NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die kern van Christelike liefde is nie ons onwilligheid om lief te hê nie, maar die vaste wete dat God óns liefhet.

DIEN HOM MET GEESDRIF!

Hannes Ollewagen

Filippense 3:1-21

“Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;” (:3).

Die algemene toestand van die samelewing rondom ons stem ‘n mens maklik tot neerslagtigheid.  Wanneer ons kyk na die ellende waarin mense leef, vervalle en hartseer lewens en boonop hoor van die lelike dinge wat met mense gebeur, kan ons maklik moedeloos en neerslagtig raak.  Daarby is die hoeveelheid mense wat hul uitkoms uit hierdie moedeloosheid gaan soek in dwelm- en alkoholmisbruik of selfs selfsmoord as laaste uitweg verkies,  verbysterend.

Die oordeel kom ons nie toe nie.   Dit is egter vir ‘n ware kind van God hartseer om te sien dat mense so ver wegdwaal van hul Skepper dat die satan hul kan oorrompel en uiteindelik kan vernietig.  Die feit dat Suid-Afrika allerweë as ‘n “Christenland” beskou word, maar besig is om inmekaar te tuimel, is tog stof tot nadenke vir enigiemand met ‘n verantwoordelikheidsbesef.   Aangesien ons weet dat die fout nimmer by God kan wees, moet dit die mens wees wat iewers fouteer.

Wanneer ons die analise nouer trek en tot die gevolgtrekking kom dat menig van bogenoemde ellende nie in die samelewing alleen nie, maar ook in die kerk voorkom, raak die saak nog meer ingewikkeld.  Dit was vir die mense oor die laaste paar dekades te lekker om die rede vir ellende aan allerhande “dinge” toe te dig ten einde introspeksie te vermy.  Die skuld vir ellende is gegooi na die regering, na die kerk, na onderwysers, na ouers, na voorouers en watter ander pakdier ookal die las kon dra.  Die enigste nek wat nie ‘n bordjie met ‘n aanklag as omhang gekry het nie, was die nek van die “eie-ek”.  Die “eie-ek” is op ‘n troontjie geplaas as ‘n wese wat nie kan fouteer nie en deur goeie oefening en met volgehoue “ydele voorgee” kon mense dit vermy om tot verantwoordelikheid geroep te word vir die ellende van hul geestelike lewens.

Enigiets wat afgeskeep, verwaarloos en onversorgd gelaat word, loop die gevaar om tot niet te gaan.  Dit is dan ook nie in die geestelike lewe anders nie.  Mense verkies ‘n “godsdiens” wat nie vir hul te vermoeiend sal wees en veel werk in die geestelike lewe sal veroorsaak nie.  Tog verwag mense om geestelike pragvelde te wees.  Dit is feitlik soos om saad in die grond te druk en ‘n rekordoes te verwag sonder dat enige water en bemestig aan die geplante saad voorsien word.  Wanneer ons kyk na die algemene geestelike gesondheid van mense in die samelewing, besef ons dat ons dalk op die vooraand van ‘n geestelike misoes in ons land staan.  Laasgenoemde is natuurlik net ‘n menslike analise van ons toestand, maar ware gelowiges weet egter dat God nooit die werke van sy Hande laat vaar nie.  Dit is natuurlik waarom ons as sy diensknegte so ‘n geweldige groot taak het om hier benede te verrig.  Daar is baie diens om te verrig, maar ons sal dit in Gees en waarheid moet doen, anders sal dit alles tevergeefs wees.

Ons kan begin deur te verseker dat ons God nie uit tradisie en gewoonte dien nie, maar dat ons Hom waarlik in die Gees dien.  Wanneer mense Hom maar net uit tradisie dien, sal die tradisie mettertyd afgesaag en vervelig raak en sal hulle begin rondsoek na ‘n ander “tydverdryf”.  Wanneer ons Hom egter met ons hele hart, siel en gees dien en liefhet, sal ons diensbaarheid aan God ‘n roeping wees – ‘n lewenslange reis met ons uiteindelike ontmoeting as hoogtepunt van hierdie reis.  Dit beteken dat ek my in alles aan Hom sal onderwerp en sal toewy.  Hierdie diensbaarheid aan God met ‘n opregte gesindheid sal ongetwyfeld vir my sin in die lewe gee.  Dit sal my opnuut tot die besef bring dat ek in diepe dankbaarheid teenoor Hom verskuldig is om my allerbeste te gee in alles wat ek doen ten einde my dankbaarheid teenoor Hom daardeur te betuig.

Dit is nie nodig dat almal van ons predikante of sendelinge moet word ten einde vir God diensbaar te wees in sy Koninkryk nie.  Ons elkeen kan ons hemelse Vader dien deur dit wat ons hier op die aarde moet doen, te verrig asof ons dit vir Hom doen.  Ons is veronderstel om ons daarin te verlustig om sy verordeninge vrywillig na te kom om Hom soedoende te verheerlik deur ‘n lewe van gehoorsaamheid.  Ons is veronderstel om ons talente en gawes op so ‘n wyse te gebruik dat ons ons medemens en ons God daarmee sal dien.  Het u uself al vir een oomblik die vraag afgevra waarom Hy sekere talente aan u geskenk het?  Ons is veronderstel om in hierdie wêreld steeds ons verantwoordelikheid na te kom en ons beste te gee, alhoewel ons harte en ons burgerskap nie aan die wêreld behoort nie, maar in veilige bewaring is by ons hemelse Vader na wie ons hart en gees deurgaans moet verlang.

As u dalk vandag deel is van ‘n samelewing wat voel asof u die wêreld gefaal het, het ek dalk baie goeie nuus vir u.  Dit is die eerste stap om uself aan te meld by ‘n veel beter Meester, by ‘n veel beter Koninkryk met ‘n veel beter toekomsverwagting as wat die wêreld u ooit sal kan bied.  U moet egter gewaarsku wees dat die Meester van hierdie Koninkryk van Sy gesante verwag om nie halfhartige diens te lewer nie, maar om Hom geesdriftig te dien.  Hy sal egter niemand wat hul in opregtheid tot Hom wend, wegwys nie.  “...en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.”   (Joh. 6:37). Hy sal boonop ook die behoeftige wat na Hom vra en homself voor God as dienskneg aanmeld, met die regte Geesdrif vul om u sodoende toe te rus vir u lewenstaak hier benede.

Ek wil u opnuut vermaan om nie u Godsdiens as ‘n bysaak of gewoonte in die lewe te beskou nie.  U diensbaarheid aan God moet die hoofsaak, die middelpunt van u lewe wees.  Met Hom op die troon van u hart, word u  opnuut opgeroep om Hom op ‘n daaglikse basis geesdriftig te dien in u hele lewenswandel.  Dit sluit u beroep, u huwelik, die opvoeding van u kinders en ook in u tyd vir ontspanning in.

Daardie lewensterrein waar Hy nie welkom is in u lewe nie, is daar waar werk is om distels en onkruid uit te roei om plek te maak vir vrugbare grond waarin Hy kan plant sodat die vrug van die Gees ook in u lewe kan groei.  Dit sal tot gevolg hê dat u in u lewe ook vir Hom sal vrug dra en mag u geesdrif met elke oes wat u aan Hom lewer, net groter en groter groei!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3034 gaste aanlyn