelled to do so.”
LAAT ONS VOOR HOM KNIEL
Hannes Ollewagen
Psalm 95:1-11
“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.”
Een van die grootste uitdagings van ons tyd is sekerlik om lewensperspektief te behou. Die media, die samelewing en selfs menige kerke is só deurspoel met die besmetting van individualisme en humanisme dat hierdie smetlike en veragtelike denkwyse soos ‘n kanker versprei.
Daar is min dinge wat só suksesvol gebruik word om mense se individualisties-humanstiese denke te bevorder as die skepping van sport-ikone en filmsterre. Hierdie mense word gedurigdeur voorgehou as mense wat “ware vreugde” in die lewe smaak deur hul glansryke lewens. Daar kan nie genoeg berigte geplaas word van hul pragtige vakansies, uitspattige feesgeleenthede en eervolle bekronings nie. Die een na die ander “ster” word geskep, gepoets en na ‘n rukkie weer vergeet.
HEMELVAART DIE HERSKEPPING VAN DIE 'ONS'
VERLATE OM TE VERLOS
Dr Johan Celliers
Op DONDERDAG 5 Mei is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring. Kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan.
GROEI!...
...TEEN ALLE VERWAGTING
Ds Andè van den Berg
“En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar My aangesig kan nie gesien word nie” - Ex.33:23
ʼn Paar jaar gelede sit ʼn diakensvrou en haar kleuterdogtertjie tydens die oggenddiens in die moederskamer toe sy haar vra: ” Mamma, waar is God?” Vir ʼn oomblik het sy nie geweet wat om die kind te antwoord nie en sê toe maar: “ Kyk daar voor, langs dominee is daar nog ʼn stoel op die kansel wat jy nie hiervandaan kan sien nie. God sit daar langs dominee”. Ná die erediens het dogtertjie reguit kansel toe genael en toe terug na haar ma: “Mamma, was reg. God was daar!” antwoord sy opgewonde. “Maar hoe weet jy dat God daar was?” vra sy haar. “Hy het sy jassie daar vergeet!” antwoord sy - my toga wat ek na die erediens op die stoel langs my neersit!
Sou jy nie ook graag vir God wou sien nie? Ek sou, en dis nie sonde nie! Ons lees in die Bybel van verskeie mense wat God baie graag wou sien, veral in krisistye.
WAAR IS JY?
Ds Andrè van den Berg
“Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?” - Gen.3:9
Jare gelede het my oumagrootjie op Sonop gewoon en altyd hoenders in ʼn hok gehad. By geleentheid het sy tarentaaleiers in die veld opgetel en onder ʼn broeis hoenderhen gesit. Toe die tarentaalkuikens uitbroei, het hulle so anders as die hoenderkuikens die hen onmiddellik verlaat en gaan wegkruip. Waarom? Omdat dit in hulle aard is om so op te tree – dis hul natuur.
Dit laat ʼn mens so aan sondaars dink – mense wat van hul hemelse Maker af wegvlug. Hierdie droewige waarheid begin in Gen.3. Ja, daar is talle hartseer hoofstukke in die Bybel. So lees ons in Rigt.16 van Simson wat so ʼn belowende begin gehad het, vol van die Here en met besondere liggaamskrag geseën. En dan verval hy in sedeloosheid en alles loop verkeerd soos dit maar met mense gaan wat die geloofspad verlaat.
DE WET (SLOT)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Van Waterbury af word die Generaal met 'n perdekarretjie na die polisiestasie op Marokwen vervoer. ’n Swart konstabel hou die leisels. Beleef soos altyd, bedank De Wet die konstabel toe hulle hul bestemming bereik en gee hom ’n handvol tabak.
"Mooi gery, my jong,” sê hy opreg.
Op Marokwen staan motorkarre gereed om die gevangenes na Vryburg te vervoer. Hier drom die mense saam om die legendariese held van die Afrikaners te sien. Almal beskou hom egter nie in hierdie lig nie. Daar is baie wat hom as verraaier bestempel en hom wil uitjou en tart. Met die grootste beleefdheid en voorkomendheid word hy egter deur Jordaan en sy troepe behandel en teen beledigende of vernederende optrede van die massas beskerm. Hulle kan ook nie anders nie. Na liggaam is hy hulle gevangene, maar sy onoorwinbare gees is so vry soos altyd. Selfs nou dwing hy elkeen se agting af.
DE WET (13)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
In Julie 1914 ontbrand die Eerste Wereldoorlog in Europa en op 4 Augustus word Engeland daarby betrek. Die vraag ontstaan onmiddellik of die Unie sy lot by Engeland moet inwerp en indien wel, in watter mate hy dit moet doen. Gevoelens loop hoog. Die Engelssprekendes beskou Engeland nog in groot mate as hul vaderland. Baie ander voel dat die Unie as lid van die Britse Ryk sy deel moet bydra. Vir vele is dit egter ondenkbaar dat hulle hulp moet verleen aan hul eertydse vyand wat hulle hul vryheid ontneem het.
Louis Botha tree eers versigtig op. Hy verseker Engeland dat die Unie self vir sy verdediging teen Duitsland en sy bondgenote sal sorg en dat alle Britse troepe dus geneem kan word om te veg vir hul vaderland.
WAT ‘N VOORREG!
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” (:1)
‘n Mens kyk soms na die samelewing rondom jou en dan kan jy nie help om te wonder wat op dese aarde jy nog hier doen nie. ‘n Mens voel menigmaal nie baie welkom in ‘n samelewing waarin daar min plek vir God en sy gebooie is nie. Dit laat tog soms, onnodig, die vertwyfeling by ‘n mens onstaan of daar nie dalk fout met jou is nie. Die hele wêreld kan tog nie verkeerd wees en ek die enigste een tussen soveel mense wat heeltemaal anders dink nie?